KOMMENTAAR OP PROF ERNST KOTZÉ SE LOS-ÓF-VASSKRYFARTIKEL

| Tuisblad | Koop die AWS | Geskiedenis van die AWS | Taalkommissie-lede | Oorsig oor die reënboog-AWS | Spelreëls en kommentaar (ons s'n en joune ook) | Omgangstaalafrikaans | Weggelate woorde | Debat oor die 1991-AWS | Skakels |

Kliek hier vir die spelreëls-hoofbladsy, of kliek hier vir die bladsy oor los- en vasskryf.

PROF KOTZÉ SE ARTIKEL

Prof Ernst Kotzé skryf op Pharos se Skryf Afrikaans-webwerf oor die omstrede besluit van die Taalkommissie om die 1991-spelreël oor die losskryf van eienaamverbindings drasties te wysig. Die artikel kan hier gelees word.

ONS KOMMENTAAR

Prof Ernst Kotzé skryf op Pharos se Skryf Afrikaans-webwerf oor die Taalkommissie se omstrede besluit dat, anders as in 1991, nie alle eienaamverbindings los geskryf mag word nie. Sy uitgangspunt is dat gebruikers sukkel om onderskeid te tref tussen eiename en soortname vanweë die feit enersyds dat sommige soortname met 'n hoofletter geskryf word en andersyds dat 'n woord soms 'n soortnaam en soms 'n eienaam kan wees afhangende van sy gebruik.

Die belangrikste deel van prof Kotzé se artikel is dus afdeling 3 wat gaan oor die verskil tussen eiename en soortname. Vroeër in sy artikel het hy dit egter ook oor die redes waarom die 1991-taalkommissie hul ewe omstrede losskryfreël gemaak het. Die redes hiervoor was blykbaar die volgende:

Volgens prof Kotzé het die invoer van die 1991-los-óf-vasbeginsel gelei tot botsende huisreëls uit verskillende uitgewersmaatskappye. Dis egter 'n sinnelose stelling, want dat verskillende maatskappye se huisreëls verskillende stellings bevat, en dat dié stellings dus botsend is, is niks nuuts nie. Enige nuwe uitgawe van die spelreëls lei noodwendig tot huisreëls wat van maatskappy tot maatskappy verskil, en dus in die algemeen botsend is.

Waarop prof Kotzé sinspeel is die verwarring wat tussen Beeld en Die Burger plaasgevind het toe eersgenoemde op vasskryf en laasgenoemde op losskryf besluit het. Dié besluite het tot verwarring by joernaliste en die publiek gelei aangesien die twee publikasies mekaar se materiaal oor en weer gebruik. Maar ek dink nie die verwarring moet voor die deur van die spelreël gelê word nie -- lê dit eerder voor die deur van die persoon wat besluit het dat twee susterkoerante in 'n enkele uitgewersmaatskappy toegelaat moet word om elk sy eie besluite oor spellingskwessies te neem in plaas daarvan om 'n gesamentlike, verenigde beleid te volg.

Iets wat deur prof Kotzé vergeet word wanneer daar na Die Burger se beleidskommeling verwys word, is dat Die Burger vir 'n ruk méér woorde los geskryf het as wat die 1991-reël toegelaat het. So byvoorbeeld het hy "Kaap Stad" en "Tafel Berg" geskryf, terwyl die losskryfreël tog duidelik nie vir geografiese eiename gegeld het nie. Die Die Burger-debakel is dus glad nie in sy geheel deur die 1991-spelreël veroorsaak nie.

Prof Kotzé meen dat maaksels soos "Curriebeker kampioene" en "Eva geslag" nie in die gees van die 1991-spelreël is nie. Hy meen dat hierdie samestellings nie samestellings met eiename is nie, en dat mense die woorde met eiename verwar het bloot omdat dit met 'n hoofletter geskryf word. Vir prof Kotzé gaan dit dus oor die wanopvatting by die publiek dat enige woord wat met 'n hoofletter begin, 'n eienaam is. Oor die geldigheid van prof Kotzé se opvatting in dié verband kan ons later gesels.

Dit gaan egter oor meer as dit. Dit gaan daaroor dat die 1991-spelreël volgens prof Kotzé slegs op samestelilngs wat sélf eiename is, van toepassing was. En hier sit prof Kotzé die pot mis. Wanneer 'n mens kyk na losskryf-voorbeelde in die 1991-AWS, is dit duidelik dat die losskryfreël op meer as net eiename van toepassing was.

Voorbeelde van losgeskryfte woorde in die 1991-AWS waarvan die samestelling sélf beslis nie eiename is nie:

Dit is dus duidelik uit 'n studie van die 1991-AWS dat prof Kotzé se veronderstelling dat die 1991-spelreël bedoel was om slegs op samestellings wat sélf eiename is, van toepassing te wees, ongegrond is.

Die tweede been van prof Kotzé se artikel handel oor wat 'n eienaam is. Hy definieer nie 'n eienaam nie, behalwe om te sê dat dit "na enkele, unieke sake verwys". Eiename het voorts gewoonlik die volgende eienskappe:

Dat eiename in 99% van gevalle nie met 'n onbepaalde lidwoord voorafgegaan word nie, word deur prof Kotzé as toets vir wat 'n eienaam is, voorgehou.

As voorbeeld haal hy uit sy Engelse bron aan, hoewel die voorbeeld oor die bepaalde lidwoord handel en nie die onbepaalde lidwoord nie. Hy noem "Onassis het die Ford en die Volkswagen gekoop" en voer aan dat "Ford" en "Volkswagen" in daardie sin nie eiename is nie, maar soortname. Hulle is inderwaarheid verkorte vorms van "Ford-motor" en "Volkswagen-motor". Hy voer egter aan dat "Ford" en "Volkswagen" in die sin "Onassis het Ford en Volkswagen gekoop" eiename is. Ons vra ons egter af of dit nie bloot verkorte vorms van "die Ford-maatskappy" en "die Volkswagen-maatskappy" is nie, en indien wel, dan is dit volgens prof Kotzé se logika mos ook soortname (en nie eiename nie, soos hy in sy artikel meen).

Die res van prof Kotzé se artikel is 'n verduideliking van die 2002-reël se gebruik. Prof Kotzé neem blykbaar aan dat sy voorbeeld van die Ford- en Volkswagen-maatskappye voldoende bewys is vir sy stelling oor wat 'n eienaam is (en wat dit in 1991 ook was).

KOMMENTAAR

Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreëls sélf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).


Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.

Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.

π