Tuiste | Maritz familiegeskiedenis | Geslagsregister | Skakels | Kontakinligting | Werfinligting |Poslys

AFRIKAANS EN DUITSE VOORTREKKER BOERE WAT TYDENS 1904 IN DIE SENTRALE DELE VAN DUITS-SUIDWES-AFRIKA WOONAGTIG WAS.

 

G. Arangies.   Plaas Ganapan.   Distrik Keetmanshoop

J. R. Badenhorst.   Plaas Kameelmund.   Distrik Keetmanshoop

Roelf Badenhorst.    Plaas Goudas.   Distrik Keetmanshoop

August Bake.   Plaas Kaudus.   Distrik Gibeon

Teddy Bassingthwaight

Jim Bassingthwaight

Bergmann.   Schaaprivier.   Distrik Windhoek

Bergemann.   Distrik Maltahohe

Carl Berger.   Haruchas.   Distrik Gochas.   Sendeling werk onder die mense van Hendrik Witbooi by Rietmond

Adolf Bernardt.   Namseb.   Distrik Maltahohe

Hendrik Blaauw.   Trek saam met Hendrik Smit.   Rig skrywe aan Ds. Andrew Murray oor skool en kerk 1892.   Plaas Klipfontein Karrasberge

Herman Blume.   Kaitzub.   Distrik Gibeon

Julius Böck.   Woon op Haribes en word vermoor by Gaitsabis

Bogalecki.   Het winkel op Kuis.   Word aangeval deur Nama's.  Kuis word aangekoop as kerkplaas Maart 1904

Dirk Johannes Booysen.   Dabib en Kub.   Diaken 21 Mei 1904 Kub gemeente.   Word vermoor 31.10.1904.   Begrawe Seskameelboom

J.J. Bosman.   Klipfontein Karrasberg omgewing. Rig brief aan Ds. Andrew Murray in 1892 en pleit vir leraar.

J. Botes en Pieter Botes.   Kameelmund.  Distrik Keetmanshoop.

G.D. Botha.   Pleit om leraar vir boere in 1902

Cornelis Bothma trek vanaf Piketberg saam met Smittrek.   Word op Swartmodder vermoor 10.10.1904

Bouwer.   Kameelhaar.   Hy is 'n transportryer.

Frederick Brand.   Word gekies as diaken met die besoek van Ds. Hugo 1908

Frits Brand.   Witputz.   Pleit oor skool en kerk 1892.   27 Mei 1899 word verkies tot komitee oor skool en kerk    Hy was een van sewe man wat koppie bestorm en Kub bevry.

Pieter Brand word aangetref deur die ekspedisie van Willem van Reenen in 1791 te Warmbad

Lang Piet Brand.   Kub-suid.  Trek saam met Smittrek vanaf Piketberg.

Distrik Kub.

Hermann Brandt.   Enkelkameelboom.   Hy vernoem dit na sy bruid Marie Mähler as Marienthal en later ook die dorp Mariental na sy vrou.

Brauer.    Gras.   Distrik Kub

Cornelis Brink.   Plaas Tsubgaris (Voigtsgrund)  en  Goamus.  Distrik Gibeon.

Brisley.   Schaaprivier.  Distrik Windhoek.

Abraham Burger.   Ganaams (Ganaus)   Trek saam met die Smittrek vanaf Piketberg.   Distrik Gibeon.

Andries en Jacobus Burger.   Nieuwefontein en Witputz.   Distrik Warmbad

Barend Burger.    Verkies om op die "Commissie van Toezicht op Geestelijke Gebied" te dien  27.05.1899.  Abikwas.   Word op 05.10.1904 vermoor.

Schalk en Stefanus  Burger    Kouwater.  Distrik Keetmanshoop.

Willem Burger.   Abikwas.   Word op 05.10.1904 vermoor

John Campbell.   Kunjas/Konjas.  Keetmanshoop omgewing.   Distrik Bethanie.

J. Cilliers.   Word verkies tot die komitee van Opvoeding.

Leonard Cilliers.   Blydeverwacht.   Distrik Warmbad.

