... dagbroek van leuce in jansberg ... diaree of leuce in joeburg ...

... ag, goi daar 'n e-pos, man : ordinateur@altavista.com ...
.

[ kliek hier vir eerste dag ]

... Sondag 21 Mei 2000 ...

Sondag sou ek vroegerig opstaan om na die Gereformeerde Kerk te gaan, maar ek het te lank gedraai en kon eers 09:15 hier wegkom. Ek dink toe, ek het gesien hier is 'n bord na die Evangelies Gereformeerde kerk in Westdene... kom ek ry sommer gou-gou soontoe. Min weet ek dat dit al die pad opdraend is, en dat dit in elk geval so verver weg is, dis in Triomf, op 'n heuwel. Janee, hier is baje kerke.

Ek kom toe daar aan, en die Gemeente van Christus se kerk wilwil net begint, maar ek sien toe dat die kerk oorkant die pad, die ene wat ek voor soek, eers 10-uur beginne. Ek ry toe maar rond en so, en gaan na die kerk, maar dit was 'n videopreek. God het seker natuurlik met my gepraat deur daardie medium, maar ek sou nogals 'n preek geniet het. Oppad na die kerk het twee klein hondjies uit hul werf na my toe gehol en geblaf. Ek ry toe aan, maar toe ek later weer verby ry en dit gebjeer weer, toe stop ek en ek maak vriende. Die skotse terrier word gou mak (en hou van om gevryf te worre), maar die ander pavement specialtjie wil nie die vrede vertrou nie.

Daar was seker so 20 mense in die kerk, en dit lyk of hulle heel konservatief-pinkster is, amper soos die Lede in Christus kerk, behalwe hulle sing gesange en psalms. Die klein kindertjies het my vriendelik gegroet (soos ek hulle vriendelik gegroet het), maar die ouer mense was skugter. Een tannie het met my kom gesels oor die aaklige regering wat nou vir hulle uit hul huise wil boender. Sy't blykbaar in Triomf gebly voor dit Triomf was. Misvloere gevryf en in die rivier wasgoed gewas, seker een van die armblankes wat deur die vingers van die destydse opheffingsprogramme geglip het. Maar ek het respek vir ou mense en luister altyd met graagte na hulle stories, al is dit so so so outentiek en verkramp... dis lekker en hulle het 'n wysheid wat nie altyd apparent is nie. Al stem ek met byna niks saam wat hulle seg nie. Ek is seker hulle geniet die oor.

Dit tog huistoe was 5 minute, teenoor die 20 minute heuwel op kerk toe. Die aanddienste sal te laat wees vir my om by te woon, maar dalk kry ek 'n ander kerkie hier naby wat ek in die aand kan gaan bywoon met dapper en stapper wat nie te ver is nie. Ek wil nie he dit moet my enigste aand uit in Jansberg gewees het nie.

Gretha sou my 1-uur optel, maar het via 'n sms laat weet sy sou 'n entjie laat wees. Ons is toe van hier af na Rosebank Mall se vlooimark. Marion het my daar gebel, blykbaar tweekeer, want ek het een oulike voicemail van haar. Ons het oor dit en dat gesels, en reëlings getref oor verskeie sake. By die vlooimark wou Gretha 'n laaikassie koop, maar dit was R500. Daar was ook 'n oulike hammock, vir R300 (Marion sal beslis ene koop). Daar was net 'n Nedbank by die mol.

Toe't Milan vir my gewys waar sit Emmerentia Dam, maar ek was moegerig en sy't my huistoe gebring. Ek het die oggend reeds begint werk aan Rigwell se website vir Mike, en toe ek tuiskom het ek verder gewerk (en tussendeur pasta met sous gevreet). Milan het laat weet, weer via sms, dat sy my 20 voor 6 sou optel vir Aasvogelkop se kerk, maar toe ons daar aankom toe blyk dit dat hulle 'n diens by die Dam gehad het en dus nie 'n aanddiens sou he nie. Ons wou nie te ver ry nie, en ry toe na die Linden NG Kerk, wat 'n baie goeie ding was.

