... dagbroek van leuce in jansberg ... diaree of leuce in joeburg ...

... ag, goi daar 'n e-pos, man : ordinateur@altavista.com ...
.

[ kliek hier vir eerste dag ]

... Sondag 4 Junie 2000 ...

Ek het vier dae laas dagbroek geskryf, so kom ek begint maar eers hier by sondag, dan kan ek skryf van die dag af wat ek die beste onthou. Ek is besig om vir my pasta te maak, Enya is op die CD-speler, en ek het sopas met Marion gepraat oor die foon... dis lekker om haar stem te hoor. Ons gesels oor dit en dat. Ek is nietemin maar nou maar net nie 'n vrou nie... dit sukkel nog maar om te kekkel.

Vendag was ek by die oggenddiens en die aanddiens. Hulle het nou pinkster hierso... ek weet nie, dalk het die kaapse kerke ook pinkster nou. Die tema is "passie". Vanoggend se preek het gegaan oor jesus, dink ek, en venaand se preek ook oor so iets se kant. Vanoggend was daar vyf dopelinge uit vier gesinne. Ek sien meer en meer en herken mense wat in die sel is of wat ek vroeger ontmoet het, dan kan ek groet en hulle groet vir my, al knor dit maar met die name. Juis vendag het Hannelien vir my voorgestel aan 'n vriendin van haar van Randburg AGS... en ek kan haar naam nie eens meer onthou nie, al was dit 2 ure gelede. Hannelien het my ook voorgestel aan Suano Naude, 'n geskeide vroutjie van oorspronklik petoria en nou hier in linden waar sy werk by 'n apteek. Suano en ek is soortvan aan mekaar gepimp, as twee eensame jongmense hier in die eensame vreemde, lol.

So, ons kyk maar wat kom van die kennisskap. Haar 3jarige seuntjie bly nog by haar ouers. Sy was 8 jaar getroud. Sy is blykbaar 'n heel goeie christen, en sy is spontaan. First impressions was nie goed nie, maar ek gee almal mos 'n kans, ne.

Die middag was ek by P&P en het inkopies gedoen. Ek het ook vendag nogals baie AoE gespeel op myse rekernaar. Gisteraand het dit begint reent, en toe haal die huismense myse wasgoed van die draad af, en vendag kom seg Sharon vir my daarvan... van dit is nog klam, maar ek sal moet uitvind waar is my pennetjies.

UITGAWES:
2 x boksmelk ... 2 x 3,39
Vegan cutlets ... 8,99
2 x 2min noodles ... 2 x 2,09
2 appels ... 2,47
2 piesangs ... 1,44
nog 2 appels ... 1,88
blok kaas ... 9,12
seep ... 1,49
macareina ... 2,29
soppies ... 3,73
blikkie stroop ... 7,39
conditioner ... 5,49
potlode ens ... 7,99
TOTAAL: R63,30

By die aanddiens was daar sop en broodjies ipv koffie en koekies. Hulle het ook 'n paar halleluja liedere gesing. Die begeleiding is ongelooflik trekkerig, maar die orrel is lekker op tyd. Dis 'n pyporrel, met drie klawerborde. Een van die mense, haai, ja, hannelien se man, het aangebied om my moreaand 18-40 te kom oplaai vir die kerk more.

[ kliek vir index van weke ]


... Saterdag 3 Junie 2000 ...

Hierdie dag sou ek weereens winkels toe gegaan het, maar ek het toe weer nie daarby uitgekom nie. Ek dink ma het my gebel, en Marion ook. Dit was lekker om met ma te praat, weer 'n bietjie. Sy't nie baie nuus gehad nie, maar dis lekker om die stem te hoor en in die mens se stem te hoor dat alles goed gaan. Pa was besig in die keraats en ma was in die huis.

Ek kan nie veel onthou oor die marion gesprek nie, jammer marion, maar dit is nietemin lekker elke keer as die meisie bel. Dan't ek nog ook 'n foonoproep gehad van Riaan van Potch, hy het in 'n vorige e-pos geseg hy sal bel die naweek. Ons het oor dit en dat gesels oor Opera en oor rekenaarterme en so aan. Ek gebruik tans amper ekslusief Opera. Riaan seg hy perbeer ABSA sover kry om Operavriendelike seine te stuur (hulle gebruik 'n MS server by ABSA).

Ek het ook die een helfte van my flet skoongemaak... veral die dele waar daar ongelooflik baie stof le. Dele wat ek dink nie eens die vorige tennant geskoon het nie, het ek met 'n borsel bygekom en afgevee. Daarna het ek die mure en die vloer gewas met 'n lap. Ek het ook myse klere gewas, in 'n kom en emmer. Die onderklere en kouse eerste, en toe gaan ophang, en toe later die res van die goete. Gretha was weg kaap toe, so ek kon nie die wassegoed by haar laat doen nie en my eie wasgoed het vir 2 weke opgehoop.

Ek het reeds drie vullissakke met vullis, maar ek het nie besef die goete word op 'n vrydag kom haal nie... so ek sal maar komende vrydag moet mooikyk en dit buite neersit. Milan het 'n paar dage gelede vir my 'n ou blik koffie gegee... dit smaak horribaal, maar dis koffie. O, en ek het brood en melk gekoop by die 7/11.

