HOOFSTUK DRIE


Andrew kyk na homself in die spieël terwyl hy die gel aan sy hare sit. Gelukkig is deurmekaar hare die nuutste styl en hy vryf met oorgawe deur sy boskasie. So bietjie C.K. en hy is reg. Hy is bietjie vroeër as gewoontlik, maar hy wil vanaand bietjie orde skep in die DJ Box. Hy speel vanaand die eerste en laaste skof, dus hou hy daarvan as alles op die regte plek is. n Diepliggende opgewondenheid wel al die heel dag in hom. Hy is nie seker wat dit is nie, maar hy kan raai. Daai oë……

Edwin is die enigste mens in die klub toe Andrew daar kom. Hy is besig om die vloer te vee.


“Haai Babes!!”
“Haai Edwina, hoe gaan dit?”
“Ag jong, jy weet mos…..hired help…….jy kan die fokkers ook nie vertrou nie. Kyk hoe vuil is die plek en die cleaners is nog nie hier nie. Vanaand kry ek n oorval as die mense inkom en die plek lyk so!”
“Kan ek met iets help?”
“Jy kan vir ons die doras wegpak as jy nie omgee nie babes…,maar ek sal maar self die vloere mop soos n nora girl.”
Die werkers kom een vir een in terwyl ek Andrew en Edwin besig is. Werk word uitgedeel gou gou is alles skoon.

Andrew stap op na die DJ Box en begin die regpakkery. As daar nou een ding is wat hom grensloos irriteer, is waneer mense CD’s uit die kassies haal en nie weer terug sit nie. Terwyl hy besig is, begin die eerste mense die klub binne kom. Sy oog vang n beweeging oor die dansvloer en hy sien Prampusher oor die vloer loop na Edwin. Daar is geen teken van die vreemdeling nie.

En toe sien hy hom.

Stil en half uit sy plek staan hy teen die pilaar en wag vir sy maat. Andrew merk dat hy smaakvol geklee is in n rolnektrui met 'n swart Melton baadjie. Die opgewonde gevoel is terug en dit bruis in hom. Hy vang homself dat hy die ou oopmond aangaap. n Gevoel van deernis pak hom beet en dit voel asof hy die vreemdeling net daar kan gryp en vasdruk.


“Wat gaan met my aan?…….Raak ek nou skoon besimpeld?” praat hy met homself, maar die aantrekking wat hy vir die man het, dwing hom om nie op te kyk nie. Ou Prampusher het intussen teruggekom en die vreemdeling tot by n ronde tafeltjie in die donker gelei. Andrew kan hom nou glad nie sien nie.
“Ook maar goed, anders speel ek vanaand weer uiters vrot as ek so aanhou staar.”

Dis amper Nege uur en raak tyd vir die opening van die dansvloer. Vandat Andrew by Limelight gespeel het, is hy gewoond daaraan om iets spesiaals met die ligte te doen met die eerste nommer. Hy voel dis vanaand weer tyd om met die Carmina Burana lied, Fortune, Empress the world, te begin. Dit raak stil in die klub en die extra ligte word gedoof. Die eerste note van Oh Fortuna skeur intens en suiwer deur die groot gebou. Skandeerders, Rook en Laser strale vul die dansvloer.

“Ja nee, dis tye soos die wat ek manne soos ORFF regtig bewonder” dink hy, self weereens stomgeslaan deur die uitwerking wat die musiek en die ligvertoning op hom het. Dis eers toe die eerste diep bas slae van die nuutste Rave treffer die klasieke verdryf, sien dat hy die vreemdeling nader gestaan het om die skouspel gade te slaan. Hul oe ontmoet vlugtig en die vreemdeling glimlag vir hom! Andrew voel skielik soos n verliefde skool tiener en bloos bloedrooi. “Kom nou Andrew, ontspan!! Jy het werk om te doen!!” vermaan hy homself en probeer hard om homself besig te hou.
Teen twaalf uur kom Wayne om oor te neem. Andrew het klaar sy musiek weggepak en maak vir hom plek. Hulle wissel ‘n paar woorde en toe is Andrew uit,… reguit kroeg toe om iets te drinke te kry. Vanaand is Marsha in al haar glorie agter toonbank. Uitgevat in ‘n Goudkleurige blinkertjiesrok, en haar wit pruik, lyk sy nogal heel gedress vir die aand.