Willem Adriaan Cilliers.    Woon op Lidfontein plaas van die Louws.   Was op pad om plaas te koop toe hy op  03.10.1904 vermoor is by Seskameelboom.

Dirk Coetzee.   Word in die plek van Eduard Mostert aangestel as leier op Kub.   Woon op Haribes en Rietfontein.  Distrik Gibeon.

Jacobus Coetzee. 25 jaar oud.   Kub.   Het transport gery en nie van opstande geweet toe hy vermoor is op Kachas 03.10.1904. 

Johannes Coetzee.   Plaas Karigab.  Distrik Maltahöhe.

Jasper Coetzee.   Kub.   Trek saam met die Smittrek van Piketberg.

Christoffel Coetzee.   07.08.1898 op Warmbad.   Woon op Kub.   Seun van Jasper Coetzee.  Getroud met Ester Jacoba Maritz.

R. Coetzee.   Witputz.   Distrik Bethanie.

Ds. P.J. Conradie.   1903-1904 eerste predikant van Gibeon Gemeente vir kort rukkie.

Adriaan Croese.   Narib.   Skoolseun by A. Kooy op Kub.   Hy is een van sewe wat die koppie beset.

C. de Jager.   Pallafontein.   Distrik Grootfontein.   Dorslandtrekker

D.R. de Klerk.   Donkerhoek.  Distrik Gibeon.   Februarie 1902 Vra vir Kerkwetboek vir  verdediging  teen von Burgsdoff wat die boere wil verduits.

de Klerk.   Kleinfontein.   Distrik Maltahöhe.

Izak Delport.   Swaer van Oscar Mähler.   Word 05.10.1904 vermoor by Enkelkameelboom.

Dawid de Villiers.   Witvlei.   Distrik Gibeon.   Ouderling van eerste Gemeente Gibeon.

Jan Izak de Villiers   Garub.  Distrik Warmbad.    Diaken 7 Augustus 1898 te Warmbad met die besoek van Ds. Alheit.

D.J. de Waal.   Klipdam.  Distrik Keetmanshoop.

Andries de Wet.   Seskameelboom en Kransneus.   Hy het winkel en hotel en is ook Veldkornet op Gibeon.

Thomas Gabriel de Wet.   Bring droeë vrugte van Wellington per skip. Met die besoek van Ds. Botha November 1902 op die kerkraad verkies van die gemeente Moira.    Grootfontein.   Dorslandtrekker.

Otto Diedrecht.    Word op 08.10.1904 op Kowes vermoor.   Distrik Gochas.

Christoffel Dreyer.   Narib.    Distrik Kub.

Freddie Dreyer.    Uchanarus.   Distrik Keetmanshoop.

Robert Duncan.   Persip.   Distrik Gibeon.

C. H. de Plooy

Johannes J. du Toit.   Dorslandtrekker Moria Gemeente.   November 1902 as kerkraadslid verkies.

Engelbrecht.   Slangrivier.   Distrik Kub.

F.J.C. Engels.   Fonteintjie.   Distrik Keetmanshoop.    In 1902 pleit vir leraar vir Gibeon.

Christoffel J. Esterhuizen.   As ouderling verkies 1908.   Hy is die skoonvader van Ds. Leonard.   Woon Sinode van Oktober 1909 te Richmond by.

John Babtise Favre (Faber).  Keinuchas.   Hy ontsnap moorde deur weg te kruip in put.   Distrik Gibeon.

Sersant Ficke.   Polisiestasie by Kuis.   Word vermoor 04.10.1904 op Kuis.

Barend Fonteyn.   Word deur Willem van Reenen se ekspedisie aangetref in 1791 te Warmbad.

Hendrik N. Fourie.   Stampriet en Kleinfontein.   Word vermoor op die pan by Hofmeyer saam met sy 10jarige seun Manie 5/6.10.1904

Friccius.   Dirichas/Jakkalsfontein.   Distrik Maltahöhe.   Word 05.10.1904 op Jakkalsfontein vermoor.

Gustav Gertner.   Hadate.   Word 04.10.1904 vermoor.

