HOOFSTUK TIEN

 


By die huis het Andrew die motor uitgepak, terwyl Jacques koffie maak. Jacques is stillerig, maar Andrew skryf dit toe aan die besige naweek. Na hulle iets ligs geeët het, steek Andrew ‘n paar kerse op en sit Celine Dion se nuutste in die CD speller. Hulle lê rustig op die bank en luister. Na elf besluit hulle om kamer toe te gaan. In mekaar se arms rook hulle die laaste sigaret vir die dag. Andrew voel in die waai van sy arm dat daar trane uit Jacques se oë loop.

“En dit?”
“Ek is maar net gelukkig”
“Is dit al?”
“Ag ek weet nie. Ek wonder of hulle ons regtig sal aanvaar. Sal hulle ons nie maar net verdra omdat ek hulle seun is nie?”
“Dit sal net die tyd ons leer. Kom ons slap. Môre het ek ‘n lang dag.”

Saggies soen hy vir Jacques op die mond. Die nagsê soen word ‘n kort vrysessie met tonge en neuse in die pad.

“Dis so lekker om net by jou te lê Andrew, hou my vas…”

So raak Andrew weg.

Omtrent middernag word hy wakker wanneer Jacques uit die bed klim. Half deur die slap dink hy dat Jacques seker toilet toe gaan, maar dan word hy bewus van die geritsel van foelie. Is die mannetjie dan die tyd van die nag nog honger? Hy loop kombuis toe om te kyk wat aangaan.

Jacques staan voor die kas en huil. In sy hande hou hy die oorblyfsels van kapsules wat Andrew drink om van die stres ontslae te raak. Die pakkie is skaars ‘n week oud, maar dis leeg.
“Here! Wat doen jy? Is jy mal? Hoeveel het jy in?!”
“Die hele pakkie. Los my, ek is moeg!”
“Is jy befok! Jy sal vrek, en wat gaan ek dan vir jou ma hulle sê?!”
“Is dit al waaroor jy worry?!”

Sy tong begin al klaar sleep.

“Kom, trek aan, ek moet jou dokter toe vat…”
“Los my uit!! Asseblief! Ek is so moeg… vir alles… laat my net met rus!”

Geskok lei Andrew hom terug kamer toe. Jacques kan nie alleen regop staan nie en val op die bed neer.

“Engel, asseblief! Bly wakker! Kom nou, jy moet aantrek! Here Jacques moet dit nie aan my doen nie!”

Jacques registreer nie meer wat om hom aangaan nie. Andrew sukkel om hom aan te trek, want sy hele lyf is nou dooie gewig. Gelukkig is die hospital net om die draai. Dit is te groot moeite om die voordeur te sluit en Jacques vas te hou. Hy sit hom op die stoep neer en sluit die deur. Hy moet hom soos ‘n babatjie motor toe dra. Met skreeuende wiele trek hy weg na die hospitaal. Met sy aankoms, stop hy sommer voor noodgevalle se deur. Die nagportier wil hom nog wegwys, maar hy luister nie, sukkel net om Jacques uit die motor te kry. Toe die portier sien wat aangaan, kom hy vinnig met ‘n rolstoel te voorskyn. Jacques is in ‘n diep beswyming, maar die nursie by die toonbank wil allerhande vrae vra wat hy nie weet nie. Gelukkig roep hulle die dokter toe hulle hoor dis ‘n oordosis. Terwyl Andrew vorms invul, begin hulle om Jacques te help. Hulle sukkel om hom wakker te hou, en selfs dan weet hy nie waar hy is nie.

Toe Andrew in die spreekkamer kom waar hulle met hom besig is, is hy hewig geskok en ontsteld. Hulle het Jacques se hemp uitgetrek en is besig om vir hom swart goed te voer wat teen sy liggaam afloop. Dit lyk soos roet water. Sy jean is die ene swart kolle. Hy protesteer en wil nie die goed drink nie, maar hulle forseer hom. Na elke sluk of twee, bring hy die goed weer uit, sodat dit naderhand lyk of iemand swart verf oor hom uitgegooi het. Met tussenposes gee hulle ook vir hom taai deurskynende vloeistof in. Die dokter wil weet wat se pille hy gedrink het, maar Andrew is te geskok om te registreer. Hy kan nie die naam onthou nie, maar sê dat dit agt en veertig lig pienk stress pilletjies is. Teen omtrent vier uur die oggend, is hulle uiteindelik met hom klaar. Die dokter kom praat met Andrew.

