BORDER WAR AND
VAN RENSBURG

Author: A.M. van Rensburg (b4 c2 d1 e6 f5 g5 h3 i2)
Webmaster: M.A. van Rensburg (b4 c2 d1 e6 f5 g5 h3 i2 j1)

Back to home Back to Historical


SAAF Mirage on the left and a Cuban Mig on the right

South African Mirages fight Cuban Migs in Angolan Border War

On the 10 September 1987 four Mirages were scrambled from Rundu to intercept a hostile air group of Cuban Mig-23s, 230 kms inside Angola (The Migs operated from Menongue and Cuito Cuanavale). Eight MiGs broke off their attack when the Mirages arrived. The other two engaged 2 Mirages, flown by Anton van Rensburg and Carlo Gagiano. Anton fired two missiles, one exploded about 10 metres behind MiG, the other began tracking but combat was broken off before the pilots witnessed any results. Anton van Rensburg of 3 squadron flying a Mirage F1AC. Van Rensburg fired two R-550 missiles at the Cuban MiG-23ML, exploding one of them to 10m of the tail of the MIG in the wake of its motor without causing damages apparently, whereas the second missile was observed for the last time following apparently of correct way the target, although the combat was broken by the Mirage before results could be observed.

On 27 September 1987 the Mirages of Van Rensburg and Gagiano also confronted the Cuban Migs, this time Carlo Gagania fired at the Cuban Migs.

Brigadier General C.Gagiano, currently Inspector General of the SA Air Force, is promoted to the rank of Major General and appointed as Chief Director Operational Development at Chief of Joint Operations with effect from 1 November 2000. He succeeds Major General H.A.P. Potgieter who retires at the end of October.
http://www.webruler.com/aircombat/closecalls.htm
www.saorbats.com.ar/articulos/R550.htm
http://www.acig.org/artman/publish/article_39.shtml
http://www.mil.za/News&Events/News/MediaStatements/Statements2000/statement27Septmeber2000.htm

 

Van Rensburg's Killed in Angolan War. Source http://www.lib.sun.ac.za/roh/roh.exe?
Year / Surname / Initials / Rank / Date / Unit/ Corps / Place / War

1980 VAN RENSBURG J. Rfn, Unknown, ARMY, Unknown, BORDER

1982 VAN RENSBURG K.M. Pte, Unknown, ARMY, Unknown, BORDER

1976 VAN RENSBURG M.A.J. 2 Lt, Unknown, SAAF, Unknown, BORDER

1971 VAN RENSBURG N.F.J. Cpl, Unknown, SAAF, Unknown, BORDER

1975 VAN RENSBURG P.B. Sgt, Unknown, SAAF, Unknown, BORDER

South African casualties during the Border war has been estimated at 750, the vast majority of these death were due to vehicle accidents and land mines. The numbers of deaths by SWAPO is estimated at 8 000.

The Angolan perspective of the war: http://www.urrib2000.narod.ru/EqMiG23aa.html
Angola and South West Africa: A Forgotten War (1975-89) http://www.oocities.org/odjobman/raid1.htm
For Books on South African Military http://www.booksofzimbabwe.com/store/erol.html#364x0

 

SPJ van Rensburg ontvang Honoris Crux

http://samagte.freewebpages.org/hc/bravery.html
Die Honoris Crux is ‘n militêre dekorasie vir dapperheid wat deur lede van die Suid-Afrikaanse Weermag verwerf word. Dit word in vier kategorieë toegeken en wel in die volgende rangorde: Honoris Crux Diamant, vir “doodsveragtende roemryke dade van uitnemende dapperheid” (nog deur niemand verwerf nie); Honoris Crux Goud, vir “uitnemende dade van dapperheid in uiterste lewensgevaar”; Honoris Crux Silwer, vir “buitengewone dade van dapperheid in groot lewensgevaar”; Honoris Crux, vir “dade van dapperheid in lewensgevaar”.
Janse v Rensburg S Tpr HC 24 November 1975 1 Spec Serv Bn

Van Rensburg S P J Kavall HC 24 November 1975 1 Spec Serv Bn

 

http://samagte.freewebpages.org/hc/loubshe.html
Met Bosbok en Ratel deur
Kapt. Daniel Jacob (Danie) Laubscber
Operasie Protea teen Swapo in Angola het oor etlike dae gestrek, van 24 Augustus tot 3 September 1981. Verskeie teikens is aangeval. Sommige gelyktydig. In die loop daarvan het een Lugmagman, ‘n lid van die Staande Mag en twee dienspligtiges die Honoris Crux verwerf.

Kapt. Daniel Jacob (Danie) Laubscber (31) is die seun van mnr. en mev. Gert Laubscher van Hartbeesfontein. Hy is getroud met Susan van Zyl en hulle het een seuntjie, Jaco. Op 24 Augustus 1981 het hy ‘n taak verrig waarvoor sy ligte en stadige Bosbok nie bedoel is nie. Die sukses wat hy behaal het, het nie slegs lewensverlies aan eie kant voorkom nie, maar grootliks daartoe bygedra dat `n Swapobasis vernietig is.