Ijlant sal van Linden NG Kerk hou. Die aanddiens is informeel, en dit is snoesig binne. Die mense is vriendelik, en na die tyd het ons gaan koffie drink saam in die saal. In die erediens vra die dominee somaar vir ons of ons besoekers is, en waarvandaan ons kom. Daar was ander besoekers ook, en twee mense op rolstoele wat nie wou staan toe ons sing nie.

Die twee dominees is blykbaar die infamous Attie van der Colf (wat die eerste Jeugsangbundel eiehandig geskryf het), en 'n Hannes, wat blykbaar vir Zet (op TV) ontwerp en gedoen het, asook 'n program op TV gehad het (religious) van 1983 tot 1996 of so. Ek het ook 'n meisie van MES-aksie geontmoet, sy bly net hier naby my. Hannes se vrou Johanna en nog 'n vrou en nog ene en 'n meisietjie het gesit en gesels en so. Blykbaar het Beelt se redakteur so twee rye agter my in die kerk gesit (hie-hie). Dit lyk my dat Linden NG Kerk 'n goeie plek is om tussen die informeles onder die grootkoppe te wees (TV-mense, professors, dominees, akademiane en so meer). Nie een van hulle kyk Isidingo nie.

Gretha het my toe afgelaai, o, sy't ook die middag my wasgoed geneem en toe die aand teruggebring, en ek het dit op die bed op die kombers uitgestrooi om te voorkom dat dit muf. En toe maak ek die Rigwell site klaar en dit was dit. Nou gaan ek slaap en more moet ek 7-uur ry sodat ek 8-uur by die werk kan wees. 'n Ou tannie by die kerk wat by RAU swot het my vertel dat ek by die eerste robot in Mellville moet links draai om die tweede helfte van die heuwel mis te ry, so ek gaan kyk wat ek kan sien daarso.

[ kliek vir index van weke ]


... Saasdrag 20 Mei 2000 ...

Gretha het toe nie by my uitgekom nie. Ek het besluit om al my korrespondensie, veral die tussen my en Ijlant, op die Net te plaas. Daar is natuurlik 'n paswoord by betrokke. Kliek hier om dit wat al geskryf is, af te laai.

Ek het so 10-uur se kant opgestaan, en toe probeer om vir Ijlant twee briewe te skryf. Die twee fletmense het my egter besoek en mee besig gehou en ammekaar vrae gevra wat my eindelik laat ophou het... soms kan 'n mens net nie werk nie. Daarna het ek die laaste deel van Ace Ventura saam met hulle gekyk, en toe myself verskoon. Ek het die briewe klaar geskryf, die webwerf aangepas, en toe gery op myse fiets na die i-netkafee.

Ek het 'n paar draaie gery in Mellville en na Auckland Park gery om te kyk hoe lank dit sou vat, maar dit neem so 20 minute (waarvan ek nogals moes stap teun die heuwel op). Toe't ek in Mellville rondgery en huise gekyk, en toe verder na die i-netkafee gery en so, maar hulle was al toe gewees. Toe ek by MediaPark uitkom toe blyk dit lat Pa my gebel het op my sel.

By die huis aangekom het ek vir Pa gebel, dit net laat lui vir een of twee keer, want hy't mos gratis minute en ekke het nie. Hy't egter nie geantwoord nie. Milan het my ook nie gebel nie, maar sy't geseg sy't die een of ander photoshoot aan. Later die dag het ek haar wel gebel en sy was toe nog besig, maar sy't geseg sy sal dalk later hier aankom. Sy het ook toe weer gebel en geseg sy sal my kom optel, en ons het 'n warm sjokolade gedrink by The Ant in seventh in Melville. The Ant het 'n attitude. Milan het my gestick. Ek het by die huis corn flakes en sop geeet, en brood ook.

My kaas is gemuf, en al my kos trek miere. Ek het met die deodorant daar gespuit, maar hulle blyk net lekker te ruik en verder te lok. Ek het Age of Empires gespeel op myse rekernaar toe Gretha my bel, maar kort voor Milan hier aangekom het het Ijlant my gebel en ons het 'n paar woorde vir mekaar gefluistertjies. Ek mis haar... sy is so ver weg. Milan sez dat dit ook goed is om geskei te wees want nou leer ons weer onsself afsonderlik ken. Ek gaan more perbeer gaan na die Gereformeerde Kjerk in Melville (genaamd "Johannesburg"). Dalk is dit oulik. In die aand sal ek na die Evangelies-Gereformeerde kerkie hier in Wespark gaan. Dalk moet ek 'n kaart van die omgewing trek soorlat julle kan sien wat sit waar. Later se kant.

