HOOFSTUK SES

 

Die daaropvolgende dae was soos ‘n droom vir hul albei. Behalwe vir die verpligte tyd wat Andrew by die werk moes deurbring, het hul al hul tyd met mekaar spandeer. Saam op die strand, in die nagklubs, stil aandjies by die huis, kuierkies saam met Martie, wie begin het om Andrew as deel van haar gesin te sien, en van die duiselwekkendste seksuele voorspele wat hul ooit beleef het.

Dis Jacques wat Woensdag aand by die deur inbars en Andrew half onverhoeds betrap.

“My ma het gebel. Hulle kom die naweek af vir een of ander begrafnis!”
“Jy is seker bly… wanneer is hulle hier??
“Donderdag aand al! Hulle bly by tannie Martie hulle oor. Die begrafnis is Vrydag middag, maar hulle gaan die hele naweek hier wees.”
“Ek sien.. so ons planne vir die naweek verander??…
“Mmmm, ja, ongelukkig.. maar dis darem net hierdie naweek. Ons kan mos ander tyd weggaan, of hoe?”
“Jip, dis oraait! Jy’t jou ma hulle lanklaar gesien… ons kan volgende naweek probeer weggaan.”
“Dankie Andrew, maar daar is nog iets…”
“Ja?…”
“Dis moeilik, ek weet nie how om hulle te sê van… van ons… nie… Dit sal miskien moeilik wees die naweek om mekaar te sien…”
“So?… wat probeer jy sê?…”
“Ek weet nie regtig nie… mmm… kan ons die naweek dit bietjie… afkoel?… ek meen… hulle weet nie van ons… my… nie.”
“Ouch! Dis nie baie lekker nie Jacques… is jy dan nou skaam vir my?”
“Nee!! regtig nie! Maar jy weet wat ek bedoel! Ek wil hulle net nie onnodig seer maak nie! Ek het klaar besluit om hulle so gou as moontlik van my te vertel. Ek wil dit nie langer uitstel nie, maar ek wil dit ten minste by ons huis gaan doen, nie hier nie!”
“Ek verstaan wat jy probeer sê, maar hoe gaan ons ‘n hele naweek van mekaar af kan weg wees? Ek word skoon benoud as ek daaraan dink…”
“Ek ook… Hoor nou net vir ons!… nes ou getroudes worry ons al klaar! Ek sal ‘n plan maak om jou deur die naweek te sien Andrew, daarvan kan jy seker wees”
“Dan is dit seker maar reg so Jacques… solank ons mekaar net sien. In elk geval, wat gaan ons vanaand doen?
“Ek is moeg. Kom ons bly net hier en luister bietjie musiek. Hierdie laat nagte is besig om my in te haal!!”

Terwyl Jacques vir hulle gaan koffie maak, sit Andrew ‘n CD van Elaine Page in die speler. Sy sing al Edith Piaf se bekende liedjies en hy is dol daaroor. Die rustigheid van haar stem bring hom in ‘n rustige stemming en sy gedagtes dwaal terug oor die afgelope drie weke se gebeure in sy lewe. Die uniekheid van die verloop in hulle verhouding slaan hom stom. Dis die eerste keer wat hy al drie weke in ‘n verhouding is en daar nog geen fisiese seks was nie. Hy wonder hoekom Jacques nie verder wil gaan nie, maar hy is nog elke keer te bang om te vra, ingeval Jacques hom vervies… en dit wil hy nie hê nie.
Wat hy op die oomblik het, is reeds te goed om waar te wees, en hy wil nie krap waar dit nie jeuk nie. Op die regte tyd sal dinge wel gebeur…

Jacques kom in met twee koppies stomende koffie.
“Ag nee!! Luister jy al weer daai depressing musiek??! Sit iets op met ‘n beat jong!”
“Mmm, dink jy nie ek kry genoeg van ‘beat’ by die klub nie?? Die bleddie girl sing stunning man! Hoor daai gevoel in haar stem!”
“Gmf! Sy gee my die ritteltits!”
“Liefie, jy moet bietjie styl aanleer! Hierdie is ware musiek! Het jy al die een gehoor waar sy sing van die kerkie waar die ou gebore word, en later trou, en vanwaar hy nog later begrawe word?? Dit is nou…”
“Nee ma! Dis pure depressie! Regte rooiwyn musiek!”
“Hehehehe, as jy so sê!!! Wat wil jy hoor?”
“Jennifer Rush is okay…”
“Here, praat van depressie!!!…”


**********************************************


Vrydag middag lui Andrew se selfoon. Dis Jacques.

