Hulle het stil met hul lewe voortgegaan en Andrew was nie eens meer lus vir die musiek maak in die aande nie.
Daarom het hy toe vir Edwin gesê dat hy voortaan net gaan uithelp waneer daar ‘n extra DJ nodig is. Hy en Jacques het egter nog gereeld by die club gaan kuier. Dit was vir hom lekker om nou net nog een van die crowd te wees, en hy en Jacques kon dus klub toe gaan en waai waneer dit hulle pas. Naweke was vir hulle hul eie spesiale tyd, en hulle het gesorg dat niks of niemand daarmee inmeng nie. Selfs toe Jacques se ouers hom na n lang gesukkel die oggend in die hande kry, sou die telefoongesprek niks kon verander nie.
“Jacques..! Jou selfoon lui..”
Hy kom ingehol van die badkamer af. Sy ligaam is vol druppels van die stort, en die wit handoek wil wil net afgly. In sy haas vergeet hy om te kyk wie dit is wat bel.
“Jacques hello?!..”
“Jakkie, more my kind. Ons sukkel nou al hoe lank om jou in die hande te kry..”
“More ma...”
“Gaan dit goed my kind?”
“Kan nie kla nie, en julle? Hoekom soek julle my?”
“Ag, ons wil maar net hoor hoe dit met jou gaan. Ons het so lanklaas van jou gehoor....jy bel mos nie...”
“Ek kry nie eintlik tyd tussen die werk soekery deur nie ma, maar dit gaan oraait. Ek gaan Maandag vir n onderhoud by n plek wat batterye maak. Sal maar sien wat gebeur.”
“Ons hou vir jou duim vas. Jakkie hoekom ek bel, is eintlik net om te sê dat ek en jou pa toe gepraat het. Ons het baie verkeerd opgetree to ons gehoor het dat jy...anders ....is, maar ons het besluit om dit te aanvaar. Dit help in elk geval nie om vir mekaar kwaad te wees nie..ons wil net hê dat jy moet seker wees oor wat jy uit die lewe uit wil he. Dis die laaste ding wat ons gedink het sal gebeur, maar ons probeer berus. Dis nie aldag moeilik nie, maar ons gaan probeer.”
“Jis dankie ma, ek is jammer as ek julle seergemaak het, maar ek is gelukkig. Ek wou julle nie seer laat kry nie, maar ek moes die waarheid praat. Ek het nog gehoop dat julle dadelik sou verstaan en saam met my bly sou wees. Ek verstaan nou dat wat ek vir julle vertel het, nie sommer net so is nie...en ek kan julle optrede verstaan.”
“My kind, dis vir ons nie ‘n maklike ding om te verwerk nie, met die tyd sal dit seker beter word, maar ek en jou pa wil jou nie vervreem nie. Wat gaan jy nou doen as jy nie werk kry nie? Gaan jy huis toe kom?”
“Ek weet nie ma. Ek sal seker nie aanmekaar kan oorleef sonder ‘n werk nie, maar ek ly darem nie honger nie.”
“Pa se hy het vanoggend so ietsie in jou rekening inbetaal.”
“Dis nie nodig nie.”
“Dis niks, Ons gee dit met liefde vir jou.”
“Julle weet seker ek het getrek.”
“Ons het so vermoed. Is alles darem oraait?”
“Ek bly baie lekker, la”
“Pieter r y Woensdag af P.E. Toe, ek sal vir jou iets saamstuur.
Sommer net bietjie vleis en groente.”
“Maa..”
“Ek sou dit in elk geval gestuur het na tannie Martie toe. Nou kan julle dit gebruik. Pieter sal Woensdag bel as hy in die stad aankom. “Dankie ma, dit sal lekker wees.'
“En wanneer kom kuier julle?”
“Ek weet nie. Ons sal maar moet sien. Daar is nie nou geld vir ver ry nie.”
“Ek sal die pertol betaal. Kom kuier net asseblief. Ons verlang baie. En bring vir Andrew saam. Hy is baie welkom.”
“Ek sal laat weet, dankie.”
“O ja, jou pa is eintlik die een wat eerste gesê het dat hy dit aanvaar. Hy het die hele familie gebel en van jou vertel..”
“Ag nee!!”
“Hy het hulle gevra om jou te aanvaar, en niemand het ‘n pyn gehad nie. Tannie Tokkie se jy moet haar bel. Sy wil alles hoor. Sy sê sy is baie lief vir jou.”
“En ek vir haar. Ek sal haar later bel.”
“Seun, wil jy nie maar huis toe kom nie? Ons is so bang jy kom onder die verkeerde invloede...veral nou met die ding van...”
“Ma, ek kan vir myself sorg. Julle hoef oor niks te bekommer nie. Ek is nie ewe skielik ‘n ander mens nie...ek is nog dieselfde as die dag toe ek van die plaas af gery het. So los dit nou asseblief?!”
“Nou toe, ek moet gaan. Middagete is op die stoof. Ek sal weer bel. Pas jouself mooi op.