Oppad van die Ant af in die kar toe bel Pa vir my, en vertel so'n een en ander oor die lewe daar in die Kaap, maar dit was 'n kort gesprekkie gewees. Ek hoop hy voel goed. Marion het groete van Karen af gestuur. Ek het van Henrien gedroom (sy't 'n boodskap van Marion af vir my gehad, in die droom). Geen wesenlike uitgawes vendag nie.

[ kliek vir vorige dag ]


... Vrysdag 19 Mei 2000 ...

Vendag het ek vroegvroeg opgestaan soorlat ek dokter toe kon gaan. Gretha het vir my gister gehelp om 'n afspraak te maak by ene Dirk van der Hoydonck, 'n belg wat hier woon. Ek het met myse fiets gery, en moes lekker warm aantrek. Die toggie na die spreekkamer het net 10 minute geduur, en ek sit toe daar met 20 minute se niksdoen... nouja, dan fiets 'n mens mos maar verder.

Ek het 'n paar strate gaan verken, o.a. gaan kyk waar sit die Internetkafee wat ons die vorige dag gesien het. Ek kom om 'n draai en ek sien hier sit 'n koppietjie met 'n kruis of 'n ding op, met 'n betongpaaitjie wat soontoe loop. Ek stop toe my fiets en gaan loer wat dit was -- dis die een of ander gedenknaald vir die ossewatrek van 1938, 'n ossewa genaamd Johanna van der Merwe of so iets, wat daar in ontvangs geneem is deur die een of ander ou siel van die dorp wat die mense seker maar met die groot trek geassosieer het.

Die afspraak het 'n halfuur geduur, en ek moes al myse klere uittrek... kinky. Hy is baje vriendelik en als, en ek moes R112 petaal vir die ding. Ek sal dan weer die geld by die werk terugkry. Daarna loop ek toe sommer in by die Northcliff Corner (dink ek) shopping mol en kyk vir al die winkels. Daar is 'n duitserige kafeetjie, en 'n nedbank (waar ek gaan inligting kry het oor rekeninge en so aan), en 'n Friendly Grocer, waar ek 'n dagoue brood vir R2 gekoop het.

Die Friendly Grocer het ook 'n videoplek ('n bietjie duur) en 'n i-net cafe met 5 rekenaars. Die i-netkafee kos R15 per halfuur (dis heel standaard), maar 'n mens mag nie jou eie stiffies daar gebruik nie, en dis tos. Daarna het ek by die Linden i-netkafee gaan e-pos doen.

Die Linden ene is vriendelik en is ingerig in die agterkamer van 'n elektronikawinkel. Ek vermoed dit is maar een van 'n spul dinge wat hulle daar aanbied. Daar is 10 rekenaars met oulike stoele en tafels. Die muis het 'n bietjie vasgesit, en Gretha seg dat die webaccess soms 'n bietjie stadig kan wees, maar my 1.7 mb e-pos het heel vinnig afgelaai. Ek kon my eie account configure op hulle rekenaar, en selfs die mail in 'n zipfile sit... hulle laat jou sommer toe om dit te doen as jy weet hoe... nie so opstêrs soos sommige ander cafe's wat jou alles dophou nie.

Na dit is ek huis toe, om my e-pos te lees, en om te reply... en dit het my gevat tot so ommenby 4uur die middag. Ek had nie genoeg tyd om dit weer te gaan pos nie... Sharon (haar van is Stafford) en Mariaan (haar van is Neethling) het my sommer gelift, en toe beim video winkel 5 videos op 'n special uitgeneem (R25 vir 5 videos vir 7 dae). Ek het maar R5 bygedra, want ek sal mos ook kyk (daar is 5 van ons in die "huis"). Ek het R10 petaal vir die i-netkafee.

