Strandloper
http://www.oocities.org/strandloper2003

Wat is ’n Strandloper?

Die woord Strandloper gaan terug na die begin van Europese nedersetting in Suider-Afrika, na ’n tyd toe die mense wat in hierdie wêrelddeel nie klere gedra het nie.

Miskien sal jy nou sê: Hoe kan dit wees? Die inheemse volkere van Suider-Afrika dra almal klere, en het net soveel “hang-ups” daaroor as witmense. Maar dis iets wat gekom het met blanke nedersetting en die werk van sendelinge – vrome indiwidue wat geglo het dat die “naakte barbare” na wie hulle gestuur is, direk hel toe sou gaan omdat hulle nie geklee was nie.

Voordat Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap geland het, het die volkere van Suider-Afrika dierpels-karosse vir warmte gedra, en vir versiering het hulle krale en ’n verskeidenheid ander items gedra, onder andere stukke volstruiseierdoppe en stukke metaal wat hulle òf uitgedelf het òf daarvoor handel gedryf het.

In hulle eie oë was hulle nie naak nie, want toe hulle hul versierings afgehaal het, was hulle ongeklee. Sommiges onder hulle, veral belangrike manne, het soveel klein dierepelse om die middellyf gedra dat dit miskien van hulle gesê word dat hulle rompe gedra het.

Maar hulle het nie broek gedra nie, en hulle het slegs hulle karosse om hul skouers gegooi toe dit koud was. Meeste van die tyd is dit ’n warm land, en hulle is met Gods sonskyn geseën.

Toe die Nederlanders in Tafelbaai aangekom het, was; die eerste mense waarmee hulle te doen gehad het, ’n groep onder die leierskap van ’n man wat as Autshumato of Haddah bekend gestaan het. Hy kon ook Engels praat, en is ook Harry genoem.

Autshumato se mense was ’n klein bende uitwerpelinge wat nie meer welkom was in die Khoikhoi-hordes wat saam met hulle beeste in die weivelde van die Kaapse Weskus op en af getrek het. Die Nederlanders het hierdie veeboere Kaapmans genoem. Autshumato het geen beeste gehad nie, dus is hy deur die Kaapmans as San beskou (hierdie neerhalende Khoikhoi-woord is gebruik om Boesmans te beskryf).

Autshumato se mense het ’n bestaan gemaak deur om langs die strande te wandel en daar kos te vind, en is hulle deur die Nederlanders Strandlopers genoem.

Lateraan het die koloniste ander mense gevind wat ook langs die strande gewoon het, wat regte Boesmans was – die inheemse volk van die land wat geleef het van jag en vergaarding, en het veral die kos vergaar wat die see vir hulle voorsien het. Hierdie strandlewende Boesmans is dan ook Strandlopers genoem.

Die kulturele oorskot van die Strandlopers (die Boesman-soort) is vir argeoloë van groot belang, en daar word sorgvuldig gekyk na wat gevind is in die Strandloper-stortplekke wat hierdie Steentydperk-mense in die duine oorgelaat het.

Daar is geweldige belangstelling in hierdie mense, en ’n mistiek het om hulle gegroei – soveel so dat blanke mense wat die strande liefhet, en wat lief is om langs die see te stap, dikwels hulself Strandlopers noem.

In die apartheidsjare het die owerhede neergekyk op blankes wat hulle met die inheemse volkere geassosieer het. Blanke mans en vroue wat hierdie naam aangeneem het, het hulle dus met die oer-inwoners van hierdie land geïdentifiseer en apartheid verwerp. Om die naam aan te neem was ’n daad van nie-rassistiese weerstand.

Hier is ek dus: lief vir die see, en lief om Gods sonskyn te geniet soos die Here my geskep het – ’n Strandloper.

– Strandloper


Counter

Terug na bo

For English, click here

Terug na Strandloper se hoofbladsy


Skryf vir my: Strandloper