Andrew
word vaagweg bewus van die wekker wat afgaan. Skielik is hy wakker en kyk verward
om hom rond. Tien oor sewe!!!
“Shit, ek is laat!!!”
Soos wat hy uit die bed uit spring, raak hy bewus van iemand langs hom. Gisteraand
se gebeure begin in sy brein tregistreer, en dan is die laat wees heeltemal
vergete. Hy trek die kombers oor Jacques se ontblote skouer en kyk na die slapende
man wat in so ‘n kort tydjie so ‘n belangrike deel van sy lewe geword
het. Met diè, word jacqyues wakker en kyk om hom rond.met ‘n snak
in sy asem besef hy skielik waar hy is.
“O
Fok, wat doen ek hier??!”
“More Jacques, lekker geslaap??”
“Haai dankie ja, maar ek moes al by die huis gewees het. Tannie Martie
gaan haar dood bekommer!”
“Bel haar gou, dan maak ek solank vir ons koffie.”
Terwyl Andrew koffie maak, skakel Jacques tannie Martie. Sy was bekommerd dat hy nie huis toe gekom het nie, maar toe hy vir haar sê dat hy by Andrew aan die slaap geraak het, het sy kalmeer. Hy sit die telefoon neer en gaan help Andrew met die koffie.
“Gisteraand
was… goed.”
“Ek is bly het dit geniet. Ek voel ook bly.”
“Ek is jammer ek het sommer hier ingebars, maar ek moes met iemand praat,
en ek kon net aan jou dink.”
“Dis nie regtig ‘n probleem nie Jacques,… ek wil nou net weet
of dinge tuusen ons nou gaan anders wees. Jy weet, met die nuus van Gegg en
so…”
“Andrew, ek gee om vir jou… nogal baie as mens daaraan dink dat
ons mekaar net so ‘n klein rukkie ken. Gee my net tyd om oor alles te
kom. Ek voel baie verlig na gisteraand, maar ek wil seker maak ek mors nie jou
tyd nie. Jy is baie spesiaal en ek wil nie dinge tussen ons opfoeter deur oorhaastig
te wees nie.”
“Jy maak dit vir my baie moeilik Jacques…”
“Ek is jammer, dis nie so erg as wat dit klink nie. Ek sal saam met jou
uitgaan, en jou beter leer ken, maar ek wil nie weer so vinnig vasgemaak word
voordat ek nie weet dis die regte ding om te doen nie. Ek neem aan die lekker
lê nou voor , en ek gaan jou, en my, nie daai kans ontneem nie. Here weet,
gisteraand was fokken stunning. Dis hoe ek altyd gedink het dit moet wees.
Andrew voel skoon hartseer as hy die onskuldige eerlikheid in Jacques se stem
hoor. Kan hy so gelukkig wees? Die man is ‘n ruwe diamant, en HY gaan
hom slyp. Dit is sy droom prins, sy trou man, en hy belowe homself weereens
om nie dinge op te fok nie. Vir Jacques wil hy hê, en hier is hy, net
buite sy bereik, in die peolvak. Dit is ‘n verowering wat hy wil maak,
want die prys is ewig. Jacques buig nader en soen Andrew op sy mond, sy wange,
sy oë………
“Ek gaan laat wees Jacques…” probeer hy nog inkry, mar hy
sien die hoendervleis van pure lekkerkry op die sterk borskas wat oor hom lê,
en begeef homself weereens in hierdie droom.
*****************************
Andrew kom eers om half nege op kantoor. Hy groet die sekretaresse en sy sê die Superintindent soek hom al van agtuur af. Hy draf vinnig na die derde vloer waar sy baas se kantoor is, maar sy is reeds besig met die oggend vergadering. Op haar lessenaar lê ‘n briefie aan hom. Hy moet die aangehegte brief neem en die klagtes daarin ondersoek. Een of ander polisieman het ‘n joernalis gevloek toe diè hom om kommentaar by ‘n moordtoneel gevra het. Hy besluit om dit so vinnig moontlik af te handle ingeval hy moeilikheid kry oor die laatkommery. Hy kry die speurder in die hande en vra dat hy ‘n verklaring in verband met die voorval moet skryf en aan hom faks. Die joernalis is nog nie op kantoor nie. Andrew vind dit moeilik om te konsentreer op sy werk. Jacques se gesig bly heeltyd voor sy geestesoog.