Ek sit nou en maak my kossies (pasta en sous, die ou manier, nie die heel ou manier nie). Dit gaan maar sloeg om spontaan te wees hierso... nouja. Gretha gaan dalkdalk later vannaand vir my kom optel. O, sy het die middag ook kom kuier, want sy't geseg sy sal dalk kom inloer. Sy't, nes die vorige keer, bloot voor my deur gestop, my sel eenkeer laat lui, en toe sien ek sy staan voor die deur. Dit het hard gereen, en ons kanoe en stap by die meer moes wag. Sy't haar yskassie gevat. Ons het koffie gedrink en so aan. My ontbyt was nonamebrand corn flakes en koffie, asook natuurlik die gewone 1 pil geronsan-c, 2 pille flutin, 2 lepels flemlite, 1 vitamienpil, en lekker randse water.

Uitgawes:
Yesterday's brood ... 2.00
I-netkafee, 1/2 uur ... 10.00
Dokter besoek ... 112.00
Videobydrae ... 5.00
TOTAAL: 129.00

Nouja, ek het ook by die I-net kafee vir my 'n geocities-adres gekry van "dagbroek", want "beelt" (my eerste keuse) was reeds geneem. Dit was interessant om sommige van die doene en lates van die e-poslyste wat ek aan behoort, te lees. Ek het ook twee briewe van Ijlant gekry... en ek hoor haar stem wanneer ek dit lees, want sy skryf soos 'n verafrikaanste neerlander. Sy vra natuurlik 'n horde vrae... agja.

Ek het nie 'n broodmes nie, ook nie wondergom om Ijlant se pics op te plak nie, en ook nie 'n kallander om die macaroni mee te filter nie. Ek sny maar die brood met 'n vrugtemessie (dit werk). Ek het nounet ook skorrelgoed gewas. Vanoggend het ek die eerste keer die asblik leeggemaak en 'n nuwe sakkie ingesit. Met die dat die yskas weg is is daar meer plek in my "gang".

Ek moet gedurig vee. Ek sal anderdag vertel oor my flet. Ek moet my kos nou opeet en die huismense gaan vergas wyl hulle video kyk. Hulle is nice mense, maar dit sukkel want ek is 'n diep mens en hulle is vinnige mense. Kultuurskok.

[ kliek vir vorige dag ]


... Donsderdag 18 Mei 2000 ...

Donderdag, laat ek sien of ek kan onthou. Oja, Gretha en ek het gedink ek moet met my fiets vroeg die oggend 'n afspraak gaan maak by die dokter, en daarna die res doen, maar ek het laat geslaap en was doenig, en toe sy 10:00 hier aankom is ek nog hier. O, kort voor sy hier aankom het ek op my fiets gaan rondry in Montgomery Park (waar ek bly). Mariaan het uitgekom en met die honde gespeel. Toe ek by die huis aankom toe stop Gretha ook toe sommer.

Ek en Gretha het toe sommer onmiddellik gery na die dokter sodat ek 'n afspraak kan maak. Hulle het geseg dat ek self sal moet betaal, en dat my werk later die geld vir my sal moet teruggee. Die ondersoek is R105 rand, maar daar is extras soos urinetoetse (om te kyk of ek reg piepie). Na die dokter is ons toe na Cresta sodat ek 'n paar dinge kon uitvind. Ek moes 'n badskamerding koop, asook pampiere en penne, asook moes ek uitvind oor banke en telkom en versekering en i-netkafees.

Gretha en ek loop toe daar rond en parkeer en als, en ek koop 'n dingetjie vir in die stort om myse seep in te sit (hy hang so om die stortkop se nek, maar die seep word ook nat). Sy gaan wys vir my waar 'n i-netkafee heel bo sit in 'n soort copyshop. Hulle tjaarts R10 vir die eerste halfuur tot 'n uur (ek herhaal maar net wat die knaap daar vir my tweekeer herhaal het toe ek "wat?" seg), en dan petaal jy ook vir die foonkoste as jy op die net gaan. So as ek my e-posse aflyn tik en dan versend kan dit my goedkoop uitwerk.

Ons het ook gaan koffie drink en scone en muffen en dit was eintlik snaaks want die extra kaas vir die muffen het net soveul soos die koffie gekos. Gretha het die een refill gedrink. Die waitress het heel geweet wat sy doen. Iets soos "Domenique's Place" of so iets. Ek het ook by 'n bank of twee gevra vir dit en dat.

