AANKOMS
VAN EERSTE BLANKES.
1484
Die heel eerste blanke wat voet aan wal gesit het was
Diego Cam in 1484. Hy
plant 'n kruis by Kaap Kruis noord van
Swakopmund. |
1486
Daarna het
Bartholomeus Diaz 1486 by
Angra Pequena geland en 'n kruis geplant. |
1760
In 1760 het Jacobus Coetzee die jagter gekom.
Hy was 'n boer van Piketberg.
Hy is oor die Oranjerivier en het 'n droeë rivierloop gevolg en
tot by die warmbronne van Warmbad gekom.
Hy vernoem ook die boom wat deur kameelperde geëet word as die
kameeldoringboom. |
1761
Ryk
Tulbagh stel belang en het vir
Hendrik Hop, 'n Burgeroffisier van Stellenbosch gestuur om
'n wetenskaplike ekspedisie te lei.
Die landmeter Carel Brink trek die eerste kaart op van
Groot Namaqualand. |
1778
het H.J.
Wikar gekom.
Klaas Barend het weer vir Wikar gehelp. |
1779
het Kolonel
Robert Jacob Gordon,
'n offisier van die eerste Engelse Besetters aan die Kaap gekom.
Hy vernoem die Garieprivier nou die
Oranje na die Hollandse Koninklike Huis en die Gordonia streek in
Noord Kaapland, word na hom vernoem. |
1786
kom die Nautilus by
Angra Pequena aan. |
1791
Willem van Reenen het verder gegaan as Henri Hop tot by
Rehoboth. Hulle bly
by Gideon Visagie te Modderfontein/Swartmodder teenswoordige
Keetmanshoop oor. 9
Januarie het hulle die Lewerrivier bereik en kameelperde, buffels en
renosters geskiet. Hy maak die eerste kontak met die Herero's.
Hy stuur vir Pieter Brand met
sewe Nama's om die Hereros te kontak.
Sy trekdiere vrek almal.
Hy beskrywe die Bergdamaras.
Met die terugkeer kon Gideon Visagie hom nie met osse help
nie want sy vrou het pas van 'n nege maande tog van die Kaap
teruggekeer. Willem
van Reenen kom weer in Junie 1792 terug in die Kaap. |
1791.
Gideon
Visagie, Pieter Brand en Barend Fonteyn word aangetref by
Swartmodder deur van Reenen. |
1793
land die Hollandse
skip die Meermin met
Kaptein Duminy by
Walvisbaai. Hy
verklaar Angra Pequena, Walvisbaai
en Halifax eiland,
sowel as die aangrensende gebiede tot Hollandse gebiede.
Willem van Reenen se twee broers was aan boord van die Meermin,
asook die jagter Pieter Pienaar.
Hulle wou met die Hereros kontak maak om beeste na St. Helena uit
te voer. |
1795
kom
die skip "Star" van die Engelse nadat hulle die
Kaap oorgeneem het. Hulle
plant Engelse vlae so ver as
Angola en eien die reg toe om te jag en vis te vang maar
proklameer nooit die gebied nie. |
1800 het die sendelinge onder die Inboorlinge begin werk. |
1801
begin die Londonse Sendinggenootskap te Rietfontein.
Net buite die grens. |
1805
Die London Sendinggenootskap het die
Albrecht broers, Abraham en Christian
gestuur tot by Warmbad. Hulle
maak die eerste groente tuin in die land.
Hulle gee moed op en verlaat die gebied.
Hy gaan na die gebied van Abraham Bondelswart.
Hulle rig die eerste steenhuis op Warmbad op en plant koring, rog
en gars. Seidenfaden
vestig hom op Pella. Christian
Albrechts sluit hom by hom aan op Pella nadat Abraham Albrecht
oorlede is. Abraham
Swartbooi asook Kupido Witbooi het ook daar gewoon. |
1811
was Jager Afrikaner by Blijdeverwacht.
Hy vernietig die dorpie Warmbad van die Swartboois.