Harry Gird. Gurus.  Distrik  Kub.   Een van sewe man wat koppie bestorm en ontset.

J. Girdt.   Schaaprivier.   Met Ds. Schoevers se besoek Mei 1899 verkies as lid van Kerkelijke Commissie.

Ernst Glose.   Nam.   Distrik Maltahöhe

Georg Gotthilff.   Word vermoor 08.10.1904 op Gochas.

Andries Faculing Gous.   Hohenwarte.  Mei 1899 Met Ds. Schoevers se besoek tot Kerkelijke Commissie verkies.   Diaken 13.11.1902 en ouderling 1908 Gibeon Gemeente.

Piet Gous was in die vlugteling kamp te Aris.  Schaaprivier.   Distrik Windhoek.

Stefanus Gous.   Brack.   Schaaprivier.  Distrik Windhoek.

Wouter Gous.   Dornbaum.   Schaaprivier.   Distrik Windhoek.

Nicolaas J. Grobbelaar.    Dorslandtrekker Moria Gemeente November 1902.

Theo Gröber.   Word vermoor 04.10.1904 te Hatzium.

Herman Grumbach.   Awadoab.  Distrik Aranos.

John Elliot Harris.    Haribes.    Word op 05.10.1904 by Gaitsabis vermoor.   Distrik Gibeon.

Robert Hauthahl.   Nabus.  Distrik Aranos.   Word op 04.10.1904 vermoor by Schurfpenz.

H. Held.   Word vermoor 03.10.1904 by Polisiestasie Marienthal.

Jan Hefer.   Kameelhaar.   Distrik Gibeon.

Hermann.   Nomtsas.   Distrik Maltahöhe.   Word op 04.10.1904 vermoor.

Bernhard Hesse.   Bouaannemer op Gibeon

Thomas Hite.   Heikums.  Distrik Bethanie

F. Hitscher.   Polisieman.   Word op 08.10.1904 vermoor op Gochas.

Carl Hoffmann.   Boorman van Gibeon.

Hoge.   Polizist bevelvoerder op Kuis.  Distrik Kub

Hollander.   Poortjie.   Distrik Maltahöhe.

Ludwig Holtzapfel. *25.05.1872 +04.10.1904   Bouer.  Rietmond Distrik Gibeon.   Word op 04.10.1904 vermoor op Rietmond.

Jacobus Hugo.   Satansplatz.   Distrik Gibeon.

P. Hugo.   Stig plaasskool in 1898 te Warmbad.

Heinrich Hugsfeldt.  Orab en Jakkalsfontein.  Distrik Mariental.  Word op 04.10.1904 op Jakkalsfontein vermoor.

Joseph Jooste.   Ganaams (Ganaus)   Distrik Gibeon.

Johannes Antonie Joubert.   Gekies as diaken Gibeon Gemeente 1908.  Trou met Johanna Smit, weduwee van Hendrik Smit.  Transportryer vir Duitse Owerheid.

J.J. Joubert.   1902 Gaan na Berlyn om toestemming te verkry vir verblyfsreg van Afrikaners in Suidwes.

Willem Joubert.   Kerksraadlid Moria Gemeente Grootfontein.  Dorslandtrekker.

Jan Jurgens.  Gurus en  Kub.   Distrik Gibeon.   Een van sewe man wat koppie bestorm en bevry.

Jurgen van Schaaprivier.   Distrik Windhoek.

Kampffer.   Deutsche Erde.   Distrik Gibeon.

Johannes Keet.   Goreganas.   Distrik Rehoboth.   Huurder.

Willem Keunecke.   Korrakorrabes.

John Hurter Kennedy.   Ouder-Matty.   Distrik Warmbad..  Hy vergesel ds. Schoevers na Gibeon 24 Mei 1899.

William Kerr.   Persip.   Distrik Gibeon

Carl Kirsten.    Daweb.   Distrik Maltahöhe.

Willie Kleugden.   Word op 04.10.1904 op Orab vermoor.

