Swartland and West Coast Herald, the largest independent weekly in the Swartland and West Coast region.

Meer as 20 000
lesers elke week ...

ANC KRAAI NOU KONING IN DIE BERGRIVIER
PIKETBERG – Dit was ‘n groepie bedeesde en in sommige gevalle sommer duidelik bek-af DA raadslede wat die afgelope week hier hulle plekke ingeneem het tydens die aankondiging en inhuldiging van die Bergrivier se nuwe ANC-burge-meester. Die enigste een wat gelyk het of hy nog enigsins baklei in hom het was Piketberg se Wolf Liebenberg. Sy opponent van ouds, die ANC se Jacques Josias, was in sy element en kon behoorlik nie genoeg kry van al die lekkerte nie. Die bewindsoorname volg na die ANC vroeër die deurslaggewende tussenverkiesing in wyk 5 (Porterville) met ‘n skamele 23 stemme ingepalm het. Die buitengewoon hoë stem-persentasie van bykans 70% dui daarop dat beide partye alles uitge-haal het om die belangrike tus-senverkiesing te wen. Tydens die geleentheid in Piket-berg se biblioteeksaal is bekend-gemaak dat me. Sanette Smit on-bestrede as burgemeester van die Bergrivier verkies is. Die onder-burgemeester is Ray van Rooy van Piketberg terwyl Jacques Josias as speaker aangewys is. Die man wat die tussenverkiesing in wyk 5 gewen het, mnr Randall Swarts is as bykomende lid van die burgemeesterskomitee aangewys. ‘n Duidelik emosionele me Smit het gesê van nou sal die mense eerste gestel word. “‘n Radikale verandering van werkwyse gaan onmiddellik in werking tree.” Sy het gesê sy is bewus van die “paniek” onder amptenare dat hulle moontlik uitgeskop kan word en hulle verseker dat dit nie die geval gaan wees nie. Daar was ook egter ‘n woord van waarskuwing: “Of amptenare werk saam of hulle werk hulleself uit,” het sy gesê. Me. Smit het gesê soos in die geval van die nasionale en provinsiale regerings gaan sy haar munisipaliteit ook verbind aan ‘n tydraamwerk. Die raamwerk behels ‘n tienpuntplan: 1) dat alle beleidbesluite binne 14 dae ondersoek en aangepas word om beter dienslewering te verseker; 2) dat daar binne 10 dae ‘n nuwe begroting aanvaar word wat sal verseker dat die ANC se volkskontrak geimplementeer kan word; 3) dat daar binne 100 dae aandag geskenk word aan die munisipaliteit se sg GOP (geïntegreerde ontwik-kelingsplan) aangesien daar by die bestaande plan feitlik geen gemeen-skapsdeelname was nie; 4) dat daar binne 20 dae ‘n op-name gedoen word of alle skole in die Bergrivier by die regering se voedselskema betrokke is; 5) dat daar binne 100 dae ‘n opname gedoen worde om te bepaal tot watter mate inwoners toegang tot gratis krag en water het; 6) dat daar binne 100 dae ‘n aansoek ten opsigte van bykomende behuising vir elke dorp in die streek by die betrokke departement inge-dien word; 7) dat ontwikkelingswerkers binne 90 dae aangestel word om om te sien na die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die gebied; 8) dat daar binne 30 dae met die Weskus-distriksmunisipaliteit verga-der wor d om te verseker dat daar ‘n beter verhouding met die belangrike munisipaliteit heers; 9) dat daar binne 30 dae ‘n opname van moontlike bronne van finansiëring gedoen word ten einde die raad te help om sy doelwitte te bereik en 10) dat daar met behulp van die regering se kommunikasiediens binne 100 dae ernstige pogings aangewend word om verdraagsaam-heid tussen die onderskeie ge-meenskappe in die streek te bevorder.