Die sendeling vlug oor die Karasberge en weer oor die Oranje om
die sendingstasie Pella aan te lê. |
1812
lê hulle
die sendingstasie op Bethanie aan. Schmelen
bou die eerste huis en onderneem die eerste bybel vertaling. |
1812/14
Op Pella in Klein Namaqualand aan die Kaapse kant van die
Oranjerivier het Heinrich Schmelen gewerk.
Hy neem 150 Oorlams/Basters saam met hom na Bethanie.
Hy leer Nama praat. Hy
rig Schmelen Huis op in 1814 wat die oudste gebou in Suidwes is.
Hy was getroud met Anna, 'n Nama
en deur haar toedoen het hy begin om die Nuwe Testament in Nama
te vertaal. 1824 gaan
hy tot in Walvisbaai om die
Nama, Damara en Herero te bearbei.
Hy gaan tot by Tsebris waar hy Jonker Afrikaner ontmoet en bekeer
het. Jonker was
Oorlams het het Afrikaans goed gepraat.
Schmelen is later in 1830 terug na die Kaap om die Bybel te laat
druk. Hy is
egter oorlede op 'n plaas naby Tulbagh.
Sendelingsdrift aan die Oranje is na hom vernoem. |
1814
Ambraal Lambert se mense by Gobabis
kom saam met Schmelen hierheen. |
1820 het die Wesleyan Methodist Missionary Society vir Rev. B. Shaw gestuur. In 1834 bou hulle weer die verwoeste Warmbad oor. |
1825
word die
Rev. William Trelfall en sy twee metgeselle vermoor.
Die eerste moord van vele wat daarna sou volg. |
1834 kom Rev. Edward Cook. Hy werk by Blijdeverwacht die plek van die Jager Afrikaner stam |
1834
het die kommissie van Johannes Andries Pretorius kom ondersoek
instel en tot by Damaraland gevorder.
Sy verslag oor die land was nie gunstig nie. |
8 September 1836 verlaat James Alexander die Kaap. Hy gaan na Komaggas om die sendeling Johann Heinrich Schmelen te sien. Hy trek oor Pella na Warmbad en dan na Hainabis oor die Visrivier na Bethanie, Grootfontein, Abadis tot by die Kuiseb. Daarna tot by Walvisbaai waar hy op 19 April 1836 aankom. Hulle gaan na Jonker Afrikaner. Hulle soek ook nog na die Hereros. Jonker versoek 'n sendeling om hulle te bedien. |
1837
Die Engelse
ontdekker Sir James Alexander gaan deur Klein Windhoek waar die
eerste huise deur die Rynse sendelinge opgerig is.
Hy noem die warm waterbronne "Queen Adelaids Baths".
Toe die Roomse Katolieke gekom
het het hulle die plek ontwikkel en druiwe en palm geplant en wyn
gemaak. Die
eerste wyn is gepars in
1904. |
1840
Jonker Afrikaner het
in 1840 die land ingekom. In
1842 maak Jonker Afrikaner 'n pad oor die Auasberge. Hy
beweeg verder noord na Okahandja waarvandaan hy die Herero's se beeste
plunder en 'n tyd van terreur wat twee dekades sou aanhou. |
1840/42
begin die Rynse
sendelinge werk.
Hugo Hahn het gekom
van die Rynse Missionary Society in Barmen.
En ook F.H. Heinrich Kleinschmidt.
Hugo Hahn het groot werk onder die inwoners van Suidwes gedoen. |
1842
het 'n Engelsman met die naam van James Frank Bassingthwaighte
van 'n skip afgeklim by Walvisbaai en goed bevriend geraak met die
handelaars Dixon en Morris en later ook met Jonker Afrikaner en Maherero.
Hy blyk van die eerste blanke
setlaars te wees, behalwe die sendelinge wat toe reeds daar was.
Hy was 'n timmerman en herstel wawiele in ruil vir beeste.
|
Die
sendeling Kleinschmidt kom ook
in 1842
in
Windhoek aan en werk onder die mense van Jonker Afrikaner.
Hy vra hom om na Okahandja
te kom waar die Herero's hulle hoofkwartier het.
