Met die wakker word, kom hy agter dat hy alleen in die bed is. Sy horlosie sê dat dit half tien is. Maar dis nog donker in die kamer. Hy onthou ewe skielike dat die shutters toe is. Dis nogal ‘n oulike idée wat die ou mense gehad het om houtdeure voor die vensters te sit. Laat mens ten minste lekker slaap. Hy wonder waar Jacques is. Hy staan op en trek vinnig aan. Toe hy in die kombuis kom, is net Roelien daar.
“More
Tannie.”
“More my kind. Lekker geslaap??”
”Ja dankie, weet tannie waar Jacques is?”
”Hy en Pieter is daar buite by die stoor besig om sy motor te diens. Wil
jy koffie hê?”
”Sal lekker wees dankie. Ek gaan net gou daar buite ook more sê.”
“Goed, ek maak solank jou koffie. Ons brekfis op Saterdae gewoonlik eers
tien uur.”
“Dankie tannie, dis reg so..”
Hy
stap na buite. Dis ‘n helder sonnige oggend en alles is vars en groen.
Hy kan die voëltjies hoor sing en die lug is helder blou, geen rook en
stadsgeluide waaraan hy gewoond is nie. Die stoor is ‘n kolosale gebou
wat hulle gebruik om die trokke in te diens. Die ou Datsuntjie raak amper weg
daarin. Jacques sien hom raak en stap hom tegemoet.
“Haai
more!! Het jy lekker geslaap??!”
”Ja dankie, maar hoekom roep julle my nie??”
”Ag man, jy het so oulik gelyk toe ek opstaan, ek het nie die moed gehad
om jou op te jaag nie. Ten minste is die motor nou gediens, en kan ons die res
van die dag gebruik om rond te loop. Daar is baie plekkies en goed wat ek jou
wil wys.”
“Mmmm, dit gaan nice wees. Ek gaan gou my koffie kry, dan kom staan ek
by julle.”
Hy gaan haal sy koffie, en op pad terug, maak hy kennis met Jessie, die St Bernard, wat hom stertswaaiend groet. Toe hy bietjie te veel aandag aan Jessie gee, kom Boela, die Doberman, ook by om haar deel van die liefde te ontvang. Hy loop weer na die stoor toe, en word onverhoeds betrap toe Jessie soos ouder gewoonte, van agter af kom en hom omtrent oplig soos hy onderdeur sy bene hol. Helfte van die koffie stort uit, maar hy lag vir die hond se snaakse maniere. Skielike voel alles vir hom lekker en hy is bly dat hy hier is.
By
die stoor vind hy Pieter onder die kajuit van ‘n groot Deutz vragmotor
lê.
“More!”
“Hi! Jis Andrew! Hoe gaanit?!”
”Lekker dankie, wats fout??”
”Nee jong, die bleddie ding se P.T.O gee probleme. En hy moet Maandag
loop, nou soek ek gou die fout.”
“OK, whatever ‘n P.T.O is…. Jou ma sê julle moet kom,
brekfis is amper reg.”
“Gaan julle solank, ek is nou daar..”
Andrew
en Jacques loop eers ‘n draai na die stalle toe.
“Jy moet eers vir Dolly ontmoet..”
“Ja… en wies dit?”
”Een van ons koeie!”
Die swart vries staan rustig en water suip, toe hul daar kom. Andrew kan sien
hoekom haar naam Dolly is.
“Sy gee maklik 25 liter melk in die oggend!”
“Hel, dis nogal baie!”
“Ja, sy is een van die bevoorregtes wat sommer in die kombuis instorm
vir ‘n appel.”
Andrew sidder as hy daaraan dink dat die koeie regtig in die kombuis ingaan
dit kan seker chaos afgee, maar hy sê niks.
“Kom ons gaan eet, my ma is seker al reg met die kos.”
Saam stap hulle saam huis toe. Dis net Andrew wat agterkom dat vandat hulle hier is, Jacques baie butch optree, en nog nie aan hom geraak het in ander se geselskap nie. Maar hy verstaan dit. Laat ons nou liewer nie weer mense skok nie. Gee hulle eers tyd om oor die uitkommery te kom.
Na
ete besluit Jacques dat hy nou eers vir Andrew die plaas wil gaan wys.
“Andrew, kyk daar by die agterdeur staan ‘n ekstra paar waterskoene,…
trek dit aan want die veld is vol bosluise.”
“Dankie tannie”
”Kom ons loop, voor dit te warm word, daar is baie wat ek jou wil wys.”
