Armoria patrić
http://www.oocities.org/haigariep

Transvaal (in Britse besit)

vlagwapen wat vir Transvaal voorberei is, maar nie gebruik is nie

Tydens die periode van British regering wat vanaf 1877 tot 1881 geduur het, het Transvaal (voorheen die Zuid Afrikaansche Republiek) geen eie staatsimbole gehad nie. Die Union Jack is 12 April 1877 Pretoria gehys om die gebied se anneksasie aan te dui, en die Britse koningswapen het op die Transvaal Government Gazette[1] verskyn.

In terme van Brittanje se Merchant Shipping (Colours) Act (Wet op Handelskeepvaart [Vlae]) van 1864 en die Colonial Defence Act (Wet op Verdediging in die Kolonies) van ’65, kon koloniale vaartuie kenmerkende weergawes van die Rooi of Blou Vaandel, “met die seël of wapen van die Kolonie aan die wapperkant daarvan”. [2] Vir koloniale goewerneurs is dieselfde devies binne ’n krans in die middel van die Union Jack geplaas. Brownell skryf (volgens my vertaling): “Dit het gelei tot ’n vermenigvuldiging sonder presedent van sulke ‘koloniale vlae’ dwarsdeur die Britse Ryk, en dit wil voorkom of dit in baie gevalle geen beter rede gehad het as om te verseker dat die kolonie of gebie in die Admiralty Flag Book ingesluit is.”

’n Devies vir Transvaal opgetrek en in die rekords van die Admiraliteit ingevoeg, alhoewel daardie inskrywing tans gevind kan word met swart skuins strepe in swart ink daaroor getrek. Dit is nie voor middel-1881 vir gebruik goedgekeur nie, teen welke tyd Transvaal reeds vir Brittanje verlore was, en die devies is dus in werklikheid nooit gebruik nie.

Dit verskyn hierbo, sonder die doodtrekkende swart strepe: ’n gedeelde skild, met die Burgersvlag regs en die Vierkleur links, met ’n koninklike kroon bo. Brownell noem dat dit “ten spyte daarvan dat die Transvaal, totaal deur land omsluit, geen skeepvaart van sy eie gehad het nie”.

 

Oor die gebied:

Die Zuid Afrikaansche Republiek was in ’n krisistoestand toe Theophilus Shepstone in April 1877 uit Natal in Pretoria aangekom het en, op die 12de, die Union Jack laat hys het en Transvaal as Britse besitting geproklameer.

Hy kon dit doen weens die land se haglike ekonomiese posisie, weens die algemene gebrek aan openbare vertroue in president T F Burgers, en weens die onopgeloste kwessie van die Pedi-kaptein, Sekhukhune, wie om vrede gevra het maar steeds ’n moontlike bron van onluste was.

Sir Garnet Wolseley, Hoë Kommissaris vir Suid-Oos Afrika, het teen Sekhukhune oorlog verklaar, en met die behulp van Britse troepe en geallieerde magte (waaronder die Swazis wat vir Burgers ondersteun het) en in 1879 het hy hom verower en in Pretoria in die tronk toegesluit.

Toe die dreigement van Sekhukhune verwyder is, was die burgers nie meer met die Britse owerheid tevrede nie.

13 Desember 1880 is die lede van die laaste Volksraad na ’n vergadering te Paardekraal (waar die huidge Krugersdorp staan) ontbied, en daar is gesag in die hande geplaas van ’n driemanskap bestaande uit Paul Kruger, Piet Joubert en M W Pretorius.

Hulle Heidelberg die setel van hul regering verklaar, en het 16 Desember daar die Vierkleur gehys.

Die klen Britse troepe-afdelings wat die land se garnisoen gevorm het, is op Bronkhorspruit, Laingsnek en Ingogo behoorlik verslaan, en 27 Februarie 1881 op Majuba, waar generaal sir George Pomeroy Colley aan die hoof van sy troepe geval het.

Nŕ hierdie terugslag het Brittanje nie in ’n verdere veldtog ’n toekoms gesien nie en 6 Maart is ’n skietsilstand gesluit. 23 Maart is oor vrede ooreengekom op ’n plaashuis naby Majuba.[3]

Die optrek van die gedetailleerde vredesverdrag is in die hande gelaat van ’n koninklike kommissie bestaande uit sir Hercules Robinson, generaal sir Evelyn Wood en Regter J H de Villiers[4] van Kaapkolonie.

Brittanje het nou na die gebied as die Transvaal State verwys, maar die Volksraad het dit so beskou dat die Zuid Afrikaansche Republiek herstel is.



[1] Plaasverganger vir die Staats Courant van die ZAR.

[2] In Engels lees dit: “with the seal or badge of the Colony in the fly thereof”.

[3] Die dorp Volksrust is later naby Majuba gestig.

[4] Regter Henry de Villiers is later tot ridder geslaan, en nŕ Unie in 1910 is hy as baron De Villiers van Wynberg tot die adelstand verhef.


Counter

Terug na bo

For English, click here

Erkennings: Illustrasie van vlagwapen met vergunning van Flags of the World; kleure angepas met behulp van MS Picture It!© Geskiedkundige inligting uit verskeie artikels in die Standard Encyclopćdia of Southern Africa (Nasou).


Terug na indeks van kolonies en republieke

Terug na Armoria patrić-indeks

Terug na Armoria-indeks


Opmerkings, navrae: Mike Oettle