Hy
wonder wat Jacques nou doen, wat hy dink, en wat sy planne vorentoe met hulle
is. Hy besef dat hy homself totaal in Jacques se hande geplaas het. Sou Jacques
nie ‘n verhouding wil hê nie, gaan hy wat Andrew is, baie seerkry.
Hy veg om die aardige gedagte uit sy kop te kry. Hulle is gemaak vir mekaar,
demmit!! Dinge gaan fantasties wees vir hulle twee.
Teen twee uur besluit hy om Jacques te bel. Na twee luie, antwoord Jacques self.
“Haai,
dis Andrew hier! Wat vang jy aan??”
“Hi Andrew, ag nee jong niks nie, wag vir jou om te bel.”
“Dis lekker om DIT te hoor! Ek verlang vreeslik.”
“Ek ook. Tannie martie het jou genooi vir ete vanaand. Sal jy kan kom??
So een sewe uur.”
“Dit sal lekker wees. Wat maak sy, dan bring ek wyn saam.”
“Ek is nie seker nie, maar kry Adelpracht,… sy is mal daaroor.”
“En jy?… wil jy my ook daar hê??”
“”Ek het die ete ge organize!!! Wat dink jy…”
“Mmmmm, so iets vermoed. Gaan ons iewers heen daarna???”
”Op ‘n Donderdagaand? Ons kan maar as jy wil, dit sal lekker wees
ek weet net nie waar mens in die plek op ‘n Donderdag kan gaan nie. Almal
rus mos vir more se “parties”!!
“Toemaar, moenie worry nie… ek weet van iets..”
“Wat?”
“Sê maar dis ‘n verrassing. Jy sal dit geniet.”
“O.K. ek vertrou jou. Ek sal seker maar moet wag en kyk.”
“Jaa-nee, dis die beste. Ek moet nou eers weer gaan, ek het nog werk wat
moet klaarkom, anders is ek laat vanaand en dit wil jy seker nie hê nie!”
“Defnitief nie! Dankie vir die bel. Dan sien ek jou sewe uur… of
vroeër as jy wil..”
“Ja, dis goed so… sien jou later… Lief vir jou”
“Vir jou ook..”
**************************
Dit is half sewe toe Andre in die oprit stilhou. Die honed kom hom stertswaaiend
tegemoet. Andrew loop speel-speel voordeur toe. Jacques wag hom in.
“Haai, dankie dat jy gekom het!” Selfbewus kom hy nader en soen
Andrew liggies op die mond. ‘n Koue rilling gaan teen Andrew se ruggraat
af.
“Sal ek gou terug gaan kar toe en weer inkom??!”
“Kommaan! Weet jy hoe moeilik dit is om vir jou op die stoep hello te
sê?! Dis net jy wat dit vir my makliker maak..”
Saam
stap hulle in die huis in. martie is doenig voor die stoof.
“Naand Martie!”
”Hello hello! En hoe gaan dit met die polisieman?? Ek het jou op die ses
uur nuus gesien praat.”
“Nee, dit gaan goed dankie! O?! Was dit toe op? Die polisiemanne maak
so baie nonsense, dan moet ons die stront probeer regpraat!”
“Ek hoop jy eet pattats en blomkool!”
“Moenie oor my omgee nie Martie, ek eet enige iets op my bord.”
“Dankie tog! Ek is bly jy is nie so vol stront soos die ou man nie! Ek
moet omtrent twee etes kook, want hy eet nie dit nie, en hy eet nie dat nie…”
“Kan ek solank die wyn in die yskas sit?”
Sy
sien die bottle Adelpracht in sy hand.
“Jis, dit gaan vorentoe smaak! Nee wat, maak hom sommer oop, dan drink
ons hom so tussen die kosmakery.”