Hulle stap in die grondpad af tot by ‘n hek. Die gras staan enkeldiep
in die kamp, en verder aan sien hy ‘n groot gronddam.
“Hier
op die wal, wil ek eendag my huis kom bou. Die stoep gaan op houtpale in die
water staan en mens kan in drie verskillende klowe afkyk. Dis die mooiste uitsig
op die plaas.”
“Dit is baie mooi, ja”
“En hier waar ons nou afgaan, word Moordkuilbult genoem. Jy sal nou sien
hoekom!”
Ewe
skielik raak die helling baie styl en hulle moet aan takke vashou om balans
te behou. Hulle hardloop – stap die bult af. Onder waar dit weer gelyk
word, is daar byna geen son nie. n Digte plaat boomtakke verberg die blou lig
en net hier en daar skyn helder ligstrepies soos wat die son die takke omseil.
Varings en klein geelhoutboompies bedek die grond tussen deur verotte blare
en omgevalle bome.
“Dit
is wonderlik!”
“Ek het jou mos gesê!! Kom, daar is nog meer..loop die kant om en
probeer om nie op die geelhout boompies te trap nie. My pa sal uitfreak!”
Die
geluid van lopende water word al hoe harder. Dan is hulle daar. n Bergstroompie
kabbelrustig
deur die plantegroei. Reuse varings groei in en op die rand van die stroom.
‘n Valk wat op tak daar naby naby rus, word versteur en vlieg skreeuend
af in die vallei.
"Dis
hemel op aarde! Die plek moes seker ‘n fortuin gekos het!”
“Darem
nie, toe ons eers hier aangekom het, was hier nie eers krag nie. Dis seker nou
vier jaar terug. Toe was die plek maar drie honderd duisend. Maar my pa hulle
is so mal oor die grond, hulle sal nooit daarvan ontslae raak nie.”
“Dis werklik uniek. Sulke tonele het ek nog net op die TV gesien. Ek het
nie gedink daar is sulke plekkies hier rond nie!”
“As jy dink dis mooi, moet ek jou na die swemgat toe vat op Ian se plaas.
Jy gaan mal wees daaroor!”
“Net nie nou dadelik nie…ek moet eers my asem terug kry!”.
Hulle
rus op n boomstomp en rook elkeen n sigaret. Na hul klaar is, vat Andrew die
stompies en druk dit in sy sak.
“My
pa gaan mal wees oor jou!”
“Ek kan nie die goed hier los nie…dis dan so mooi hier!”
Hulle stap hand aan hand terug. Teen Moordkulbult, moet hulle drie maal stop
voor hul bo is. Dis n verraderlike bult, omdat dit nie so steil lyk nie, maar
die helling is seker maklik sestig grade. Dis al amper weer etenstyd toe hulle
by die opstal aankom.
Na ete het almal so rukkie gaan lê, maar Andrew en Jacques het besluit om na die swemgat toe te gaan. Dis n entjie van die huis af, en hulle ry tot daar. Andrew is weereens bekoor deur die natuurskoon. Die pad wat hulle ry, gaan deur klowe. Onder in die kloof, stop hulle by ‘n hek.
“Ons
is hier. Van hier af, moet ons verder loop..!”
Hier lyk die veld heel anders. Bas bome groei ruig en steek spookagtig soos
vingers uit die gras op. Dis heelwat droër hier. Hulle stap deur weikampe
en klim deur drade. Hier en daar groei Geelhoutbome en berg proteas. Speldekussings
bosse wat net in die Mosselbaai omgewing voorkom, staan vol in blom. Dan word
die veld ruier en die luggie koeler soos wat hulle verder afgaan in die kloof.
Dan sien hulle die rivier. Die water blink uitlikkend. Hulle stap al langs die
oewer. Na ‘n paar kronkels is hulle by die swemgat. Die water lyk pikswart.
‘n Paar wildeganse vlieg op en kwetter hulle misnoeë met die mense
wat hul rustigheid kom versteur.
“Jis!
Dis seker lekker diep nè?!”
“Ja, ek het al hier geduik, maar ek kon nie die bodem voel nie. Die water
is wetters koud daar onder.”
“Dit kan gevaarlik wees..”
“Ja hier het al van die plaasvolkies se kinders verdrink.”
Andrew dink aan die aaklige waterdood en skielik is die water nie meer so uitlokkend nie. Hy gril as hy himself verbeel hoe hande hom ondertoe trek as hy in die gat swem. Nou is hy heeltemal afgesit van die vooruitsig om lyf nat te maak. Voor hy egter iets kan sê, roep Jacques uit:
“Kyk daar!”