“Oe skat!! Jyt stunning gespeel vanaand! Amper verloor ek my ryssakkies hier agter die bar! Wat het jou vanaand geinspireer om so show te gooi!?!” En met diè sit sy n rooi klapsoen op sy wang.

“Marsha!! Ag nee man, nou moet ek my gesig gaan was! Dankie vir die kompliment. Ek voel maar net happy vanaand, dis al”

“Well darling if that is what happiness does to you up there, I don’t wanna know what it does to you down there” giggel sy.

“Jy sal nooit weet nie, nè?”


Andrew stap deur die klub na die deur om na Edwin te soek. Edwin staan met Prampusher en gesels. Hulle bespreek een of ander Rentpiece wat Edwin die middag “onthaal” het. Andrew groet en gaan sit by hulle.

“Andrew doll, you played absolutely fabulous tonight” sê Edwin en Andrew kyk snaaks op.

“Dankie Edwin, wat het jy gerook?”

“No babes, I’m just in a stunning mood, and the music keeps me going through the horrendous hours with difficult customers, you know….”

“Mmm……I see. En waar is jou boyfriend vanaand?” vra Andrew vir Pramusher.

“Nee jong, hy sit daar binne. Ek moes nou eers wegkom, die ou hou my so vas. Very possessive, you know!”

“Geluk man! Hy lyk baie ordentlik.”

“As if needed that! Andrew… hy is bietjie te erg, ek kan nie my gat draai nie, dan wil hy weet waar ek was.

Dis bietjie erg vir my. Ek wed jou hy gaan nou nou hier aankom en my soek.”

“Ek se nog steeds jy behoort geeerd te voel. Hy lyk nogal nice.”
“Ja seker. Jy hou mos van gesels. Hoekom gaan praat jy nie met hom nie? Hou bietjie besig vir my, ek wil gou n draai loop..!”

“Oh my God, nou wil jy vir wolf skaapwagter maak” spot Edwin.

“Ah come on Andrew, please, just for an hour or so, there’s this other guy whose been checkin’ me out….”

“O.k.., maar jy skuld my…” se Andrew en draai om. In sy hart sing hy en voel hy lus om te skree. Dit was darem te maklik..


Hy sien hom eenkant en stil by die tafel sit. Hy lyk heeltemal uit sy plek uit. Dit lyk of hy in die donker wil inklim om nie raakgesien te word nie.

“Haai, ek is Andrew. Gee jy om as ek hier kom sit. Pramp…ek meen Greg het gese dat jy..”

“Nee kom sit maar. Hi… ek is Jaques.”

Dis die eerste keer wat Andrew hom van naby sien en hy drink dit alles in. Jacques is nog meer aantreklik as wat hy gedink het. Hy is korter as Andrew maar het stewige skouers en n sterk gesig. Sy oë... Andrew moet wegkyk.

Daar is iets in sy oë wat Andrew tot rasery wil dryf. Behalwe dat hy pragtig is, is daar dieper emosie wat vir Andrew vaagweg bekend is. Dit maak hom half bang, want hy weet nie mooi hoe om met die ou..met Jacques, te gesels en te gesels en terselfedertyd sy oë te vermy nie.

“Waar kom jy vandaan?”

“Ons het eers hier in die stad gebly, maar toe trek my pa hulle Goerge toe. Ons bly daar op n plaas”

“Dis lekker. George is pragtig”…

“Ja, ons het mooi watervalle op ons grond, dis teenaan die berge.”

“Julle is baie gelukkig”

Die gesprek het lekker begin vlot, maar die musiek is so so oorverdowend dat hulle mekaar nie goed kan hoor nie.

Jacques bly net wonder waar Greg is, maar Andrew se dat Edwin hom gestuur het om te gaan ys soek.

Hy is tevrede daarmee.

“Kan ons nie iewers anders gaan gesels nie, dit raak nou te hard hier.”

“Ons kan maar jy wil, maar gaan Gregg my nie soek nie?”

“Toemaar, ons hoef nie lank weg te bly nie, ek wil eintlik bietjie vars lug gaan skep, en ek wil jou sommer my geheime plek ook wys…”


Toe hul buite kom, se Jacques:” Ek hoop nie jy’s kwaad nie, maar as ek nou saam met jou stap, is dit net om te gesels..verstaan jy…”

Andrew lyk half geskok toe hy antwoord:”Ek het geen bybedoelings nie Jacques…die klub het my net warm en half doof..as jy nie wil saamstap nie, kan jy maar terug gaan, maar ek het gedink omdat ons so lekker gesels, kan jy mos maar saamkom.”