Die fontein droog op en die Herero's trek .
Jonker vra hulle om na Otjikango te gaan en hy herdoop dit Barmen
ter ere van die dorp in
Duitsland waarvandaan hy kom.
Kleinschmidt is na Rehoboth.
Weldra het hy in 1847
'n skool en
kerk opgerig. Die
kerk het die eerste klok in
die land. |
Die Rynse Sending is gevestig en die London Sendelinge verlaat die gebied. Ook die Wesleyaanse genootskap handig oor aan die Rynse sendelinge |
1842 word die ryk guano velde ontgin. |
1847
Die Oranjerivier is in 1847 as noordelike grens van die
Kaapprovinsie geproklameer met die niemandsland ten noorde daarvan
bewoon deur die onderskeie Namastamme. |
1850
het ook Sir
Francis Galton in Walvisbaai geland en na Ovamboland gegaan.
Hy het 'n jong Sweed saamgeneem,
Charles John Andersson.
Hy bly agter in die land nadat Galton weer vertrek het.
Andersson ontdek die
Okavango rivier. |
1850 het Jonker Afrikaner duisende Herero's vermoor in wat bekend geword het as die "Bloedbad van Okahandja". |
1856
het die firma
De Pass, Spence and Co. begin
om 'n visindustrie te vestig by Angra Pequena.
1850 het hulle ook koper begin ontgin. |
1863 was Jonker Afrikaner en die Herero's in 'n stryd gewikkel. Die Hereros het baie beeste gehad en Maherero het 1500 heilige osse gehad. Die Herero's het geglo waar 'n heilige bees geloop het die grond aan hulle behoort het. Jonker het die heilige osse gesteel. |
1863
pleit die sendelinge om anneksasie
by die Duitse Rykskanselier
Bismarck en toe dit nie
slaag nie, by die Britse regering en uiteindelik by die Kaapse
parlement. Al wat
gebeur is dat die Britse regering op 12 Maart 1878 die
Wavisbaaise enclave as Britse gebied proklameer en dat Adolf Luderiz in
1883 'n handelshuis te Angra Pequena oprig en op 1 Mei 'n 20 myl breë
kusstrook vanaf die Oranje tot op die 26 grade suiderbreedte van Josef
Frederick Namakaptein van Bethanie aankoop.
Op 14 April 1884 maak Bismarck bekend dat Adolf Luderitz
se eiendomme onder Duitse beskerming geplaas word en die Duitse vlag
word op 6 Augustus 1884 gehys te Luderitz. |
1863
het die oorloë tussen die Nama en Herero begin wat die land in 'n lang
tyd van geweld dompel.
Die "Veldtog van die Skerpioen" het toe ook
plaasgevind. Kamaherero
seker van sukses het sy manne agter die Nama's aangestuur.
Die land was in 'n greep van erge droogte en die Nama's het
verder suid gevlug. Die
terugkerende Herero's het nie meer kos gehad nie en moes vir skerpioene
onder klippe soek om te eet. |
1864
Kido Witbooi was toe nog op Pella.
Hy besluit om na die noorde te trek.
Hy trek tot by Khachutsas aan die Visrivier. Op 10
April 1863
rus hulle hier en hy noem die plek Gibeon. |
1866
vestig
Hugo Hahn 'n opleidingsinstituut
vir Herero's by Otjimbingwe wat die Augustineum genoem word. |
1868
het Johannes Olpp gekom.
Hy was verantwoordelik vir die bekering van Kido Witbooi.
Olpp is in 1874 aktief bygestaan deur Hendrik Witbooi met die
oprigting van 'n kerk te Gibeon. Hendrik Witbooi het
skool bygewoon en is hy bekeer en gedoop.
Moses Witbooi was
Hendrik Witbooi se vader. |
1868
het 'n dertigtal blankes in Otjimbingwe 'n smeekskrif gerig aan
Sir Philip Wodehouse, vir beskerming.
