SPREUKE D
DEMOKRASIE
Demokrasie beteken regering deur middel van gesprekvoering,maar dit is net doeltreffend as jy daarin kan slaag om die mense te laat stilbly.
Clement Attlee,Anatomy of Britain
Die demokrasie het gegroei uit die mens se veronderstelling dat as hulle in sekere opsigte gelywaardig is,dan is hulle volkome gelykwaardig.
Aristoteles, Politiek
Die demokrasie is gegrond op die oortuiging dat daar buitengewone moontlikhede in gewone mense skuil.
H.E.Fosdick, Democracy
Die demokrasie is maklik vatbaar vir oorlog en oorlog vernietig die demokrasie.
W.H.Seward,Eulogy on Quincy Adams
IN 'n Outokrasie kry een mens sy sin,in 'n aristokrasie 'n paar mense,maar in 'n demokrasie kry niemandd sy sin nie.
Celia Green,The DDeciline and Fall of Science
DADE
Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.
Matteus 7 vers 12
As ek kan belet dat een hart breek, het ek nie vergeefs gelewe nie; as ek die hartseer van net een sterfling draagliker kan maak, of 'n enkele stokflou rooiborsie kan terughelp in die nes, het ek nie vergeefs gelewe nie.
Emily Dickenson
Ek gaan maar een keer deur die lewe. Laat ek dus nou enige goeie daad doen wat ek wel kan verrig, of die welwillendheid toon wat ek aan my naaste kan betoon; laat ek dit nie uitstel nie, want ek sal nie weer hielangs verbygaan nie.
Oorsprong onbekend
Steek jou geloofsbelydenis in jou daad, en praat nie met 'n gesplete tong nie.
Emerson
DAE
Een van die dae is geen een van die dae nie.
Ou spreuk
Vandag is 'n nuwe dag. Jy sal net daaruit haal wat jy daarin sit. As jy foute begaan het, selfs ernstige foute, word jy altyd nog 'n kans gebied.
Mary Pickford
DAMES
'n Dame is 'n vrou wat 'n man soos 'n heer laat handel.
Russel Lynes
'n Dame is 'n vrou wat haar onderklere nooit sonder opset wys nie.
Lillian Day
DANK
Ek dank U vir die liefde,
ek dank U vir die lewe,
dat U my, dwaas en dwalend,
so mildelik vergewe,
dat U my, wankelmoedig,
in lang en bang nagte
wou breek tot diep berou
en nederige wagte.
Ek dank U om die dwaling,
om dwaas verwyt en al,
dat hierdeur aan U voete
ek eindelik sou val...
O God verslaan die hart
met al u wraak en haat,
indien ek, wankelmoedig,
ooit weer u huis verlaat.
DANKBAARHEID
Kies om dankbaar te wees. As jy dankbaar is, kan jy nie kwaad en of verontreg voel nie.
Die meeste mense onthou om hul verpligtinge na te kom, maar nie om dankbaar te wees nie.
William Gilmore Simms
Iemand aan wie 'n weldaad bewys word, behoort dit nooit te vergeet nie; en hy wat 'n weldaad aan 'n ander bewys, behoort dit nooit te onthou nie.
Pierre Charron
Niks is meer uitputtend as omm deurentyd dankbaar te weesnie.
Edgar W. Howe
Sommige mense sug altyd as hulle die Here dank.
Elizabeth Barratt Browning
Die meeste mense onthou om hul verpligtinge na te kom, maar nie om dankbaar te wees nie.
DAPPERHEID
Dit is maklik om op 'n veilige afstand dapper te wees.
Aesopius
Geen man kan sê hoe dapper of moedig hy is, voordat hy in gevaar verkeer het nie.
Francois de la Rochefoucauld
DATA
Dit is 'n groot fout om te begin bespiegel voordat mens oor data beskik.
Arthur Conan Doyle
DEBATTEER
Dit is beter om te debatteer oor 'n saak sonder om uitsluitsel daaroor te kry, as om uitsluitsel oor 'n saak te kry sonder om daaroor te debatteer .
Joseph Joubert
DEEGLIKHEID
Wat werd is om gedoen te word, is werd om goed gedoen te word.
DEMOKRASIE
Demokrasie berus op die oortuiging dat daar buitengewone moontlikhede in alledaagse mense skuil.
Harry Emerson Fosdick
Demokrasie beteken nie "Ek is so goed soos jy nie ", maar "Jy is so goed soos ek."