“Ons gaan hom nie opneem nie.”
“En wat as hy iets oorkom?”
“Hy gaan maar net baie slaap. Daar was alkohol in sy bloed, ons neem nie sulke gevalle op nie.”
“Maar dokter, ek was die heel tyd saam met hom, en hy het nie gedrink nie!”
“Wel, volgens die bloed uitslag, het hy wel gedrink. Vat hom huis toe, hy sal so twee dae lank slaperig wees, maar dan sal alles oor wees.”

Andrew neem Jacques terug motor toe. Hy kan nie glo dat die hospital so onvergenoegd teenoor iemand staan wat selfmoord probeer pleeg het nie. Al het die persoon dan ook alkohol ingeneem, wat verander dit aan die situasie? By die huis, het hy gesukkel om Jacques in die bed te kry. Teen die tyd wat hy klaar is met die uitwas van die klere, is dit half sewe. Hy skakel sy kolega, Andrè.

“Andrè, kan jy my ‘n groot guns doen jong? Ek kom nou net van die hospitaal af. Jacques het probeer selfmoord pleeg.”
“Ag nee! Is hy darem okay?”
“Ja, hy sal wees, maar hy is nog deur die kak van die pille. Die dokter sê dit gaan so twee dae vat om uit te werk. Ek sal seker nie spesiale verlof kan kry nie, wil jy nie my afsiek boek nie? Ek kan hom nie twee dae alleen los terwyl die pille in hom is nie. Sê sommer ek het griep of iets.”
“Ek gaan dit doen, maar dan rus jy ook sommer. Die Ster van die Jaar funksies begin binnekort, dan moet jy uitgerus wees vir die werk wat voorlê.”
“Ek sal so maak kaptein, en dankie ek waardeer dit.”
“Dis niks. Sê vir Jacques ons dink aan hom.”
“Ek sal so maak.”

Andrew is self poot uit na die nag se gespook. Boonop is hy nog steeds naar as hy dink aan die swartgoed wat Jacques moes drink. Hy besluit om ‘n bad te vang voor hy ook ‘n rukkie gaan lê.

 

**********


Na vier die middag, skrik hy wakker van die telefoon se gelui. Dis Jacques se ma wat wil weet hoe dit gaan. Hy sê dat Jacques dorp toe is, want hy wil haar nie onnodig ontstel nie. Toe hy terugklim in die bed, kom hy agter dat Jacques wakker lê.

“Dankie vir die wit leuen…”
“O, so jy is wakker… hoe voel jy?”
“Uiters kak en stupid.”
“Moenie nou daaroor worry nie. Rus uit dan praat ons later.”
“Ek is dors.”
“Bietjie koffie vir jou?!”
“Dit sal lekker wees dankie.”

Hy gaan maak vir hulle koffie, maar toe hy in die kamer kom, is Jacques weer vas aan die slaap.

 

**********

 

Dis eers teen Dinsdag middag wat Jacques werklik begin besef wat om hom aangaan. Hy sit regop in die bed en drink koffie wat Andrew vir hom gemaak het.

“Wil jy nie maar vir my sê wat fout is nie?”
“Waar sal ek begin… Gaan jy my glo as ek vir jou sê dat ek self nie heeltemal seker is nie? Dinge het so vinnig gebeur. Ek het aan die naweek gedink, aan wat my pa hulle gesê het, Marie se dinge, sommer alles… toe voel dit so erg, asof ek nie weet hoe om alles te hanteer nie. Ek is baie life vir jou, en tog voel dinge vir my vorentoe so donker. Ek meen, sal jy regtig wil plaas toe trek, en as jy wil, sal jy ‘n verplasing kry? My toekoms is nie by die battery plek nie. Ek weet nie eens… O shit! Ek moes gewerk het!”

“Toemaar, ek het gebel en gesê jy is siek.”
“Dankie… wat sou ek sonder jou gedoen het?”

Hy kry weer trane in sy oë.

