Die
misdruppels meng met die stofsand op die voorruit en Jacques soek moeg na die
ruitveër skakelaar.
"Waneer kom ons daar pappa??" vra Leonie op die agter sitplek.
Jacques kyk in die tru-spieëltjie en 'n teer gevoel oorweldig hom waneer
hy Leonie met moeë ogies sien terwyl sy probeer om in die donker vir klein
Nathaniel gemaklik te maak.
"Vader
" wonder hy meteens… "Wat lê vir my gesinnetjie voor??
Die kinders sal sekerlik die plaaslewe geniet.… Maar Adele..?"
Hy skrik
vervaard uit sy drome wakker waneer 'n klein bokkie reg voor die motor inhardloop
en hy vinnig die motor moet uitswaai om 'n botsing te vermy.
"Wat
nou??!!" vra Adele, verskrik, nog nie heeltemal wakker nie.
"Moenie worry nie, dis net 'n bokkie gewees" stel hy haar en die groot oog kinders gerus.
Ses
uur die oggend sien hul vir die eerste keer Mosselbaai en die kleiner vakansie
plekkies voor hul in die oggendson.
Jacques draai by Groot Brak rivier in en stop by die polisiestasie om verdere
verwysings te vra. Die sersant agter die toonbank lyk te vars na die nagskof
en beduie hoe om by die Gonnakraal pad te kom. Maar eers stop hulle by die kafee
en koop vir die kinders koeldrank. Buitendien is Jacques se sigarette amper
gedaan en hy weet nie of hy naby tant Nellie se plaas weer sal kan koop nie.
Tant
Nellie. Snaakse vrou. Die storie van Tant Nellie is op sy eie 'n lang en uitgerekte
familie geskiedenis, en onwillekeurig skiet sy kinderdae weer terug in sy geheue.
Tant Nellie is 'n sterk vrou. Van die ou soort. Nooit getroud nie en so sterk
soos 'n bees. Met 'n ysterhand regeer sy die plaaswerkers al meer as sestig
jaar. Vele jong mans het al hul moses teëgekom sommer met die intrapslag
waneer Tant Nellie hulle groet met 'n "hoesit ou ding!!" en terselfdertyd
'n harde maar toegeneënde harde klap teen die blaaie. Sommige outjies kon
nie eens antwoord nie en het gewoonlik bloedrooi om die kiewe laat spat. Met
'n glimlag dink hy aan haar rede hoekom sy nie aand kan slaap nie. "Nee
ou Jacques jong, jy weet mos ek luister die afrikaanse nuus in die nag! Dis
mos al waneer hulle die waarheid mag praat, want dan slaap al die swartes mos!!"
Maar hy weet dat dit bitter alleen vir haar moes begin word het die afgelope
paar jaar. Amper neentig jaar oud, het sy nog self stoksielalleen die plaas
bestuur tot so drie maande gelede, toe sy wyslik besluit het om maar liewer
dorp toe te trek. Die plaas sou daar wees vir hom as erfporsie eendag, maar
toe begin die inbrake, en sy was verplig om hom te bel en te vra om sy erfporsie
in besit te neem, terwyl daar nog iets was om te kry.
En hier
is hulle nou. Byna by Gonnakraal en reeds begin 'n opgewektheid by die kinders
posvat. Selfs Adele begin spontaan saam droom oor wat alles vir hul wag by hul
nuwe tuiste. Saam het hulle twee weke gelede besluit om vir 'n maand vakansie
plaas toe te kom… om te sign in watter mate hulle lewens beinvloed sou
word deur so 'n verandering. Sou dit werk, sal hy terug gaan stad toe en dadelik
sy ontslag by die Provinsiale Kommissaris indien. Gelukkig kan 'n polisieman
nou binne 24 uur klaarmaak, as hy wou, maar dit is vir hom 'n groot bekommernis.
Wie sê die plaaslewe gaan met hulle akkodeer. In hierdie dae van regstellende
aksie, is dit onmoontlik om 'n werk te kry, wat nog te sê terug gaan polisie
toe. Ja nee, dis 'n groot besluit en iets waaroor hy seker nog die hele maand
gaan oor rondrol in die nag.
