Kopiereg word voorbehou deur die skrywer. Geen ongemagtige kopiering en verspreiding van die materiaal word toegelaat sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van die skrywer nie!
Dat ek nooit die voorreg smaak
Om jou liefde te deel nie
Sal ek
Met tyd
Kan verwerk
Maar
Wat my kwel
Is dat my pen
Nooit jou liefdesgedig
Sal verwoord nie
Biggel trane
biggel
Baar in my siel
volg die pad
oor plooie
en walle van pyn
(die gevolg van dit als!)
huiwer ten my neus en
dam hittig op
Sterf dan genadiglik
op my lippe
Die reën kom neer
in vlae
en meng met die druppel
uit my oog.
Saam staan vreemdelinge
gebind deur 'n enkele mens
om hul laaste eerbied te betuig.
Leë poëtise woorde wat dofweg
vermeng met die nat potklei
tussen die riwwe onder my skoensole.
Wrang en alleen staan ek eenkant
en bekyk die mense
wat soos miere
rondskarrel om geliefdes te ondersteun...
te onderskraag...
vir erkenning
en
selfdertyd heimlik uitsien
na die koek en tee
Soos 'n dief in die nag
bekruip die ouderdom jou
Met n geplooide kleed
van swart ferweel
en 'n kapmes wat
verskuild in die voue
wegkruip.
Met 'n tienergemoed
gaan jy die later jare binne...
Met pa se gesig wat
uit die spieël na jou loer
En nou wonder ons hoekom
mense mal word.
Soos 'n verkleumannetjie
sy kykers verras
kom sy in die Drive-way af.
Skril rooi trui met geel kolle
en 'n blou kleefbroek met 'n gaargat bas.
Checkers sakkies in die hanne,
druk rooi riwwe in haar palms.
"Hoeveel kos daai vis meneer,
die een in gewone kleur"
Dertig Rand is bitjie veel
en ek het nie nou juis plek
om nog 'n beeld te dra ook
tussen al die pakkies drek.
Met die groot oog blonde kind
draai sy om en
gaan in die Drive-way af,
Overpoos en min gepla
oor die snot streep op haar jas.
Eendag...
sien ek mense rondstaan
en cocktails drink
en wonder
oor my verwronge gedagtes
Saam met kaas en wyn
is hul daar vir die samesyn
en eintlik min gespin
oor my avant garde sin.
Dis die regte tyd vir die idees
om mense se gesprekke
te vergees.
Dit word fashion om my te lees
by my kopsteen
van verotte vlees.
Ek is ek.
Ek drink bier uit 'n bottel
Luister na Depeche Mode en Rave
deurspek my taal met
fok, donner en jissis.
Ek gaan uit na dieselfde plekke
en meer...
Ek lag vir dieselfde grappe
Ek waardeer ook die mooi meisies
... miskien meer om die regte redes
Ons gesels en raak laf
soos broers
Ons dra dieselfde klere...
reukweerder...
Ek hou ook die weer dop...
Staan vroeg op en
werk die aarde tot sonsak
Geniet die buitelug en
waardeer die natuur wat
God geskep het,
is net so deel daarvan
soos jy...
Tog is daar 'n stille gordyn
wat my keer om alles te wees...
...en te ontvang
Ek is in 'n kas.
Die blou grys pak saam
oor Outeniqua
en sak stil af
in wit walms
soos
bolle sagte spookasem
Stille determinasie
om alles te omhul
en toe te vou
in sy koel en klam
omhelsing
Wasig en wit kom die nat Weste
en waai ysdruppels teen ons vas
Als verdwyn in ‘n misveeg
oor die landskap van
groen en grys
Die vinkies skree en
die windpomp kraak
terwyl
‘n ysige briesie
die hitte van jou vel afhaal
Wit ysstrepe maak die
plante interesant
en ‘n wolklose blou hemel
wink jou uitlokkend na buite
Die riete roer in die briesie
‘n verdwaalde swaeltjie
wapper verward
terwyl reënwolkies op die horison
vergader
Wye vlaktes strek vooruit
en die eentonige monoloog
van ‘n tortelduif vertel
jou…
dis winter in die
Vrystaat
(Opgedra aan Annelise Botha)
tragies gelukkig by ons Heer
Haar gees is wat ons almal
voor vra
Haar veglus en durf
is wat ons almal verlang
Die skoonheid van die sonsopkoms
en broosheid van ‘n veldblom
was vir haar genoeg.