Terwyl Andrew die bottle oopmaak, dek Jacques solank die tafel. Hy gooi vir hul elkeen ‘n glasie.
“Laat hom val waar hy wil! Cheers!!” sê Martie en vat ‘n sluk van haar wyn. So tussen die kosmakery deur, kom Andrew agter dat sy hom fyn dophou. Wonder waaroor dit gaan, dink hy, maar sê niks. Jacques verskoon homself ‘n rukkie later om badkamer toe te gaan.
“So
julle twee het nou iets aan die gang…” sê sy.
Andrew is onkant gevang deur die direktheid van haar stelling.
“Wel.. umm.. ja.. het hy so gesê??”
”Ek neem maar so aan na gisteraand se uitslapery. Ek wil jou net mooi
vertel, ek ken jou nie. Jy lyk na ‘n ordentlike mens, maar ek voel nagtans
verplig om jou te waarsku.
Andrew luister met ingehoue afwagting en wonder oor die skielike drastiese wending
wat hulle gesprek ingeneem het.
“Ek
en Jacques se ma is al jare lank vriende. Toe hy probleme gekry het, het sy
hom na my gestuur om na hom te kyk. Ek het ‘n hengse verantwoordelikheid,
want as iets met hom moet gebeur…”
“Ek verstaan wat jy probeer sê Martie, hy het my reeds vertel wat
die aand van sy verjaardag gebeur het. Ek is die laaste een wat wil hê
dat so iets homself moet herhaal.”
“Ek is bly jy verstaan, want so nice as wat ek is, so aaklig kan ek raak
as iemand gaan veroorsaak dat hy iets oorkom.”
“Jy weet Martie, ek hoef jou seker nie te sê nie, maar Jacques is
‘n baie spesiale mens. Ek gee toe dat ek hom nie te lank ken nie, maar
van die eerste dag af al kon ek dit agterkom. Dis wat my tot hom aangetrokke
maak, sy eiesoortige kwesbaarheid.”
Met diè kom Jacques die kombuis binne.
“En
wat skinner julle tweetjies so?” sê hy spelerig. Diè Jacques
van vanand is nie dieselfde mens van gister nie. Hy is baie meer op sy gemak
en het ‘n humorsin wat aansteeklik is.
“Oor jou, en hou op om so nuuskierig te weees!!” spot Martie saam.
“Kry vir ons die slaai in die yskas en gaan sit dit op die tafel!”
Martie skep vir hulle op en sit haar man se kos in die lou oond. “Jacques,
sal jy asseblief bid? Die kos word koud.”
Na ete maak sy vir hulle koffie en begin die skottelgoed was. “Kom nou uit onder my voete en gaan sit in die kamer en gesels” jaag sy hulle gemaak kwaai uit die kombuis uit. Hulle stap na Jacques se kamer.
“Ek
sal seker iets anders moet aantrek vir vanaand. Jy lyk so netjies, ek gaan afsteek”
sê Jacques. “By the way, waarheen gaan ons??”
“Kan jy sing?”
“Sing??”
“Ja man, Kareoke. Hier is so lekker bar in die stad wat Donderdag aande
karaoke aanbied. Ek is nogal lus om te gaan, en van my vriende gaan ook daar
wees.”
“Solank ni hoef te sing nie, dis nie my sterk punt nie! Maar ons kan gaan.
Dit klink lekker. Is dit ‘n gay plek??”
“Nee shit!! Dis so straight as kan kom! Daar gaan nogal baie afrikaanse
mense en hulle is nie happy met moffies nie… maar die vibe is great!”
“Dis oraait, dit pla my in elk geval nie.”
Terwyl hulle gesels, trek Jacques ander klere an. Hy sien Andrew se goedkeurende
blik en bloos selfbewus.
“Ek gaan jou nie hierdie keer ophelp van die vloer af nie!! Kom, staan
op, ek is klaar!!”
