Koppelteken - Afrikaanse SpelreŽls en Opmerkings

KOPPELTEKEN - OPSOMMENDE AFRIKAANSE SPELREňLS EN OPMERKINGS

| Tuisblad | Koop die AWS | Geskiedenis van die AWS | Taalkommissie-lede | Oorsig oor die reŽnboog-AWS | SpelreŽls en kommentaar (ons s'n en joune ook) | Omgangstaalafrikaans | Weggelate woorde | Debat oor die 1991-AWS | Skakels |

Kliek hier vir die spelreŽls-hoofbladsy.

KOPPELTEKEN

'n Mens gebruik 'n koppelteken om woorde makliker te laat lees, om klinkers wat andersins saam (verkeerd) uitgespreek sou word, te skei, en die Taalkommissie glo verkeerdelik dat 'n mens ook 'n koppelteken gebruik om woorde af te breek (daarvoor gebruik 'n mens immers 'n afbreekteken, wat soms lżk soos 'n koppelteken, maar nie ene is nie).

(12.1) Koppeltekens skei naasliggende klinkers wat andersins op 'n verkeerde manier uitgespreek sou word, hetsy eenderse klinkers of verskillende klinkers. Koppeltekens is egter nie die enigste manier om diť truuk uit te voer nie, en die AWS vergeet om dit te vermeld. Gelukkig is ons daar, ne? Let op dat dit nie alle opeenhopings van klinkers is wat koppeltekens kry nie... slegs as daar 'n moontlikheid van verkeerde uitspraak is.

(12.2) As die woord 'n samestelling is tussen 'n stam en 'n voorvoegsel waarvan die voegsel van klassieke afkoms is, en daar 'n klinkeropeenhoping is, kan jy 'n koppelteken ůf 'n deelteken gebruik. In die 1991-AWS het dit saak gemaak of dit 'n enkel-lettergrepige of meer-lettergrepige voegsel is, maar daardie reŽl het nou genadiglik verval en die ou reŽl van negentien-toet is byna in ere herstel. Jy kan enige gebruik (koppelteken of deelteken), maar die Taalkommissie meen dat (a) voegsels met meer as een lettergreep neig om met 'n koppelteken gespel te word, en (b) voegsels in die vorm =[a]+[a]= en =[o]+[o]= neig om 'n koppelteken te gebruik.

(12.3) As 'n leenwoord in sy oorspronklike taal 'n koppelteken het, behou hy sy koppelteken in Afrikaans. As (12.4) jy 'n vaste uitdrukking in 'n vreemde taal met 'n Afrikaanse woord koppel, gebruik jy 'n koppelteken tussen die laaste woord van die uitdrukking en die Afrikaanse woord, byvoorbeeld "en suite-badkamer" of "ex parte-aansoek", en nie "en-suite-badkamer" of "ex-parte-aansoek" nie.

(12.5) Jy mag maar 'n koppelteken (of meer as een) gebruik by ellelange samestellings om dit beter te laat lees, maar dan moet jy dit verkieslik opbreek volgens betekenisvolle dele. Jy mag nie 'n koppelteken insit waar daar 'n voegsel-s is nie, en jy mag ook nie die voegsel-s weglaat ten einde 'n koppelteken daar in te sit nie. (12.6) By samestellings in die vorm ([b.nw.]+[s.nw.])+([s.nw.]) mag jy 'n koppelteken tussen die twee s.nw.'s insit, maar nie tussen die b.nw en die s.nw. nie. [x] Dus "menslikehulpbron-bestuurder" maar nie "menslike-hulpbronbestuurder" nie (obviously tensy daar 'n ander rede vir die koppelteken is).

(12.7) Jy kan mos 'n koppelteken gebruik in die betekenis van "en" en "of", byvoorbeeld "aan-af-skakelaar" (die eerste koppelteken beteken eintlik "en", soos in "aan-en-af-skakelaar"). Nouja, as daar so'n betekenisverhouding tussen woorde is, byvoorbeeld manies-depressief (wat eintlik beteken "manies en depressies", nie "manies depressief" nie), moet jy 'n koppelteken gebruik om die samestelling te skei. Ander voorbeelde is "soet-suur" (en "soet-suur-sous"), "Johannesburg-Kaapstad-pad", en "sit-eet-kamer".

(12.8) Samestellings tussen simbole of syfers, en nog 'n woord, word met 'n koppelteken gedoen. Dieselfde (12.9) (12.10) (12.12) geld vir samestellings met afkortings, tensy die afkorting 'n akroniem is wat as 'n woord (dus nie alles hoofletters nie) geskryf word. Jy hoef egter nie (12.11) 'n koppelteken te gebruik as die hele samestelling 'n eienaam is nie.

(12.13) In 'n samestelling waar die tweede woorddeel met 'n hoofletter begin, en waar 'n koppelteken gebruik word, behou daardie woorddeel sy hoofletter. Dus "half-Brits" en nie "half-brits" nie.

(12.14) Reduplikasies (woorde wat herhaal word in 'n woord) kry 'n koppelteken, en dit geld vir afleidings ook. Dus word "tok-tokkie" nou met 'n koppelteken geskryf, anders as vroeŽr (maar let op dat die 2002-AWS die fout begaan om "toktokkie" as een woord te skryf, verkeerdelik ingevolge reŽl 12.17). (12.15) Samestellings met sulke reduplikasies word met 'n verdere koppelteken geskryf, byvoorbeeld dum-dum-koeŽl (en nie "dum-dumkoeŽl" nie). As daar (12.16) 'n afkapteken in die middel van die woord is, en dis ook 'n reduplikasie, kom daar ook 'n koppelteken. (12.17) Gedeeltelike reduplikasies kry geen koppelteken nie, dus tiptop en pingpong (nie tip-top en ping-pong nie, behalwe in gevalle soos waar die woord beteken "tip en top" en "ping of pong"). (12.18) As 'n reduplikasie plaasvind by 'n bestaande woord waarvan die eerste deel geredupliseer word, kom daar wel 'n koppelteken, byvoorbeeld "hondmak" en "hond-hondmak" (die eerste woord was hondmak, nie hond-hond nie).

