Strandloper se naturisme-bladsye
http://www.oocities.org/strandloper2003

’n Christelike en Suid-Afrikaanse perspektief op naturisme en nudisme

DIE sesde dag het God die mens geskep; man en vrou het Hy hulle geskep. Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.[1]

Jammerlik het skaamte in baie mense se gedagtes aan naaktheid gekoppel geraak, veral die mense van die Bybel – Christene en Jode.

As Strandloper wil ek nie die wiel herskep nie. Daar is ’n geleerde teoloog en pastoor – jammerlik skryf hy onder ’n skuilnaam, weens die onkundige reaksie van sy gemeente – wat in diepte die kwessie van skaamheid op sy webwerf, Reject-Shame.com behandel

Die oorsprong van die Christen-naturisme kan teruggevoer word tot die Hebreeuse tradisie van die miqweh, soos dit in hierdie artikel verduidelik word. Maar vir ’n a moderne Hebreeuse opvatting daarvan, kyk hierdie webwerf.

Hier is enkele standpunte van my kant af, en om mee te begin, ’n verduideliking van hierdie webwerf se naam:

 

Wat is ’n Strandloper?

Die Steentydperkmense wat Strandlopers genoem word, en die gebruik van die naam deur blanke Suid-Afrikaners

 

Naaktheid, seks en die Kerk

Is seks en naaktheid onvermydelik gekoppel, of is dit ’n fout wat die Kerk gemaak het?

 

Swem – met of sonder hindernisse

Die nadele van baaikostuums, en etlike beroemde naak-swemmers

 

Die harige mens

Die obsessie met die verwydering van hare; die natuurlikheid van hare by die sogenaamde Naakte Aap

 

Haarloosheid en naaktheid

Die sogenaamde smoothie-verskynsel, en haarloosheid onder die Antieke Grieke en Romeine

 

Hoeveel is te veel?

Vroue se vrese van ontkleding, en die natuurlike kuisheid van lieshare[2]

 

Naaktheid in rolprente

Hoe filmmakers en sensore naaktheid as seks objektiveer en natuurlike naaktheid van ons oë weghou

 

Naaktheid in die militêre

Hoe naaktheid in die stortbad en in slaapkwartiere normaal is in die militêre lewe

 

Besny of onbesny?

Die aanvaarding van mans met of sonder voorvelle in die huidige, en houdinge in die Klassieke wêreld

 

Verminking – of voorsorgmiddel?

Verskil tussen manlike besnyding en vroulike verminking; en ’n teologie van besnyding

 

Dinge waaroor ons gewoonlik nie praat nie

Die toepassing van naturistiese denke op sake wat die kleinhuisie betref

 

Die naakte doop in die Vroeë Kerk, en wat dit vir Christene vandag beteken

Met vervulling van alle geregtigheid

Naaktheid by die doop en die miqweh in Antieke Israel en die Vroeë Kerk

Naaktheid en die profete van die Ou Testament

Die Hebreeuse opvatting van opregte naaktheid, met ontugtigheid gekontrasteer

Naaktheid by bad en swem

Naaktheid in openbare baddens in die lig van antieke Joodse en Christelike praktyk

 

Naturisme-skakels

Jou padkaart tot die wêreld van die naturisme



[1] Dit is ’n beknopte parafrase uit die eerste en tweede hoofstukke van die Boek Genesis. Genesis 1, waar dit die gebeure van die sesde dag van die Skepping beskryf, lui (Nuwe Vertaling, verse 24 tot 28):

 

Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard; en ook al die diere wat kruip, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur.

God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na sy aard; en ook al die diere wat kruip, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

 

En in hoofstuk 2 word die tema weer opgeneem (vers 7, dan vers 25):

 

Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het. Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.

[2] Ek maak hier die punt dat die term “skaamhare” misleidend is, en dat dit eerder vervang moet word.


Counter

Titelgrafieke voorberei met behulp van MS Picture It! © voorberei


Indien jy met hierdie bladsye probleme optel, probeer die spieël-webwerf hier


Terug na bo

For English, click here


Skryf vir my: Strandloper


Naturist & Nudist Websites
Vorige webwerf : Na willekeur : Volgende webwerf : Werflys
Deur WebRingo aangedryf