Die wêreld met sy
eie belang en status
het haar stomgeslaan.
Sy was die sterk een wat veg
vir die behoud van ‘n veldmuis of twee
En sou nooit terugstaan vir
ongeregtigheid.
Sy het my en jou aanvaar
soos ons is…
…en het waarlik nie gedink dat
ons haar sien nie
Die tye saam met jou
is soos kosbare juwele
wat ek
versigtig elke aand
uitpak en blinkvryf
teryl
ek verlangend na die maan
daar buite staar
Donker kom elke aand vroeër
Al kom Desember nader…
as ek aan jou dink….
Jou beeld in my gees vasgryp
en naarstigtelik poog
om iets van jou te ervaar
Maar ek sit met leë velle papier
En hol woorde wat nie reg val…
‘n verslae poging om gevoelens
te formuleer…
te orkestreer…
tot iets wat sin maak.
My gees reik uit na jou…
Jou menswees wat my vul met
rustigheid en vrede
Jou stille daarwees
wat my troos
Jou liefde wat my dra
Vanaand gaan ek slaap en rus
met ‘n brief onder my kussing
en jou baadjie
om my warm te hou.
En hoor jy die magtige dreauning
Van ver af kom hul almal aan
Die drag's op stiletto's
Die queens in hul dik sole
Die manne met die biere in die hande...
Ons veg weereens
vir wat ons s'n is
Trotse Suid Afrikaanse seuns en dogters
Biddend agter 'n reënboog gordyn
Ons stryd gaan nou eers begin
'n Stryd om oorlewing
'n Stryd vir oorwinning
Die stryd om aanvaarding
Noudat ek jou nodig het
beweeg jy al verder van my weg
Swaar skimme in die donkerte
wat kolkend wegmaal in 'n pers
kombers
Beklemd en alleen staan ek afgesonder
en my ligaam soek
die rustige acknowledgement
dat jy my ondersteun
Skaamteloos jaag ek fiesieke
onstanppings om deel te wees
van iets groter
wat my bly ontwyk.
'n Harlekyn met 'n smile
bly my een treë vooruit
Waarom doen jy
DIT?
Emosionele moord is jou spel
Tyd gaan verby
sonder dat ek
iets van jou hoor
Maar oor die afstand
is jou greep nog
net so sterk
Ek baklei teen die
seer wat opwel
as ek aan jou
Dink
Die trane van Sondagnagte
as jy nie bel nie
Die hartseer van lank terug
wat terugkom en opwel
en seerder maak
as die houe en skoppe
van lank gelede
Die pyn van alleen wees
bring eensaamheid terug
in my lewe
Sy afwesigheid het my
Gemaklik gemaak
Ek wil voortgaan...
en liefs saam met jou...
Maar jy wil my nie meer
hê nie
So dis dan
DIT
Na vyf jaar
En 'n half
se druk
en familie inmenging
Is ek
Tweede
...word sekuriteit
en bloedbande
sterker oorweging
as jou gevoel vir
my
jou berusting in hul
monetêre greep
en siek idees
dat ons vuil is
dat hulle
aids kan kry
deur net aan dieselfde
bank hul
enkels te skaaf
... al is ons self skoon
hulle afsku in ons
'in JOU ook'
...ons wat hande vashou
saam slaap
saam bly
saam vry
gedag ons is sterk genoeg
om dit alles te
weerstaan
ek was verkeerd...
Wie de fok is jy
Om my
te gebruik as
jou emosionele springbord...
My te gebruik
as 'n klankbord vir jou
dreigemente en
kokende emosies
Net sodat jy
beter kan voel?
En ek?...
Gatvol geluister na
tranerige relaas
oor jou idees en gedagtes
...wanaangepaste gevolgtrekkings
oor selfmoord
en lewenshaat
...oor ouers wat
nie wil aanvaar
Soms wil ek sê
Fokken
skiet
tog
nou
en
kry
klaar
sodat ek kan gaan
vrek oor
jou
copy right 20003 LOUIS NELL