‘n Helder groen boomslang swem lui tussen die riete rond.
“Vergeet
dit! Nou wil ek nie meer swem nie!”
“Ek ook nie, die blote gedagte aan die kinders wat hier verdrink het,
gee my die creeps!”
Hulle stap stil verder, elkeen verdiep in sy eie gedagtes. Andrew is onkant betrap met die pragtige natuurskoon. Toe hy so twee jaar gelede in George ‘n promosie kom doen het vir 1011, het hy al besluit dat hy graag hier sal wil kom bly. Hy het toe nie eens geweet hoe mooi dit regtig is nie. As Jacques wil hê dat hulle moet hierheen trek, sal hy maklik vir ‘n verplasing aansoek doen. Sy ouers doen ook oënskynlik moeite om hulle te akkomodeer, dus sal dit seker nie te moeilik wees as hulle miskien hier op die dorp ‘n woonstelletjie of iets kry nie. Jacques is ook hier in sy element. Dit is ooglopend dat hy baie life is vir die omgewing. Plaaslewe en die Suid Kaap het in sy bloed ingetrek, en dis asof hy gemakliker is hier. In die stad is daar altyd iets wat hom teëhou, ‘n tipe heimwee miskien, wat Andrew nie altyd kon plaas nie, en maar toegeskryf het aan die verlange na sy ouers. Nou kan Andrew egter sien dat dit meer is as net dit.
Terug by die opstal, het die mense al van hul middagslapie ontwaak. Hulle word begroet deur stomende moerkoffie en melktert. Dis Jacques se pa wat die gesprek in ‘n ander rigting stuur.
“So
hoe hou jy van dit hier, Andrew?”
“Nee oom, dis baie mooi! Ons was daar onder teen Moordkuilbult uit, en
later by die swemgat. Ek kan nie glo dat dit so mooi is nie. Wat my laat onthou…”
en hy haal die twee stompies uit sy sak en gooi hulle in die drommetjie.
“En
jy Jacques? Geniet jy darem die nuwe werk?”
“Dis oraait, pa. Die suur brand bietjie my hande, maar ons kry volgende
week spesiale handskoene. Dan sal dit seker beter wees.”
“Ek sien. Ek wil net iets vra. Wil julle dit nie oorweeg om liewer hier
te kom bly nie? Dan kan jy…”
“Pa, ek het nou net eers begi…”
“Laat ek klaarpraat. Jacques, ons het jou hulp hier nodig. Ek en jou ma
het gepraat. Hierdie klomp protea boompies wat ons gekoop het, moet in die onderste
land ingaan. Julle kan dit oorneem, dat is dit darem ‘n ekstra inkomste
oor ‘n paar jaar. Die varietiet behaal nou $20 op die uitvoermark per
blom. Maar julle sal na dit moet omsien. Ons het nie die tyd daarvoor nie. Die
goed is al klaar amper drie maande in die sakkies, en van hulle het al begin
verdor. Dus wil ek net dit sê, as julle dit wil oorweeg om plaas toe te
kom, is julle baie welkom, en sal ons iets probeer reël om julle te akkomodeer.
Die ou hartbeeshuis staan mos leeg. Julle kan dit mooi regmaak en daar gaan
bly.”
Andrew het nog niks gesê nie, maar luister verbaas na die gesprek. Sommer net so? Wat is besig om te gebeur? Maar dis Jacques wat antwoord.
“Julle weet dat ek liewer hier sal wil bly as in die stad, maar dis bietjie vinnig op my… ons. Dankie vir die aanbod, maar laat ons bietjie dink daaroor. Soos julle weet, het Andrew ook ‘n belangrike werk in die stad, en kan ons nie sommer oornag sulke goed besluit nie. Ons sal later daaroor praat en sal julle in tyd laat weet. Maar plant solank daai proteas, moenie dat die goed staan en opdroog nie!”
Daar is ‘n ongemaklike stilte aan tafel, want dit is seker nie wat sy familie gehoop het hy gaan sê nie. Daar is egter nie veel anders wat hy kon sê nie, en in sy hart stem Andrew saam met hom. Hy sien ook in Jacques se antwoord ‘n commitment wat hy nie so gou verwag het nie, maar baie trots oor voel.
Hulle stap oor die werf na die beeskamp toe waar al die melkkoeie wei.
“Dis
nice wat jy daar gesê het, maar moenie dat ek jou keer as jy wil huis
toe kom nie.”
“Wat bedoel jy, Andrew? Ek dink nie eens daaraan om sonder jou hierheen
te kom nie. En jy is so life vir jou werk… en die DJ dinge, hoe kan ek
nou jou vra om hierheen te trek, hier is nie veel wat jy kan doen nie.”