“Ek sal ma. En ma...?”
“Ja, Jakkie??”
“Baie dankie ma...vir alles..”
“Dis reg Jakkie...jy is mos ons kind..”
Dit is asof n berg van Jacques se skouers afgly. Na al die drama van sy uitkommery, het hy nie gedink dat dinge so gou weer sou normaliseer nie. En tog, die oproep was nie n droom nie. Hy staan ingedagte en hoor eers nie toe Andrew praat nie...
“Ek sê, Hey!!”
“Jammer man, wat het jy gesê?”
“Wat is die probleem nou??”
“Absoluut niks. Om die waarheid te sê, kan dit nie beter nie. My ma se hulle het besluit om my gay heid te aanvaar, my pa het tot die hele familie gebel en hulle vertel.
“Sjoe! O.k...”
“En hulle nooi ons om te kom kuier..en hulle het geld in my rekening inbetaal...en hulle stuur kos saam met my broer Woensdag...!”
“Dis darem vinnig...hulle hoef darem nie kos te stuur nie..het jy nie gesê dat ons darem genoeg het om te eet nie??”
“Sy se sy sou dit in elk geval na Martie toe stuur, so kom ons vat dit maar, dan trap ons nie op tone nie.”
“Mmm, o.k...In elk geval, ek is bly vir jou part oor die nuutste verwikkeling, kom ons kyk hoe lank dit hou..”
“Hoe meen jy nou??”
“Nee wat, jy sal sien. Die aanvaarding gebeur nie oornag nie, dit het ietwat van ‘n proses, en as jy gelukkig is...eendag, sal dit voel of hulle dit regtig aanvaar het..”
“Kom aan! Dis seker nie so erg nie...”
“Ons sal sien...jy het baie vertroue in hulle. Miskien is hul anders...”
“In elk geval, wat dink jy van ‘n kuier op die plaas??”
“Miskien volgende maand skat, ons geld is bietjie skraps.”
“En as ek petrol betaal? Kan ons dan gaan?? Asseblief??”
“Jy het so min geld. Hou dit liewer, dan betaal ek die eerste naweek in volgende maand. Ek sal gaan, ek gee nie om nie, net nie nou nie. Dis in elk geval net oor drie weke”
“Dis so lank. Maar o.k. Ek sal wag. Dit gaan lekker wees, jy sal sien. Ek kan nie wag om my honde weer te sien nie. Ek het jou mos vertel van Jesse, my St Bernard,...?”
“Nee, nie eintlik nie.”
“Ek en Lisa het hom in die Langkloof gaan haal toe hy nog n babatjie was, toe het hy al die bakkie voor vol gesit!! As mense oor die werf loop, dan hardloop hy van agter af en hol tussen jou bene deur, en lig jou sommer op! Hy is te dierbaar! Hy eet my ma uit die huis uit, maar sy sê dis die beste waghond wat hulle ooit gehad het.”
“Hy klink nice. Seker lekker groot, hu?”
“Verskriklik! En ou Liefietjies. Sy is ‘n Maltese poedel met so n koue pienk neusie. Te pragtig. Sy slaap elke aand langs my ma se bed.”
“Lyk my julle is nogal lief vir diere.”
“Wag tot jy die koeie sien! Hulle kom by die agterdeur in as hulle appels soek!”
“Snaakse familie, julle, nè??”
Toe Andrew Woensadg middag na vyf by die deur instap, sit daar twee vreemde ouens in die sitkamer. Jacques loop hom tegemoet en soengroet hom.
“Hi my skat, lekker dag by die werk gehad?”
“Ja dankie, en jy?”
“Ek het baie
goeie nuus, maar wag, laat ek jou eers voorstel aan my broers. Dis Pieter en
dis Kobus.
Julle, dis nou Andrew.”
Na n oor en weer gegroetery, besluit Andrew om eers te gaan verklee, terwyl Jacques koffie maak. Die twee broers is in die sitkamer doenig met die CD's. Jacques kom in die kamer in.
“Wil jy nie weet van die verassing nie???!”
“O ja, ek het skoon vergeet. Sê maar...”
Ek het vandag n werk gekry!”
“Dis fantasties Jacques, baie geluk. By die battery plek??”
“Ja, Oos Kaap Batterye, of so iets.”
“Wat gaan jy doen?”
“Ek is nie heeltemal seker nie, maar ek dink hulle sit motorbatterye aanmekaar. Ek begin Maandag,”
“Dis fantastiese nuus. Jy weet seker dit beteken nou eintlik dat jy hier sal kan bly..”
“Ja, is dit nie wonderlik nie??!!”
“Gaan sit jy solank by die mense, ek kom nou...”
“O.k. Maar moenie lank draai nie. Waarheen gaan jy?”
“Net gou iets uit die motor uit gaan haal.’
Andrew hardloop uit om die draai na die drankwinkel in Tweede Laan. Gelukkig
is hulle oop tot sewe uur. Hy koop n liter champagne en gaan terug huis toe.