UITGAWES:
Brood ... 3,50 plusminus
Melk liter ... 4,50 plusminus
TOTAAL: R 8,00 plusminus

[ kliek vir vorige dag ]


... Vrydag 2 Junie 2000 ...

Vrydag het RiaanK (ek sal moet onderskeid tref tussen RiaanN van Potch en RiaanK van Haasdas) informeler aangetrek, nadat hy die eerste dag formeel aangetrek was, soos ons almal maar gemaak het. Ek en Margot het onse personeelkaarte gekry... ek lyk baie smug daarop. My hare is net afgekap om vir die baard plek te maak... so ek trek na breyten, maar dis nice.

Die groep van ons het in die kafeteria gaan saameet vir die bonding. Ek het 'n omelet en twee porsies groente gehad, totaal R8,50. RiaanK en Tiaan en Chris en Margot en nog 'n tannie was daar gewees. Tiaan is die vertaler was op my sitplek gesit het voor hy daar weg was en ek daar aangekom het. Hy is nou by bemarking, dink ek. Hy is min of meer so oud soos ek. RiaanK is by die sestig. Hy het ook met nederlandse mense getrou, en het natuurlik 'n magdom staaltjies en dinge. Dit voel vreemd om so op informele vlak met die Haas om te gaan... ek onthou nog sy ou kraalogies en sy een hangoor. Gie-gie. Sjoe, nou gee ek darem my ouderdom weg.

Ek het vrydag lekker laat by die werk gebly en sommer 'n bietjie gechat op IRC ook... maar dit is nie dieselfde nie.

UITGAWES:
Kos ... 8,50 plusminus
TOTAAL: R 8,50

[ kliek vir vorige dag ]


... Donderdag 1 Junie 2000 ...

Donderdagaand was ek nie by Ckruis gewees nie, want dit was hulle worshipaand, en ek was nie lus vir 'n uurlange dramatiese altarcall nie. Ek het sommer by die huis gesit en niksdoen. By die werk (ek dink dit was donderdag...) het 'n tannie, Poenie, die werk verlaat en daar was 'n officepaartie vir haar gereel. Daar was koek en broodjies en goete... net nie drinkgoed nie. Die dag hierna het daar nog 'n koek aangekom vir die paartie, maar ons het dit sommer so by onsself verorber. Vrydag was Thea se afdag, sy kom eers Dinsdag terug.

[ kliek vir vorige dag ]


... Woensdag 31 Mei 2000 ...

Hierdie dag was ek ook wel by die C-kruis se ding, maar het effens laat gekom. Die Dinsdag het twee tienergesnuitertjies my as "oom" aangespreek. Wel, pedofiele soos ek kan nie kieskeurig wees nie -- dis of prille jeug of prille grille. Hulle was slim hierdie keer en het die breek aan die begin gemaak sodat mense nie in die pouse uitloop en wegloop nie, dan is die kans groter vir 'n groter vangs van bekeerlinge. Dis dit, basies.

[ kliek vir vorige dag ]


... Dinsdag 30 Mei 2000 ...

Dinsdag, erm... nouja, ek het myse selaristjek gekry, en saam met Margot gaan inbetaal in ons lunchtyd. Ek het al my ou e-pos op datum gebring, en ek sal seker more se kant my kraaineswerf op datum bring. Ek was saam met Margot by 'n comics winkel, en hulle het Pokemon daar, en ander soortgelyke games ook. Ek is agter as dit kom by die roleplaying industry. Ek het hul maandelikse AD&Dii game netnet gemis (was Sondag gewees). Die ouk daar het myse naam gevat ingeval iemand weet van 'n coven wat nog 'n lid kan vat. Ek het ook hierdie keer Marion se troufile onthou en dit vir haar gepos. Ek moet nog kommentaar lewer op die CV, en ek het nog 'n brief van haar gekry wat ek moet beantwoord. Dis dit. O, ek was by die C-kruisuitvertoning, en dit was nice maar ietwat soppy met 'n soapy altarcall, maar op die ou end was dit nie sleg nie. Ek voel soos 'n blerrie pedofiel daar tussen die kinders... njam. Ek sal dalk die briewe nie op HTML sit nie... dis te veel werk.

Ek was na die C-kruis vertoning toe. Die eerste helfte was baie mooi, maar die tweede helfte was werwingshelfte, en ek moes 'n halfuur se altarcall uithou.

[ kliek vir vorige dag ]


... Maandag 29 Mei 2000 ...

Oukei, kom ons kyk of ek kan onthou wat gebeur het. Dis so lank gelede... ek het gedink ek sou onthou, maar nou lyk dit nie so nie. Dit was die eerste ryp gewees, as ek reg onthou. Ek het laat die aand 'n oproep van Marion ontvang, en ons het lekker gesels. Dit was nice. Ek het so'n bietjie gewerk op die rekenaar, maar ek het hoofsaaklik boek gelees en toe gaan slaap.

[ kliek vir vorige dag ]


.
(c) Samuel Murray, 2000
ordinateur@altavista.com, leuce@oocities.com
http://www.oocities.org/dagbroek/week3.html
laas bygewerk 00-06-04