H. Klose.   Jakkalsfontein en Orab.   Distrik Mariental.   Word op 05.10.1904 op Grootfontein vermoor.

Thomas Johannes Knoesen (Tom).  Lidfontein by Louw familie.   Distrik Stampriet.  Word op 03.10.1904 op Seskameelboom vermoor.

Koch.  Gelwater.   Distrik Gibeon.

August Kohn.   Handelaar op Gochas.  Word vermoor op 08.10.1904 op Gochas.

Albertus Kooy.   Eerste onderwyser op Kub.   Neem aan die Slag van Kub deel.    Een van sewe man wat koppie bestorm en bevry.

Dowe Dirk Kotze.   Dassiesfontein.   Nama's val ook die plaas aan.   Distrik Gibeon.

Jacobus (Koos) Kotze.   Onis.   Distrik Maltahöhe

Johannes Kotze.   Wittepan.   Distrik Keetmanshoop.

Phillip Frederick Kotze.   Diaken 13.11.1902.   Ouderling 1908 met die besoek van Ds. Hugo.  Gibeon Gemeente.

Friedrich Krabbenhofft.  Handelaar op Gibeon.

A. Kries.   Hanaus.   Distrik Gibeon.   Word op 05.10.1904 op Hanaus vermoor.

Johannes G. Kruger.   Klipfontein. Rig brief aan Ds. Andrew Murray oor skool en kerk.   Hy noem dat daar rebel vlugtelinge van die ABO is wat herderloos is.

Willem Johannes Kuhn.   Lidfontein.   Distrik Stampriet.   Was op pad om plaas te koop toe hy vermoor is op 03.10.1904 by Seskameelboom

Johannes (Jan) Lambrecht.   Kub.   Een van sewe man wat die koppie  bestorm en bevry.

Thomas Lambert.   Pallafontein.   Distrik Grootfontein.   Dorslandtrekker

Anton Landsrath.   Lahnstein.  Distrik Maltahöhe.

Martin Langhinirichs.   Dirichas.   Distrik Maltahöhe.

C. F. la Riche.   Konobees-Ukamas.   Distrik Keetmanshoop.

Piet la Riche.   Stinkdoring.   Distrik Warmbad.

Edward Johannes Leonard. *21.01.1884.  Eerste volwaardige predikant van die Gemeente Gibeon.   Trou met Johanna Maria Esterhuizen

Jan en George Frederik Lerm.   Pelgrimsrust en Vaaldoorn.  Keetmanshoop.   Diaken 07.08.1898

Tobie Lochener.   Kub tydens aanvalle.   Word aangestel as Dirk Coetzee se assistent.

Jacobus Martinus Lombard.    Kerksraadlid 11.1902 Moria Gemeente Grootfontein.  Pleit vir leraar in 1902.   Dorslandtrekker.

Adriaan Louw.   Lidfontein en Klein Swartmodder.   Distrik Stampriet.

G. Louw.  Gannapan.   Distrik Keetmanshoop.

H. Louw.   Eendoorn.   Distrik Keetmanshoop.

Jan Louw.   Lidfontein.   Distrik Stampriet.

W.A. Louw.   Keinahrivier.   Distrik Warmbad.

Hendrik Lubbe.   Hy bring tyding deur van Gibeon na Kub se mense.

Willem Lucas.    Word saam met Nicolaas Swart  vermoor op Patrollie 31.10.19404 naby Kub

Johannes Mähler.   Word by Orap op 05.10.1904 vermoor.

Johannes Oskar Mähler.   Enkelkameelboom/Marienthal.   Diaken 31.05.1904   Getroud met Anna Johanna Maria Delport *19.09.1872

Adolf Maiwald.   Gluckauf.   Distrik Maltahöhe.

Johannes Cornelis Malan.   Naruchas.   Distrik Warmbad.   06.08.1898. As  ouderling  verkies te Warmbad as eerste en enigste ouderling van die gemeente van Groot Namaqualand.

P. Marais  Pelgrimsrust.   Distrik Warmbad.

Nicolaas Gysbert Jacobus Maritz.   Trek vanaf Ghaap se Berg in l897 saam met sy ses seuns en twee dogters en vestig hom op Garies.  Distrik Kub.   Dawid, Johannes, Nicolaas, Jan, Lodewyk, Andries, Ester Jacoba en Olvinia Maritz.  Sy seuns help om die land op te bou.

