Strandloper
http://www.oocities.org/strandloper2003

Swem – met of sonder hindernisse

MENSE het al sonder klere geswem sedert die eerste aapmens uitgevind het hoe lekker is dit om in die water te baljaar.

Dis die logiese manier om nat te word, want jou klere bly droog tot jy dit weer wil aantrek – mits jy dan eers self droog geword het.

Maar in die verlede wou nie almal nat word nie. Europeërs, wat so gewoond is om hulle toe te draai weens die koue weer, het uit gewoonte ook in die somer geklee gebly – veral nadat die Kerk vir hulle begin vertel het dat dit onsedelik is om kaal te wees.

Maar daar was steeds mense wat wel kaal geswem het, en in Middeleeuse Europa was dit dikwels dié wat nie Christene was nie – veral daardie misterieuse volk wat feë genoem is.[1]

Die feë was ver van mities[2] en miniatuur, inteendeel was hulle vlees en bloed, alhoewel kleiner as die Christenmense wat hulle bure was. Hulle kan met die Boesmans vergelyk word: kort mense, donker van vel,[3] met intieme kennis van plante en hul gebruike, onder vele ander gebiede van kennis, en heelwat langer in hulle tuisgebiede woonagtig as die Christene, afstammelinge van Indo-Europese invallers.

Dié wat langs die see gewoon het, het die bronne van die strand benut (baie soos die Boesman-soort Strandloper). Hulle het seewier versamel (in Engels “kelp”) en is dus kelpies genoem.[4]

Hulle het ook robvelle vir die koue gedra, en as ’n mens langs die see gestap het naby waar hulle gewoonlik gewandel het, en robvelle gevind het, was dit ’n teken dat kelpies naby was, besig om te swem.

Jong mans – dié wat nie deur die waarskuwings wat hulle teen sulke mense gegee is, afgeskrik is nie – sou hulle gaan ontmoet en vir die kelpie-meisies die hof gemaak. Soms sou ’n kelpie selfs met ’n Christen man trou – alhoewel dit onwaarskynlik was dat so ’n unie sou verduur, weens die diepe kulturele kloof tussen die eggenote.

Maar die Middeleeue was ook ’n tydperk toe daar heelwat meer koue weer was as huidig. Beide die Donker Tyd (vanaf die 5de eeu nC tot ongeveer die 10de eeu) en die laat Middeleeue (vanaf 1450) was bitter koud, met minder geleentheid vir swem. In der waarheid is die Klein Ystyd, was omstreeks 1450 begin het, nog nie finaal verby nie.

Tog het enkele indiwidue, dikwels slegs die welgesteldes, in die hitte van die somer in die see kaal geswem, dikwels ver van loerders.

Min mense het veel aandag daaraan geskenk toe koning William IV en koningin Adelaide[5] in die 1830s op Brighton naak gaan swem het nie. En dit wil voorkom dat koninklikes dwarsoor die Europese Vasteland in latere jare ook hierdie gebruik voortgesit het.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het kroonprins Paulus van Griekeland[6] saam met sy familie in Suid-Afrika in ballingskap gewoon. Kroonprinses Frederika[7] het ’n groot deel van die oorlogsjare in die ampswonings van Eerste Minister Jan Smuts deurgebring, en sou saam met die Smuts-gesin en haar kinders openbare strande besoek, waar sy kaal sou uittrek sonder bekommernis oor wie haar sou sien nie.[8]

Maar dit gaan die storie eintlik vooruit. In Brittanje, nadat koningin Victoria die troon bestyg het, het die koninklike familie nie veel daarin belang gestel om in die see te swem nie.

Toe swem in die see teen die einde van die 19de eeu weer die mode geword het, het die Victoriaanse gedagte dit uit ’n nuwe gesigspunt benader. Strande is streng tussen mans en vroue geskei.

Dit is van beide mans en vroue verwag dat hulle swemklere sou aantrek – en behalwe dat die kostuums die lyf van nek tot knie gedek het, het hierdie uitrusting ook skoene en sokkies ingesluit!

Karavane langs die strand wat as “badkoetse” bekend gestaan het, is voorsien vir die gemak van persone wat, ten volle aangetrek, dit ingeklim het om te verklee, en is dan op wiele die see ingelaat sodat die swemmer die leertjie kon afklim om in water tot aan die middellyf te speel.

In die 20ste eeu het hierdie beperkings geleidelik weggeval. Ten eerste is gemengde baaiery toegelaat, maar toe is dit steeds van mans verwag dat hulle hul borste toemaak. Toe is ’n begin gemaak met die toegewing aan mans dat hulle (kort) swembroeke (sonder hempie) kon aantrek, en is vroue toegelaat om hulle bene en skouers te wys.

Maar terwyl dit gebeur het, het baie plaaslike owerhede, in hul toesig oor beide see-baaiery en swembaddens, reëls ingevoer wat, op sommige plekke, dit van mans vereis het dat hulle hul kaal borste moet toemaak, en dat vroue meer moes toemaak as dit waaraan hulle gewoond was (kostuums met rompies was dikwels ’n vereiste).

Die middel-1950s het ’n nuwe uitvindsel, die bikini, gesien, wat vroue toegelaat het om te swem sonder die hindernis van onnodige klerasie. Maar wat nie vooruit gesien is nie, is dat vroue geleidelik gewillig geword het om al hoe kleiner bikinis te dra wat al hoe meer vel blootgestel het.