Met hul vrouens en kinders het hulle 87 siele getel. |
1870
het daar vrede
tussen die Nama en Herero gekom as gevolg van die tussenkoms van Hugo
Hahn. |
1870
Die
Afrikaanse boere was van vroeg al teenwoordig, maar het vanaf 1870
in groter getalle die land begin inkom. |
1871
Was die volgende Boere reeds in Warmbad omgewing.
Jan Louw en Leonard
Cilliers. Christoffel
Coetzee skryf. "dat
zij of hunne ouders reeds trekboeren waren onder de Nama's toen de
Duitschers er noch niet waren" |
Mei
1874 - Die Dorslandtrek.
Twaalf Boere families het vanaf Pretoria getrek tot Gobabis en
daarna na Angola. Eerste
trek van G.J. S. van der Merwe, veldkornet en Gert A.J. Alberts, P.J.
van der Merwe en A.J.N. Alberts. |
1874
het Olpp
'n kerk op Gibeon gebou. Hendrik
Witbooi het gehelp om die kerk te bou.
Olpp was messelaar en Witbooi die handlanger.
Die kerk is later op Gibeon in 1904
deur die Duitsers die lug ingeblaas. |
1875 en Kido Witbooi is oorlede in die ouderdom van 94 jaar en Moses wat toe reeds 68 was het hom opgevolg. |
1876 Dr. William Coates Palgrave word gestuur. Hy teken 'n ooreenkoms met die Herero's in 1876. Hy sien moontlikhede om die land te annekseer vir die Engelse. Hulle doen dit nie, maar annekseer net Walvisbaai op 12 Maart 1878. Die Herero's was nie gelukkig nie en help nie vir Palgrave nie. Na die opstande tussen die Namas en Herero pleit die Duitsers die Engelse om te help, maar hulle wil nie. Palgrave was ook bedrywig as jagter vanaf 1860 en het die vertroue van Kamaherero gehad en hulle teken die "Ooreenkoms van Okahandja" Robert Lewis was 'n smous en geweersmokkelaar en hy tree as tolk op vir Palgrave. |
1878 is die Britse Vlag gehys in Walvisbaai. Ses jaar later is hierdie gebied geinkorporeer by Kaapland. |
1879 gaan Olpp terug Duitsland toe Witbooi vergesel hom tot op Steinkopf. |
1881 Adolf Luderitz land by Angra Pequena. Dit was die enigste plek wat nog nie verower is en en niemandsland was. In 1883 kom hy weer saam met Heinrich Vogelsang by Angra Pequena aan met die skil "Tully" en vestig Luderitzbucht. Hy hys die Duitse vlag en begin handel dryf met die Nama's. Hy koop die baai van Angra Pequena op 1 Mei 1883 van Josef Fredericks. Hy voeg later die hele kusgebied van die Oranje Rivier tot 26 grade Suid by. Hy pleit vir beskerming vir enige grond wat hy besit, maar Duitsland stel nie belang nie Hy verken langs die Oranje tot by Alexanderbaai. Hy en 'n seeman sou na Angra Pequena seil. Van hulle is nooit weer gehoor nie. |
Op 7 Augustus 1884 word die Duitse Vlag gehys in Luderitz. Kaptein von Raven word gestuur en anderkant Kaapkruis rig hy 'n proklamasie op dat die gebied nou onder die Duitse Regering staan. |
In
1884
stuur Bismarck 'n telegram na die Duitse Konsul in Kaapstad en beveel
hom om die Kaapse Goewerment te sê dat die Luderitzland nou onder
Duitse beskerming is. 24
April 1884 is die begin van die Duitse Beskerming. |
1885
- 1890
Die Eerste Duitse Goewerneur is Landeshauptmann Dr. H.C. Göring. |
Cecil John Rhodes word angstig oor die Duitse teenwoordigheid in Suidwes en stuur die "Boadicea" om die belange van die Engelse Firma De Pass, Spence en Com. te beskerm. Die Duitsers stuur die "Nautilus" om na die "Luderitz Land" te kyk. Dit was nou te laat vir die Engelse om iets aan die saak te doen nadat hulle die geleentheid verby laat gaan het om die land te annekseer. |
Die
Kaapse Regering erken die Duitse gesag en onttrek hul gesante en die
bande tussen die Kaap en Groot Namaqualand word verbreek.