“Nee maar dan is dit reg. Solank jy net verstaan dat ek en Gregg..”

“Moenie verder bokommer nie…Niks sal gebeur nie.

Andrew het n spesiale wegkruipplek bo op een van die geboue se dak waarheen hy altyd ontsnap as hy alleen en bedruk voel. Hy het wel een keer n ander ou hier bo gehad en hy het nou nog die merke op sy rug om hom te herinner aan die dakskroewe wat plek plek uitsteek. Dis nou een keer wat erotika en pyn nie maats was nie, maar nou ja….dis n ander storie.

Bo op die dak kan mens die hele stad en die hawe voor jou sien le soos n lappies kombers. Jacques snak na sy asem toe hy dit aanskou. “Ek het jou mos gese dis die moeite werd om hierheen te kom. Die uitsig is asemrowend mooi.” Terwyl hy dit sê, het hy half agter Jacues gestaan en oor sy skouers geleun. Hy het sy arms om Jacques se middelyf gesit en saam het hulle na die gesig voor hul gekyk. Sy neus was in Jacques se hare. Die geur van sy shampoo het sy neusgange gekielie. Die vars skoon reuk van Brut het verder die prentjie afgerond.

“Dis lekker hier bo, maar moet asseblief nie so staan nie, ek voel of Gregg verneuk…”

“Ek is jammer ..die oomblik was te groot” se Andrew en laat los. Hy sal sy kaarte moet goed speel, hierdie ou is genuine.

“Vertel my bietjie meer. Hoe lank is jy nou al hier, hoekom het jy PE toe gekom, die plek is so fokking boring?!”

“Hehehe, seker maar! Ek is nou al twee weke hier. Ek was tot toe verloof aan ‘n baie ouilike meisie, Lisa.”

Maar toe besef ek op my verjaarsdag, dat dit nie is wat ek regtig wil hê nie. Dit was nie die moeite werd om haar aan n lyntjie te hou nie, en toe breek ek die verlowing. Ek moes altyd nog doen wat ander mense wil he ek moet doen. Ek kon nooit iets vir myself besluit nie. My broer het byvoorbeeld hierdie mini bikes gery. Motor Cross. Toe hy ‘n nuwe bike soek, toe kry ek die ou een en moes ek toe ook begin ry. Niemand het my gevra of ek wou nie. So is alles nog altyd net na my aan ‘gepass’. Op my Twenty first, het my pa n speech gehou en gesê dat hy altyd sy kinders by hom wil hê, tot hy eendag doodgaan, toe panic ek. Want dit sal beteken dat ek altyd maar net die middelste kind sal wees en aanmekaar hulle sal moet tevrede hou met wat hulle vir my kies. Ek was baie depressed, en het later die aand in my kar gespring en gery. Ek wou teen die kranse afry waar ek weet ek veilig sou wees, veilig teen dit wat hulle vir my beplan.

Somehow het iets my gekeer, en ek het huis toe gegaan. Die volgende oggend, het ek vir my ma gese dat ek weg gaan, en sy het toe gereël dat ek by haar beste vriendin kom bly, so nou is ek hier.”

“Shoe!! Okay, en Gregg??”

“Ek het hom by sy werk ontmoet. Hy het my vir koffie genooi, en toe soen hy my. Ek het nog nooit n man gesoen nie, maar dit het net reg gevoel. Onmiddelik was daar iets tussen ons, en ek is nuuskierig om te sien wat gaan gebeur. Ek weet nie eens of dit sal aangaan nie, want ek weet nie eens of ek regtig gay is nie. Ek geniet nie eens alles wat met my gay vryery gepaart gaan nie. Ek is miskien nog bietjie senuagtig en ek laat hom nie te veel toe nie. Ek weet net ek voel nou gelukkig en tevrede …antwoord dit jou vraag??”

Andrew verstaan nou hoekom Prampusher nog steeds na twee weke die outjie op sleeptou het….hy het nog nie gekry waarna hy soek nie!!”

