BHJ VAN RENSBURG

Author: A.M. van Rensburg (b4 c2 d1 e6 f5 g5 h3 i2)
Webmaster: M.A. van Rensburg (b4 c2 d1 e6 f5 g5 h3 i2 j1)

Back to home Back to Historical

 

Afgevaardigdes na die stigtingskonferensie van die Sentrale Volksmonumentekomitee op 4 April 1931 in Bloemfontein.
Sittende (v.l.n.r.) mnr. M.J.C. Roux, mev. M.J.C. Roux. mev. J. Snyman, adv. E.G. Jansen (voorsitter), mev. R.B. Saayman, mnr. I.M. Lombard (sekretaris), mev. H.C. Malan, ds. P. Boshoff en ds. I.J. Viljoen.
Stande (v.l.n.r): mnre: J.M.N. Hershensohnn, A. Schmidt, L.J. Erasmus, D.B. van Rensburg, J.W. du Preez, A.K. Bot, J. Lingefelder, J.J. Scheepers, J.P.C.G. Lombard, R.B. Saayman en J.W. Potgieter. Kol. W.J. Nussey was afwesig toe die foto geneem is

DB an Rensburg 'n lid van die Sentrale Volksmonumentekomitee
Hoewel die Afrikaner reeds vroeër die behoefte gevoel het om ‘n behoorlike monument ter ere van die Voortrekkers op te rig, het hierdie strewe eers sy beslag gekry toe die Sentrale Volksmonumentekomitee (S.V.K.) op 4 April 1931 in Bloemfontein gestig is. Die doel van die S.V.K. was om hom vir die oprigting van ‘n nasionale Voortrekkersgedenkteken vir die Voortrekkereeufees in 1938, asook vir ander goedgekeurde volksmonumente, te beywer. Nadat besluit is dat die Voortrekkermonument by Pretoria sou verrys, het die S.V. K. ook verantwoordelikheid of medeverantwoordelikheid vir die oprigting van drie ander Voortrekkermonumente aanvaar. Die onthulling van die Bloedriviermonument het op 16 Desember 1947 plaasgevind, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria op 16 Desember 1949, die onthulling van die Voortrekkermonument by Pietermaritzburg op 6 April 1962 en die van die Voortrekkermonment by Winburg op 10 Oktober 1968. Daarmee was die grootste taak van die S.V.K. afgehandel en die liggaam,is op 21 November 1968 ontbind. http://www.up.ac.za/asservices/ais/gw/volkhulde.htm

Depot TAB
Type Foto
Ref 31252
Description BHJ van Rensburg - die eerste Direkteur van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein.
Starting 0000
Ending 0000
Remarks Foto in bruikleen van die RGN d.b.v. dr. Ferreira.

 Back to Historical van Rensburg's

Back to home

andre@rensburg.com