Gretha het 'n pel wat saam met haar op diensjaar was gesien, maar ek onthou nie sy naam nie. Hy het heel snazzy gelyk, en ek het gedink hy is seker een van haar stagevriende, tot sy my vertel wie hy eentlik is. Daarna is ons na haar flet waar ons Hardcastle en McCormac gekyk het (ook Ricky Lake wat praat oor swart mense wat wit kinders aanneem), en koffie gedrink het, en dan sou sy na 'n pel van haar gaan in Brooklyn of so iets. Sy het 'n tweedehandse spaan in die Junkmail (dis nou Jansberg se Cape Ads) gesien, en wou die ding gaan besigtig. Dis 'n fibreglass ding effek, baie lig maar heel duur. Dit was in Fourways wat ons dit moes gaan haal het.

Oppad bank toe (want sy benodig geld toe) tel ons twee bediendes op en ry hulle af na die taxirenk (by Cresta sentrum). Die plek in Fourways het hul eie woongebuurt afgepen en afgekordon, en daar is 'n wag met 'n boem en 'n uniform en 'n badge wat jou naam vra en wie jy besoek. Dit was 'n skoolseun wat kanoes regmaak of so iets.

Gretha het by die pel gehoor dat dit makliker sou wees om nie by die mol te ontmoet nie (die mol sit in Petoria). Toe ry ons na hulle plot net buite Hartebeespoort. Dis 'n stil pad, met baje heuwels en dinge. By die plot het ons 'n paar mense ontmoet wat Gretha geken het toe sy daar gebly het. Hulle is glo christenmense en sulkes. Sy't in 'n wendyhuis gebly. Ek het Reboot daar gekyk, en 'n boekie gelees. Kort voor ek koffie gekry het het Ijlant gebel van haar werk af en 'n een 'n ander gevra oor hoe sy met haar CV moet doen... want hulle kwalifikasies is heel anders as ons s'n. Dit was welwel leuk om haar stem te hoor en met haar te praat. Ek mis haar.

Na die plotding is ons weer huis toe, en ons was te laat vir Isidingo, en Gretha het my afgelaai by die huis, en 'n ietsie gedrink (dink ek, kannie onthou nie), en nie haar yskas gevat soos sy gedink het nie. Dit was vroeg (19:00 se kant), en ek het hierdie webwerf geskryf, en toe gaan slaap om 12:15. Ek het ook aan Duin gelees. Wat ek geeet het daardie dag was corn flakes in die oggend, 'n halwe geronsan-c en scones en ek dink ek het ook sop of pasta gemaak... kannie onthou nie. O, ek het die stortdingetjie vasgemaak in die stort... weet jy, nou onthou ek... ek het ertappel in die mikrogolf gemaak en toe geskil en gemash en gebotter en gesout, en ook tweeminuutnoedels gemaak daarby saam. Dis wat.

Uitgawes:
Stortdingetjie ... 17.00
Boeke en penne en so ... 3.40 en 5.90
Scones en koffie ... 11.00
Flemlite medisyne ... 18.25
Biblioteekgelde ... 30.00
TOTAAL: 85.50

Weet jy, noulat ek na myse uitgaweslippies kyk, nou sien ek ook dat dit die dag was wat Gretha vir my die i-netkafee gaan wys het (ek het ingegaan en gaan loer), asook by die bib laat aansluit het (ek moes R30 opdok, maar hulle vra nie my ID nie), en ek kan my kaartjie dinsdag kry, en ek het perbeer uitvind waar kan ek uitvind oor busse in jansberg... maar almal dink aan "coaches" as ek seg "busse". Demmit, mense... ek wil nie Durbs toe ry nie, net Auckland Park toe. Ek het ook 'n slymopdroger by 'n apoteek gekoop. Marion, moenie hier jou afferkaans perbeer leer reg skryf nie, hoor.

[ kliek vir vorige dag ]


... Woendsdag 17 Mei 2000 ...

