LOUW FAMILIEBOND NUUSBRIEF

 

 

 

 

 

 

 


(Stuur asb. bydraes na my onderstaande e-pos adres, sodat ek elke maand die nuusbrief kan opdateer met nuwe inligting)

 

JUNIE 2003

 

Wie is almal lede van die Louw FamilieBond?

Al vir baie jare, bestaan daar 'n Tobie Louw Familie Bond. Hierdie bond was hoofsaaklik vir die Picardie/Laborie Louw's van die Paarl. Hierdie bond het so vier jaar gelede besluit dat die Tobie Louw Familie Bond moet ontbind om sodoende een groot bond te stig vir al die LOUW's in Suid-Afrika. Daar is toe besluit op die Louw Familie Bond en dit sluit in alle nasate van die twee LOUW stamvaders, so al was jou moeder of ouma of oumagrootjie of selfs verder terug 'n LOUW, dan beteken dit kortom dat jy ook deel is van die bond.  Ons wil graag kontak maak met alle Louw's en/of nasate van die STAMVADERS.  Vir meer oor die stamvaders, kliek op hul naam.

 

 

JAN PIETERSZ LOUW (1628 – 1691)

&

DIRK LOUW (1823 - 1888)

 

 

 

Byeenkoms gehou te Pretoria:

 

 

Die Louw Bond het die afgelope naweek (Saterdag 7 Junie 20003) 'n suksesvolle byeenkoms gehad te Pretoria. Die uitstalling van Dr Kobus Louw was weereens uitstekend, so ook die van Mike Louw. Mike se praatjie het gehandel oor sy lewe as agent in die Suid-Afrikaanse Intelegensie dienste, dus ons eie LOUW-spioen.

 

 

             

           Mike Louw                    Oom Kobus Louw (Paarl)   Lulu Louw, nee Coetzer                      Uitstalling                          

 

 

Oom Kobus van die Paarl het gesels oor ons LOUW STAMVADERS en veral oor Jan Pietersz LOUW se herkoms, asook sy aankoms hier aan die Kaap. Dit is nou 99.9% seker dat Jan LOUW met die skip " Gecroond Leeuw" op 16 Desember 1659 na Suid-Afrika gekom het. Die woonbuurt van Bovenkarspel naby Enkhuijsen in Noord-Holland, bekend as Broekerhaven, was in die 17de eeu bekend as die gemeente by die see, daarom "Caspel ter Maere"

 

 

Die eerste byeenkoms, was Junie 2001 te Pretoria wat deur meer as 172 Louw's bygewoon was. Hier is 'n paar foto's van die dag.

 

 

                    

Dr I.J. (Kobus) Louw                                   Louw van Wyk en Oom Kobus Louw                                        Dr I.J.(Kobus) Louw                       

 

 

 

Kliek op die foto om 'n vergrote weergawe daarvan te sien.

 

 

 

 

Om die rekenaar - kontroleer die inligting op die register

 

 

In Desember 2001 het ons in die Kaap gaan kuier. Nog 'n Kobus Louw, die keer die Besturende Direkteur van Simonsvlei Wynkelders, het die fasiliteite daar vir ons gerief oopgestel. Ons het heerlik saam gesels, glo my!

 

 

Ons gesels saam in die kelder te Simonsvlei, Paarl

 

 

Kontak asb. al u mede familie lede en versprei die onderstaande datums van byeenkomstes so ver as moontlik.

 

 

 

Die LOUW FAMILIE BOND beplan tans die volgende byeenkomste:

 

1.    Plek:        Babilonstoren, Paarl (Plaas van David Louw)

        Datum:    4 Oktober 2003

        Tyd:        8:00 - 16:00

(Kontak vir Lulu Louw of Oom Kobus Louw in die suide vir meer besonderhede, asb.)

 

 

Ns:  Die familieBond se fees geleentheid te Kanoneiland is gekanselleer!

 

KONTAK BESONDERHEDE:

Hendrik Louw - Voorsitter / Noorde (082 722 6500 / e-pos adres: hendriklo@absa.co.za )

JF (Kobus) Louw - Ere-president / Suide (021 872-1513)

Dr IJ (Kobus) Louw - Noorde (012 807-1903)

Lulu Louw - Verwerk genealogiese data / Suide (021 975-9339 / e-pos adres: lululouw@netactive.co.za )

Annemie Lourens - Seketaresse

Louis Louw - Suide

Wynand Louw - Suide

Jack Louw - Suide

 

Die streekverteenwoordigers wat u kan kontak se name sal eersdaags ook hier vertoon word tesame met hul kontak besonderhede:

 

Algemeen:

Ek beplan om die LOUW Familie byeenkomste se foto's ook op die webtuiste te laai.

 

Nuus rakende die LOUW FAMILIE REGISTER en ander sake sal ook hier bespreek word. Die registrasie vir die register is reeds by die Staatsbiblioteek gedoen en sal bestaan uit 'n reeks van vyf boeke van 400 plus bladsye per boek. Die beplande koste vir die 5 boeke plus 'n elektroniese weergawe op CD, sal R1,000.00 beloop.

 

U familie inligting:

Kontroleer asb. u familie inligting deur 'n e-pos met u besonderhede aan my te versend of kontak my op my selfoon na/ure asb.

 

Verder kan u vir my familie-foto's inskandeer en aanstuur vir moontlike opname in die register. Verseker asb. dat alle foto's vergesel word met volledige beskrywings. 'n Familie foto sal verkieslik wees, veral waar die persone daarop voor 1930 gebore is.  U kan ook familie verhale en geskiedenis aanstuur vir opname.

 

Alle bronne sal erken word in die publikasie.

 

U besigheid / webtuiste:

Stuur asb. u webtuiste se adres en/of wat u doen aan my. Ek wil graag via die webtuiste mede-familie help met bemarking van hul eie onderskeie besighede ens.

 

Hendrik Louw


Kontak my asb. gerus by hendriklo@absa.co.za indien u meer inligting het of indien u enige foute op die huidige databasis kry.

Counter