Theodore Parker
Dit is nie moontlik, dit is nie moontlik, manne van Athene, om met onreg, meineed en leuens blywende mag te verkry nie, want sulke magsposisies bly vir die oomblik en vir 'n kort tydjie bestaan en hulle blom werklik mooi uit op grond van die verwagting as hulle slaag, maar deur die tyd word hulle betrap en stort holderste -bolder inmekaar.
Want soos die fondamente van 'n huis, van 'n skip van ander dergelike baie sterk moet wees, so ook behoort die beginsels en motiewe van dade suiwer en regverdig te wees.
Demosthenes- Olynthiakos B.
Die demokrasie het gegroei uit die mens se veronderstelling dat as hulle in sekere opsigte gelywaardig is, dan is hulle volkome gelykwaardig.
Aristoteles,Politiek
Die demokrasie is gegrond op die oortuiging dat daar buitengewone moontlikhede in gewone mense skuil.
H.E.Fosdick,Democracy
Die demokrasie is maklik vatbaar vir oorlog en oorlog vernietig die demokrasie.
W.H.Seward,Eulogy on Quincy Adams
In 'n Outokrasie kry een mens sy sin, in 'n aristokrasie 'n paar mense,maar in 'n demokrasie kry niemand sy sin nie.
Celia Green,The DDeciline and Fall of Science
Demokrasie is net 'n proefneming op regeringsgebied en het die groot nadeel dat stemme net getel, pleks van geweeg word.
William Ralp Inge
DENKERS
Eerlike denkers is voortdurend onbewustelik besig om van mekaar te steel. Ons eie gedagtes is vol optelgoed en aangekeerde idees wat ons as ons eie beskou.
Oliver Wendell Holmes
DESKUNDIGES
'n Deskundige is iemand wat al hoe meer weet oor al hoe minder.
Nicholas Murray Butler
DEURE
In elke intelligente wese is daar 'n deur wat nooit toe is nie, waardeur die Skepper beweeg.
Ralph Waldo Emerson
DIAGNOSE
Diagnose is een van die mees alledaagse siekte.
Karl Kraus
DIAMANTE
Diamante is stukkies steenkool wat met hul werk voortgegaan het.
B.C. Forbes
Dit is beter om tweedehandse diamante te hê, as geen.
Mark Twain
DIEET
'n Goeie verslankingsoefening is om albei hande teen die kant van die tafelblad te sit en dit terug te stoot.
Robert Quillen
DIERE
Alle diere is eners, maar sommige is meer eners as die ander.
George Orwell
DINK
Dink is die hardste werk en waarskynlik waarom so min mense dit doen.
Henry Ford
Meeste mense sal liewer sterf as om te dink; trouens, hulle doen dit.
Bertrand Russel
'n Engelsman dink sittend, 'n Fransman staande, 'n Amerikaner al wandelend; 'n Ier later.
Austen O'Malley
DIPLOMASIE
As jy jou geheim wil bewaar,draai dit in openhartigheid toe.
Alexander Smith,Dreamthorp
'n Staatsman maak die geleentheid, maar die geleentheid maak die politikus.
G.S.Hillard,Life and Services of Daniel Webster Stanislaw
DOBBELARY
Dobbelary is die kind van hebsug, die broer van ongeregtigheid en die vader van kwaad.
Booker Washington
Dobbel: 'n siekte van kunsmatig beskaafde barbare.
William Inge
DOELTREFFENDHEID
Dit is baie moeilik om doeltreffend te wees sonder om aanstootlik te wees.
Frank McKinney Hubbard
In die hiernammaals sal dokters vir meer lewens verantwoording moet doen as ons generaals.
Napoleon I
DOKTERS
Die beste dokters is dr. Dieet, dr. Stilte en dr. Opgewektheid.
Jonathan Swift
In die hiernammaals sal dokters vir meer lewens verantwoording moet doen as ons generaals.
Napoleon I
DOMINERING
Niemand is goed genoeg om oor 'n ander te regeer sonder daardie mens se toestemming nie.
Abraham Cowley
DOOD
Daar is geen dood nie! Wat daarop lyk is 'n oorgang.
Henry Wadsworth Longfellow
Geen jongman glo hy sal ooit sterf nie.
William Hazlitt
Wat is die dood anders as 'n nagslaap ?
Martin Luther
Ons is almal huurders en een of ander tyt sal die groot Huisbaas ons kennis gee dat ons huurkontrak verstryk het.
'INSKRIPSIE OP JOSEPH JEFFERSON SE GRAF
AS ek die begeerte mog waag,sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag:"Ek het hom kom haal huis toe. Ek het hom by sy werk gekry"
C.J.LANGENHOVEN,Ons Weg deur die wereld
Om te twyfel, is die dood, nie om te sterf nie.
