Die regte spelling is du Toict. Volgens die familie legende, het een van die voorsate, wat n grenswag was tussen Frankryk en Belgie, die lewe gered van  die Franse koning. Hy het die koning in sy huis se dak versteek. Die koning het hom tot adelstand verhef, en hom DU TOICT genoem. Die naam is deur die Belgiese adelstand erken met die titel van Viscount. Dit het rondom die jaar 1310 gebeur.
Guilliame was Francois se ouer broer en hulle het in 1686 van Leyden, Holland met die skip Vrijheit na Suid Afrika gekom. Dit was twee jaar voor  die res van die Franse Hugenote.
Francois het hom op die plaas Kleinbosch gevestig en in 1882 ' DE GEDENKSCHOOL HUGENOTEN' op die plaas gebou. hy het ook die plase ''SCHOONGESICHT' en 'PALMIETVALLEI' in Daljosafat besit. In die WAGENMAKERSVALLEI  ( WELLINGTON) het hy die plase 'LEMIETRIVIER' en 'SOETENDAL' besit. Hy was ook verbonde aan die 'HEEMRAAD' vir Drakenstein en ook 'RITMEESTER' van die burghercommando tot 5 October 1723. Hy het weens ouderdom en gesondheid van die 'HEEMRAAD' en 'RITMEESTER' bedank. Hy het ook uit die Drakenstein Church Counciland bedank.
Hy en sy broer het ook deelgeneem aan die vry burger opstand teen WA vander Stel. Hy is na Maurituis verban maar die vonnis is nooit uit gevoer nie. Die twee broers moes voor WA vander Stel verskyn om te verduidelik hoekom hulle ongelukkig was met die Administrasie van die Kaap.

Hierdie inligting is verkry van ANCESTRY.COM

Tuisblad   |  Die eerste du Toits  |  HL du Toit  |  PHF du Toit / Foto's