Die grondpad draai links af net na die 'Freemersheim 15 kilometer' bordjie en
die sinkplaatpad verander die eentonige geluid van die motor na wilde rukkings.
Langs hom krimp Adele elke keer waneer hy 'n slaggat raakry en hy kry haar so
bietjie jammer. "Ja ou girl… van nou af kan jy nie meer die ou karretjie
so verafgod nie!! Miskien moet ek maar begin uitvind van 'n lekker diesel bakkie
vir die plaas..." mymer hy.
"Wat sê jy??" vra Adele.
"Nee
wat ek dink ons moet solank soek vir 'n bakkie of 'ding"
"En
wat dan van my kar????"
Hy besluit
om liewer nie te antwoord nie.
Die
wêreld is pragtig. Hulle ry verby 'n hoë wildsheining en die pad
sak af in 'n kloof. Na so 6 kilometer kom hy by die vaag bekende plaas opstal
aan. Die huis self sit so goeie 500 meter van die pad af en die motorhek is
met 'n slot gesluit. Nog voor hy ordentlik kan stilhou, is die kinders uit die
motor uit.
"Kyk
die koeie, pa!!" skree Leonie , terwyl Nathaniel reeds oor die heining
begin klouter.
"Nathaniel
le Roux!!! Klim onmiddellik af!!" roep Adele benoud en sy klimval uit die
motor om hul vierjarige seun in bedwang te bring.
Jacques
gaan na die voetgangers hek en buig die bloudraad wat dit toehou, oop. Die kinders
peul deur die opening en hardloop uitgelate na die huis. Jacques besluit dis
miskien wys om eers vir Adele kans te gee om by te kom en wag vir haar by die
hekkie. Van buite lyk die huisie koud en verwaarloos, in 'n beige kleur met
sy swart dak. Dis 'n tipiese plaashuis van so vyftig jaar gelede met 'n breë
stoep regom en deure wat uit verskeie vertrekke daarop oopmaak. Die gras kort
'n sny en die struike het eeue laas 'n snoeiskêr gesien,… maar die
struktuur van alles is goed. Dit moes 'n voorslag woning gewees het toe Tant
Nellie nog kon…
Hy kry
die sleutel binne in die geroeste melkkan op die voorstoep, nes sy hom gesê
het. Hy soek die regte sleutel en voel hoe die regte een in die deur knars terwyl
die ou tuisgemaakte slot weereens toegang gee aan die huis se mense.
"Goed dan almal… dis dan die oomblik waarna almal uitsien.."
Die
huis ruik muf van al die toestaan, en Leonie trek haar neus op.
"Sies
ma, dis vuil!" sê sy en druk haar wipneusie toe. Adele sê niks
maar die afkeur is sterk op haar gesig te bespeur.
"Jacques..."
begin sy, maar voltooi nie die sin nie. Natie hardloop vooruit om sy kamer op
te eis.
"Wag
vir my!!!" skree Leonie en vergeet skoon van die muf in haar neus. Skielik
staan hulle stil alleen in die groot huis se gang met net die veraf geluid van
die kinders wat kamers kies. Jacques besef ewe skielik dat hulle eintlik nie
iets vir mekaar te sê het nie. Voordat hy die gedagte verder kon neem,
ruk harde gille van die kinders hom terug na die werklikheid. Adele is reeds
'n kortkop voor hom in die gang af en soek naarstigtelik in elke vertrek na
die kinders. Hy kom egter eerste op hul af 'n die agterste slaapkamer bewend
en huilend met hul ruggies styf teen die muur.
"Leonie...
Natie..??!!! Wat is fout??!" vra hy terwyl hy probeer om sy bokspringende
hart te beheer.
"In
die kas...." Wys Leonie en kruip agter haar ma weg. "Wat is in die
kas" vra hy.
"Spoke!"
is al wat Natie uitkry voordat hy van voor af begin huil.
"Spoke!
Dis nou net die ding om 'n onaangename vakansie mee te begin. Wonder wat dit
regtig is.." dink Jacques en stap na die kas om vir die kinders te wys
dat daar nie 'n ding soos 'n spook bestaan nie. Toe hy die deur oopmaak, val
'n paar skerwe van 'n stukkende spieël uit voor sy voete. "Dit is
werklik eienaardig" dink hy en kyk dieper in die kas in. Agter hom begin
die kinders onbedaarlik huil en roep hom weg van die kas af. Behalwe vir die
stukke spieël is daar net 'n paar kieries in die kas. "Met al julle
gepeuter het julle die kieries laat omval!" sê hy kwaai, maar dit
stel hom nie gerus nie.