E.R. Mason.   Kunjas.   Distrik Behtanie.

Melchoir.   Friedsbrunn.   Distrik Gibeon.

Jon Millar.   Ramansdrift.   Distrik Keetmanshoop

J. Moller   Warmbad.   07.08.1898 word gekies om te sorg vir onderwys met die besoek van Ds. Alheit.

Eduard Mostert.   Bisiport.  Veg saam met Duitse Troepe.  Gewond 02.12.1904 en ontvang Ysterkruis.   Een van sewe man wat koppie op Kub beset.

Johannes P. Mostert.   Tsubgaus.  Distrik Gibeon.   Gekies as Diaken met die besoek van Ds. Hugo 1908.

J. Mostert.   Ramansdrift.   Distrik Keetmanshoop.

Abraham Mouton.   Nobis.   Distrik Keetmanshoop.

Stefanus Dawid Naude.   Kameelhaar.  Distrik Gibeon.   27.05.1899 te Gibeon verkies om te kyk na verduitsing van Von Burgsdorff..   Saam met Smeer om te kyk na eie kerk 17.05.1902

J.B. Nel.   Gaus.   Distrik Gibeon.

Nel.   Goamus.   Distrik Gibeon

Maatjie Nieuwoudt.   Kuis.   Distrik Kub.

Kruppel Ernst  en Tielman Nieuwoudt  Leverbreek.   Distrik Keetmanshoop

Dirk J. Oosthuizen.   Kerksraadlid Moria Gemeente  1902 met die besoek van Ds. Botha en van der Merwe.    Dorslandtrekker

Krisjan Opperman

Otto.   Distrik Gibeon

Andries Piek. Transvaler.  Tweede Dorslandtrek onder Louw du Plessis.  Ry transport en was op Kub tydens aanvalle.

Frederick Poggenpohl.   Klipdam.   Distrik Keetmanshoop.

Johannes Potgieter.   Swartmodder.   Word vermoor 10.10.1904 op Swartmodder.   Distrik Stampriet.

Potgieter.    Transvaler.   Was op Kub tydens aanvalle.

Pretorius.   Witkrans en Gross Nabas.   Distrik Gochas.

Otto Redlich.   Grootfontein-suid.   Distrik Maltahöhe.

Ludwig Regengaft.   Falkenhorst.   Distrik Gibeon.

Carl Riethmann.   Keinuchas.   Distrik Gibeon.   Word vermoor 04.10.1904 op die plaas van Favre.

J. Rossouw.   Kouwater.   Distrik Keetmanshoop.

Stefanus Andreas Rossouw. Gurus en Kleinfontein.   Distrik Gibeon.   13.11.1902 as ouderling verkies met die besoek van Ds. Botha.

Christoffel Rossouw.   Gurus.  Hy was 19 jaar oud en het nie van opstande geweet toe hy vermoor is op 03.10.1904 by Kachas.

Carl Rothauge.   Handelaar op Gibeon

Peter Scheitweihler.   Boer op Hardap.  Distrik Mariental.   Word vermoor op 04.10.1904 by Hardap.

Carl Schroder.   Zivilpolizist.   Kuis.   Distrik Gibeon.

Josef Schneider.   Kinachas.   Distrik Gibeon.

Frans de Villliers Smeer.   Marienthal.   Ouderling van Smittrek en eerste ouderling van Gibeon Gemeente.   Hy word vermoor 05.10.1904 en die geld en kerkboeke en Bybel word by hom gesteel. Hy neem deel aan die ABO as Kaapse Rebel en word vermoor voor hy amnestie kon kry.

Frans Smit.    Trek saam met Hendrik Smit vanaf Piketberg.

Frederick J. Smit.   Word verkies as diaken met die besoek van Ds. Hugo 1908 Gibeon Gemeente.