Hulle sit en koffie drink toe hy instap met die bottel.
“A nee a! Julle drink koffie, terwyl ons iets het om te vier! Jacques, kry asseblief die glase!”
Die aand het heel gesellig uitgedraai, en dis na elf, toe sy broers terug ry na Martie se huis, waar hulle sou oornag.
“Dit was nou baie lekker! Ek het hulle so lanklaas gesien!”
“Ja, hulle is nogal aangename mense. Maar ek is nou lekker moeg. Gaan ons inkruip?”
“Kom ons kyk eers wat het my ma gestuur.”
Hulle pak die vleis en groente in die vrieskas. Onderin die boks is daar n groot shokolade met n briefie by.
‘Jacques en Andrew, geniet vanaand bietjie iets soets! Liefde Ma”
“Sien jy, dis soos hulle altyd was!”
“Kan jy nou meer! Dit gaan nogal lekker wees. Kom ons eet dit in die bed.”
“Ek wonder of dit n goeie idée is… soetgoed in die bed, meen ek!”
“Nie soeter as ek nie!!”
Dis ‘n mooi roete af Suid Kaap toe. Teen donkeraand draai hulle by die opstal in. Die stoeplig wat brand, is die enigste ligbaken sover jy kan sien. Dan gaan die groot geelhoutdeur oop en almal kom uit op die stoep. Jaqcues se ma is heel voor om hulle by die motor te verwelkom. Sy pa en broers staan ook nader om te groet. Almal stap deur kombuis toe. Terwyl sy ma koffie maak, word hy oor sy nuwe werk uitgevra. Oënskynlik is hulle bly dat hy nou ‘n werk het. Daar word niks van hulle verhouding genoem nie. Is dit ditwat die atmosfeer ietwat gespanne maak, of is Andrew nou net weer laf?
Daar word tot laataand om die tafel gekuier, eers teen twee uur begin almal kamer se kant toe staan.
“Ek weet nou nie heeltemal wat die regte ding is nie, maar ek het maar vir julle die spaarkamer reggekry.”
“Dankie ma, dit sal reg wees.”
“Slaap maar lekker laat more oggend, trek die shutters toe, dan pla die son julle nie..lekker slaap kinders…”
“Nag ma”
“Nag tannie, lekker slaap.”
“Julle ook. Ek is nou lekker moeg!”
Andrew voel onkant gevang toe hy in die spaarkamer instap en die groot geelhout dubbelbed sien.
“Mmm, nou verstaan ek die worsteling wat dit moes wees om kamers toe te ken!”
“Hehehe! Ja, my ma het my voor die tyd gevra waar ons wil slaap, toe sê ek dat ons hierdie kamer gaan vat, aangesien ons in elk geval by die huis saamslaap in een kamer…”
“Jis, jy vat nie kak nie ne?!”
“Wat reg is, is mos reg, kom ons gaan slaap, ek is vodde.”
“Ja, nee, ek ook, die pad het nie so lank gevoel nie, maar ek is lekker moeg,… maar darem nie te moeg nie…!”
“Hey!! Dis my ouma se bed die! Jy moet darem respek hê!” se hy speels en knyp Andrew se binnebeen.
Hulle hou hul PT broekies en t-hemde aan en klim in die bed. Andrew voel in die donker na Jacques en hule lê in mekaar se arms en rook. Anderw kan teen sy bo been voel hoe Jacques se manlikheid teen hom aanskuur. Selfs in die ontspanne staat, kan hy die grootte daarvan teen sy been in sy gedagte meet en sien.
Dit is genoeg om hom heel jags te maak, en hy sit sy hand op Jacques se voël.
“Ahem! Is jy nie vaak nie polisieman?!”
“Ja, maar nie genoeg nie! Ek slaap beter as ek hom eers vasgehou het!”
Onder sy hand kan hy voel hoe die reeds harde voel besig is om saam te trek. Hy druk sy hand onder die broek in en voel n kolos van eiers, balhare en piel wat kloppend wag vir aanraking. Stadig hou hy hom vas en trek agter toe dat die kop ontbloot word. Sy wysvingers speel met die gaatjie en smeer bietjies pre cum oor die hele oppervlak van die reeds kloppende kop. Dan trek hy vinnig en hard. Die bed begin saggies wieg. Teen die tyd, het Andre ook sy broek tot op sy heupe afgerem en speel hy met Jacques se reeds stywe voel. In stilte lê hul en bevreding mekaar. Jacques gaan sit bo op Andrew en die volgende oomblik kom hul albei. Andrew is omtrent besmeer. Die genot en die vrees om uitgevang te word, het hulle tot nuwe hoogtes aangespoor, wat duidelik gemeet kan word aan die hoeveelheid kom wat oor Andrew se bors en maag uitgespuit is. Jacques staan op en gaan haal papier in die badkamer, terwyl Andrew doodstil le om die beddegoed te besmeer nie.