“Glo my dis eintlik omdat ek so lief vir jou geword het, wat ek hierdie stupid ding try aanvang het.”
“Dit maak nie eintlik vir my sin nie, maar ek dink ek weet wat jy bedoel. Belowe my net jy sal nooit weer so iets aanvang nie. Dit was hel om dit deur te maak.”
“Ek is jammer ek het dit aan jou gedoen. Ek besef eers nou hoe dom dit van my was. En watter problem ek vir jou kon gemaak het, as my familie dit moes hoor.”
“Ja, maar dis nie rêrig wat pla nie. Ek wil jou nie verloor nie. Dis al.”

Hy hou sy hand vas en druk dit styf.

“Kom aan! Gee my ‘n drukkie!”

Toe Jacques nader kom om Andrew om sy lyf te vat, word hy gesystap en kom Andrew nader en soen hom sag op die lippe. Die drukkie word ‘n omhelsing waaruit Jacques nie wil ontsnap nie. Hoekom moes hy tog so sinneloos optree. Kyk wat kon hy verloor het. Maar die pille werk nie saam nie. Hy ruk los.

“Ek moet hardloop! Ek voel naar!!”

En Jacques skud net sy kop.

 

**********

 

Die volgende twee weke, neem hulle dit maar rustig. Kerslig etes by die huis, stappies op die strand en ‘n fliek of twee. Jacques begin al hoe meer die sinneloosheid van sy dade besef. Hy vertel nie vir Andrew dat sy ma hom gebel het, en nou weet van die selfmoord poging nie. Dis mos uit en verby, en hy sal nie weer so iets aanvang nie.

Sy ouers laat weet hulle kom Paasnaweek af vir sy nefie se Een en twintigste verjaardag… en dat hulle ook na die partytjie genooi is.

“Dis hierdie Vrydag!”
“Ja, ek weet, maar ek is nie baie lus om te gaan nie. Ek hou nie baie van Rudi nie. Hy is so kinderagtig en vol van homself.”
“Ja, maar ons moet darem gesig wys. Dit sal snaaks wees as ons dit nie doen nie. Dan sien ek sommer weer my familie, en dit sal genoeg wees tot Krismis!”
“Dis dan reg so, wat gaan ons vir hom koop?”
“Niks nie! Hy het nie geworry om vir my iets te gee op my verjaardag nie! Hy was nie eens daar nie!”
“O well, suit yourself.”
“Kom ons gaan Kareoke weer vanaand…”
“Is jy seker hulle gaan ons weer toelaat daar?!”
“Wel, dis jou probleem. Ek het nie die ding begin daai aand nie!”
“Nee, maar jy het dit saam geniet!”
“En was dit nie lekker nie! So gaan ons?”
“Ja okay. Ons kan ‘n draai maak. Onthou net, ek is op bystand.”
“Ons hoop maar jy word nie gepla nie.”
“Dis Donderdag. Dawie van die Rapport gaan seker vanaand bel vir skindernuus…”
“Ek kan aan ‘n lekker storie dink wat jy hom kan gee vir die agterblad!”
“En dit is?...”

Sonder verdere woorde trek Jacques hom nader en begin hom met mening soen. Andrew word week in sy omhelsing.

“As ons dit nie vanaand mag doen nie, moet ek seker nou maar my share kry!”

Hy stoot vir Andrew op die rusbank neer en begin sy t-hemp uittrek. Sy sagte lippe soen hom oor sy hele borskas, knibbel sagkens sy nipples. Andrew word oombliklik hard. Hy probeer vir Jacques om druk sodat hy bo oor hom kan lê. Maar Jacques laat hom nie toe nie. Met sy een hand, hou hy Andrew se polse bokant sy kop vas. Met die ander hand trek hy die kort broekie af. Andrew se bene speel saam en skop die broekie heeltemal weg.

“Dis hoe ek van jou hou! Kaal en vasgepen!”
“Ek het so agtergekom! En wat gaan jy nou daaraan doen?!”
“Bly stil en vind uit!”