Terwyl
Jacques die tasse uit die motor pak en die treiler afhaak, begin Adele solank
tee maak. Hy kom in die kombuis ingestap en vind haar besig om die muur bokant
die wasbak te was.
"Die
plek is ongoddelik vuil" sê sy vies.
"Toemaar
skat, dit sal alles nog regkom. Onthou hier was weke laas iemand… en Tant
Nellie was nie die laaste ruk sterk genoeg om alles skoon te hou nie. More sal
ek vir ons 'n huishulp kry om alles skoon te maak"
"Ja
Jacques le Roux! Altyd die een om 'n plan te sien, maar met die werk self sal
jy niks te doen wil hê nie!!Nee wat, los my. Ek sal self die varkhok skoonkry.
Ek laat nie vreemde mense in my huis toe nie!"
"My
huis.… So sy begin die oppak en trek te aanvaar" dink hy.
"In
elk geval moet ek seker een of ander tyd begin agter kom waar al die pakplek
en goed is.… Sodat ek die toekomstige huurders kan inllig."
Hy draai om en loop by die agterdeur uit sonder om 'n verdere woord te sê.
Buite
is daar 'n hele paar vye en koejawel bome. Die boord moes vroeër jare immers
Tant Nellie se bekendheid as bo baas kok geondersteun en gestand gedoen het.
Nou is alles oorgroei en die bossies staan halflyf in die leivoor. Baie werk
is hier gewis maar tussen al die afgedopte verf, bossies en stukkende waterpype,
sien hy tog 'n gemaklike plekkie met baie potensiaal. Hy skrik toe hy 'n onbekende
stem agter hom hoor sê:
"Dag
meneer.." Agter hom staan 'n ou swart man, leunend eintlik, op 'n tuisgemaakte
kierie.
Dis
seker ou Moos dink hy en sê hardop: "More ! jy is seker Moos"
"Dis
nes jy daar sê, my kleinbaas. Die oumies was laaste week hier en sy het
gesê dat die nuwe baas van die plaas aanstons sal kom oog gooi"
"Bly
jy hier ou Moos" vra hy, want hy moet weet. Met die nuwe plaaswerkers wette
en goed wil hy niks mee uit te waai hê nie, en so onskuldig soos die jong
ook al lyk, moeilikheid is moeilikheid.
Die
ou man lyk bewese en skaam en hy sê: "Nie meer nie baas.. na al die
dinge van die afgelope jaar, het ou Moos maar vir hom 'n veiliger blyplekkie
gaat soek daar onner by ou Henna se kleihuis." Nooit het hy geweet dat
hy sy oumies sou verlaat stert tussen die bene nie, en die trots wat hy het
sal dit ook nie maklik erken nie. Maar wat te erg is, is te erg en vir die tokkelossie
sal die grootste Xhosa koning ook gevlug het. Maar dis nie iets waaroor hy maklik
wil praat nie. Daarom sê hy net: " met die oumies se skielike siekte
het ou Moos ook krag verloor, en ek kom loer nou maar net so dan en wan of alles
nog reg is op die werf".
"Ek
sien… nou Moos… ek het regtig 'n paar jong sterk arms nodig om bietjie
hier reg te ruk. Sê maar so drie jong manne… o ja.. en iemand om
in die huis te help met die skoonmaak. Sal jy mense vir ons kan kry??"
"Mmmm
dis reg so baas, ek sal 'n paar bulletjies en 'n jonk vrou hier bo in Freemersheim
loop haal vir more."
"En
Moos, wil jy nie ook saam kom nie? Ek weet ek ken jou nou nie eintlik nie, maar
mies Nellie het baie van jou gepraat. Miskien kan jy vir my help om 'n ogie
oor hierdie jongetjies te hou, sodat hulle nie alles wegdra nie."
"Dis
reg so baas. Ek gaat in elk geval vir Henna se klong en sy vriende opkommandeer.