Hulle
sukkel om parkeerplek te kry. Eintlik trek Andrew teen ‘n sypaadjie op
in ‘n doodloopstraat, ongeveer ‘n blok van die kroeg af. Hulle stap
die entjie na die kroeg in die koel aandlug. Binne in die gebou is dit bedompig
en warm. Honderde mense sit of staan rond. Hulle beur deur die mense en Jacques
koop vir hulle elkeen iets om te drink. Intussen het Andrew sy vriende in die
hande gekry.
“Jacques, dis larry, Craig, Terence en m… Sunette. Almal, dit is
Jacques.”
Na die oor en weer gegroetery vlot die gesprek onmiddelik. Sunette dans met
almal en die gees is verslawend. Dis al na twaalf, toe ‘n vreemde meisie
na Andrew toe kom en hom aan sy hand lei na die dansbaan. Hulle vleg deur die
mense en kom uiteindelik op die klein dansbaantjie uit. Sy hang behoorlik aan
Andrew en dans met haar een been tussen syne deur.
“Ken
ek jou??” vra Andrew die meisie.
“Nee, is dit nodig??”
”Ek het net gedink dat ons mekaar by die klub raakgeloop het.”
“Nee, ek het jou nog nie hier gesien nie…”
Andrew besef dat die meisie hom nie ken nie, maar dat sy graag wil. Hy probeer ongemerk ‘n afstand tussen hulle handhaaf, maar dis byna onmoontlik met die meisie wat nie haar hande kan tuishou nie. Gelukkig is die song klaar en Andrew draai om en stap terug na sy vriende.
“En
wie is diè poppie??!”
”Gaan jy my glo as ek sê dat ek haar van geen kant af ken nie??”
Almal lag terwyl Andrew vertel hoe die meisie probeer het om hom op die dansbaan te verlei. Hulle is nog aan die giggel, toe sy weer omkom en vir Jacques aan die arm gryp. Sy kyk nie eens of hy wil saamkom nie, sy sleep hom letterlik dansbaan toe. Teen diè tyd lag hulle al histeries.
“Kan julle dit glo!!! Niemand kan sê dat sy nie uithouvermoeë het nie!! ‘n Regte “tapid!!”
Toe
die lidjie klaar is, kom Jacques bedremmeld terug. “Here, maar sy is fokken
vatterig!!”
“Wil jy maar regmaak om huis toe te gaan, dis al laat, sê Andrew.
“Ja, kom ons waai.”
Terwyl hulle hul baadjies aantrek en oor en weer groet, kom sy weer daar aan en gryp Jacquea aan die mou. Hy rem treug en sê dat hy nou huis toe gaan. Sy probeer vir Andrew oorhaal.
“Jammer,
ek gaan ook nou huis toe, anyway sal my boyfriend nie daarvan hou as ek en jy
so baie dans nie..”
“Boyfriend?????… Aaaag…”
“Nee regtig! Hy wil waai.”
“Wies dit, ek glo jou nie!”
Andrew raak teen die tyd moeg vir die vroumens se aanhoudende gesanik. Ewe skielik
weet hy presies wat om te doen.
“Dit is my boyfriend..”
Hy vat Jacques aan die arm en trek hom nader. Hy trek hom teen hom aan en soen
hom innig op die mond. Jacques geniet die aandag en gee homself oor. Vir bykans
n minuut vergeet hulle van alles en almal om hulle.., die vroumens, die mense,
alles. Toe Andrew uiteindelik los, kyk hulle op en vas in die gesigte van hulle
vriende, die ander mense in die kroeg en die meisie. Ongeloof is op almale se
gesigte te bespeur. ‘n Amper onheilspellende stilte het om hulle neergesak.
‘n Skalkse glimlaggie speel om Andrew se mondhoeke.
“Dan sê ons maar bye…”
Hulle
is al oor die pad, toe hulle laggend omkyk en nog steeds verbaasde gesigte deur
die toonvensters na hulle sien staar.
“Jy waag baie om so in die openbaar te kere te gaan! Sê Jacques,
en knyp speels Andrew se boud.
“Ek mag mos…. Jy is mos myne…”