“Haai daar! Wat vang jy aan?…”
“Wag vir jou om te bel skat!”
“Ja sure! Ek gaan jou vanaand sien! Ek het vir my ma hulle gesê dat van my vriende oorkom vir videos.”
“O nè?! En wie is die vriende???!”
“Moenie dom wees nie! Jy gaan oorkom. Die ander kan dit nie maak nie. Tannie Martie het klaar gesê sy sal saamspeel. Dan kan jy sommer my ma hulle ook ontmoet!
“Mmm… ek sien jy is al weer lekker slim nè?! Wat gaan ons kyk?”
“Aag, ek weet nie… kry jy sommer vir ons twee flieks wat ons nog nie gesien het nie, dan sorg jy om hier te wees as jy klaar gespeel het… is dit ok?”
“Ja, dis reg so… ek sal sommer koeldrank en chips ook saambring…”
“Great man! Dan sien ek jou vanaand?”
“Ok! tot later dan”
“Is dit al wat jy gaan sê?”
“Ek lief jou… sien jou…!”
“En ek is baie lief vir jou…bye!”


***************************************


Dis Vrydag aand en Andrew speel musiek. Daar is ‘n goeie opkoms en die baan is vol. Die nuutste gunsteling onder die dansers is een of ander liedjie van die Spice Girls. Andrew tart die dansers deur die begin van die snit tussen deur die ander musiek in te meng. Hy lag wanneer hy sien hoedat die ‘Drag Queens’ almal dansbaan toe draf as hulle die bekende begin hoor. Die volgende oomblik trek ‘n beweging by die deur sy aandag.

Jacques!… en hy is nie alleen nie.

‘n Jong meisie wat effe mollig is, hang aan sy arm. Andrew se keel trek toe. Wie kan dit wees?? Sover hy weet, het Jacques nie enige susters nie. Hy sal maar wag en kyk wat gebeur. Jacques is in elk geval te ver van die DJ Box af om sy aandag te trek. Hulle staan by Edwin en gesels. Edwina is natuurlik sy normale ‘flapping’ self weer vanaand!! Diè beduie en swaai met die arms dat dit ‘n narigheid is!! Die volgende oomblik kom Jacques en die meisie na die DJ Box geloop.

“Haai Andrew!!”
“Hi Jacques, ek dog julle eet nog…?”
“Dis gelukkig al verby. Wag, laat ek jou eers voorstel…Dit is Charlene… tannie Martie se ander dogter. Charlene, dis nou Andrew! Sy is bang vir die lessies, nou hang sy maar aan my!!

Na die oor en weer gegroetery, sê Jacques:
“Hoe laat maak jy klaar??”
“Seker nog so ‘n uur, hoekom??”
“Ek het joou eintlik kom haal. My pa het vroeg gaan slaap, toe sit my ma en tannie Martie en gesels in die kombuis. Ons het lekker aangegaan en toe sê tannie Martie ons moet jou kom haal, want sy wil ‘n dop saam met jou drink!!”
“…en jou ma??”
“Nee wat, sy’s oraait.”
“Weet sy??”
“Nee, natuurlik nie, maar ek kan mos vriende oornooi!! Dis mos niks nie!!”
“As jy so sê… ek is nou nou klaar. Hoekom kry jy nie solank vir ons elkeen ‘n dora en bring dit hierheen nie??”

