Swartland and West Coast Herald, the largest independent weekly in the Swartland and West Coast region.

Meer as 20 000
lesers elke week ...

Minister besoek Sea Harvest
SALDANHA – Sea Harvest se bestuur het ‘n sterk pleidooi aan die Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme me. Lynne Brown gerig om aan die maatskappy ‘n groter kwota te gee. Die burgemeester van die Sal-danhabaaise munisipaliteit me. Johanna Stoffels is ook na die geleentheid genooi, maar kon dit nie maak nie, en raadslid Vivid Mgoqi het vir haar ingestaan. Die tema van die besoek was werkverskaffing en bestuurslede van die maatskappy het beïndruk met hul voorleggings oor die strukture en aan hoeveel mense werk verskaf word. Maatskappyvoorsitter mnr. Chris Nissen het eerste kans gekry, Hy het gesê dat Sea Harvest sedert 1994 baie transformeer het wat sy bestuur betref. Hy het gesê dat met die aanstelling van die maatskappy se operasionele bestuurder mnr. Harris Talmakkies, het daar baie skeptisisme geheers, oor of ‘n ‘local boytjie’ die ding kon doen. Twyfel is egter ‘n nekslag toegedien met Talmakkies se professionele bestuur styl, aldus Nissen. Voorts het Nissen gesê dat daar baie idealisme heers oor werkskepping, maar dat die harde werklikheid telkens insink wanneer daar na die begrotings gekyk word. “Daar moet sowat miljoen werks-geleenthede geskep word, maar kom ons maak seker ons behou die huidige werksgeleenthede.” Verder sê hy om werkskepping moontlik te maak, is dit nodig om ‘n groter kwota te hê as die huidige een. “Ek weet daar is ‘n situasie oor die groot en kleiner kwotas, maar die bewyse lê in die eet van die poeding het hy aan die minister gesê. Brown het beklemtoon dat sy haar portefeulje beklee na talle voorheen die posisie onsuksesvol gevul het. Sy sê dat sy saamstem dat daar moet gekyk word na die waarde van die marine-kultuur. Verder sê sy dat die kwessie van ‘n groter kwota vir werksgeleenthede meer in diepte bekyk moet word. Daar moet aan gewerk word om entrepreneurskap by jongmense aan te kweek. Voorts sê sy dat 28% van die Wes-Kaap se bevolking werkloos is, van wie 80% jongmense is. “Saldanha is ‘n goeie voorbeeld waar daar gerugte is van werk, en strome mense na die dorp kom om werk te soek. Dit is nou na aanleiding van Saldan ha Staal en die ontdekking van gasvelde naby die Weskusdorp. “Probleme wat dan hieruit spruit moet ongelukkig deur die munisipaliteit aangespreek word en nie die provinsiale regering nie,” aldus Brown. In die volgende vyf jaar moet ons dit regkry om ‘n regte mikro-kultuur te skep. “Ek is verbind om ‘n rol te speel in die ekonomie, Sea Harvest kan ook ‘n groot rol speel. “Ons is ‘n baie klein ekonomie wat deur talle buitefaktore bedreig word. As voorbeeld het sy die ineenstorting van die Brasiliaanse ekonomie ge-bruik, wat die rand nadelig beinvloed het. Brown sê. unies en die regering kan nie altyd aan die teenoorgestelde kant staan nie. Sy het genoem dat die regering 10-12 mense per huis voed. “Op die huidige oomblik is dit onrealisties om volhoubare werk te skep, maar die bevoorregte posisie waarin ons ,ons nou bevind moet deeglik benut word. Op hierdie stadium het mnr. Louis Penzorn Besturende Direkteur van Sea Harvest, die minister se aandag daarop gevestig dat die kwaliteit van water van die hoogs produktiewe hawe, word besoedel deur Saldanha Staal. Hy sê ook dat die mariene bronne en swaar industrie in sterk kontras met mekaar is, en dat dit ‘n tragedie is wat nou gebeur met die mossel fabrieke. ‘n Bekommerde Penzorn sê ‘n helder visie is nodig vir die pad vorentoe. Hierop het die minister geantwoord dat die provinsie altyd kyk na watter intervensies hulle te weeg kan bring. Mnr. Mgoqi het as waarnemende Burgemeester, dit afgemaak as ongetoetsde beweringe. “As iemand kom om hier te belê, doen ons deeglike navorsing, en daar moet ook ophou gebruik gemaak word van die eensydige informasie.” Hy het afgesluit deur te sê dat Saldanha Staal een van die grootste belastingbetalers is. Na afloop van die gesprekke is die minister deur die fabriek op ‘n toer om persoonlik te kyk na die produksie deur werkers. “Ek koop altyd die produkte in die supermark, en dus ongelooflik om te sien hoe hulle dit verpak,” het ‘n verwonderde Brown gesê. Sy het telkens by verbaasde werkers gestop om te kyk hoe hulle aangaan. – (Annaline Rabie).