Hoe beskryf mens jou binneste? Daar diep binne waar net jy alleen kom, en net soms, jy iemand anders toelaat om te vertoef. Dieper as die diepste kant van die see, daar waar die waternimfe woon en speel, so sorgeloos, maar waar warrelwinde water gereeld die rustigheid versteur wat veronderstel is om daar te wees. Soms wil ek sê dat ek niemand weer daar wil toelaat nie, want die groet is te seer. Dis 'n kosbare geheime plek, ver verwyder van die maskers wat ek daagliks moet opsit om net deur die dag te kom. Dit is ek, die een wat beur om uit te kom. Om te wees. Hoekom word ons getreiter deur goeters op ons pad, waarom is ons nie net tevrede met die rustigheid wat ons binne het nie?
Ek sou kon doen daarmee. En vrede… en sy liefde.. sonder enige wilde ekskursies van bandelose seks en orgasmiese belewenisse.
Net
die stille daarwees wat ek saam met hom geken het, wat van my 'n beter mens
gemaak het. Is dit dan alles fases?
Het
ek vir eers genoeg gehad? Ek wil nog hê... Dit is my reg. Ek kan hom nog
soveel bied. Ek wil uitklim teen die hoogste berg, met die dassies en ape as
my maats, en uitskree hoe seer dit is. Die pyn wat nie wil weggaan nie.
Die
benoudheid wat my bors toetrek as ek aan hom dink, dink dat ek hom miskien vir
goed gaan verloor. Die liefde wat nie bestem is om te wees nie, want almal is
teen ons. Romeo en Juliet is maar hanskallers teen ons. David en Jonathan is
verewig in die boek, maar wat ons? Neerhalend word daar van my in gesprekke
verwys… terwyl hy aan die ander kant swig onder die beduidende druk. Miskien
is diè my enigste ware skryfsel, die kroon op my pennevrug. Om te ondersoek
wat binne my is. Want dis hy. Hy is hier binne.
Hy het my oorgeneem. Lankal al. Ten spyte van wat hy dink.
Ek is niks sonder hom nie. 'n leë dop, 'n kar sonder engine. Net 'n bondel seer wat oorbly. Afgedryfde fetus wat niks goed beteken nie, wat ek nie durf laat lewe nie, want dit sal alles net beduiwel.
Ek is
moeg vir alles. Pa het mos vir my gewys waar die pistool is. Nog net nie genoeg
guts nie. Moet ek nie maar probeer nie. Dit is so vinnig. Liza kon, is ek slegter
as sy, want ek het nie eens die guts om dit te probeer nie.
As ek net weet dat ek dit reg gaan doen, ek nie fokken gaan mis nie.
Weet net ek is leeg. Daar is niks oor van die mens wat hy geken het nie, want wat daar was, is by hom. Daar is baie dinge waaraan ek nou dink. Ek sal moet seker maak dat ek nie te veel wegblaas nie, want dan stop hulle my ook so op soos arme Lisa. Ek wil nie soos 'n waspop lyk nie. Ek is net so naar en bewerig. Ek wens ek kan vanself doodgaan, dan hoef ek dit nie te doen nie. Maar nee so lucky sal ek nie wees nie. Nou waar's daai lucky R5 stuk en die water?....
"So here goes.."
Ag fok ek is nog hier.
Copyright 2003 LOUIS NELL