Terwyl hy Andrew se hande vaspen beweeg hy vorentoe en gaan sit op sy bors, met sy knieë oor Andrew se arms. Nou is Andrew total hulpeloos. Hy beweeg nadir en sy voël is teen Andrew se ken. Sonder om iets te sê, weet Andrew wat hy nou moet doen. Gewillig gaan sy mond oop en hy neem so veel as wat hy kan uit die posisie, in sy mond in. Hy beweeg sy kop hard en aanhoudend op en af. Hy kan voel hoe sy tande teen die harde spier skuur, en weet dat die bietjie pyn, net die regte ding is om Jacques goed op te wen. Hy is reg. Jacques staan op en stap na die TV.

“En nou?”
“Wag en kyk.”

Hy vroetel met sy sigaret aansteker.

Toe hy omdraai, staan hy met ‘n brandende kers in sy hand.

“Nee, jy gaan my nie brand nie!”
“Kom aan, dit gaan lekker wees. Net die warm was!”
“Nee!! Dis seer!!”
“Probeer,… vir my… toe?!”
“Okay, maar jy moet stop as dit seer is.”
“Ek belowe…”

Hy neem weer sy posisie in en pen Andrew op die bank vas. Hy sien ‘n vreemde skynsel van vrees en opgewondenheid in Andrew se oë. Stadig speel hy met die kers. Die dansende vlam al lekkende voor sy gesig.

Die geur wat die kers afgee, is uitlokkend. Hy kantel die kers effens en voel hoe Andrew onder hom verstyf. Hy bring dit weer regop en speel verder. Andrew raak wild van afwagting en beur om uit die greep weg te kom, maar sonder sukses.

“Rustig wees! Ek is nou by jou!”

Dan drup hy versigtig van die was op Andrew se ontblote borskas. Andrew trek ineen, maar hy verwerk die nuwe gevoel. Dit lyk eintlik of hy wag vir die volgende druppel kerswas. Die voldoende een is gemik op sy tepel. Die was val en verwit onmiddelik op die koute van sy vel. Trane wel op in sy oë.
“Hou jy nie hiervan nie?”
“Dis nogal lekker, gaan maar aan.”

Jacques agtertoe en in die beweging laat hy ‘n streep wit was oor Andrew se bors tot by sy naeltjie.

“Here! Fok! Dis stunning!”

Dis waarvoor Jacques gewag het. Hy drup die was reg op die wagtende pielkop voor hom. Andrew trek ineen van die pyn.

“Eina! Stop! Dis fokken seer!”

Jacques maak die kers dood en sak af. Hy neem die groot voël in sy hand en begin om die was af te lek, af te kou. Andrew kom nie eens agter dat hy nie meer vasgepen is nie. Sy liggaam wriemel van afwagting en louter genot. Andrew se aksie verander en hy begin die kop blinklek. Met sy vol lippe om die kop, suig hy hard en met mening op die brandplekke waar die was geval het. Hyself is nou so opgewek, dat dit voel of hy gaan ontplof. Sonder om verder eers te dink verskuif gly sy lyf en gaan sit op die groot piel onder hom. Die pyn bring hom terug na die werklikheid. Andrew is so in vervoering dat hy nie eens mooi besef wat regtig gebeur nie. Hy het net die behoefte om te pomp. Sy liggaam beweeg ritmies op en af soos wat hy die hitte en styfheid om sy manlikheid voel saamtrek.

“O Here! Wag net gou! Bliksem, dis seer, lê so bietjie stil!”
“My skat, ek is in jou! Hoe het dit gebeur?!”
“Pure jagsheid! Maar wag net eers. Moenie beweeg nie! Dit voel of ek uitmekaar skeur!”
“Here, ons het jou nie eens voorberei nie!”
“Ja, ek weet, en nou kom ek dit agter.”

Jacques staan baie versigtig op en gaan staan langs Andrew.

“Waar is die K.Y.?”
“In my bedkassie se laai. Wil jy weer probeer?"
“Ja, ten spyte van die seer, wil ek jou vanaand in my hê. Ons het sover gekom, kom ons gaan aan.”

Met die woorde is hy kamer toe en kom terug met die buisie smeermiddel. Hy gaan staan bo oor Andrew.

“Doen jou ding!”

Andrew lê nog steeds op die bank en kyk op, vas in die eiers en piel wat hier voor hom hang. Hy neem die K.Y. en begin vir Jacques daarmee vinger. Dit gaan makliker vanaand en hy kry drie vingers sonder protes in.