“Wel, ek kan ‘n verplasing aanvra. Hier is seker ‘n Distriks
hoofkwartier waar ek dieselfde werk kan doen…”
“Sal jy dit regtig vir my doen?!”
“Ek kan sien hoe gelukkig jy hier is, Jacques, maar as ek hierheen trek,
sal ek eers in die dorp bly, totdat jou ma hulle meer gewoond is aan die hele
opset van ons. In elk geval, sale k dit meer waardeer as ons eers ‘n rukkie
aangaan soos ons nou aangaan in die stad, want ten minste leer jy dan om bietjie
op jou eie voete te staan. Terwyl jy nou die werk het, laat ons net eers bietjie
hou wat ons het.”
“Jy is natuurlik doodreg my skat, ek is net bly om te weet dat ons darem
nie vir ewig daar hoef te bly nie, en dat ons eendag saam hierheen sal kom…
dan bou ons ons huisie daar teen die dam. Dit gaan so lekker wees, iets om na
uit te sien!”
Hy wys vir Andrew al die koeie waaroor hy so aangegaan het, Krismis, Briekwa, Carleen, Bontrok, almal beteken nou iets, iets wat Andrew aan kan dink as hy in die toekoms stories van die diere se manewales moet aanhoor. Hulle stap stadig huis toe.
“Vanaand
gaan jy in Mosselbaai-style party hou!”
“O! waarheen gaan ons?”
“So ou plekkie hier in die dorp, Camelot. Nou nie eintlik fantasties nie,
maar die enigste uithang plek vir jongmense as dit nie vakansie is nie. Onthou
net, die boerseuns hier rond is nie die mak AWB’s van die Kareoke bar
nie! Hier donner hulle eers voor hul vra.”
“Okay! ek kry die skimp! Ek sal myself gedra! Doen jy net dieselfde!”
***********
Hulle stap teen die trap op en betaal by die meisie wat by die deur werk. Daar gaan nog nie veel in die plek aan nie, want dis nou maar skuins na agt. Die DJ sit by die eienares en gesels by die kroegtoonbank. Oorgewig en bebaard, lyk dit nie eintlik of hy veel hond sal afhaarmaak in een van die stad se klubs nie. En die man is jou werklik waar gesuie! Dis seker hoekom die Goombay Dance Band se Greatest hits nou al die afgelope 45 minute probeer om die kliënte te laat verbeel hulle is in ‘n eiland paradys!
Teen nege uur begin die plek lewe kry. Die musiek verander na Bad Boys Blue. Hier gaan ons vrek vanaand! ‘n Meisie gil verras en storm op hulle af.
“Jacques!”
“Hi Marie! Hoe gaan dit?!”
“Fantasties vandat ek jou sien! Wanneer het jy gekom?”
“Gisteraand, maar ons was so besig… o wag, laat ek jou voorstel.
Andrew, dis Marie, Marie, dis Andrew…”
Sy groet, maar het net oë vir Jacques. Die blonde koppie is duidelik verlief op hom, en Andrew skat haar seker so in matriek. Arme ding, hier moet hulle seker gou speel as hulle ‘n hubare man wil vastrek, dink hy en glimlag. Later die aand dans hulle om die beurt met Marie, en die geselskap vlot. Marie is baie vriendelik met Andrew, en hy dink dat sy darem ‘n aangename meisie is. Andrew vergeet egter dat hy nie nou in die stad is nie.
”En wat doen jy vir ‘n lewe, Andrew?”
“Ek is ‘n Kommunikasie beampte vir die Provinsiale Kommisaris van
Polisie.”
“Dit klink interessant, het jy darem ‘n meisie?”
“Wel, umm, ek en Jacques bly sa…”
“Wil julle iets drink?!” onderbreek Jacques hom.
“Nee nie nou nie dankie…”
“Ek ook nie dankie. Jy wou sê?”
“Nee, ek het nie ‘n meisie nie.”
“Jacques lyk so happy deesdae. He hy iemand in die stad ontmoet?”
“Soort van ja. Jy weet nie nè?”
“Weet nie wat nie?”
“Ons is sort van … saam…”
“Wat bedoel jy? Ag nee, jy jok!”
“Nee ons is. Dinge pas ons net albei so. Dis hoekom hy gelukkig lyk.”
“Ek glo jou nie. Jacques??? Wat gaan aan? Is jy dan… skeef?”
“Ek dink die regte woord is ‘gay’ Marie, … en ja ek
is, dis seker nie ‘n problem vir jou nie, is dit?”
