This site is now officially dead.
Visit my new home page at http://www.oocities.org/lacialacia/.
Please update your bookmarks.

Leuce's website! A wide variety of topics such as working holidays, internet terminology, web design, life in the "new" South Africa, etc. Come and see what Afrikaans looks like! This subpage is all about myself, who am I, what am I, and what am I becoming. Welcome, and stay well.

... 'n ietsie oor die uwe ...
blerts van die baaierd, wespark

home: Wellesley 5897
ordinateur@websurfer.co.za

Leuce se webwerf... nie sommer enige ou webwerf nie! My naam is Samuel Murray, ek's 25 jaar oud (dis hel oud), praat gewoonlik Afferkaans, en hierdie is my honderdste webwerf (wel byna). Hierdie subbladsy gaan oor wat en wie en hoe ek is. My CV is slegs op aanvraag beskikbaar.

Om myself aan die wêreld voor te stel is nou nie een van my topprioriteite nie, maar 'n mens moet darem seker jouself bekendstel op 'n webwerf. Ek's te lui om my hele lewe hier te skets, so vra maar indien iemand iets meer wil weet... dalk antwoord ek nog.

en hier gaan ons, of  wat ook al

Sjoe, al ooit 'n outobiografie probeer skryf? Dis hel moeilik, want wat skryf 'n mens tog nou in elk geval? My eerste troeteldier? Die eerste keer toe ek van my fiets afgeval het (of: nie afgeval het nie)? Eerste meisie gesoen? Eerste keer seks gehad? Wat sal die wêreld interessant vind en wat nie?

Ek begint dus maar met 'n algemene lysie:

Ek's iewerster in die Swartberge in die ou Oos-Kaap gebore. Ek kan niks onthou nie. Ons't op 'n klein dorpie, Molteno, gewoon, maar my ma't nie die dokter daar vertrou nie, en toe ry ons (oftewel hulle) maar oor die berg en gaan kraam my in Queenstown. My sustertjie is ook daar gebore, en toe ons dit nie meer langer in die koue kan hou nie, gaan ons sak en pak Port Elizabeth toe. Dis nou midde-in die sewentigs.

Hier's my ander boetie gebore, en het ek die eerste keer 'n meisie gesoen, en het ek my eerste pakslae op skool gekry, en het ek die eerste keer die see gesien, en was ek die eerste keer in 'n bende (speel-speel, moet 'n mens deesdae byvoeg, veral hier in die Kaap). Port Elizabeth van my drome.

Ons het in Cotswold gebly, ek't in Moregrove skoolgegaan, en my pa was dominee in die gemeente Grasvoëlkop ('n grasvoël is 'n budgie; ek was ook verbaas). Soms het ons Skoenmakerskop toe gery, en soms Happy Valley toe, en na die dolfyne in die akwarium gaan kyk, en soms gaan inkopies doen in die Pick'nPay hipermark buite die stad, toe nog.

En toe, op 'n mooi dag, trek ons Transvaal toe. Na die Hoëveld. Na 'n barre, dorre, verrypte plat wêreld iewers in die Noorde. My pa was dominee in 'n gemeente in Secunda, die tweede Sasol, en ons't op 'n naburige dorpie Trichardt gebly. Dit reent daar in die somer, en die grond is alles swart klei.

Hier's my ander boetie gebore, en het ek die eerste keer van die skool af weggeloop, en die eerste keer fiets gery, en my eerste kamera gekry ('n diskkamera), en my eerste rekenaar gekry ('n Timex Sinclair 1000, met 'n ongelooflike 16kb) wat 'n mens sommer by die TV inprop as niks anders wys nie.

In Bellville't ons aangeland net toe ek moes hoërskool toe. Hier bly ek nou al vir die res van my hele lewe. Ek was in Bellville Hoërskool (die ou gebou), en het daarna vir vier jaar by die Kaapse Technikon geswot, en het aan verskeie sektes behoort, en was in die hospitaal vir chroniese depressie, en was ek 'n heksejagter, en woon ek tans.

Wat is daar nou meer te vertelle. Ek is uiters lui, en uiters rusteloos (en beidie hierdie traits is nie gemaak vir studeer nie), en ek het 'n hele spul belangstellings. Ek het 'n swakheid vir boekekoop (so my ma hou my weg van uitverkopings), maar ek lees maar selde die boeke wat ek koop. Sedert my sestiende vejaarsdag neem ek foto's met 'n spiekeries kamera ('n Canon iets, aperatuurprioriteit, 50mm, SLR). Ek is nooit army toe nie, en ek't nog nooit vir die ANC gestem nie (maar dalk doen ek dit in 1999).

Ek hou van sing en van chat, en van mooi musiek. Ek begin elke sin met die woord "ek". Ek is baie intelligent (maar wat help intelligensie as 'n mens lui is?), baie slim, baie skelm, baie oulik, baie aantreklik (vermoed ek) en baie getrou.

Regtig, as iemand iets meer wil weet, moet hy of sy of dit my net vra, dan kyk ek of ek hierdie webwerf kan opdateer met die nodige informasie. Cheers vir eers.

My gothkode volgens Goth Code 4.0 is in die bronskrif van die html-dokument as 'n kommentaarplaatjie ingebed, en is ook as leucgoth.txt vir aflaai beskikbaar.


geocities

htmlskrywersgilde
ingeskrewe lid

byna 1 000 afrikaanse skakels

(c) Samuel Murray, 1998
ordinateur@websurfer.co.za

http://www.oocities.org/Wellesley/5897/le01.html

werf geskep: 1998-10-20 (vorige werf 1998-06-28)
werf hersien: 1998-10-20
werf bygewerk: 1999-11-22

lettertipes gebruik: helvetica, brandley hand, en enya

fxweb.com/trackermy old counter, still going strong beste gasteboeke by dreambooks teken my gasteboek
lees gasteboek