“Kom lê op die mat, dan doen ons dit eers van agter af. Dit sal makliker wees vir jou.”

Hulle lê lepel op die mat voor die TV. Andrew se voël is kliphard van afwagting. Stadig druk hy dit teen die liefdesopening voor hom. Jacques is ontvanklik en sonder veel gesukkel, gaan hy in hom in. Met stadige diep bewegings begin hy vir Jacques pomp. Jacques se liggaam beweeg saam met hom. Trek hom nader as hy te ver wegtrek, nooi hom om dieper te verken. Jacques snak na asem elke keer wat die piel dieper in hom wegsak, hom deurboor met liefde. Andrew gebruik sy linkerhand om met Jacques se dik voël te speel, hom te trek en die precum in hom in te vryf. Die sensasies is te veel vir Jacques. Nog voor hy kon waarsku, voel Andrew hoe die onderkant van sy voël swell in afwagting. Andrew self voel ook baie naby en gaan net vinniger aan. Terwyl Jacques kom, begin hyself ook. Daar is nie eens tyd vir uithaal nie, en hy stort sy saad binne in sy man. Jacques daarenteen het die koffietafel amper omgeskiet.

 

**********


Vrydag middag net na vyf, stop sy ma hulle voor die deur. Sy klein boetie kom in gehardloop.

“Ma hulle is laat. Sy wil net seker maak julle gaan vanaand daar wees…”
“Ons sal. Sien julle so agt uur.”

Hulle maak klaar om na die partytjie te gaan. Iets pla Jacques.

“Wat is fout? Wil jy nie meer gaan nie?”
“Nee, dis nie dit nie. My ma hulle het nie eens ingekom nie. Ek het so ‘n weird feeling… dis seker niks. Kom ons waai.”
”Nee man, drink eers gou nog ‘n wyntjie. On sweet nie of hulle darem goeie wyn daai kant gaan hê nie.”

Terwyl hulle die wyn drink, kom Pieter daar aan.

“Ma het gesê ek moet kom kyk waar julle so bly.”
“Ons is op pad. Gaan solank.”
“Ry sommer saam met my, dan kan pa hulle julle later kom drop.”

Op pad na die partytjie is Pieter ietwat kortaf en ongeduldig met Jacques.

“Wat is jou storie Pieter?”
“Julle moet oppas wat julle aan ma doen! Dis nie nodig dat sy so moet worry oor jou nie. Sy was vanaand weer in ‘n toestand oor jou.”
“Hoekom nou weer?”
“Ek weet nie vra haarself. Dis iets oor wat Marie gesê het, en jou pille drinkery en julle twee se ‘fight’ die naweek op die plaas.”
“Ons het nie gefight nie! !”
“Man ek weet nie, maar as ma iets oor kom gaan ek julle verantwoordelik hou.”

Hulle ry in stilte verder. Andrew het nie geweet day sy ma hulle weet van die selfmoord poging nie. Hy wonder waar dit vandaan kom. Maar hy sê niks. Toe hulle by die partytjie instap, kan jy die atmosfeer met ‘n mes sny.;

“Fokkit, ons moes nie gekom het nie. En nou het ons nie eens ‘n motor hier nie!”
“Relax man! Ek moet net so bietjie met die familie gesels, dan vra ons Pieter om ons huis toe te vat. Net so ‘n uur of wat.”

Maar niemand wil regtig met Andrew gesels nie. Almal is nou wel vriendelik, maar dis asof dit aangeplak is. Jacques se ma is nêrens te sien nie. Eindelik kom sy uit een van die kamers uit, oë dik gehuil.

“Ek gaan maar buite gaan staan. Niemand wil in elk geval met my praat nie. Maak klaar en kom uit as jy reg is om te ry.”
“Goed my skat, ek gaan net gou groet, dan is ek by jou.”

Terwyl Andrew buite staan en rook, kom Rudi en sy swaer ook uit.

“Julle twee moffies het nou net my paartie kom staan en bederf.”
“Ek is jammer as jy so voel, maar dan moes jy ons nie genooi het nie. Ons wou in elk geval nie gekom het nie.”
“Trek jy ‘n houding op my?”
“Glad nie, maar dis nie nodig dat jy vir my en Jacques beledig nie.”