“Ja, ek verstaan, dis nogal n moeilike ding waarin jy jou nou bevind, maar ek hoop regtig dat jy jouself sal uitsorteer, want jy is nogal baie cute en dit sal n “loss” wees as jy besluit dat jy nie gay is nie.”
Jacques bloos bloedrooi en Andrew voel meteens weer n diepe teerheid vir die mansmens wat hy nie eers goed ken nie.

Die gesprek tussen hulle verdiep en Andrew vertel vir Jacques sy lewensverhaal. Hoe dit met hom gebeur het. HY verduidelik baie dinge wat Jacques nie van seker was nie. Was hy werklik ook naief skaars n jaar gelede? Wat het intussen nie alles gebeur om hom so slegte uitkyk op die lewe te gee nie. Hy sal wou wat gee om Jacques dit te spaar. Die wolwe in die stad soek almal net een ding….seks. Dit sal Jacques net verder afbreek en hy kan nie toelaat dat dit gebeur nie. Waar hy vroeer die aand daarop uit was om n lekker tyd met die stunning vreemdeling te he, wil hy hom nou beskerm en liefhê?!..Raak hy nou heeltemal moontlik is. Met sy konserwatiewe benadering en sy kinderlike eerlikheid, tesame met daai lyf van hom, is hy die vangs van die eeu. Hy moet nou net mooi speel, want vanaand het hy klaar besluit. Vir Jacques wil hy hê en vir Jacques sal hy kry.

Dis al oor vier toe hulle agterkom dat dit koud begin word.

“Shit!! Ek moes drie uur weer gaan speel het! Ons beter wikkel, Wayne gaan my afslag.”

Saam hardloop hulle oor die pad die klub binne. Dis al besig om bietjie stiller te word, en Wayne speel nog steeds.

Hy het iemand by hom.

“Wayne ek is jammer man, ek het skoon vergeet…”

“Toemaar Andrew, ek speel baie lekker, jy kan maar huis toe gaan” se hy en wys met sy oe na die jong queen wat agter hom staan.

Andrew en Jacques stap om vir Gregg te soek. Edwin sien hulle en kom nader.

“Gregg is reeds weg. Hy het julle gesoek, en toe dink hy Jacques is klaar huis toe. En wat het julle gedoen??!!”

“Hoe ken jy my? Niks nie, natuurlik….Ons het net lekker gesels.

“Ja, ja and the sun is shinning brightly outside. Was dit darem lekker Andrew?! Jy moet pasop vir Prampusher, girl, hy gaan jou ordentlik mince as hy hoor hoe laat julle tweetjies hier opgedaag het! Maar toemaar, MY LIPS ARE SEALED! Gaan huis toe julle tweetjies en eet mekaar op!

Andrew bloos bloedrooi maar se niks. Hulle groet vir Edwin en stap uit.
“Hoe kom jy by die huis?” vra Andrew.

“Moenie worry nie, ek het n kar. Dis nou wel n skedonk, maar hy behoort darem die huis te haal. Ek moet nou eers gaan. Ek sal jou weer sien.”

“Dit was regtig nice om jou te ontmoet. Kan ek jou miskien bel?”

“Liewer nie, Gregg sal nie daarvan hou as hy moet weet nie.”

“En as ek uit my eie jou in die hande kry?”

“Ek glo nie dis moontlik nie!…”

“Mmmm, ons sal maar moet sien ne..”

Baie dankie dat jy kom gesels het. Dis nogal moeilik om hier in die stad te wees sonder vreinde. Ek sal jou weer hier sien ….okay?..

“Ek sal maar hier wees..Slaap lekker. Ek kan maar seker vir jou iets skryf nè?”

“As jy wil! Lekker slaap”

Terwyl die Datsuntjie wegry, memoriseer Andrew die registrasienommer.

Dit kan altyd handig te pas kom, dink hy en maak self aansteltes om by sy motor te kom.

 

***************************

 

Die week begin in 'n warboel by die werk. Andrew kry nie eens kans om veel te dink oor wat die naweek gebeur het nie, net 'n paar oë bly by hom spook. Teen Woensdag, het hy egter die intense begeerte om Jacques weer te sien. Hy tel die telefoon op en bel 'n vriendin wat in die radiokamer werk.

"Skonie…hello my ding. Hoe gaan dit?"

"Haai Andrew! Nee aan die gang en besig jong! Wat vang jy aan?"

