|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Simpelwebwerf
|
|
|
|
|
|
Wie, wat en waarom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Net om my presence op die net te laat voel, `t`k sommer gougou hier `n vinnige webwerfie geskep. `n Foto van my sal die haaitjie dalk of dalk nie later vervang nie. `n Ander halfvoltooide webwerf (baie cool, eintlik) wat in `n simpel formaat gesave is sukkel ek nog maar om te convert, maar dalk kom ek later reg, en dan sien julle my fully fledged briljantheid in elektroniese lywe.
|
|
|
|
|
|
Samuel Murray is 25, lyk 19, klink oulik, is bright, soek nog vrou (nie aktief nie) (die soekery, nie die vrou nie), kom van Bellville (en jy kan see why), is `n taalpraktisyn (en rekenaarfoendie), hou van sy ma, sy lang hare, sy melkbaard en sy bril.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Wat is wat hier
|
|
|
|
|
|
|
|
Oja, ek was vir tweejaar oorsee (skottelgoed in skotland), het al vir vier jaar geswot, al een keer opgeskop (vir my `n rekord), nog nooit seks gehad nie (choice, not circumstance) (okay, circumstance ook), hou my aldag met beuselagtighede besig, en het `n ponytail en nie `n neusring nie. Ek werk tans aan `n rekenaartermlys (amateur) (nie amateuragtig). Watch this " ".
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sodra ek my werk verloor (of op dergelike manier tyd bykry) sal `k meer snaaks wees, `n hele paar links insit, en die werf vergroot met dinge soos vriende se name, meisies op wie ek al verlief was (dis `n LYS), ouens ditto (dis een of twee), my topdrie-gunstelinge, foto-album, en natuurlik die dreaded gedigte (elke damn webwerf het gedigte, en niemand lees dit ooit nie). Intussen swot ek NetWare4.11, en probeer Java verstaan, en kuier graag by Henrien (so`n ander meisie) en Siegfried (man van so`n ander meisie) (nie dieselfde meisie nie).
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
smurray@mweb.co.za is my epos.
ek`t so`n simpel program wat nie eens outomaties die e-pos in `n hyperlink vir my omskep nie. ek moes die hele bleddie helpfile eers lees.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier`s `n gediggie van my, een van my gunstelinge, in twee verse...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Waan se vingers hou my vas
haar koue roer verkluim die noop
haar glimme blik weef silwer gras
en klief tot murg en siel my hoop.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Waan se arms hou my knus
haar soel geherfs verlei die waak
haar somber toon vertroebel hus
en vlag tot koningsblou my vaak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ek't solank `n korte onvoltooide rekenaartermlysie op die net gesit. Moet nie skrik nie - dis net die heelbeginbegin. Termlysie hierso. En Netwerktermlysie hierso. En kommentaar op Combrink hierso (nie die ou nie, maar sy lysie). En my vorige persoonlike website (die kewler een). En gou nog `n laaste woord: a dead link is a dead link. Sorrie. En ook (onlang bygevoeg) my Termwerf by www.afrikaans.co.za.
|
|
|
|
|
|
|
|