Hy sien nie een die eerste hou val nie. Hy weet net dat hy teen ‘n motor geval het en dat hulle hom geskop het tewyl hy op die grond lê. Bloed laat ‘n metaal smaak in sy mond. Hy wens net Jacques was nou hier, want hy kry nie eens kans om op te staan nie. Die skoppe reën neer teen sy kop en ribbekas. Uit die hoek van sy oog vang hy ‘n beweging. Jacques se pa! Nou sal hy seker darem hulp kry. Maar die ouman staan net en smile met sy dronk gat! Jacques kon dan by die voordeur uit en sien wat gebeur.

“Pa! Kom help, hulle slaan vir Andrew…”
“Los hom, laat hulle hom donner! Hy reel net jou lewe!”

Jacques probeer vir Rudi en sy swaer wegkeer, maar sy pa hou hom vas. Met die kom sy ma uit.

“Dis nou genoeg! Hou in vadersnaam op. Dis nie nodig om hom so pap te skop nie.”

Jacques lyk of hy van sy kop af wil gaan.

“Hoe kan julle dit toelaat en staan en kyk!”

Hy help vir Andrew om op te staan.

“Dis ‘n fokken skande! !”

Hy help hom om in die motor in te klim. Andrew wil eers nie, want sy gesig bloei en hy wil nie die motor bemors nie.

“Klim in, hulle kan dit more skoonmaak. As hulle betyds gekeer het, sou jy nie nou gebloei het nie.”

Sy pa en ma kom nader. Dis sy pa wat die praatwerk doen.

“Ek wil diè gemors in my lewe nooit weer sien nie! Jy het my seun korrup gemaak! Ek sommer lus en donner jou ook!”
“Pa!”
“Los my uit! ! Laat ek klaarpraat. Ek gaan jou nou na jou nes toe vat en dan vat ek Jacques huis toe... plaas toe... en ons wil nooit weer van jou hoor nie... verstaan jy? !!”
“Pa! Dis nie Andrew se skuld dat ek so is nie!”
“Bly stil! ! Ek wil hom nooit weer sien nie. Jy moet saamry sodat jy jou tasse kan pak!”

Hulle klim in die motor en ry in die rigting van die stad. Die swaer wat die skopwerk gedoen het, is ‘n inspekteur by Goud en Diamant tak in die stad. Die familie is ‘n regte klomp hooligans. Hulle kan miskien geld hê, maar die agterbuurtes waaruit hulle kom, slaan nog goed deur. Sy pa begin weer uitpak.

“Sonder my is julle niks! Niks sê ek jou! Pieter dink hy is die baas van sy eie besigheid, maar as ek nou onttrek sit hy ook met fokol. Ek run die hele show. Julle seuns is te papbroekig om werlik iets in die lewe te wees. Ek skaam my! Maar Jacques, hierdie moffie gatgeit van jou kry vanaand ‘n einde. Dis klaar, sê ek jou!”

By die huis, klim Andrew moeilik uit die motor. Sy lyf het reeds begin styf raak van die houe en skoppe. Jacques klim uit en stap om om hom te help.

“Ek wag vir jou Jacques. Tien minute, dan kom haal ek jou, en dan gaan die kak spat. As jy gedink het vroeër was erg, dan moet jy my nou uittraai vanaand!”

Hulle stap saam in die huis in.

”Wat gaan ons doen? ?”
“Ek gaan nou weghardloop. Ek wil jou nie alleen los nie.”
“Moenie laf wees nie! Gaan liewer saam met hulle. Hulle is dronk, môre voel hulle beter, dan kom jy terug.”
“Ek wil hulle nooit weer sien nie! Ek skaam my vir hulle.”
“Moenie nou irrasioneel word nie. Ek wil nie hê dat jy ook seerkry nie. Daai bliksems gaan hulle dag kry. Jy moet sien hoe ‘smile’ daai inspekteur as hy hoor dat ek ‘n saak teen hom maak.”

Jacques huil weer.
“As ek vanaand gaan, sal ek jou weer sien?”
“Natuurlik my skat! Al moet ons dit skelm doen. Gaan nou net vanaand sodat die situasie nie verder uitrafel nie.