Dit het gebeur gedurende die eerste dag se aanval op ‘n basis by Xangongo, noordwes van Ngiva, aan die Kunenerivier.

Die Bosbok is ‘n ligte skroefaangedrewe vliegtuig met twee sitplekke agtermekaar en spesiaal ontwerp en gebou vir slagveldverkenning. Hy is stadig, met ‘n minimum snelheid van 40 myl per uur en ‘n maksimum van 120 op ‘n gelyk vlug, maar hy het die voordeel dat hy van ‘n baie kort aanloopbaan af kan opereer — enige gelyk stuk grond is goed genoeg. Hy kan ‘n hoogte van 20 000 voet haal, maar opereer normaalweg baie laer.

“Jy beweeg met jou Bosbok saam met die grondtroepe,” sê Danie. “Jy’s nooit voor hulle nie, want dan is jy oor die teikengebied. Soos wat die troepe vorentoe skuif, beweeg jy saam en jy beheer eintlik die opmars en die geveg uit die lug uit. Ek het ‘n artillerie-offisier, kapt. Tinus van Rensburg, op die agterste sitplek gehad, en hy het die teikeninformasie aan die manne by die kanonne gegee. Hy moet kyk waar die skote val en korreksies na die teiken toe gee indien nodig. As vlieënier moes ek verskeie take verrig. Terselfdertyd het ek verkenning gedoen deur te bepaal waar die vyandelike vuur vandaan kom en, veral, waar die lugafweer is. Dan het ek ook voorste lugbeheer vir die Mirages gedoen deur die lugafweerstellings met rookvuurpyle vir hulle te merk.”

Daardie dag met die aanval op Xangongo het die grondtroepe uit verskillende groepe bestaan, elk met sy eie Bosbok. Danie se groep moes van die suide af na die aanloopbaan opruk. Om dit te doen, moes hulle met hulle Ratels ‘n opge­ boude pad oorsteek wat noord-suid uit Xangongo loop.

“Die aanloopbaan het dáár gelê, en hiersó was die pad, met die Ratels op hierdie punt. Hulle moet oor die pad, maar sodra hulle opklim — die pad was hoog opgebou — dan is daar ‘n 23 mm-lugafweerkanon wat van die aanloopbaan se kant af op hulle skiet, so van 500 meter af. Die Ratels kon nie óm gaan nie, want dan sou hulle deurmekaar raak met een van ons ander groepe. Hulle is toe deur die 23’s daar vasgepen.”

“Toe’t ons eers probeer om met kanonne die teiken uit te haal, maar dis ‘n bietjie moeilik om met ‘n kanon so ‘n klein teiken raak te skiet. Dit vat redelik tyd, jy weet, en ‘n bietjie geluk ook. Toe’t ons Mirages aangevra, en ek het die teiken met rookvuurpyle gemerk. Jy merk dit en verduidelik vir die ou waar die teiken van die rook af is, dat hy dit kan skiet.”

Die Mirages het gekom, geduik en geskiet, maar dit was mis. Danie het die teiken ‘n tweede keer gemerk, maar ook die tweede aanval was onsuksesvol, en toe raak sy brandstof op. In die teikengebied was ‘n sjona, waar die kanonne op­ gestel was, en daar het hy gaan sit om brandstof en ammunisie in te neem. Hy het opgestyg, na die gevegsone terug- gekeer en gevind dat die lugafweer steeds op die grondtroepe skiet. Sonder om verder tyd te verspil, het hy besluit om die lugafweer met sy eie 68 mm-vuurpyle aan te vat. Hy vertel:

“Toe’s ek weer in die lug en ons ouens was nog vas. Hulle kon steeds nie oor die pad gaan nie. Ek besluit toe om heelwat laer te duik, na omtrent 6 000 voet toe, om akkurater te kan skiet.”

“Vanuit die lug is so ‘n stelling maar ‘n vuurhoutjiekolletjie. Die sirkel - dis so ‘n sirkel met ‘n loopgraaf wat na die hoogkompleks toe loop - is maar soos die helfte van hierdie kamer, met die kanon wat dáár opgestel is, die 23 mm. Ek kon nie die kanon sien nie, maar net die flitse soos hulle op ons geskiet het.”

“Ek kan onthou ek het vir die ou, die artillerie-offisier, agter my gesê ‘Ons moet nou maar vashou, hier is ‘n klomp goed wat rondtrek.’ Ek kon die donker kol sien, of die gat waarvandaan hy geskiet het. Jy mik maar vir die gat as jy skiet, en toe’s dit toevallig raak.”

Na daardie raakskoot het die Ratels oor die pad gerol en teen laat namiddag was die aanloopbaan in bulle besit en die geveg om Xangongo verby.

Daardie nag het die manne met die Ratels in Xangongo geslaap, en dit bring ons by die verhaal van Johan Grove, Andries Helm en Gerrit Burgers.

 Back to Historical van Rensburg's

Back to home

andre@rensburg.com