"Jong, dit gaan maar woes hier ook. Ek het eintlik net gou gebel om 'n navraag te doen op n voertuig…"

"O aarde, kyk jy alweer vreemde ouens uit!" lag sy.

"Nee man! Dis n kar wat hier onder die Kommisaris se parkering staan. Ons moet die eienaar in die hande kry, anders moet ons dit laat wegsleep."

"As jy so se…Wat is die nommer?…"

Andrew gee die registrasienommer en wag so rukkie todat sy die inligting op die rekenaar opgespoor het.

"Dis n blou datsun 1990 model, geregistreer in die naam van J Malan in George"

"Is daar n telefoon nommer?"

"Ja 0448889555."

"Daar's hy, het hom so! Dankie my skat. Eendag rol ek weer vir jou n klip uit die pad!" "Is hy darem ouilik Andrew ?!"

"Natuurlik!…Oops….Skonie! Jy darem" Hy lag en groet. Besluitloos sit hy met die nommer en dink wat hom nou te doen staan. Jacques het mos by sy ouers op die plaas gebly, dus behoort dit seker hul huis nommer te wees. Met n ingehoue asem druk hy die knoppies op die telefoon. 'n Jong seun antwoord na n paar luie.

"Middag. My naam is Andrew. Ek is jammer om te pla, maar ek het Jacques se nommer by sy tannie verloor. Kan jy dit miskien vir my gee?"

"Okay hou net gou aan. Maa.. wat is Tannie Martie se nommer?"

In die agtergrond hoor hy die nommer en skryf dit neer. Die jong seun gee die nommer aan hom presies soos wat hy dit in die agtergrond gehoor het. Hy sê dankie en plaas die telefoon terug op die mikkie. Hy bel weer vir Skonie.

"Skonie ou ding, hier is 'n nommer, kry vir my 'n adres seblief."

"Jong! Jy hou my uit my werk uit! Gee maar."

Andrew gee die nommer en Skonie het amper onmiddelik 'n adres vir hom. Ai, die wonder van tegnologie! Na werk ry hy gou huis toe en stort. Die opwinding jaag deur hom en hy eet vinnig 'n toebroodjie voor hy weer in die motor spring en ry in die rigting van die adres. Wat gaan hy sê? Hy besluit om net geheimsinnig te wees en niks uit te lap nie. Hy stop teen ses uur voor n gemiddelde voorstedelike huis in een van die beter voorstede. Daar staan die Datsun. Sy hart klop in sy keel toe hy die voordeur klokkie lui. Die inham by die voordeur staan vol potplante en dit gee aan die besoeker die gevoel dat jy in n tropiese bos staan. 'n Jong meisie maak die deur oop.

"Haai is Jacques hier?"

Sy knik haar kop en draai om. In die loop wys sy hom om haar te volg. Hulle stap deur die eetkamer en die kombuis af in n lang gang.

"Jacques, jy het mense," roep sy hom en los hom alleen in die gang. Sy hart klop woes in sy borskas. Hy sien 'n skaduwee in die kamer beweeg en die volgende oomblik staan Jacques voor hom. Hy weet nie wie die grootste geskrik het nie, maar hy kan sien dat Jacques wit word.

"Andrew! Hoe het jy!…" maar hy voltooi nie die sin nie. "Kom binne. Verskoon net hoe dit lyk, ek het nie mense verwag nie"

"Ek moes jou weer sien. Ek is jammer as ek jou laat skrik het, maar ek het mos vir jou gese dat ek sal uitvind waar jy bly."

"Maar hoe??" Jacques lyk nie meer heeltemal verskrik nie, maar die verbasing is op sy gesig te bespeur.

"Jong, dis nou wat gebeur as jy met n polisieman deurmekaar raak! Ons vind alles uit!" spot Andrew.

"So kom ek agter! Wil jy koffie he?"

"Dit sal lekker wees dankie"

"Kom saam kombuis toe, dan maak ek vir ons."

Terwyl hulle wag vir die water om te kook, kom Tannie Martie binne. Jacques stel hul aan mekaar voor en Andrew kan sien dat sy hom belangstellend dophou. Tannie Martie is n moderne stadsvrou. Sy werk by n groot versekerings firma in die stad en sy is wat baie mense sou noem, verlig.

"Noem my asseblief Martie. Hierdie getannie is sommer stront. Ek is nie met jou oom getroud nie."