Hulle ry deur die nat strate oppad huis toe. Jacques is in ‘n uitbundige stemming… seker omdat sy ma hulle hier is. Charlene praat nie veel nie, en Andrew is ook in sy eie gedagte wêreld.

“Komaan, hoekom is julle so stil??! Dis Vrydagaand en die aand is nog jonk!”

Charlene en Jacques begin oor die familie gesels wat weer so ophef by die begrafnis gemaak het, en kom nie agter dat Andrew nog steeds stil en ingedagte na die oranje straatligte kyk nie. Diep binne in hom sug hy. Hy voel snaaks oor vanaand. Hy weet nie presies wat dit is nie, maar iets binne in hom waarsku hom om versigtig te wees, miskien is hy net laf, miskien is die tannie hule baie nice. Hulle weet mos nie van hom en Jacques nie… In elk geval is dit seker beter as hy nou reeds ‘n goeie indruk maak, vir wanneer hulle agter die waarheid kom. Hy kan egter nog nie die gevoel afgeskud kry teen die tyd wat hulle in die oprit stilhou nie.

“Ons is terug!!” skree Jacques van die voordeur af.
“Kry uit daai whisky!! Nou gaan ons drink!!”

Hulle stap in die helder verligte kombuis in. By tannie Martie sit daar ‘n vrou wat seker Jacques se ma is, maar hy wag om voorgestel te word. Sy oë soek dadelik die rustigheid van Martie se gesig op en hy sien dat sy die ontmoeting met belangstelling dophou. Die vrou… met haar silwerkleurige hare in ‘n keurige kapsel, net so onder die ses voet lank, is sy gemaklik geklee en duidelik op haar gemak. So dis nou sy ma…


“Ma, dis Andrew, een van my vriende… Andrew dis my ma, Roelien.”
“Goeienaand Andrew, noem my sommer Roelien.”
“Naand Roelien, hello Martie!” en met die loop hy nader en gee Martie ‘n klapsoen op die wang.
“Kyk nou net so ‘n stuitige jong man! Hello Andrew… Het jy weer vir my en jou ‘n botteltjie gebring??!”
“Nee ongelukkig nie, ek het gedink julle gaan eenkant kuier met die kuiermense en so…”
“Maar my aarde! Jy weet mos ek sal tyd maak om ‘n glasie saam met jou te klink! Vir wat staan jy so Jacques… gooi vir die man ‘n dop…”

Almal lag lekker en die geselskap vlot onmiddelik. Andrew is verlig dat alles so gemaklik is en is bly dat hy so maklik met Jacques se ma kan gesels. Sy en Martie is duidelik baie goeie vriendinne. Die vroue besluit om in die sitkamer te gaan sit en los Jacques en Andrew alleen in die kombuis.

Jacques is die eerste een om iets te sê:
“Dis toe nie so erg nie, nè?!”
“Nee glad nie, jou ma is baie vriendelik. Maar waar is jou pa dan?”
“Het ek nie gesê nie?? Hy het reeds gaan lê. Hy is moeg na die dag se dinge. Wil jy koffie hê voor ons die videos gaan kyk?”
“Ag nee wat! Kom ons begin solank. Ons kan die Coke saamvat. Voor dit te laat word. Ek wil graag altwee flieks sien voor ek huis toe gaan.”
“Mmm… dit sal ons nog moet oor besluit meneer polisieman!… Ons kyk sommer in my kamer die videos.”
“O aarde, moenie laat ek weer van voor af stres nie!”

Terwyl Andrew die video insit, skink Jacques vir hul elkeen iets om te drink. Die aksie fliek waarna hulle kyk, is die nuutste waarin Jackie Chan speel. Andrew is mal oor die film, maar dit verveel bietjie vir Jacques. Na die einde van die fliek, spring hy op en gaan maak koffie. Terwyl die water kook, gaan hy na die sitkamer om sy ma hulle te soek, maar hulle het reeds gaan slaap. Hy maak die koffie klaar en vat dit en beskuit deur kamer toe. Andrew het reeds begin om die volgende fliek, Mortal Combat, in die masjien te sit en terug te draai. Dit is Jacques se gunsteling, nie soseer oor die fliek self nie, maar oor die klankbaan. Terwyl hy die film geniet, raak Andrew langs hom op die vloer aan die slaap.