Hendrik Jacobus Daniël Smit.   Enigste georganiseerde trek met 30 gesinne van Piketberg 1890.   Vestig eers op Warmbad en dien in verskeie komitees en was leier onder die Trekkers..   Woon op Swartmodder en word op 10.10.1904 vermoor.

Jacobus (Koos) A. Smit.   Schwartzkuppe.   Distrik Mariental.

Jan Andries Smit.    Kleinfontein.   Distrik Maltahöhe.

Nicolaas Stefanus Smit.   Amalia en Gans Distrik Gibeon.   Word gekies as diaken 13.11.1902 en weer op 21.05.1904 Gemeente Gibeon.

Nicolaas Smit Snr.   Kuis besit die winkel daar.   Distrik Gibeon

Mev. Smit.   Goamus.   Distrik Gibeon.   Mev. von Burgsdorff weduwee van Henning von Burgsdorff is eienaar van plaas.

Willem H. H. Spangenberg.   1886 het hy die plaas Goamus van Moses Witbooi gekoop.  Boer ook naby Aroab en besit 8 plase en 70,000 beeste en perde.

Spellmeyer.    Sendeling op Gibeon.

Koos Spies.  Transvaler.   Was op Kub tydens aanvalle.

Johannes B. Steenkamp.   Kleinfontein.   Distrik Maltahöhe.   Gekies as kiaken met die besoek van Ds. Hugo 1908 Gibeon Gemeente.

Lucas Steenkamp.   Kosis.   Distrik Gibeon.

Jacobus A. Steyn.    Stamprietfontein.   Word op 05.10.1904 vermoor by Kalkfontein.

Rooi Willem Stolz.   Word aangesien as Engelsman oor rooi gelaat en word so gespaar.   Help vrouens en kinders vlug na Gibeon.

Coenraad Strydom.   Kub

Ernst Stumpfe kom in 1894 na Suidwes as lid van Schutztruppen en word 1899 lid van polisie.    Ontvang plaas Koichas as vergoeding vir diensplig en skenk grond waarop die dorp Mariental gestig word.

Nicolaas Swarts.    Kom saam met 42 Duitse Troepe op Kub aan.   Word doodgeskiet by Gaitsabis 31.10.1904 tydens patrollie.

Thein/Thien.   Was teenwoordig by die Slag van Kub.

Jan Theron.    In 1902 rig hy versoekskrif vir leraar vir Gibeon Gemeente.

Hendrik Turner.   Kom saam met Hendrik Smit van Piketberg.

Dawid Sunley Uys.    Stamprietfontein.    Word in die begin van Januarie 1904 vermoor.   Word gemartel.

Van Alphen.    Seskameelboom.   Distrik Gibeon.

Izak van der Linde.   Rietkuil.   Distrik Gibeon.   Ry transport saam met Dawid Maritz

Carel van der Merwe.   Gurus.   Distrik Kub.   Gekies as lid van Kerkelijke Commissie 1899.   As ouderling 1908.

Willem Adriaan van der Merwe.   Toulosie/Tourlosi  Gekies as lid van Kerkelijke Commissie Mei 1899 by Schaaprivier.   Diaken 13.11.1902 Gibeon Gemeente.

Rudolf van der Merwe.   Schaaprivier.Hy vergesel Ds. Schoevers na Windhoek en Swakopmund sodat hy weer die skip kan haal na Kaapstad.

Van der Walt.   Kransneus.   Distrik Windhoek.   Verkoopsman.

Barend van der Westhuizen.   Karigab.   Distrik Maltahöhe.

C. J. van der Westhuizen. en Pieter van der Westhuizen.   Hy word as Kommandant aangestel op Gibeon.   Amalia.   Distrik GIbeon

Hendrik P. van der Westhuizen.   Swartmodder.   Word op 10.10.1904 vermoor saam met sy seun Gys.

Jacobus van der Westhuizen.   Dassiesfontein.   Distrik Gibeon.

J. D. van der Westhuizen.   Saam met Smeer na Berlyn in 1900 en verkry reg vir Afrikaners om te vestig, maar mag nie eie skole en kerk  hê nie.

Van Deventer.    Transvaler was op Kub tydens aanvalle.   Dorslandtrekker.