"Nou maar reg, eh..Martie. Bly om jou te ontmoet."

"Is hy die enetjie wat musiek maak Jacques?" vra sy.

"Ja, en hy het my so laat skrik, want hy het my adres gekry sonder dat ek dit vir hom gegee het. Hierdie polisiemanne in die stad is definitief of slim, of baie skelm!" Martie lag en kyk so onderlangs na Andrew. Hy kan voel hoe sy hom deurkyk en opsom. "Luister julle kindrs, ek gaan nou eers bietjie sit en TV kyk saam met die ou man. Jacques, daar's koek in die blik. Vat vir julle hoor!" En met die verdwyn sy in die huis in.

"Sy hou van jou ……."

"Nie so veel soos ek van jou hou nie!" J

acques bloos en kyk weg. "Weet sy van jou…dat jy.."

"Ja, ek het haar vertel. Sy het absoluut geen pyn nie. Sy hou niks van Gregg nie."

"Ek sien." Jacques maak verder in stilte koffie en verwys nie na Andrew se opmerking nie. Hy sny vir hul elkeen van die koek en pas alles op n skindbord.

"Kom ons gaan sit in my kamer, dan kan ons bietjie musiek luister." Andrew gaan sit op die vloer voor die hoetroustel. Jacques se musiek CD's getuig van wye smaak, en hy is verbaas om ouer musiek te sien as wat hy verwag het. Hulle gesels so bo langs oor algemene dinge, die klub en die mense daar. Sonder dat een van hulle iets hoef te sê, weet hulle dat Andrew vroeër gese het, in die lug hang hulle verorber. Nie een van hulle weet hoe om die gesprek in daardie rigting te stuur nie.

"Weet jou ma hulle van jou,…ek meen…dat jy gay is?"

"Is jy laf? Ekself is nou maar eers besig om die nuwe dinge te verken. Miskien is ek nie eers gay nie, dan laat ek hulle verniet worry. My ma hulle is eintlik heel okay. Hulle behandel my en my broers eerder soos vriende, as wat ons hulle kinders is. Hulle kan nogal 'cool' wees as hulle die dag wil. Hehehe, jy moet my pa sien as ons musiek speel, hy wil net vir Freddie Mercury hoor, of Dire Straits…"

"Dit klink nogal nice…"

"Ja dit is, baie. Ek dink dat hulle sal aanvaar as ek moet vertel dat ek gay is, hulle het nie eintlik issues waarvan ek weet nie. Ek het twee broers, Pieter, en Kobus. Pieter is minder as n jaar ouer as ek, en dan my kleinboetie Kobus, is nou veertien. Ons gesin is nogal baie na aan mekaar in die sin dat ons baie dinge saam doen. Ek is baie lief vir hulle, maar word kwaad as almal vir my wil besluit.

"Jy is baie gelukkig. My ma is dood en my pa bly in die Vrystaat saam met sy nuwe vrou. My sussie en haar man bly in Oos Londen. Ek is baie lief vir haar. Vir my pa ook, maar ons altwee harde gat donners. Ons kan net so n week in mekaar se geselskap wees, voor ons mekaar die hare in vlieg!" Hoe meer hul gesels en meer van mekaar weet, hoe groter wel die tere gevoel wat Andrew vir hom het, op. Hy raak sowaar hals oor kop verlief. As hy nie iets sê nie, sal hy miskien nooit weer die kans kry nie. "Jacques, ek weet dis seker nog vroeg, maar ek wil jou iets se. Ek geniet dit om saam met jou te wees. Ek voel so rustig en tevrede as ek by jou is. Is jy seker dat jy en Gregg…."

"Wag, moenie meer sê nie..ek hou regtig baie van jou geselskap, en jy is baie anders as Gregg, miskien meer in die lyn van wat ek verwag van iemand, maar ek het n veratwoordelik teenoor hom."

"Hoe kan jy sê dat jy…"

"Wag laat ek klaar praat. Hy het my gevra om sy boyfriend te wees en ek het ja gesê, vermoed hy nie dat…"

"Dat?.."

"Sommer niks. Ek wil graag met jou vriende wees, wie weet miskien op n ander tyd, maar ek wil nie nou sommer na twee weke, vir Gregg afstoot sonder dat ek ons n kans gegun het nie."

"Dis moeilik. Maar ek probeer verstaan. Voel jy nie wat ek voel nie?"