Hulle is goeie knape en sal nie die goed hier steel nie.
Jacques voel skaam oor sy woorde en wou nog iets sê om sy ongevoeligheid te verbloem, maar die ouman is net so stil weg as wat hy gekom het.
Toe
Jacques weer in die huis kom, is middag ete al op die tafel. Adele het iewers
potte gekry en met 'n groot gesukkel die ou Dover stofie gebruik. Die roet teen
die muur en op haar gesig en bo arm is sprekend van haar moeite. Die kos lyk
lekker en Jacques roep die kinders. Terwyl hul om die tafel maal en baklei om
hul nuwe sitplek te kleim, val sy oog op Adele wat moedeloos teen die wasbak
leun.
"Gaan
jy nie ook kom sit en eet nie?" vra hy.
"Nee
wat, gaan julle maar aan, ek kry nou te warm van al die gesukkel."
Hy besluit
om niks te sê nie, maar vat 'n bord en skep vir haar ook kos in. Sy sal
wel later honger word en dan moet sy weer van voor af sukkel om iets aan mekaar
te slaan.
Wonder hoeveel dit gaan kos om krag aan te lê.
"Ek
bêre die vir jou op die kas Adele." Sy sê niks maar staar met
tranerige oë deur die kombuis venster.
"Kom
sit, dan maak ek vir jou koffie. Ek kan sien die dag haal jou in." sy kyk
hom onbegrypend aan en storm al huilende die kombuis uit. Die kinders gaan aan
en maak of niks gebeur het nie, maar hy voel dat dit ten minste sy plig is om
haar te kalmeer. Buitendien kan hy nie nou toelaat dat sy hul toekoms in die
wiele ry as gevolg van 'n Dover stoof nie…
Hy kry
haar in die hoofslaapkamer op die bed lê en snik.
Na 'n minuut of twee vra hy: " Wat is fout ou vrou???"
"Vra jy nog!!" huil-vra sy. "Die plek is 'n gemors!! Hier is
nie eens krag nie. Die water is buite en die toilet ruik of jou Tant Nellie
daarbinne dood is! Die kinders hol rond en maak my mal! En jy vra nog wats fout??!!"
"Toemaar my skat, dit al nog alles regkom. Ons is almal moeg van die lang
pad, en dan nog die verandering van omstandighede..… dit vat maar aan
ons almal. Jy sal sien… more voel jy stukke beter.. ek het klaar gereël
dat iemand jou more kom help in die huis. Jy kan net 'n ogie hou en nog steeds
sien waar alles is.. wie weet, miskien kry jy nog 'n Pierneef of iets onder
in 'n ou kas. Jy weet seker hier bo ons is 'n solder met ou goed en ek is seker
daar gaan iets wees wat jou gedagte omtrent die plek heeltemal gaan verander".
Sy staan op om sneesdoekies te soe k, maar hy trek haar terug op die bed.
"Alles
gaan regkom" sê hy en soen haar sag op haar mond.
Sy beantwoord sy soen en trek haar ligaam styf teen syne aan. Hy voel die perfekte
ronding van haar ligaam teen sy lyf en voel hoe sy manlikheid opgewonde 'n plek
in haar wese kry.…
Skielik
lyk alles vir Adele nie meer so donker nie.
Miskien sal dinge tog anders wees hier, dink sy. Sy self het ook op 'n plasie
groot geword, maar daar was ten minste water en krag in die huis, en naby genoeg
aan die stad om te kon wegbreek waneer die plek te klein geraak het. Wat het
haar in elk geval besiel om met 'n polisieman te trou.
Sy weet nie meer nie. Al die stres en hardekopgeit het haar opgekeil. Voor hul
huwelik was alles so anders. Baie aande uitgegaan en die stad se liggies het
haar so bekoor.
Jacques was en is nog steeds iemand met 'n groot vriendekring en sy het die
aandag wat hy gekry het ingedrink… vir haarself geneem, maar nooit kon
sy volmaakte bevrediging daaruit put nie. Skaars twee weke getroud en die dokter
het Leonie se koms bevestig. Wat 'n nagmerrie!!
Sy het hard probeer om haar gewig in toom te hou, maar Leonie was 'n groot baba.
