ourens

Breytenbach

 

flagSAwapper.gif (8431 bytes)

 

dogonspeed.gif (12972 bytes)

En wat het ons hier?

 

Om meer uit te vind oor wat ek deesdae met myself aanvang, kliek op eenvan die skakels hier-onder:

 

 

dolphin_jmp_sky.gif (38904 bytes)

 

 

 

 

 

 

 


My Werk

 

Ek werk nou al vir meer as 3 jaar by Town View High School, Krugersdorp (Suid-Afrika)  as 'n onderwyser. Ek gee die vakke Wiskunde en Engels vir die junior sekondêre fase (graad 8 en 9). Dis 'n groot uitdaging vir my as 'n Afrikaanssprekende om by 'n Engelse skool skool te hou vir meesal swart kinders!

Maar iemand moet die werk doen, en ek het myself verbind tot diens in die Nuwe Suid-Afrika. Glo my - ek het probeer om oorsee te gaan, jy weet, "vir 'n jaar of so", maar dinge het van die eerste dag af skeef geloop met my reëlings en ek het toe nooit in Londen geland nie. Nou werk ek maar in gedweë aanvaarding.

Ek is in 1999 aangestel as standerdhoof van die graad 8 leerlinge.   Dit is baie bevredegende werk.  Min mense verstaan die hartseer, vreugde en empatie wat ek ervaar in die hantering van my kinders se probleme.

Ek is ook die "disciplinarian" in die skool.  Moenie lag nie!  Ek is die onnie wat die detensie bestuur en ek is die TLO (teacher liaison officer) van die SRC (Student Representative Council).

 
Na bo

 

 

 

 

 

 

 


Persoonlike Belangstellings

Ek het 'n hele hoop belangstellings, maar weens my simpel salaris en 'n gebrek aan tyd is dit nie altyd vir my moontlik om my belangstellings almal uit te leef nie.

Hier is 'n paar van die belangstellings wat ek nie afskeep nie:

Ek is besig om 'n regte ou computer-nerd te word.  Ek spandeer meer tyd agter die rekenaar as in my bed ... en dit sê baie!

 

Na bo

 

 

 

 

 

 

 


Huidige Projekte

  • Wiskunde werkkaarte:

Ek stel werkkaarte saam vir my skool en ek beplan om dit uit te gee aan die einde van hierdie jaar.  Dit is egter werk wat baie ure neem, soos almal wat enige handleiding of werkboek van enige aard al opgestel het sal weet!

Ek is klaar besig met CBT in rekenaarkunde en behoort in hierdie jaar my A+ kursis te voltooi.  Ek wil graag op 'n stadium MSCE doen!  Maar ons sal maar eers sien.

Na bo

 

 

 

 

 

 

 

 


 

Biografiese Inligting

 

Ek woon in Krugersdorp - 'n voorstad van Johannesburg, suid van Pretoria (sien kaart). Sommige mense noem hierdie deel van die wêreld die "Wilde Weste". Met rede ook, want hier het jy die sout van die aarde (in die beste sin van die woord) as jou bure, kollegas en naaste. Die Wesrand is maar 'n dorpsgebied wat soortvan geforseer is om deel te wees van die stad. Johannesburg het nou so groot geword, jy weet nie waar begin en eindig dit nie.

Maar blykbaar kan mens Johannesburg byvoorbeeld glad nie met Londen vergelyk nie! Ek sal nou nie weet nie.

Ek woon in die seunskoshuis van Town View High School.  Dit is ook 'n moerse uitdaging.  Maar dis lekker goedkoop en ek spaar baie.  Ek kyk daarna om so vroeg as moontlik aan die begin van 2000 vir my 'n huis hier in Krugersdorp te koop.

Na bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Goeie webblaaie

 

Hierdie webwerf het al die Afrikaanse webblaaie wat die moeite werd is om te besoek op een lang lys.

Nie sleg nie.  Baie nuus en "local" dinge oor enige-iets van rekenaars tot inkopies.

As jy besig is om 'n tuisblad te bou vir jouself en jou gesin (meisie, kêrel, troeteldiere ...) is hierdie die plek om te gaan besoek vir gratis dinge.   Besoek ook my gratis animasieblad.

Na bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

Kontak inligting

 

Wees so gaaf en teken my Gasteboek, of lees ten minste die ding om te sien wat ander mense oor my webwerf sê

lourie@iafrica.com

Web adres
http://www.oocities.org/SoHo/Nook/9281/

Na bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Kommentaar en voorstelle

Stuur asseblief vir my 'n boodskap met E-Pos en vertel my wat jy van hierdie blad dink en hoe ek dit kan verbeter.

Na bo

Terug na Lourens se Tuisblad


Kopiereg voorbehou deur Lourie Developments Unlimited.
Laas hersien: March 02, 1999.

home | main page | jokes | cartoons | Afrikaans | e-mail | add to site | poetry | quotations