|
|||||||||
Historici stel belang in gebeure, die biografie van persone en genealogie van families |
|||||||||
|
Die strewe van die BREDENKAMP Familiebond is om nie slegs 'n stamboom, kwartierstaat of familieregister op te stel nie, maar die dokumentering van die kultuurgeskiedenis van die familie en spesifieke takke daarvan op te stel gebaseer op spesifieke verwysingsbronne, feite en dokumentasie. |
||||||||
|
|||||||||
Voorgeskiedenis van dieBREDENKAMP Familiein
Suid-Afrika.
Johannes
Christoffel BREDENKAMP (ook in vroeë V.O.C. dokumente vermeld as Johan
Cristoffel Breijdenkamp) is in 1739 gebore te HERFORD in Oos-Wesfale,
‘n destydse Pruisiese provinsie. Die spesifike geboorteplek is
waarskynlik Plaas No.12 Klosterheide, Stift Quernheim wat ongeveer 10 km
vanaf Herford geleë is. Johannes Christoffel is gedoop in die Lutherse Evangeliese Kerk –
waarskynlik die Stiftskirche wat minder as 1 km van die BREDENKAMP plaas
af geleë is. Die bevolking van Oos-Wesfale en Nieder-Sachsen was
grootliks van eg Duitse afkoms (Teutonic Stock) met ‘n klein
persentasie van Duits Russiese afkoms. Die BREDENKAMPS was in Duitsland sedert 1520 tydens
die Hervorming en die opkoms van Protestantisme grotendeels betrokke by
die Lutherse Evangeliese Kerk, tot vandag toe. In Duitsland, in
die jare 1700 tot 1800, is feitlik al die BREDENKAMP, Breitenkamp,
Breitenkampf, Breedenkamp, Breedekamp, Bredenkamps, Bredekamp,
Breitonkamp en nog ander variasies van die van in die
Evangelies-Lutherse kerk in die omgewing van die volgende dorpies
gedoop: Bergholz, Bunde, Blasheim, Badbergen, Bielefeld, Gehlenbeck,
Grothe, Herford, Huell-posst, Klosterbauerschaft, Minden, Rödinghausen,
Vlotho, Quernheim. Die betekenis van die van BREDENKAMP is, in Duits,
‘n pleknaam wat beteken “breë veld” (kamp of kampus). Daar is ook
‘n straat met die naam “Bredenkamp’s-Feld” in die plattelandse
dorpie Klosterbauerschaft, gemeente Stift Quernheim, langs Kirchlengern
naby Herford. Plaas No 12 in Klosterheide, Stift Quernheim is in besit
aan die BREDENKAMP’S sedert ongeveer 1500. Seuns van die plaas het in
die jare 1700’s aangesluit by die Verenigde Oost-Indiesche Kompanjie (V.O.C.). Die vanne Bredenkamp, Bredekamp en Breedenkamp in
Suid-Afrika en so ook ander variante is volgens ons navorsing
afstammelinge van Johannes Christoffel Bredenkamp. Op 24 jarige leeftyd het Johannes Christoffel in
Amsterdam as soldaat by die V.O.C. aangesluit en as soldaat No 329
vertrek hy op 3 Junie 1763 na die Kaap die Goeie Hoop aan boord van die
seilskip “Leckerland”. Die “Leckerland” gooi anker in Tafelbaai en
Johannes Christoffel stap aan wal op 24 September 1763. Gedurende 1764 tot 1778 was Johannes Christoffel
Bredenkamp steeds ‘n amptenaar in diens van die Verenigde
Oost-Indiesche Kompanjie (later Hollands Oos Indiese Kompanjie). Hy is
op 8 Desember 1771 getroud met Anna Coetzee (op 21.04.1753 gedoop
Johanna Jacoba COETSEE). Sy was die twaalfde kind van Cornelis Coetsee
(Couchè) en tweede kind van sy tweede vrou Aletta
Lubbe. Cornelis was
die seun van Dirk Coetsee en
Sara Jacobz van der Schulp van Kampen in Nederland. Dirk Coetzee het in
1679 in Suid-Afrika aangekom. Hy woon eers vier jaar in Kaapstad en
daarna tot 1729 op Stellenbosch waar hy in 1682 van Simon van der Stel,
die bekende plaas Coetzenberg, as eiendom ontvang het. Hy het ook grond
in Jonkershoek gehad - “Assagai Bosch” genoem. In 1687 is hy as
Heemraad en in 1706 as Kaptein van die Stellenbosch infanterie
aangestel. Op 8 Desember 1778 het Johannes Christoffel
Bredenkamp sy Vryburgerskap verkry en op 8 Februarie word hy landbouer
te Roodezand, Land van Waveren (Tulbagh). Hy en sy
gesin van 7 of 8 kinders op daardie stadium trek terug na Caledon. Koop
op 'n publieke veiling op 31 Oktober 1787 "Roodebloemskraal"
uit die boedel van Wessel WESSELS en verkoop dit in 1823 aan Kol William
Holmes DUTTON (Volle besitreg is eers in 1830 ingestel)Op 8 November
1787 verkry hy die regte om as landbouer en veeboer te boer aan die
“Steenboksrivier”. Hy is op 24 Desember 1801 oorlede en is vermoedelik
op“Roodebloemskraal” aan die Steenboksrivier of in Tesselaarsdal of
Solitaire omgewing begrawe. Anna Coetzee is op 2 Mei 1828 deur die Engelse Goewerneur aan die
Kaap vir die vrylating van haar slawe Mina, Simon, Maria, Thinus, Robert,
Dina, Abraham en Salomon aangeskryf. Sy was toe reeds 75 jaar oud en
steeds woonagtig te Roodebloemskraal waar haar seun Jan Christoffel
geboer het. Johannes Christoffel BREDENKAMP en Johanna Jacoba COETSEE het twaalf kinders gehad – 5 seuns en sewe dogters en het ‘n groot nageslag aan die Kaap en in Suider Afrika gelaat, soos uit die stamboom wat hierna volg afgelei kan word.
Handtekening van Johannes Christoffel Bredenkamp.
Kinders van Johannes Christoffel Bredenkamp B1
Aletta Henrietta
* 28.02.1773 B2
Jan Christoffel
~ 22.11.1774 B3
Jan Frederik
* 13.10.1777 B4
Johanna Magdalena Catharina
~ 06.12.1778 B5
Maria
Elisabeth
~
03.12.1780
B6
Martha
Cornelia
~ 18.11.1782 B7
Cornelis
Christoffel Lodewijk (Lodewyk)
* 11.06.1784 B8
Barend
Godfried
~ 19.11.1786 B9
Maria Elizabeth
~ 11.01.1789
B10
Jan
Christoffel
~ 00.00.1790 B11
Anna
Magdalena
* 23.02.1794 B12 Johanna Wilhelmina ~ 23.10.1797
|
|||||||||
Sportuitblinkers / Sport Stars
Barend Godfried Bredenkamp
Barend Godfried Bredenkamp |
Opgegradeer 31.10.2007
Ontwerp deur Marthie Bredenkamp @ 2001 |
|
||