Sjoe... woendsdag is selfs nog verder die verlede in (ek skryf hierdie op vrydag). Woendsdag was die laaste dag wat Pa hier was. Gretha dink hy was baie hartseer en dit was vir hom meulik om my agter te laat, maar dit was dit. Hy het hier aangekom heel laat die oggend, toe ek hom verwag het, want hy het vasgedraai by die mense by wie hy oorgebly het in Venderbaailpark. Hy het my gehelp om my boekrakkies op te sit en om my lessenaar op te sit (en dit was moeilik en so aan), en daarna het ek en hy gaan ry op soek na essentials.

Ons was opsoek na essentials vir myse flet, plus dinge wat hy moes regmaak. My voorste gordynhangding was foutief vasgemaak, en ons wou nog goete koop om daar op te sit. Ek het Mariaan se toestemming gekry om te boor en als. Die idee was toe dat ons vinnig P&P toe ry om dit te koop, en dan terug te kom, dit gou reg te maak, en dan kon hy nog vroeg huis toe ry. Die P&P het egter nie gehad wat ons gesoek het nie, maar ons het darem 'n koppie gratis proefkoffie by 'n tannie met 'n stalletjie gedrink, en vinnig vriendelik gewees. Ek het 'n voucher by 'n selfoonwinkel gekoop, en uitgevra na hoeveel 'n battery vir die sel sou kos. Die voucher was R55 vir 20 minute praattyd, en die extra battery ('n dik ene) was R149 (nie gekoop nie).

Toe is ons weg na Cresta sentrum, wat 'n kragonderbreking had en helfte van die winkels sonder ligte was. Ons moes ver stap tot by Game, waar ons allerlei dinge gekoop het, maar Pa het petaal, so ek weet nie wat die skade is nie. Wat gekoop, wel, 'n kombuisdrommetjie, 'n ketel wat self afsit, 'n strykplank, extra sakke vir die drommetjie, goete vir my pa (soos spykers), 'n kombuissker, 'n besem, en dan ook natuurlik die gordynding. Ook 'n opwasbak en 'n emmer.

Daarna is ek na die Checkers toe om Ijlant se lysie te perbeer koop (wat sy vir my geskryf het van die essensials wat in 'n huis moet wees), maar die plek was vreemd en donker, en ek het vir Pa geseg dis nutteloos. Ons is toe huis toe (die lift was ook gebreek, en ek moes ompad stap). 'n Parkeringsassistent het my gevra waarheen ek sy waentjie neem (asof ek dit steel), en ek was bang hy wou geld he omdat hy so soet saam met my stap, maar by die kar het hy die waentjie gevat en geloop sonder om strategies te wag vir 'n fooitjie. Dalk werk hy vir Game.

By die flet aangekom het ek die nuwe goete geïnstalleer, en Gretha het hier aangekom, en Pa het die eerste voorskot op die flet petaal (ek skuld hom dit dus). Dit was 'n maand se deposito plus pro rata die eerste maand se verblyf. Ek petaal R700 per maand, wat heel goed klink vir 'n kapenaar maar eentlik heel normaal is vir 'n jansberger. Gretha het geseg sy sal my neem om al myse ander inkopies te doen, en ons het dit toe by die P&P in DF Malanstraat gedoen. My uitgawes toe was R193, hoewel ek gedink het dit sou meer wees... en Gretha het aangebied om te help petaal as ek nie genoeg had nie. My tjek het op daardie stadium nog nie gekleer nie.

Ek is lief vir my Pa en my Ma. Hulle help mooi. Pa het in sy kar geklim en ek het in Milan s'n geklim en ons het gery en ons het hom nog by die robot gesien en toe nie meer nie. Dit was die laaste sien van hom. Ons het na P&P gegaan, maar ek weet nie wat ons daarna gedoen het nie. Een of ander tyd het ek my kos alleen in my kombuis uitgepak en die plek skoongemaak en so aan. Ek het ook finaal my goete uitgepak. O, ek onthou ek het my rekenaar opgestel na P&P se dinge, so Milan moes seker 'n koffietjie by my gedrink het.