Met die laaste klanke wat wegsterf, staan Jacques versigtig op en gooi ‘n kombers oor Andrew. Hy het nie die hart om hom nou wakker te maak nie. Hy trek uit en maak sy bed reg. Toe hy die TV afskakel, word Andrew wakker.
“Hoe laat is dit??”
“Dis half twee. Slaap verder. Niemand sal omgee as jy hier op die vloer slaap nie.”
“Nee, ek kan nie, my lyf gaan te seer wees more.”
“Nou kom lê hier langs my, dan moet jy net more oggend vroeg opstaan voordat almal wakker is. Los sommer jou kussing en kombers op die vloer, hier is genoeg op die bed”
Half deur die slaap strompel Andrew nader en val op die bed neer.
“A nee a! jy moet ten minste jou skoene uittrek! Jy kan nie so hier lê nie!”


************************

Dis met ‘n lam gevoel op sy bors wat Andrew wakker word en ‘n koppie koffie voor hom sien sweef. Hy vryf sy oë en sien dan wie die koffie aanbring. Hy hoop nie dit is wie hy dink dit is nie,… want Jacques lê nog styf teen hom opgekrul op die enkelbedjie.

“Môre, ek is Kassie. Hier is vir julle koffie.”
“Môre oom. Ek is Andrew. Shit! Ek het aan die slaap geraak met al die video kykery gisteraand!”

Senuagtig en omdat hy nie weet wat om verder te sê nie, stamp hy aan Jacques.

“Hey! Word wakker, jou pa het koffie gebring!”

Dit het die gewenste uitwerking Jacques spring vervaard regop!

“Môre pa! Hoe laat is dit nou?”
“Dis nog vroeg, maar ons gaan winkels toe en ek het maar gou vir julle koffie gebring voor ons ry.”
“Dankie dit gaan lekker wees. Het julle mekaar al ontmoet??”
Ja nee, so vinnig nou net, maar hoor hier Jacques,… ons ry eers hoor. Sien julle later.”
Met diè is sy pa by die kamer uit.

“Shit! Shit! Shit! Dit het seker lekker kak gelyk!! Wat gaan ons nou doen?”
“Ek weet nie, maar ons sal maar aan iets moet dink om te sê… Vertel die waarheid. Ons het mos niks gedoen nie. Ek het aan die slaap geraak en dis maar al. As jy nou te veel worry, gaan jy self ‘n probleem skep.”
“Jy is seker reg, ek sal maar moet wat en hoor of hulle iets sal sê. Miskien is jy reg, dit lyk net erger omdat ek weet ek hulle nog moet konfronteer…”
Van buite kan hulle hoor hoe die mense in die motors klim en wegtrek. Jacques loer na Andrew met ‘n stout kyk in sy oë…
Wel aangesien jy nou die ouers ontmoet het, leer nou weer bietjie die seun ken…”

 

Die Maandag op kantoor is 'n nagmerrie. 'n Busongeluk in die ou Transkei het die lewe van 29 mense ge eis en die media is op sy spoor. Die kommunikasiebeampte in Umtata was nie op sy selfoon beskikbaar nie en die SABC wil volledige inligting vir die ses uur nuus hê. Andrew spring rond om inligting te kry, maar selfs die ondersoekbeampte weet nog nie mooi wieal die lyke en beseerdes is nie. Hy hol rond soos 'n besetene om fakse te stuur en te ontvang en raak heeltemal gatvol toe 'n Direkteur van Hoofkantoor hom bel en uittrap oor die administratiewe gemors wat nou weer in die Oos Kaap opkook. Die Kommisaris het ook al 'n draai gemaak, maar gelukkig verstaan hy die situasie, en het Andrew oorgelaat om te red wat te redde is. Dis net nadat die laaste fakse aan SAPA gestuur is, en Andrew 'n sug van verligting slaak, wat Jacques skielik die kantoor deur vol staan.