“Kuisheidsregulasies” het aanvanklik op baie plekke bikinis verban, en selfs nadat dit toegelaat is, sou inspekteurs met maatbande omgaan. Maar op vele plekke het meisies geleer dat solank tepels, skaamhare en die anus nie blootgestel is nie, hulle daarmee kon wegkom dat hulle feitlik niks aangehad het nie.

In die 1980s het die strande van Brasil beroemd geword vir die “dental floss”-bikini, wat so skerp in die lies weggesny is dat ’n meisie sou moet skeer om te verhoed dat sy gearresteer is. Die vervaardigers van eenstuk-swemkostuums het ook hiervan bewus geword, en modieuse swemklere is tans feitlik sonder verandering so gestileer.

Skoolmeisies wat swemklere vir watersport benodig, vind dit soms moeilik om ’n ordentlike baaikostuum te vind wat op skool aanvaarbaar is.

Kostuums wat hierdie dele toemaak is ook nie meer noodwendig ordentlik nie, want sommige moderne stowwe (alhoewel steeds ondeursigbaar) so vas aan die kleinste buitelyn op die liggaam kleef dat elke uitstulpinkie op die bors en elke haar op die lies sigbaar is.

Dit word konvensioneel ingesien dat dit vir vroue bevryend is dat hulle tans so min op strand of in die swembad kan dra sonder dat hulle eintlik naak is.

In der waarheid is die teenoorgestelde waar, want die baaikostuum (ofskoon ’n eenstuk, ’n bikini of een van die soorte wat minder dikwels toegelaat word, wat òf die borste oop los òf die tepels met pleister toemaak) is nie meer ’n beskermende dekking nie maar ’n manier om ten toon te stel, van geheel-en-al seksloos tot iets wat aandag trek alleenlik op ’n vrou se seksuele funksie en aantreklikheid (of die gebrek daaraan, wat die rede is waarom middeljarige vroue so dikwels verkies om glad nie te swem nie).

Mans het ten minste meer keuse, tussen ’n swembroek met (korterige of langerige) broekspype en die meer karige soort. Maar die kariges laat so min ruimte vir die manlike organe oor dat onnodige aandag hierop getrek word.

Dit word konvensioneel bevrees dat die verwydering van hierdie minimale dekking alles in ’n seksuele konteks sal plaas, maar die seksuele konteks is reeds teenwoordig; dit paradeer voor die hele wêreld.

Wat moeilik is om te begryp, maar heeltemal eenvoudig is waar dit in ’n geordende omgewing voorkom, is dat die verwydering van swemklere die fokus heeltemal van seks wegneem.

Wanneer twee mense ontklee en alleenlik op mekaar fokus, is daar ’n seksuele spanning.

Maar wanneer ’n aantal mense sonder klere in dieselfde omgewing saam is, verdwyn die seksuele element, en is daar eenvoudig aanvaarding van die teenwoordigheid van die res.

Vrome Christene vrees orgieë in sulke omstandighede, maar mits die deelnemers se belangstelling in ontspanning is, gebeur dit eenvoudig nie.

– Strandloper

 

International Naturists Association

Vir drie verskillende benaderings van die kwessie van baaikostuums, kyk World’s Best Swimsuit, Unclothes en Prison Suits op die webwerf van die International Naturists Association.



[1] Die Engelse woord vir veë, “fairy”, is ’n aanpassing van “fearie” – mense was vir hulle bang (“afear’d”) weens die gelowe rondom hulle magiese vaardighede. Vir nog inligting oor feë, kyk hierdie webwerf.

[2] Die woord mities word deesdae dikwels gebruik met die betekenis van vals of fiktief. Die oorspronklike betekenis is aan antieke stories verbonde wat oor die gode waarhede onthul het; dit word miskien die beste gedefinieer as “die hoogste vorm van religieuse waarheid”.

[3] Daarvandaan die Engelse woord Brownie, wat dikwels gebruik is om hulle te beskryf.

[4] Die woord kelpie het heeltemal van betekenis verander, deels as gevolg van die gebeure – in die halfeeu voor Shakespeare – wat die veë gedwing het om hul aparte bestaan te laat vaar en om by Christen-gemeenskappe aan te sluit. Dit is ook verwar met die Gaëliese cailpeach of colpach, wat ’n tollie of koeikalfie beteken (dit kan òf manlik òf vroulik wees), en wat tans gewoonlik gebruik word om ’n fantastiese en kwaadwillige onderwater kreatuur te beskryf.

[5] Koningin Adelaide, wat met die naam Adelheid gedoop is, was die dogter van die hertog van Sachsen-Meiningen. Sy het nooit haar dik Duitse aksent verloor nie.

[6] Die konings van Griekeland was ’n vertakking van die Deense koningshuis.

[7] Frederika was die dogter van die hertog van Braunschweig-Lüneberg.

[8] Nà die oorlog het genl Smuts in 1947 vir die Britse koningsfamilie gasheer gespeel. Eendag het hy die koninklike toerparty Tafelberg gewys, en op die Agtertafel (bokant Wynberg), het die groep in mans en vroue gedeel, en na twee aparte damme bo op die berg die weg geneem. Daar het die mans en die dames naak geswem, ver van loerders en van die ander geslag. Dit was kaal swem van ’n heelwat meer beskeie soort as as prinses Frederika s’n.


Counter

Terug na bo

For English, click here

Terug na Strandloper se hoofbladsy


Skryf vir my: Strandloper