Die
Méreau
.
Die méreau
(meervoud méreaux) is 'n muntvormige onderskeidingsteken
wat die Hugenote in Frankryk vanaf die 1550's tot die middel van die 19de
eeu algemeen gebruik het. Gedurende nagmaal het 'n ouderling die méreaux
voor die diens uitgedeel aan elke lidmaat wat toegelaat is om die sakrament
van die nagmaal te gebruik. Ander, wat nie getrou kerkdienste bygewoon
het of vanweë 'n ander rede nie toegelaat was om die nagmaal te gebruik
nie, het nie 'n méreau ontvang nie. Gedurende die diens moes
elke lidmaat sy méreau teruggee aan 'n ander ouderling wat
langs die nagmaaltafel gestaan in ruil vir die sakramente van die brood
en wyn.
In ongeveer 1651 het Calvyn
in 'n "brief aan die gelowiges in Frankryk" hulle aangemoedig
om die méreaux in gebruik te neem. Die gebruik van hierdie
kenteken het algemene praktyk vir die volgende 200 jaar geword, en het
gedien as 'n bewys van die lidmaatskap van die Protestantse geloof en vir
toelating tot sy sakramente, sowel as 'n geheime simbool van die solidariteit
van die gelowiges.

Voor- en agterkant van die
Méreau
kenteken van die Kerk van l'Agenais, 16de eeu.
Die muntkant toon Christus,
geklee soos 'n herder wat oor Sy kudde waak.
Gedurende die 1680's tydens
die grootskaalse vervolging van die Hugenote deur die Rooms Katolieke,
was die mereaux gebruik as uitkenningsteken om enige dragonder of
Katolieke spioen te verhoed om die geheime kerkdienste by te woon. Hugenote
moes hul Méreuax by kerklike byeenkomste toon as bewys
van hul lidmaatskap van die Protestantse kerk. Na die herroeping van die
Edik van Nantes het baie Hugenote kerke voortgegaan om dit te gebruik,
ook in lande buite Frankryk waarheen Hugenote gevlug het, insluitende die
Threadneedle
Street Kerk in London waar dit tot 1692 in gebruik was.
Selfs hierna was dit nodig
om versigtig op te tree. So laat as 17 Desember 1754 beveel die Orde van
die Colloque du Bordelais, Art. 7, XVII, die volgende: "Aangesien
ons baie versigtig moet wees en voorsorg tref, sal elke lidmaat 'n bepaalde
merk of kenteken ontvang, wat by die plek van byeenkoms oorhandig moet
word. Diegene wat daarsonder is, sal nie toegelaat word nie".
Die méreaux
was normaalweg sirkelvormig, behalwe dié van Nimes, wat ovaalvormig
was. Die groottes het verskil, maar was gewoonlik 30 mm in deursnit. Ook
die naam, motief en inskripsies het plaaslik gevarieër omdat verskillende
gietvorms gebruik was om die méreaux te vervaardig.
In Poitou het dit as marques bekend gestaan, in Languedoc as marreaux,
en in Angoumois as marrons. Die meerderheid was van lood of edeltin
(piouter) gemaak, maar soms is leer, byewas of selfs glas gebruik.
Wat die motief op die muntkat
betref, was daar twee tipes: "le type au berger" (herder tipe, hierbo
getoon) en "le type à la coupe" (koppie tipe), afhangende
van die uitbeelding. Om die méreau hierbo word Christus uitgebeeld
as 'n herder, met 'n staf in Sy linkerhand en 'n trompet in Sy regterhand.
Twee vyebome word weerskante van Christus getoon, met die kruis en vaandel
agter, en 'n kudde skape, as versinnebeelding van die gelowiges, aan Sy
voete.
Die agterkant van die
méreaux
toon gewoonlik 'n Bybel wat oopgeslaan is by Lukas 12:32" "Moenie bang
wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die
Koninkryk aan julle te gee". Bokant die Bybel is 'n simboliese skynende
son en ses sterre.
Terug na tuishblad