Daar is ‘n klop aan die deur.

“Gaan nou! Hulle wag.”
“Dis nog nie tien minute nie, laat ek eers gaan kyk wie dit is.”

Dis sy ma wat voor die deur staan.

“Ek het jou pa omgepraat om jou eers môre op te tel voor ons ry. Gaan slaap maar en probeer ontspan.”
“Ja okay. Bye.”

Hy maak die deur hard toe en sluit dit. Hy is nie nou nog lus vir haar gesanik ook nie. Hulle het almal ewe veel deel aan vanaand se gebeure.

Hy kom terug in die kamer, en sien dat Andrew begin het om sy tas vir hom te pak. Die werklikheid van wat gebeur, dring tot hom deur, en hy begin huil.

“Ek wil nie gaan nie...”
“Jy moet... Asseblief, vir jou eie beswil.”
“Ek wil jou nie hier los nie.”
”Dis darem nie vir altyd nie...”

Hulle hou mekaar vas. Die skokkendheid van die aand se dinge laat hul altwee huil. As die een wil los, dan gryp die ander een hom vaster en hul net harder. Na ‘n rukkie trek Jacques weg.

“Hulle kom my nou eers môre oggend haal. Kom ons gaan lê vir die laaste keer saam in die bed.”
Die woorde laat hul opnuut huil. Hulle lê in mekaar se arms en sus mekaar. Die moegheid van inspanning begin sy tol eis en stadig raak hul weg.

Andrew word ‘n paar keer deur die nag wakker en huil as hy na die rooigehuilde gesig van Jacques kyk. Hy was toe reg, alles is nie pluis gewees met hul vinnige aanvaarding nie. Dit was net ‘n manier om tyd te koop. Maar vir hulle sal hy nog kry. Wag maar.

Dit is moeilik om op te staan met ribbes wat half afgeskop is. Hulle is altwee weer in beheer van hulle emosies. Andrew help vir Jacques om sy goedjies bymekaar te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Hulle kyk na mekaar, maar sê niks. Die trane wel weer in Jacques se oë op. Andrew gaan om die deur oop te maak. Dit is Pieter. Hy lyk ongemaklik en half geskok as hy Andrew se gesig sien.

“Haai, is Jacques reg om te ry?”
“Ja kom in, jy sal hom moet help dra.”

Pieter weet duidelik nie hoe om die situasie te hanteer nie, maar hy help om Jacques se tasse uit te dra.

“Ons moet hier in die huis baai sê. Ek gaan nie uit nie. Ek wil hulle nooit weer sien nie!”
“Ek verstaan. Jy moet soet wees. Ek sal bel elke keer wat ek ‘n kans kry.”
“Bel my by die werk, dan kan ek jou terug bel.”
“Okay. Andrew?...”
“Ja...”
“Moenie my vergeet nie. Ek is lief vir jou.”
“En ek vir jou. Toe nou... gaan... asseblief...”

Lank na hulle weg is, het hy nog net so op die bed gesit. Te seer om te beweeg, maar ook te verdwaas om werklik te besef wat in die afgelope twaalf uur gebeur het. Hy staan later tog om op homself in die spieël te bekyk. ‘n Dik kors bloed sit nog op sy bo lip vas, en sy gesig is vol blou kolle. As hy aan sy kop raak, is dit seer. Hy is oral geswel. Hy bars in trane uit. Hoe kon hulle dit doen. Wat het hy gedoen om dit te verdien? Hy het nog nooit soveel haat en veragting vir ‘n ander mens gevoel nie. Hy stap deur die huis. Stofsirkels waar die kerse gister nog gestaan het, die Hi-Fi wat nie meer die bure gaan pla nie, die leë kas... onder in die kas lê Jacques se gunsteling baadjie. Hy het dit sowaar vergeet. Hy tel dit op. ‘n Papiertjie val uit die sak uit.

“Vir jou om my nie te vergeet.”

Strome hartseer en goeie herinneringe vloei. Hy het die baadjie die aand na die kareoke toe aangehad. En nou los hy dit hier sodat ek hom nie sal vergeet nie. Andrew kry ‘n besliste uitdrukking in sy oë, en sê hardop.

Nooit nie my liefling, nooit nie.



na HOOFSTUK 11