"Pla ek, sersant??"

"Jacques! Nee, natuurlik nie, soek jy koffie?"

"Sal baie lekker wees dankie!"

Andrew tel die telefoon op. "Necia, skattie, Jacques is hier. Sal jy n engel wees en vir ons koffie bring?…Ja…die fakse is almal uit… SABC kom oor n uur die Kommisaris tape,…in sy kanttoor ja,…bel net sy sekretaresse en confirm,….nee jy hoef niks verder te doen nie, alles is onder beheer.."

Hy sit die gehoor stuk terug en sug. "Wat n fokken dag! Die bliksems in Umtata sit weer op hul gate en slaap!"

"Shame man! En nou wil ek jou ook nog kom pla..Dit kan maar wag tot later…"

"My skat, vir jou het ek altyd tyd. Waarmee kan ek help.."

"Andrew, eintlik het ek klaar besluit. Ek wil net kom hoor wat jy daarvan dink."

"Ek luister…"

"Ek wil die naweek plaas toe gaan. Ek gaan vir hulle vertel van ….my …ons …Ek wil dit nie langer uitstel nie" "Hene Jacques jong, is jy seker? Ek meen, moet jy nie bietjie wag nie?"

"Hierdie naweek het ek besef dat wat ek nou het, regtig saak maak. Ek wil jou nie verloor nie, maar ek sien nie kans om 'n leuen te leef nie. Ek wil nie hê hulle moet snaaks dink as hulle ons saam in 'n bed sien lê nie. En …. Ek weet dat ek lief genoeg vir jou geword het, om uit te kom by my ma hulle. In der waarheid wil ek dit indirek vir jou doen.."

Andrew weet nie wat om te sê nie, maar hy voel hel hartseer. Trane brand agter sy oë en hy moet wegkyk toe Necia met die koffie inkom. Nadat sy weer uit is, se hy: "Ek weet nie wat om vir jou te sê nie, ek voel geëerd dat jy vir my onthalwe wil uitkom, maar dink jy nie dis te vroeg nie?? Gee dit n bietjie kans…daar sal nog baie tyd wees daarvoor.."

"My skat, watter tyd is beter as die hede. Ek wil dit uit kry, sodat ons daarmee kan deel en aangaan. Moet my nie keer nie, want ek weet dit gaan alles uitwerk. My ma hulle sal verstaan."

"Ek wil net nie hê dat jy moet seerkry nie, dis al. Jy weet hoe ek oor jou voel, en dis vir my genoeg. Maar as jy vir hulle wil sê, doen dit dan om jou eie onthalwe. Is jy dan nou seker oor die gay issue??"

"Sekerder as ooit. En jy het my laat sien. Ek is baie lief vir jou. Dit voel of ons al jare saam is. Ek wil saam met jou oud word, maar ek wil ook die genot hê om saam met jou jonk te wees, sonder dat daar enige ding in ons pad staan, hoe sê daai dominee? … kaste is vir klere…"

"Ek is baie trots op jou Jacques. Jy het baie verander sedert jy hier aangekom het. Ek sien die sekerheid gee jou selfvertroue, so anders as die eerste keer wat ek jou ontmoet het doen dan maar wat jy goeddink, maar verwag die ergste. Onthou, jy gaan hulle voete onder hulle uitslaan."

"Ek weet, maar ek weet ook ek kan op jou ondersteuning staatmaak. En dis vir my die belangrikste."

 

**************************************

 

Die week het omtrent verby gevlieg en toe Andrew hom weer kom kry is dit Vrydag. Jacques het klaar sy motor gepak en kom groet hom by die werk.

"Jy moet nou mooi ry, pasop vir die roadblocks daar by Van Stadens."

"Ek sal, moenie oor my worry nie, ek weet net nie wat ek sonder jou die hele naweek gaan doen nie"

"Ek kan altyd saamkom.."

