Wapens van parogieë
Onder die Anglikaanse parogieë in Suid-Afrika wat wapens voer, gebruik die meeste Engels as voertaal, nie Afrikaans nie. Gewone parogieë wat nie Afrikaans gebruik nie, sal nie ’n Afrikaanse opskrif hê nie, en die skakel sal vir ’n artikel in Engels wees. Die blasoen (of formele beskrywing) word egter vertaal. ’n Uitsondering word egter gemaak in die geval van katedraal-parogieë, aangesien dit aangevoer kan word dat hulle aan die hele bisdom behoort. Waar ’n bisdom Afrikaans as voertaal het, sal die bladsy oor die katedraal ook in Afrikaans verskyn.