Die geskiedenis sou dalk anders gelyk het as die regerings anders
opgetree het. |
1885
het James
Chapman gekom. Hy
gaan na Walvisbaai en kry Mev. Latham daar.
In 1843 het die Dixons en handelaar Morris en
familie met ossewa van Kaapstad na Walvisbaai gereis.
Hierdie vrouens was die
eerste Europese vrouens wat in Walvisbaai gewoon het. |
1888
was daar nog
min blanke Afrikaner boere in die gebied teenwoordig. |
24 Julie 1889 het Kaptein Curt von Francois met die eerste troepe geland. |
1889 het Afrikaner gesinne begin intrek. Kootjie Burger, Hendrik Turner, Jasper Coetzee, Jacob Wasserfall, Hendrik Blaauw, Dreyers en Rousseau's is teen 1889 reeds daar. |
1889 het Ds. W.P. de Villiers van Carnavon die eerste besoek gebring aan Suidwes omdat baie van sy lidmate daarnatoe getrek het. |
1890 het Johannes Kruger, Flip Kotze, Hendrik Bam en Nicolaas Mostert hulle met hul gesinne hier kom vestig. Almal het by Warmbad, en voor die Karasberge gewoon ook naby Swartmodder (Keetmanshoop) Ook die trek van Hendrik Smit uit Piketberg kom aan. |
Op
18 Oktober
1890 het
von Francois die hoeksteen van die Alte Feste in Windhoek gelê. |
Die Duitsers sluit ooreenkomste met die Herero's, Basters en Nama's om te help om orde in die land te bewerkstellig. Die enigste wat nie wou teken nie is Hendrik Witbooi. |
1891 - 1894 Curt von Franco is is tweede Duitse Goewerneur. |
13
April 1892 het
by Hoornkranz, vesting van Hendrik Witbooi 'n vergadering plaasgevind
tussen Hendrik Witbooi en von Francois.
Von Francois wou dat Witbooi onder Duitse Beskerming geplaas word
wat Witbooi weier. Von
Francois meen dat dit vir
beskerming is teen die Boere Trekkers wat in al hoe groter getalle die
land instroom. Göring
egter wou die boere daar hê. |
12
April 1893 het
von Francois na Hoornkrans gegaan en slaags geraak met
Hendrik Witbooi, wat toe die
berge in vlug. |
1893
is
von Francois vervang met Majoor Theodor Leutwein wat net daarna
vir Hendrik Witbooi aanval en verslaan. Hy teken 'n
vredesooreenkoms en vir die volgende 10 jaar het Witbooi die vrede
gehou. |
1894/1895
het dit baie gereën en die Nossob was in vloed.
Malaria breek uit. |
1894
het Leutwein
ook die Bezirksamer of distrikskantore
in Windhoek en Keetmanhoop gestig. |
Op
1 Oktober 1895
is 'n
ooreenkoms met die Duitse hoof te Gibeon luitenant von Burgsdorff vir
die vestiging van 'n polisiepos by Marienthal. |
1896 het die Runderpes uitgebreek in Suid-Afrika wat later na die suide van Suidwes uitgebrei het in 1897. |
1897
Die Herero's van Mbanderus staan op omdat die Duitsers vir Samuel
Maherero erken as Kaptein. Witbooi
en Samuel help die Duitsers.
Die kapteine van die ooste Herero's Kahimemua en Nikodemus word
veroordeel en dood geskiet. |
1897 Die spoorlyn word van Swakop na Windhoek gebou. 'n Hawehoof word in Swakop gebou. Dorpe van Karibib, Okahandja, Omaruru, Grootfontein, Gibeon en Keetmanshoop word gestig. Intussen verkoop die Herero's en die Nama grond aan die nuwe intrekkers. |
1898 het die Swartboois van Fransfontein hulle toegeien wat nie aan hulle behoort nie en word gestraf en die hele stam na Windhoek verplaas |