Hoe is dit nou met my... duh... Gretha het my weer so 20:00 se kant opgetel, en ons is seventh straat in Melville toe. Daar was 'n koffieplek genaamd Mixers Koffiehuis, en daar het 'n ou gesing in Afrikaans en allerlei ander ou liedjies ook. Daar het Gretha 'n Kaluha gehad en ek het 'n OBS-koffie gehad, met suiker... heel lekker. Sy het gepraat en ek het lekker gesels, en dit was lekker. Daarna, nouja, is ek huis toe. Wat ek geeet het weet ek nie.

Uitgawes:
OBS-koffie ... 10.00
Voucher ... 55.00
P&P essentials ... 193.00
TOTAAL: 258.00

[ kliek vir vorige dag ]


... Dinnesdag 16 Mei 2000 ...

Hier kom ons nou by die prehistorie uit (ek skryf nogsteeds vrydag). Drie-uur die oggend het ek en Pa die kar gevat wat ons gepak het, en gery. Ek het notas gemaak van wanneer ons waar aangekom het, en so aan, maar ek gaan nie veul seg oor die rit nie. Ons het nie geweet wat ons gaan doen en waar ons gaan oorbly nie, maar op die ou end kon ons 18:00 in Jansberg aankom en afpak. Pa was moeg aan die begin, en ek het 'n paar keer bestuur en so aan, maar ek het ook baje geslaap. Ek het nie veel gelees nie, en soms het die radio nie gewerk nie.

Ons het 'n rukkie gesoeksoek na die flet, hoewel ons dit maklik gekry het. Eers het ons na Gretha se flet gegaan, by die besoekersplek geparkeer, en vir haar gaan helloseg. Sy was bly om ons te sien, en ons het 'n koffie daar gedrink. Ons was egter haastig om af te pak, en het toe gery na die flet in Mont G Park. Daar was twee mense, Martin en Sharon, wat ons help afpak het, en ek het daardie nag op my eie metras op die nuwe bed geslaap. Dit was quite 'n afpak, en ek dink ek en Pappa het 'n ietsie gedrink, maar toe het hy na sy slaapplek gery en ek het geaklimatiseer.

Ek is verwelkom in die groot huis en het 'n rukkie saam met die twee fletbewoners gebly, maar ek het toe maar gaan slaap. Dit was 'n musieklose aand, want myse rekenaar was nog af. Ek het daardie aand sommige dinge al begint regmaak, soos die vensters wat nie kon toegaan nie, en die gordyne wat ek kon ophang.

Nou, hier sal ek moet vertelle van die kar en van alles. Ek sal ook moet vertel van hoe die flet daar uitsien. Die bakkie is 'n leenpersent van Ijlant se pa, en ons het alles daar kon inlaai, insluitend 'n fiets, 'n metras, 'n boekrak, 'n lessenaar, 'n yskassie, en verskeie plestiekbokse en tasse. Daar is 'n seil oorgespan om die reent te keer, maar daar was nie reent nie. Dit was 'n dieselbakkie, en hy't so 10 km op 'n liter gedoen, teen 'n konstante opdraend en afdraend 120 km/h.

Die flet is die ou garage van die huis. As sulks is dit reg voor die karingang, en het geen juiste stoep nie, maar daar is nou 'n blomtuintjie vooraan aangeleg. As 'n mens van voor af kyk, is daar 'n deur links en 'n venster regs. Beide die venster en die deur is van blokkiestralieglas gemaak, en die deur het 'n trelidor aan die binnekant. Die deur maak na buite oop, na die venter toe. Die trelidor maak ook na die venster toe oop. Voor die venster is 'n properlieste diefwering. Binnekant, wel, daar is nog twee vensters. Die een groep is links van die deur, hoog bo teun die dak se kant, van matglas, en aan die buitekant gediefwering. Bokant die badskamer is daar ook venstertjies, twee wat kan oopmaak, met diefwering aan die binnekant, en ook vir die hele groep aan die buitekant. Ook daardie venstertjies sit hoog, en ek kan nie daar uitsien nie. Maar dit is dan ook privaat so. Die badskamer het nie 'n dak nie, en sy mure is deurhoogte.