"Ek is te bang om daaraan te dink. Die eerste ding wat ek gehoor het, is dat die gay ouens mekaar gebruikk vir 'n week of twee en dan na die volgende persoon gaan. Ek wil nie so wees nie. Ek sal erken dat ek van jou hou, maar dit kan nie n rede wees om vir Gregg te verneuk nie. Al wat ek kan voorstel is dat ons net eers vriende bly en dat ons met die tyd sien wat vir ons voorlê."

"Jissie, hoe meet jy praat, hoe meer wardeer ek jou. Ek is bereid om met jou vriende te wees, want ek weet wat vir ons voorlê. Dis net jammer dat ons nou al hierdie kosbare tyd moet verkwis, want jy verdien iets beter. Nie dat ek fantasties is nie, maar ek ken ook vir Gregg en ek weet waarvan ek praat."

"Dit gaan nie help as jy hom slegmaak nie.."

"Ek weet. Ek is jammer. Maar ek voel so ontsettend magteloos. Besef jy wat jy regkry?? Niemand kon nog met my mors nie. As ek iets wou hê, dan het ek dit gekry. Nou wat ek vir jou met my hele wese begeer, gee jy vir my n koue skouer." "Toemaar, dis nie so erg nie. Jy sal daaroor kom."

"Mmmm, ek hoop nie jy is reg nie. Ek gaan nou eers waai."

"Hoekom so skielik?"

"Ek..ons..het baie om oor te dink. Ek hardloop nie weg nie, maar ek het tyd nodig om vertroud te raak met hierdie omstandighede."

"Ek dink ek verstaan. Baie dankie dat jy gekom het. Kom, ek help jou op, dan stap ek saam met jou kar toe."

Jacques neem Andrew se hand in syne en trek hom regop. Hulle kom reg voor mekaar te lande, en vir n oomblik ontmoet hul oë. Die elektrisiteit hang skerp in die lug. Andrew kom voorentoe en soen hom liggies op sy mond.

"Dankie, dat jy my nuwe vriend is" n Sidderige gaan deur Jacques se lyf. Hy wil Andrew weer soen, maar ordentlik. Sy oë is nog half toe na die ligte aanraking teen sy lippe. Hy sit sy arm om Andrew se nek en trek hom nader. Vir n oomblik raak hull monde rakelings aan mekaar, in stilte ondersoek van mekaar se weses. Dan is alle teekantig weg. Andrew soek honger na sy lippe en vind sy oop mond ontvanklik vir sy liefde. Sterk arms beweeg teen Andrew se rug af en trek hom stywer teen Jacques se ligaam in. Andrew voel hoe Jacques elke sentimeter van sy nek en rug vasvat en ontleed met sy sterk hande. Jacques soek sy nek met bewende lippe en sy gejaagte asem is warm van rou passie. Hy kan teen sy bo been voel hoe die opgewondenheid in Jacques posvat. Hyself is ook in dieselfde situasie en wonder wat nou gaan gebeur. "Ek is jammer,…ek moes nie"

"Nee, nee,…moenie jammer sê nie. Dit was…asemrowend. My onderbroek sit seker nou vas in my gat. Vir 'n ou nuut op die scene soen jy soos n pro!"

"Ek het dit nie so bedoel nie…Dit moes glad nie gebeur het nie."

"Moenie jouself kwalik neem nie. Ons wou altwee gehad het. Dit hoef niks aan ons gesprek van vroeer te verander nie. Ek is net baie bly, want nou gaan ek vanaand vir jou skryf!"

"As jy ooit besluit om n keuse te maak, onthou…ek wag vir jou…Ek is lief vir jou"

Jacques het niks gesê nie maar dit is heel duidelik dat hy besig is met n innerlike worsteling. OP n manier neem hy Andrew kwalik vir die gebeure die afgelope dae. Hoekom het hulle klub toe gegaan? Hy het nie sulke probleme nou nodig nie. Hy moet eers werk kry en sy verlede uitsorteer. Hy weet dat dit verby sal wees as hy seks met Gregg het, maar tot dusver het hy meer beteken om beskikbaar te wees.. iemand wat daar is as Jacques iemand nodig het.

Met 'n lied in sy hart ry Andrew terug huis toe. Hy het vanaand sy liefde vir n vreemdeling verklaar,… en dit bedoel.


 

na HOOFSTUK 4