"Liewer nie, ek moet hierdie ding op my eie uitsorteer. Maar dankie. Ek sal Sondag aand by jou 'n draai maak en jou vertel hoe alles afgeloop het. Jy moet soet wees die naweek. Hou jou in en Sondag aand maak ek op vir die droë naweek, ok???!"

"Reg so my skat,…ek dink aan jou die naweek."

"Ok dan! Sien jou Sondag! Bye!!"

"Jacques.."

"Ja?…"

"Ek is lief vir jou…"

Hy glimlag. "En ek lief jou baie!!"

Die naweek sleep leterlik verby. Andrew kon nie wag dat Jacques moet terug kom nie. Soos die duiwel dit moet hê, kry hy bedekte uitnodingings links en regs by die klub, maar hy het nie eens die lus vir ander ouens nie. Jacques is nou al wat saakmaak. Hy wens net dat die naweek nou moet einde kry. Om alles te kroon, is Edwin in n kak bui oor daar nie baie mense in die klub is nie, en almal is dus knorrig en praat nie veel nie. Tot Marsha het besluit dat sy genoeg gehad het, en trippel vervaard teen die trap af in high polveys, reguit na die mededingers se klub.

"Daar is ten minste lewe en die ou simpel queen eienaar het ten minste respek vir n dame!"

Saterdag aand na klub, sit hy alweer alleen voor die TV. CNN doen berig oor u gru ongeluk in Parys. Die swart Mercedes is omtrent om die brug se pilare gevou. Hy glo nie wat hy hoor nie!! Dis Lady Di se kar! En sy is erg beseer! Toe die tyding van haar dood bevestig word, huil hy soos n baba. Dwarsdeur die nag sit hy en wag om te hoor dat hulle n fout gemaak het. Selfs toe eprins Charles stroef sy woning verlaat met die kinders, en dit nou n uitgemaakte saak is, kan hy dit nog nie glo nie. Die son skyn al helder deur die blindings, to hy gaan koffie maak. Daar is n 'recap' van die nag se gebeure en Tony Blair maak n amptelike verklaring. Die hartseer op almal se gesigte is hartverskeuend. Hy huil saam met straat mense in London. Elke kinder gesiggie en foto van Diana en oorle moeder Teresa bring opnuut n stortvloed emosies en trane na vore. Teen die middag is hy leeg gehuil. Die skielike emosionele uitbarsting is vir hom vreemd, maar hy besluit dan dit seker as gevolg van die worries oor Jacques moet wees. Hoekom anders sal hy so aant grense gaan oor iemand wat hy nog nooit ontmoet het nie? Hy bly sy vriende sien nie die 'on-butch' ding wat hy aanvang nie!

Eers na die son n ruk lank in die vertrek begin inskyn het, en die beeld op die tv verdof het in die warm strale, besluit hy om te gaan lê. Hy kan nogal doen met n Sondag in die bed. Dis na sewe die aand, toe Jacques aan die deur klop.

"Hey!! Welkom terug!! Hoe was die naweek?"

"O Here, dit was kak! Ek het so gesukkel, maar ek kon hulle net nie vertel nie. Toe los ek maar 'n brief op my ma se bed. Hulle weet seker teen die tyd."

"Ai man! Ek het jou gesê dis moeilik, maar ons sal maar sien wat hulle sê, nê?!"

"Ja, my senuwees is klaar. Entlik moet ek by tannie Martie uitkom, voor hulle miskien bel, maar ek wou jou net eers kom sê."

"Dis goed so, dankie. Wil jy koffie hê?"

"Nee dankie, ek moet ry. Andrew, ek weet ek het jou Vrydag belowe…"

"Moenie worry nie, gaan nou eers, ons sal weer.."

"Dankie. Ek's lief vir jou!"

 

Dis eers na hy weg is, dat Andrew onthou dat hy nooit gesê het van Diana se dood nie.  


na HOOFSTUK 7