SIMONIDES EPIGRAM
Arm of ryk, die dood maak almal gelyk.
DUITSE SPREEKWOORD.
Al wat ek eendag saam met my kan vat, is dit wat ek hier op aarde weggegee het.
MORKEL VAN TONDER,Kantaantekeninge.
Al is jy, Dood, ook met ons. Ja,vir my is elke kind se eerste lewenskreet 'n Groter wonder as sy laaste snik
C.Lous Leipoldt, "Dood"; Uit Drie Wêrelddele
Die dood is nie die afskakelig van die lig nie; dit is net die uitblaas van die lamp omdat die dag gebreek het.
Rabindranath Tagore
Ons wens onsself soms geluk wanneer ons wakker word na 'n nagmerrie; dit kan so wees in die oomblik na die dood.
Nathaniel Hawthone
Die bleke dood klop sonder onderskeid aan die hutte van die armes en die kastele van konings.
Horatuis Odes
Die dood is van alle besoekers die mees aangekondige en die mins verwagte.
P Bougert
'n Mens kan die son en die dood nie vol in die oë kyk nie.
LA Rochefoucauld
Die dood is 'n swart kameel wat voor elke ou se hek kniel.
ABD-EL-KADER, Rappel a l'Intelligent
DOP
Die dop moet breek voordat die voël kan vlieg.
Alfred Tennyson
DORING
Mense wat dorings rondstrooi, moenie kaalvoet loop nie.
Benjamin Franklin
DORPE
'n Klein dorpie is 'n plek waar 'n telegram met gebed geopen word.
Oorsprong onbekend
DOWES
Hy dink hy is doof omdat hy nie meer die mense oor hom hoor praat nie.
Charles de Talleyrand - Perigord
Niemand is so doof as hy wat nie wil hoor nie! Niemand is so blind as hy wat nie wil sien nie!
Henry Wadsworth Longfellow
DRAMA
'n Aktrise wat suksesvol wil wees, moet die gesig van Venus hê, die verstand van Minerva, die grasie van Terpsichore, die geheue van Macauley, die figuur van Juno en die vel van 'n renoster.
Ethel Barrymore
DRANK
Drink omdat jy gelukkig is, maar nooit omdat jy ongelukkig is nie.
Gilbert Keith Chesterson
Meer mense verdrink in klein glasie as in die see.
Volkspreuk
Sterk drank maak niemand nuttiger nie en baie nuttiges nutteloses.
Elbert Hubbard
DROEFHEID
Mens sus dikwels jou droefheid deur daaroor te bly praat.
Pierre Corneille
DROME
My lewens droom was 'n aanhoudende nagmerrie .
Voltaire
Vir elke ouderdom is daar 'n droom wat sterwend is of net gebore word.
Arthur William Edgar O'Shaughnessy
Wat ons sien of dink is net 'n droom in 'n droom.
Edgar Allan Poe
Drome is die ware vertolkers van ons neigings, maar kennis is nodig om hulle te vertolk en te verstaan.
Montaigne,Essays
DROOGTE
Ons wag tot die droogte kom en dan kyk ons hemel toe.
C.J.Langenhoven
DRUKKUNS
Die magtigste wapen teen onkunde is die verspreiding van gedrukte materiaal.
Leo Tolstoi
DUISTERNIS
Die duisternis het geen skaduwees nie.
C.J.Langenhoven
DUIWELS
Waar God 'n huis van gebed oprig, bou die duiwel 'n kapel, en as daar ondersoek ingestel word, is sy gemeente die grootste.
Samuel Butler
DWAALLERINGE
Gewoonlik is die lot van nuwe waarhede dat hulle as dwaalleringe begin en as bygeloweeindig.
Thomas Henry Huxley
DWASE
Daar is meer dwase as verstandige mense en selfs in die verstandige mens is daar meer dwaasheid as verstand.
Nicolas Chamfort
Die beste manier om 'n dwaas te oortuig dat hy verkeerd is, is om hom sy gang te laat gaan.
Josh Billings
DWAASHEID
Ons spandeer die helfte van ons lewens om die dwaashede af te skud wat ons ouers aan ons oorgedra het, en die ander helfte om ons eie dwaashede aan ons kinders oor te dra.
Isaac Goldberg
DWAALLERINGE
Gewoonlik is die lot van nuwe waarhede dat hulle as dwaalleringe begin en as bygelowe eindig.
Thomas Henry Huxley
DANKBAARHEID
Kies om dankbaar te wees. As jy dankbaar is, kan jy nie kwaad en of verontreg voel nie.