“Wel, nee,… seker nie… dis net moeilik om te glo… ek
het altyd gedink… gehoop…”
En met die woorde begin sy huil en hardloop buite toe. Jacques spring op.
“Kyk nou wat het jy gedoen!”
Hy volg haar na buite. Andrew voel soos ‘n aap en bestel maar ‘n whiskey terwyl hy wag. Hy kan nie Jacques se optrede verstaan nie. Is hy dan nou skielik skaam oor hulle twee, en dit nada thy die guts gehad he tom sy ouers van hulle te vertel? Na ‘n half uur besluit hy om die twee te gaan soek. Hy kry hulle by die motor in die parker terrain. Marie het bedaar en Jacques is besig om haar te vertel hoe dit gebeur het day hy sy lewenstyl verander het.
Toe hy by hulle kom staan Marie op en sê:
“Andrew,
ek is jammer ek het so opgetree. Dit het net as ‘n skok gekom. Ek is bly
Jacques is nou gelukkig. Dis net jammer dat dit saam met jou moet wees en nie
ek nie. Ek het maar altyd gedroom en gehoop…”
“Dis oraait Marie, toe nou, dis oor nou. Jy sal iemand kry. Here man,
jy is nog jonk!”
Hulle gesels nog ‘n rukkie voor hulle besluit om te ry. In die motor is Jacques stil. Andrew weet hy het ‘n fout gemaak om hul verhouding sommer so uit te blaker, maar hy het nie gedink dat dit so ‘n inpak op hulle twee sou hê nie.
“Is
jy nog kwaad vir my?”
“Hoekom het jy dit gedoen? Weet jy dat Marie al lank op my verlief is?
Sys al seker nou die hele wêreld loop en vertel…”
“Is dit dan ‘n skande? Skaam jy jou vir my?!”
“Nee!! Dis nie dit nie, maar ek is nie nou lus dat die paar vriende wat
ek hier het, my gaan moeilikheid gee oor my keuse nie. Die mense hierond skinder
verskriklik. En die besigheid kan daaronder ly as my ma hulle se kliënte
die stories moet hoor…”
“Wag, ek verstaan… so eintlik is jy skaam… ek is jammer dat
ek jou in so ‘n posisie geplaas het, maar as dit is hoe jy wil wees, dan
is dit maar so. Dan kan ek ook nie veel van ‘n toekoms vir ons sien nie…”
Hulle ry in stilte verder, elkeen met warrelende gedagtes en emosies oor iets wat vir hul albei tog nog nut is, en hulle nie werklik weet hoe om daarmee te deel nie. By die huis gekom, het hul dadelik kamer toe gegaan en reg gekry vir bed. Jacques het iets van ‘nag’ gemompel en op sy sy gedraai. Meer as ‘n uur later, het Andrew nog wakker gelê en dink oor die baie verwikkelinge wat die naweek opgelewer het.
**********
Hulle probeer hard om ‘n front voor te hou asof niks fout is nie, maar Jacques se ma kom onmiddelik Sondagoggend agter dat daar iets gebeur het. Sy vra hom daarna uit, maar hy is ontwykend en sê dat sy haar verbeel. Net na ete besluit hy toe ook om sommer dadelik in die pad te val P.E. toe. Hulle goed is al in die motor, toe sy ma uitgehardloop kom met ‘n boks vol kruideniersware en lekkernye.
“Dè!
Vat hierdie aan. Dis net bietjie lekkergoed en vleis vir die huis. Andrew, jy
moet mooi na my kind kyk.”
“Ek sal so maak tannie. Dankie vir die lekker naweek. Ek het dit baie
geniet!”
Dis eers naby Wildernis wat Jacques weer praat.
“Ek
weet ek het jou in die gesig gevat gisteraand. Ek is jammer. Miskien het ek
oor reageer…”
“En ek he took so bietjie te ver gegaan. Maar ek het nie gedink nie. Ek
is jammer oor wat ek vir Marie gesê het.”
“Kom ons vergeet alles. Ek wil tog nie vanaand kwaad gaan slaap nie.”
“Ek haat dit net so. So vergewe jy my?”
“As jy my vergewe…”
“Jy sal nooit iets verkeerds in my oë doen nie. Jy is vergewe nog
voor jy gesondig het!”
“Dankie, ek is so lief vir jou!”
“Moet net nie advantage vat daarvan nie!”
“Ek weet nie van jou nie, maar advantage vat sou nou lekker wees…”
Die ou Datsuntjie
het nog nooit so vinnig aftrekplek gesoek nie.