Met haar pa se bou en geaardheid. Op die einde het sy soos 'n os gevoel en gelyk
en kon nie wag om geboorte te skenk nie. Jacques moes dit agtergekom het, want
hy het koud teenoor haar geword. Skielik was hy die een met die kopseer in die
bed. Hy het selfs vir haar gesê dat hy verkies om nie omgang te hê
nie, omdat hy bang was dat die kind binne in haar, gaan seerkry. Seerkry!!!
...en sy??! Nagte om het sy haarself aan die slaap gehuil omdat 'n man haar
durf verwerp. Sy het selfs in 'n stadium aan haar vroulikheid getwyfel. Jacques
daarenteen het voortgegaan om die lewe op sy roekelose manier te geniet.
Maar
nog nooit, en dit moet sy erken, het sy nog ooit aan sy getrouheid getwyfel
nie.
Haar
gedagtes word onderbreek deur 'n geklop aan die voordeur. Ag tog skaars hier,
en die volk lê al klaar op ons nek!!! Sy staan op en trek langsaam 'n
skoon somersrokkie oor haar lyf. Die klop by die voordeur word herhaal.
"Ek
kom!!" roep sy en stap in die gang af. Sy maak die voordeur oop en sien
'n bejaarde paartjie voor haar staan.
"Goeie
middag, kan ek help" groet sy.
"More
mevroutjie. Ek is Tant Sêra en die is my man, Oom Koos. Ons julle nuwe
bure." sê die tannie terwyl sy probeer om 'n doekie oor 'n bordjie
te hou, terwyl die wind geniepsig daaraan hap.
"O
aarde!! Middag mense! Verskoon maar hoe ek lyk," sê Adele terwyl
sy haarself verwens dat sy nie eens die moeite gedoen het om haar onderklere
aan te trek nie. "Maar kom gerus binne!"
Oom
Koos Stap eerste by haar verby na die voorhuis en sy kan in die ou man se oë
sien dat hy minimum klere gesien en ooglopend waardeer het. Tant Sêra
se oë vertel ook 'n storie en dis van openlike afkeer in die jongmense
van vandag se sedeloosheid.
Sy maak die ou mense gemaklik in die sitkamer en gaan maak vir Jacques wakker.
"Maak
gou, die bure is hier! Terwyl hy hulle gaan ontmoet, spring sy toe sommer in
haar onderklere in en gaan sit toe koffiewater op.
Toe
sy weer in die sitkamer kom, is die gesprek al in volle gang en sy kan sien
dat Jacques die mense om sy pinkie draai. Tant Sêra was die plaasskool
se onderwyseres totdat sy 'n paar jaar gelede afgetree het. Nou plant sy en
die oom tamaties om hulle aan die lewe te hou, sê sy. Adele kyk na buite
en bereken dat dit darem baie tamaties moes kos om die blink Toyata bakkie te
kon bekostig, maar sy sê liewer niks. Die tannie praat in elk geval so
baie, daar is nie tyd om 'n gedagte in te kry nie, en oom Koos sit maar net
daar en skud sy kop so dan en wan waneer sy vrou na hom kyk.
Ja nee
kyk, hierie is sekerlik een van die distrik se vroue wat alles van almal weet,
dink Adele wrang. Ons sal moet pasop wat ons sê voor die mense.
"En
hoe is julle eerste dag sover, kindjie?" vra tant Sêra.
"Ag
tannie, om eerlik te wees, dis 'n aanpassing en ons probeer nou maar eers om
alles net weer leefbaar te maak.”
Jacques
het alreeds in die tuin begin vroetel en die kinders verken nog die huis, maar
met 'n paar veranderinge glo ek dat ons seker gelukkig hier sal kan bly."
"Ja
my kind, die lewe op die plaas is anders as in die stad, die sal jy nog sien.
Dis harde bene kou en die natuur laat hom nie voorskryf nie..."
Adele
voel gekrenk oor die insinuasie dat stadsmense moeilik inpas, en verander toe
die gesprek.
"Ons
het vandag nogal groot geskrik vir die kinders.. Hulle krap nog so lekker in
die kamers rond, toe breek een van hulle 'n spieël!!.. tannie moes dit
gesien het! Nou probeer Natie ons wysmaak dis 'n spook! Verbeel jou!! “
Tant
Sêra se gesig lag nie saam nie en sy sê: "Moenie wat die kinders
sê, te maklik afmaak nie. Hulle sien soms wat ons nie kan nie..."