(12.19) Woorddinge wat deur meer as een woord aangegee word maar wat net een ding voorstel, word met 'n koppelteken gekoppel, byvoorbeeld een-twee-drie (beteken "vinnig"), of "piet-my-vrou" ('n soort voŽl). (12.20) 'n Samestelling met so'n woordding uit reŽl 12.19, en nog 'n woord, geskied met nůg 'n koppelteken, byvoorbeeld piet-my-vrou-wyfie (nie piet-my-vrouwyfie nie). (12.21) Diť reŽl geld egter net as dit 'n woordding is wat gewoonlik gekoppeld saam voorkom. Samestellings van woordgroepe waar die eerste woordgroep nie as los groep gekoppel sou word nie, hoef nie 'n koppelteken te kry nie. Dus is "kaas-en-wyn-okkasie" en "kaas-en-wynokkasie" beide korrek, want "kaas en wyn" as een woord wat 'n enkele ding beskryf, bestaan nie. Tog kan jy praat van "'n kaas-en-wyn", maar dis eintlik 'n informele inkorting van die langer woord. (12.22) As die woordding of woorddeel egter 'n byvoeglike funksie het, word dit sonder koppelteken los geskryf, byvoorbeeld "voor die hand liggende oplossing" en "op en wakker studente" (nie "voor-die-hand-liggende oplossing" of "op-en-wakker studente" nie). (12.23) Woorddinge soos diť waarvan ons hier praat, se agtervoegsels word nie gekoppel met 'n koppelteken nie.

(12.24) [x] Samestellings waar origineel 'n afstandskoppelteken gebruik sou word, kan sonder die afstandskoppelteken geskryf word, ongeag die woordtipe of woordsoort. [x] Dus "hoof finansiŽle beampte" is korrek, maar "hoof finansies beampte" is verkeerd, omdat dit nie origineel met 'n afstandskoppelteken geskryf sou word nie. As die eerste woorddeel egter (12.25) 'n voegsel-s het, dan moet die afstandskoppelteken bly (en dis 'n fout om die voegsel-s weg te laat as dit daar hoort).

(12.26) Samestellings van eiename of persoonsagtige name met "-hulle", kry 'n koppelteken.

(12.27) Telwoorde en breuke waarin "en" voorkom, kan ůf los ůf met 'n koppelteken geskryf word, maar nie vas nie.

(12.28) Samestellings in die vorm [eks|nie|non|oud][nie-eienaam] kry nie 'n koppelteken nie, maar in die vorm [eks|nie|non|oud][eienaam] kry dit wel 'n koppelteken en die eienaam behou sy hoofletter. Uitsonderings is natuurlik samestellings met "isme", waar die hoofletter opsioneel is, in welke geval die koppelteken dus ook opsioneel sal wees.

Die Taalkommissie dink hy't geen mandaat om te sÍ hoe ons plekname in Suid-Afrika spel nie, en sÍ dis die taak van die regering. Maar... hy gee tog riglyne.

(12.29) Geografiese name in die vorm [b.nw.|bw.|voorsetsel]+[pleknaam] of [pleknaam]+[b.nw.|bw.|voorsetsel] kry 'n koppelteken, en albei dele kry 'n hoofletter. Dieselfde beginsel (12.30) geld vir geografiese name wat samestellings van twee of meer eiename is (met enkele uitsonderings soos "Harrismith"). (12.31) Samestellings wat geografiese name is, maar wat geen eiename bevat nie, word vas geskryf, ongeag die tipe woorddele.

Name van mense (12.32) wat samestellings is van twee eiename, kan met of sonder 'n koppelteken geskryf word, maar as dit 'n kopptelteken kry, dan begin albei met 'n hoofletter (jammer dus aan Anne-marie, jy sal jou naam nou as Anne-Marie moet skryf).

Rangsamestellings (12.33) met adjunk, assessor, assistent, hoof, kandidkaat, leerling, mede, onder, staf, sub, en visie as eerste lid kry geen koppelteken nie. Nee, jy hoef nie hierdie lys uit jou kop te leer nie... dis maar net daar vir mense wat dink daar 'n lysie te leer van woorde wat mťt koppelteken geskryf word. (12.34) Saamgestelde range wat samestellings van twee range is (dus nie net 'n voegsel plus 'n rang nie) kry wel 'n koppelteken. Sulke saamgestelde range kry ekstra koppeltekens by as daar voegsels vooraan gesit word, met ander woorde: hoofspeurder, en speurder-sersant, en hoof-speurder-sersant (nie hoofspeurder-sersant nie).

'n Koppelteken kan ook (12.35) as weglaatteken gebruik word ('n spesiale soort afstandskoppelteken). Let op die verskil tussen "mediese en pensioenfonds" x "pensioen- en mediese fonds", asook die verskil tussen "bal-en-klou-meubels" (meubels met 'n "bal-en-klou"-styl) x "bal- en klou-meubels" (twee soorte meubels).

KOMMENTAAR

Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreŽls sťlf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).


Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en SpelreŽls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van diť twee geaffilieer nie.

Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.

π
1