Kom ek gee julle gou twee kaarte van die huis. Die eerste ene is 'n watsenaamse aansig, en die tweede ene wys waar myse meubels is. As jy Internet Explorer 4.00 het, shift-kliek hier en hier om dit af te laai as gifs (IE4a kan blykbaar nie PNG's lees nie, so hoor ek).

huisplan met drie aansigte

By die badskamer is daar 'n opvoudeur, met sy knop aan die toilet se kant. Bokant die toilet is daar 'n kassie met 'n spieel, en bokant die wasbak is daar ook 'n spieel. Die stort se gat sit in die hoek naaste aan die wasbak, en hy het 'n gordyn aan plestiekhakies. Die hele vloer is ligbruin terracotta teels. Die mure is ligbeige en rof afgewerk. Daar is vier ligte, en die ligskakelaar sit by die voordeur. Die eerste lig is 'n buitelig. Die tweede lig is 'n gewone gloeilamp met 'n grasweefkap wat direk bokant die spasie tussen die bed en die lessenaar afhang na onder. Die derde lig is 'n gewone gloeilamp lig met 'n glasdop, wat teenoor die lessenaar bokant my bed gemonteer is. Die vierde lig is drie halogeen gloeilampe by die kombuis wat die kombuis en die badskamer verlig.

huisplan met meubels

Daar is 'n gordynreling van muur tot muur by die voordeur, asook bokant al die ander vensters. Ek het die beige gordyne opgehang voor by die voordeur, en die swart gordyne het ek by die vensters bokant my lessenaar opgehang (nou bedek dit die groot stuk muur, en hou op kort bokant my lessenaar). Langs my lessenaar is 'n hangkas, en die hangkas het hangplek aan beide kante, en aan die een kant is daar ook twee rakke. Ek het my tasse bo-op die hangkas gesit, en my lee bokse bo-op die tasse. Langs die hangkas is die plestiekbokse opgestapel. Die mikrogolf en die stoofoond (Mariaan s'n) staan op die kombuiskaste. Reg teenoor die voordeur aan die teenoorgestelde muur is daar drie rye teels bokant die kombuiskaste en die opwasbak.

Die kombuiskaste is as volg: onder die wasbak is drie deure en twee rakke. In die hoek is 'n enkele deur met twee rakke. Die ander stuk het ook drie deure met twee rakke, asook drie laaie. Bokant hulle is boonste kassies, drie deure en twee rakke. My ketel staan langs die plestiekbokse. My rekenaar staan tussen die hangkas en die lessenaar. Ek sit tans op 'n diep stoel wat nie werklik goed is vir rekenaartik nie. Ek het matte geleg voor die voordeur, en onder die bed. Dis omtrent the works, mense.

[ kliek vir vorige dag ]


... Maendag 15 Mei 2000 ...

Maandag is die dag waarop ons sou gery het, maar toe het ons besluit om dalk eers die middag te ry, en toe eindelik besluit ons om 3-uur die volgende oggend te ry. Ek het die sondagaand by Ijlant geslaap, en het maandagoggend vroeg huistoe gekom (as ek reg onthou). Ons had doktersafsprake in die middag, maar daar was inkopies en dinge. Ijlant het die middag laat na my toe gekom en tot middernag by my geslaap. Die hele dag het ek en Pa probeer om die bakkie so te pak dat ons nie die waentjie nodig sou he nie. Ja, en Ma en Pa het maar perbeer om vir my dit en dat te koop, byvoorbeeld R230 se medisyne (my ma het 'n klomp goed in haar kop gehad en dis blykbaar 'n goeie deursnee van wat ek in 'n jaar sou nodig kry). Ons het die boekrak opgesaag, en die lessenaar uitmekaar gehaal.

Toe my kamer heeltemal leeg was, en net die rekenaar daar was, het ek nog gesurf op die 'Net. Ma het 'n foto daarvan geneem, want sy't gedink dis oulik. John het ook gelag toe hy my sien. Ek het 'n voicemail van Marita gekry, en ek is jammer ek het haar gemis want die oproep het gekom toe ek net vir 'n paar sekondes die foon laat le het.

Almal het gevra of ek opgewonde is, maar ek weet nie... dit het nie op daardie stadium 'n groot impak op my gehad nie. Ek mis vir Marion.

[ kliek vir vorige dag ]


.
(c) Samuel Murray, 2000
ordinateur@altavista.com, leuce@oocities.com
http://www.oocities.org/dagbroek/week1.html
laas bygewerk 00-05-21