KAPPIES - OPSOMMENDE AFRIKAANSE SPELREËLS EN OPMERKINGS

| Tuisblad | Koop die AWS | Geskiedenis van die AWS | Taalkommissie-lede | Oorsig oor die reënboog-AWS | Spelreëls en kommentaar (ons s'n en joune ook) | Omgangstaalafrikaans | Weggelate woorde | Debat oor die 1991-AWS | Skakels |

Kliek hier vir die spelreëls-hoofbladsy.

KAPPIES

Die kappie kom net op klinkers in Afrikaans. Waar die kappie (10.3) in 'n leenwoord op 'n medeklinker staan, sal dit waarskynlik so aanvaar kan word. 'n Kappie op (10.1) 'n e, i, o en u van 'n oopletter greep dui aan dat die klank 'n lang, gerekte klank moet wees. 'n Kappie op (10.2) 'n e in 'n geslote lettergreep sê dat die klank langerig moet wees en e-erig moet wees, tensy die lettergreep in sy eenvoudige vorm op meer as een letter eindig, dus in die vorm =[e][medeklinker][medeklinker]=, want dan kom daar geen kappie nie. [x] Ter wille van oorlewing word beide vorms "ver" en "vêr" erken (die Taalkommissie kon nie besluit watter bek moet hunning kry nie).

KOMMENTAAR

Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreëls sélf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).


Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.

Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.

π