Hendrik van Dyk.    Slangrivier.   Distrik Kub.

Schalk Willem van Heerden.   Satansplatz.   Distrik Gibeon.

Van Jaarsveld.   Karigab.   Distrik Maltahöhe.

Tielman en Jurgens van Lill

Willem van Lill.   Stiefseun van Lang Piet Brand.   Kub.

Van Rooyen.   Handelaar van Windhoek.

Frans van Sittert.   Narib.   Distrik Gibeon.

A. en W. van Wyk.   Pelgrimsrust.   Distrik Warmbad.

J.J. van Wyk.   Gannapan.  Stig plaasskool 23.08.1893.  Onderwyser H.H. le Roux.

Van Zyl.   Transvaler en Dorslandtrekker.  Was op Kub tydens aanvalle.

Yuvenile Yeoman Dissenter van Zyl.   Rietkuil.   DistrikGibeon.   Diaken 13.11.1902 met die besoek van Ds. Botha.

Dirk van Zyl.  Bockiesbank en Hamrivier.   Distrik Warmbad.  Ds. Hugo gaan by hom tuis met sy besoek na die oorlog.   Distrik Keetmanshoop.

J.A. van Zyl rig brief aan Ds. A. Murray oor skool en kerk.   Klipfontein 1892.   Karrasberge.

George van Zyl.   Kouwater.   Distrik Keetmanshoop.   Pleit om leraar in brief 1902.

Weduwee van Zyl.   Holpan.   Distrik Keetmanshoop.

Jacobus van Zyl.   Amas.   Distrik Warmbad.

N. van Zyl.   Wittar.   Distrik Keetmanshoop.

J.J. Verhuis.  Pleit om leraar 1902 vir Gibeon Gemeente.

C. Viljoen.   Moria Gemeente gekies as diaken 1903.  Dorslandtrekker.

Gideon Visagie.   Word deur Willem van Reenen aangetref in 1791 by Swartmodder (Keetmanshoop).   Het handel gedryf met Nama's en het vele boere gehelp met die taal.

Andries Visser.   Uchanarus.   Distrik Keetmanshoop.

J. Visser.   Word gekies opvoedingskommissie met die besoek van Ds Alheit  07.08.1898.

Von Klutzen.   Word op 05.10.1904 naby Rietmond vermoor.

Albert von Malzahn.   Smidmeester van Gibeon.

Walter.   Persip.   Distrik Gibeon.   Word vermoor op 05.10.1904 by Persip.

Jacob Wasserfall.   Liefdaad Karrasberge.02.03.1890 kerkraadslid "extra parochie" Ds. de Villiers van Carnavon bly oor op sy plaas.

Watermeyer.   Word vermoor vroeg in Januarie.   Dalk Dorslandtrekker.

Wheeler.   Hy was brandewynsmous.

Otto Wieprecht.   Kowes.   Distrik Gochas.

Wiese.   Witkrans en Gross Nabas.  Distrik Gochas.

Wille.   Heliografis op Kub

Zwergel.   Heliografis op Kub.

Hans Szewzyk.   Phorte.   Distrik Gibeon.

Afrikaanse Trekkerboere het  ongeveer 1870 die land begin binnekom.  Die gesinne  het getrek vanaf Piketberg, soos Hendrik Smit wat die 7 Desember 1890 met 'n dertigtal gesinne onder andere  die van der Westhuizens, Frans Smit, Pieter Brand, Jasper Coetzee en Hendrik Turner gekom het. Die Maritze het in 1897  van die Ghaap se Berg getrek. Daar was toe alreeds heelwat gesinne gevestig van die Karrasberge tot by Gibeon en Kub. Oorsake van die trek was in die geval van die Maritze die Runderpes toe hulle al hul osse verloor het en toe 'n beter heenkome gesoek het.. Na die Anglo-Boere oorlog  van Oktober 1899 tot 1902 het nog boere hierheen getrek net om hulle 'n jaar later weer in 'n ander oorlog te bevind.

Ons sal bly wees indien enigiemand kan help om name by te voeg wat nie hier genoem is nie.