'n Swaar
stilte trek oor die sitkamer na die woorde van Tant Sêra en skielik weet
niemand wat om te sê nie.
Tant Sêra word haastig en jaag die oom aan.
Net
om iets te sê, sê Adele: " Kom eet asseblief more aand by ons.
Dan sal ons seker al uitgesorteer wees, en kan ons lekker praat!
Die
tannie en oom neem die uitnodiging aan en vertrek vinnig sonder om veel meer
te praat.
Toe
hulle weg is, sê Jacques:
"Snaakse
mense?! Alles was goed en wel totdat jy vertel het van die stukkende spieël.
Toe is dit asof die duiwel agter Tant Sêra is!:
"Mmm ja.… En het jy gesien hoe loer die ou man????....."
Jacques
maak al die lampe vol parafien en steek dit op.
Terwyl Adele aandete voorberei, maak hy solank vuur in die kaggel. Die kinders
is verwonderd oor die sprokieswêreld wat voor hul oë verrys uit die
oënskynlik verwaarloosde ou huis. Na ete sit almal in die sitkamer en Jacques
vertel stories uit sy klein dae op die plaas. Die atmosfeer is aansteeklik en
Adele diep iewers 'n pakkie marsmallows op. Hulle braai dit oor die vlamme vir
die kinders. Klein Natie is nog effe versigtig na die dag se gebeure en hulle
besluit om 'n groot krismisbed in die sitkamer te maak, sodat almal die nag
saam kan slaap. Saam lê hulle en kyk na die vlamme in die kaggel. Die
vlamme plaas 'n soort magiese spel en een vir een raak hul verdiep in hul eie
gedagtes met die rustigheid wat net 'n familie se saamwees kan bring.
Toe breek alle hel buite los.…
"Help
my!! Help my!!" en terselfdertyd hamer iemand hard en baie benoud aan die
voordeur. Jacques spring op en soek in die donker na sy pistool.
"Ssh"
beduie hy na Adele en die kinders en loer deur die gordyn. Hy sien niks en besluit
om agter om die huis te stap om te sien wat se lawaai voor is. Die kinders is
weer eens bewend van vrees.
"Die
verrassings beter nou end kry" dink hy terwyl hy stadig om die huis loop
na die voorkant. In die verte by die pad, sien hy die hoofligte van 'n voertuig
wat die paadjie na die huis toe verlig. 'n Man staan op die stoep en klop nog
een stryk deur. Halfpad na die hekkie toe sien hy iemand wat gebukkend op die
gras staan en selfs van hier kan hy sien dat die persoon in pyn verkeer.
"Wats
fout" roep hy in die rigting van die figuur op die stoep."
"Jacques??!!!
Here tog, dankie julle is hier!! "
"Peet?
? Wat gaan aan jong??"
"Vir
wat stel jy slagysters in jou jaart, man? Is jy befok?"
Jacques
is deels verlig dat dit sy ou polisievriend is wat voor hom staan, maar skielik
dink hy aan die slagyster.
"Slagyster?
?Waar??"
"Ben
sit daar onder in een vas!"
Saam
hardloop die twee mans na die ander figuur wat om hulp roep. Ben het mooitjies
in 'n slagyster getrap wat half onder een van die struike gestel is. Gelukkig
het die yster net sy skoen ingeduik en daar is nie werklike skade aan sy voet
nie.
Ben is Peet se broer. Saam het hulle by Blitspatrollie in Port Elizabeth gewerk. Jacques was hul opsigter en saam het die drie mans verskeie interesante ondervindinge gedeel. Toe is Ben na 'n ander skof oorgeplaas met die gevolg dat net Peet en Jacques oorgebly het. Hy het Ben baie min daarna gesien omdat hy gewoonlik gewerk het waneer Ben af was, en anders om.
Adele
lyk merkbaar bleek in die lig van die lamp toe Jacques en hul besoekers by die
voordeur inkom.
"Ben… Peet… Wat op aarde..?? s sy merkbaar verlig, maar die
skok is steeds op haar gesig te bespeur.
