Rodeo in Auburn 

Home Up Florida Grand Canyon Half Moon Bay Lake Tahoe Muir Woods Napa Valley Nasionale Parke Pacific Grove Pebble Beach Rodeo in Auburn Santa Cruz San Francisco San Jose Vakansie in SA Vriende Wind waaiers 1/2 pad om die Wêreld

Rodeo in Auburn, Kalifornië

Ons was gelukkig om by ons ander Suid-Afrikaanse vriende (Leon & Lynette) te hoor van 'n Rodeo in Auburn. Ons laat ons self nie 2 keer nooi nie en is saam met hulle daarheen. Rona is weer baie gelukkig want sy kan weer Cowboys sien. Dis ongelooflik hoe die Cowboys almal hulle Cowboy uitrustings dra. Almal, van die Oupa en Ouma tot klein kinders wat so 3 / 4 jaar oud is. Die kleintjies lyk te oulik met hulle groot hoede en natuurlik die regte skoene.

Auburn is 'n pragtige dorpie naby aan Sacramento, Kalifornië. Die dorpie laat mens nogals dink aan Pelgrimsrus in Suid-Afrika. Die dag was heerlik, van sokker teen die hansworse, op die rug probeer bly van wilde perde, tot bulle probeer vang. Ek het die kalfies baie jammer gekry as hulle, hulle so plattrek en vang, maar hulle kry seker nie seer nie...?