Die wapen van Venda, wat 13 September 1979 tydens Venda se “onafhanklikheid” in gebruik geneem is, mag so geblasoeneer word:
Wapen: In groen, ’n aansiende olifantkop van goud met silwer tande, die geheel binne ’n
skildsoom van goud.
Helmteken: ’n Venda-trom in sy natuurlike kleure.
Skildhouers: Twee olifante in hulle natuurlike kleure.
Leuse: Shumela Venda.
Oorspronklik geregistreerde wapen:
Die wapen hierbo het ’n vroeëre registrasie in die naam van die Wetgewende Vergadering van Venda vervang. Dit is 8 September 1972 in Suid-Afrika se Staatskoerant gepubliseer. Die blasoen lui:
Wapen: In groen, ’n staande olifant binne ’n skildsoom van goud.
Wrong: Goud en groen.
Helmteken: ’n Venda-trom in sy natuurlike kleure.
Leuse: Shumela Venda.
Oor die twee wapens:
Die wapen van “onafhanklikheid” het skildhouers bygevoeg, en vervang die staande olifant met ’n olifantkop.
’n Amptelike beskrywing het dit (volgens my vertaling): “Die kop van die olifant wat vorentoe druk is ’n simbool van die wil en vasberadenheid van die volk wat in hul poging om die toekoms op soek na hulle neergelegde ideale te betree, nie gestuit sal word nie.
Van die helmteken sê dit: “Die trom, wat as ’n ngoma bekend staan, simboliseer die eenheid van die volk; dit word deur die kaptein gebruik wanneer die mense van sy stam byeengeroep word, of wanneer ’n belangrike boodskap oorgedra moet word.
En die skildhouers: “Die twee olifante . . . is ’n simbool van die mag en stabiliteit wat deur die regerende gesag uitgevoer word.
Die leuse, Shumela Venda, vertaal: “Aspireer altyd vir Venda.” (In die woord Venda het die letter D ’n kappie onderkant die letter om ’n klank aan te dui iets soos die TH in die Engelse the.)
Oor die staat:
Die VaVenda staan heeltemal apart van enige ander swart etniese groep in Suid-Afrika. Hulle is Bantu-sprekend, maar hulle kom van verder noord as enige ander Suid-Afrikaanse groep. Dit sien ’n mens in die naam van hulle taal, TshiVenda.
Die voorvoegsel wat deur beide die Nguni- en Sotho-volkere bevat die letter S – se- in Sotho (Sesotho, Setswana), en isi- in Nguni (isiZulu, isiXhosa, isiNdebele). Bantu-sprekende groepe van verder noord gebruik of die tshi- (of chi-)-voorvoegsel of ki-, soos in tshiKongo, kiSwahili, kiGanda, kinyaRwanda of kiRundi. Slegs een ander Bantu-taal wat in Suid-Afrika gepraat word gebruik die voorvoegsel tshi-: xiTsonga.
Die stamtrustlande van die VaVenda het almal in die Provinsie Transvaal geval, en die noordelikste daarvan grens aan die Limpoporivier waar dit die grens vorm met Zimbabwe, naby Mosambiek. Ironies het Suid-Afrika ’n nou grensstrook tussen Venda en die rivier behou, anders het die staat aan Zimbabwe gegrens.
Die distrikte van Venda (met ’n beginpunt aan die noord-oostelike hoek van die land, waar dit aan die Nasionale Krugerwildtuin grens) is: Mutele, Makuyua, Tshikundamalema, Manenzhe, Mphaphuli, Tshikonelo, Thengwe, Rambuda, Khakhu, Tshivase, Mphephu, Mulenzhe, Lwamondo, Gwamasenga, Tshakhuma, Shimbupfe, Nesengani, Davhana, Sinthumule, Masia, Mashau, Masakona, Mashamba en Mulima.
Die Wetgewende Vergadering van Venda het in 1979 besluit om Suid-Afrika se aanbod van “onafhanklikheid”. Hierdie onafhanklike status is egter deur enige ander land behalwe Suid-Afrika erken nie, en die beste internasionale erkenning wat Venda of enige van die ander drie “onafhanklike” state ontvang het, was die lys van hulle posseëls in die Stanley Gibbons-katalogus.
Dwarsdeur sy bestaan het Venda staatgemaak op subsidies vanuit Suid-Afrika, en die vier “onafhanklike” state het die Suid-Afrikaanse Regering se angs uitgebuit deur om hulle begrotings alewig onnodig te verhoog met salarisse vir oorbodige personeel en buitensporige uitgawes op die leierskap en hul projekte.
’n Hoofstad is te Thohoyandou gebou.
Soos die ander drie “onafhanklike” tuislandstate het Venda 27 April 1994 opgehou om te bestaan. Dit het nou deel geword van wat die Provinsie Limpopo genoem sou word.
Terug na Armoria patriæ-indeks
Opmerkings, navrae: Mike Oettle