"Kom laat ek na voet kyk, Ben.." en Ben volg haar na die badkamer.
"Nou
wat laat julle twee die tyd van die nag hier uitslaan??" vra Jacques.
"Man
ou Jacques, Ben het twee weke vakansie gekry, toe dink ons jy het miskien hulp
hier nodig… toe kom ons maar....die blêddie bakkie het ge-overheat
langs die pad, en toes ons bietjie laat, en jy met jou slagyster sit toe die
cherrie op die koek!"
"Ek
belowe jou, ek het nie die ding gestel nie, .… Here, een van die kinders
kon in die ding getrap het..."
"Ag wat, ou Ben sal dit oorleef, Adele sal sorg daarvoor!"
Met die woorde kom Adele en Ben weer in die sitkamer in. Ben se voet is netjies
verbind en hy loop net effe mank van die pyn. Adele lyk merkbaar verlig na die
skrik, en Jacques verbeel hom hy sien 'n nuwe lig in haar oë.
Almal
slaap die oggend laat. Adele staan eerste op en begin ontbyt maak.
"Moenie
dink ek gaan julle almal in die bed bedien nie!!" roep sy opgewek en een
vir een begin hul hulself uit die vere lig. Vanoggend lyk Adele vars en opgewek.
'n Goeienag se slaap moes haar goed gedoen het en sy is vrolik aangetrek in
'n kleefbroek en so eina toppie wat seker vir oom Koos 'n hartaanval sal gee
as hy nou daar moes instap.
Almal kom in die kombuis bymekaar waar die geur van gebraaide uie en wors hulle smaakkliere prikkel.
Buite
wag daar 'n groepie bruinmense geduldig vir Jacques om uit te kom.
Jacques roep die jong meisie in en stel haar aan Adele voor. Haar naam is Lina.
Lina word sommer dadelik in die werk gesteek om vir die werkers ook kos te maak.
Daar heers 'n gesellige atmosfeer in die ou kombuis. Almal help hulself aan
die roereier en braaiuie. Na die oor en weer aangeëry is almal se borde
vol en Peet bedank Adele in sy oordrewe styl vir die leker kos. Niemand merk
in die plesierigheid, dat Ben stil sit en net aan sy kos pik nie.
Niemand behalwe Adele.
Na ete gaan die mans uit en Lina help Adele om op te ruim.
Adele se gedagtes is egter elders. Sy wonder hoekom Ben so stil is vanoggend.
Sy moet aan haarself erken dat Ben se vinnige kuier haar onverhoeds betrap het.
Die man speel woer woer met haar emosies. As Jacques dit moet weet… Die
ding het twee jaar terug begin. Hulle het een aand saam vleis gebraai, en Jacques
is uitgeroep na 'n ernstige motor ongeluk. Dit was net die verkeerde tyd, en
sy het in trane uitgebars. Hoekom weet sy nie… miskien omdat die lewe
van 'n polisieman se vrou so onseker is. Ben het hom oor haar ontferm en hulle
het lank gesels. Die volgende oomblik was sy in sy vurige omhelsing en het alles
nie meer saak gemaak nie. Toe Jacques boonop bel en sê dat hy die hele
nag gaan uit wees… vir die eerste keer het sy waarlik ondervind waarvan
hulle so in die tydskrifte praat. Volkome geluk… plesier wat die heelal
laat vergaan.. En sonder om twee keer te dink, het sy die verhouding laat dy.
Ben het op een of ander manier gereël dat hy van skof verander, en was
daar elke aand as Jacques gewerk het. Haar gevoel vir hom is onbeskryflik. Een
aand het Jacques huis toe gekom en haar beskuldig van ontrouheid. Nooit het
hy egter vermoed dat dit Ben is nie. Hy het haar dag en nag dopgehou. Maar vir
Ben het hy vertou en hul verhouding het min of meer ongestoord voortgegaan.
En toe
bel tant Nellie. Haar lewe het in duie gestort.
Wat
sou sy doen. Sy wou Ben nie agterlaat nie, maar om van ontrouheid beskuldig
te word en miskien dan tydens die voorsienbare egskeiding moontlik haar kinders
te verloor… sy het net nie die krag gehad nie.. In elk geval sou klein
Natie se bestaan heeltemal oopgevlek word. Sy kan dit nie aan haar seun doen
nie. Ben se seun…
Sy het
die meer eerbare ding gedoen en Ben probeer vergeet.
Die
afgelope drie weke was hel. En nou is hy hier.
Fok jou Ben!! Hoe kan jy dit aan ons doen?!
"En
nou??!" Sy skrik toe sy Jacques se stem hier agter haar hoor.
"Ag
nee wat, sommer niks. Dis net die huis wat my onderkry. Maar my skat, dankie
dat jy vir Lina gekry het, sy gaan my baie kan help."
"Enige
iets vir my ou vroutjie!!! Jy moet sien hoe mooi kom die werf aan. Hier is seker
vyf bakkievragte vuilegoed wat ons moet wegry. Oom Koos was juis netnou hier.
Hy gaan vir ons sy sleepwa leen om die goed mee weg te ry."
Adele was gou die laaste paar skottelgoedjies terwyl Lina die voorhuis takel. Sy hoor nie die stil voetstap agter haar toe Ben inkom nie.
"Adele..."
Sy versteen
en weet dadelik dat daar nou iets gaan gebeur waarvoor sy die hele oggend al
vrees. "Ben.. asseblief,.... nie nou nie..."
"Maar
Adele... ons moet praat. Die dinge kan nie so aan gaan nie. Ek wil mal raak
van .." "Nee Ben! Ek het vir jou in P.E. gesê ons moet dit probeer
vergeet.”
Sy het
nie die moed om weg te draai van die wasbak nie.
"Maar
hoe kan ek net so van jou vergeet??! .. van Natie?! Jy kan dit mos nie van my
verwag nie. Vir die eerste keer in my lewe was ek gelukkig! En nou moet ek dit
prysgee?? Hoekom? Sodat ons nie vir Jacques moet seermaak nie? Weet jy hoe seer
dit vir my is? Wil jy rêrig hê ons moet ter wille daarvan ons hele
lewe prysgee? Is dit regverdig? Komaan! antwoord my!!..."
"Ben..
asseblief! Ek kan nie nou met jou praat nie! Sê nou Jacques kom hier in?!"
"Hy
is weg om vuilegoed te gaan weggooi!" Probeer jy my nou doodpraat? So maklik
gaan dit nie wees nie Adele! Jy sal hom moet vra vir 'n egskeiding. Dis al uitweg!"
"Ben,
luister, ek het 'n lewe, 'n familie, jy kan tog nie verwag ek moet alles net
so prysgee nie?!"
"Is
jy gelukkig Adele?..."
"Jacques
is goed vir my Ben. Hy sien mooi na ons om, Hy is baie lief vir die kinders"
"En
nou sleep hy julle almal plaas toe..."
"Dis
nog nie verseker nie."
"Ja
.. maar as julle hier gaan bly, wat gaan jy met jouself aanvang in hierdie godverlate
plek?!"
"Dis
seker maar die prys wat 'n mens vir ontrouheid moet betaal..."
"Maar
jy kan nie ontrou wees as jy hom nie lief het nie Adele.."
Wat
moet sy sê? Sy weet Ben is reg! Sy wil nie hier bly nie, maar sy sien
nie kans vir die stres van 'n egskeiding nie. Almal het gesê dat sy te
vroeg trou. Maar sy het vasgesteek en wou nie luister nie. Nou sit sy met 'n
ongelukkige huwelik. Wat gaan sy doen?
Met
die hoor hulle die bakkie inkom en Ben loop vinnig na buite.
Adele
besluit om solank 'n spyskaart uit te werk vir die ete vanaand. Sy sal seker
moet uithaal en ordentlik kook vir oom Koos en tant Sêra. Netnou word
daar gesê dat sy nie kan onthaal nie.
Sy is
juis daarmee besig toe Jacques inkom en koffie soek.
"Wat
doen jy nog die hele dag?!" speel vra hy. "Aag wat, die gewone...
skoonmaak, kos, dieselfde goed..."
"Wat
eet ons vanaand, skat?"
"Ek
weet nog nie, ons sal seker maar moet grootkook vir die bure Jacques"
"Mmm ja, en vir Ben hulle ook.."
Copyright 2003 LOUIS NELL