... dagbroek van leuce in jansberg ... diaree of leuce in joeburg ...

... ag, goi daar 'n e-pos, man : ordinateur@altavista.com ...
.
|
|
|
[ kliek hier vir eerste dag ]
... Sondag 28 Mei 2000 ...
Sondag het ek vroegerig moes opstaan want ek moes kerk toe. Kort voor kerk begint is ek uit die vere en het my reggemaak en is vort, en het petyds (lank petyds) by die kerk aangekom. Daar't'k my perd aan 'n boom vasgemaak, hoewel Hannes se vrou geseg het ek kon dit netsowel in die dominee se erf gesit het. Daar is egter ook 'n wag wat rondloop daar.
Die kerk was nie so erg vol nie, en ds Hannes was die prediker. Hy't gepreek oor Petrus en Johannes en Jesus en die 139 visse wat op die strand le en versmoor het terwyl Jesus gevra het "Het jy my lief?". 'n Tannie neffens my het my gegroet en my naam gevra en so voorts toe die kollekte opgeneem word. Haar naam is Ans, en haar man is die voorsitter van die Omgeegroep (wat nou die kerk se naam is vir hul Kommissie vir Getuienis na Binne).
Daarna was daar tee by die saal, en ek het met 'n paar mense van die sel gesels, asook die ou tannie raustudent (of ek vermoed sy is 'n student... sy kan ook 'n professor van die een of ander aard wees). 'n Ou van ons sel is ook 'n professor in optometrie, maar ek het nou weer sy naam vergeet. Dis toe ek naby sy vrou staan dat ek die fyn plooitjies opmerk, maar beide hulle dra hul ouderdom heel goed (ek het eentlik gedink sy's nog hierdie kant van 30). Na die tee het ds Hannes vir 'n paar van ons uitgenooi vir vejaardagkoek by sy huis (ek vermoed dis sy vejaarsdag). Hulle het 'n enorme pastorie met groot kamers en 'n houtvloer, en 'n hond en 'n grys kat wat baie intelligent is. Daar was koffie en appelkoek en 'n soort sjokoladekoek met 'n onmenslik dik versiersuiker bo-op (kan dalk marsipyn gewees het). Daarna is ek huis toe.
Later die middag is ek toe P&P toe, ook net petyds, en het inkopies gedoen. Ek het oor 'n nat vloer geloop tot ergernis van die meide wat dit met koue water gemop het... wanneer leer suid-afrikaners? 'n Mens gebruik kookwater op 'n vloer, duh. Hulle het egter 'n sin vir humor betoon.
Die oggend by die kerk is ek vertel dat ek moet oppas op my fiets... hulle word ook gehijack. 'n Kar kom stop sommer hier langs jou en dan moet jy maar jou fiets oorhandig. Nouja, dalk moet ek 'n geweer aanskaf. Een van die sel se ouens het 'n ondervinding met 'n buurman gehad wat so op mense begint skiet het wat in sy jaart ingekom het... 20 skote en nie een het getref nie.
Dalk moet ek my fiets verseker teen roof en so aan... maar 'n nuwe fiets kos maar net R1000... sal versekering nie ongelooflik duur wees nie? Ek het so'n aantal aande gelede my klere gestryk, maar Gretha kan nie venaand my klere vat vir 'n was nie. Die kerk het nie 'n aanddiens gehad nie, maar die vier gemeintes het na Aasvoolkop gegaan vir 'n C-kruis vertoning. Die gemeentes is Linden, Linden-suid (of is dit oos, of wes?), Greymont, en Aasvoolkop. Ek het by die dominee en nog twee gesinne van die sel gesit, en ons het gekyk na 'n vertoning van gekabaal, dansery, vlermuise en lovedovey. Heel oulik, en ek is verbaas dat die jansbergers nie uitgestap het nie. Die jongmense van Jansberg is egter gevrek, dit moet ek seg. Hulle het wel 'n grein team spirit, maar hulle weet werklik nie hoe om 'n goeie tyd te he nie, nee wragtig. Ek is verbaas dat hulle nie dasse en krimpelienrokke dra nie.
O, skalk en milan het my kom optel en weggebring... hulle het by hul pelle gesit met die vertoning. Nou sit ek maar weer hier voor my rekernaar. Ek het mjelkkos gemaak, maar ek dink die pot gaan suur word as ek more werk toe gaan. Ek sal seker ook my Fry's patties moet gou opeet, anders word dit laf. Of dalk moet ek dit in 'n emmer koue water stoor.
UITGAWES:
Doom vir die miere... 10,89
Ertappelskiller ... 8,19
Vier batterytjies vir die fietsliggies ... 29,99 (shit, hier kom ek nou eers agter hoe duur dit was... op die rak het gestaan 14,99).
Corn Flakes ... 8,79
Kitssop ... 3,79
Een soort melk ... 3,55
Nog 'n soort melk ... 3,69
'n Verdere soort melk ... 3,69
Burger patties ... 11,99
'n Homp kaas ... 8,52
Kaneel ... 5,45
1 kilo wit suiker ... 4,49
Grondboonbotter ... 4,89 (o shit, ek dog dis iets soos 2,99... die rakke hier in gauteng lieg daremmaar).
TOTAAL: 107,92
Nou gaan ek slaap, en more gaan ek werk toe. Gretha het aangebied om my te kom haal, maar sy begint 7-uur te werk, en dis te vroeg vir my gebeentes.
[ kliek vir index van weke ]
... Saterdag 27 Mei 2000 ...
Saterdag het ek laterig opgestaan, op my rekenaar rondgeneuk, my huis uitgevee en skottelgoed gewas en so aan, en 'n bietjie skoongemaak. Ek't pasta gemaak maar ek was te moeg om te op te eet. Die eerste helfte was lekker, though. Ek het ook al Marion se briewe gelees wat sy gekry het van mense af. Ek het ook gestryk.
Ek het vir Milan gebel, maar sy was in 'n onderhoud. Sy't my toe teruggebel, en geseg lat ek en sy sondagaand weer na die kerk toe kan gaan. Ek gaan in elkgeval die oggend soontoe. Sjoe, ek is nou moeg... ek gaan 'n uurtjie slaap.
Ek het ook gekyk na Riaan se Opera, die beta 5 is uit.
Ek het lank by die huis gebly en nie gaan inkopies doen terwyl ek kon nie, en toe ek wegry was dit al laatmiddag. Ek het by Cresta aangekom, maar die ouk by Game wou he ek moes my sak ingee... vroue mag egter hul sakke by hulle hou. Wel f*k hom, dink ek, en ek stap sommer deur die hele sentrum vir die lekker, en kyk vir al die jongmense. Woolies daar het nie handskoene nie. Cape Union Mart het wel, maar dis alles sulke dik goete wat lyk of dit gemaak is vir die arkte. Snaaks dat in 'n land soos Suid-Afrika jy net handskoene kan kry vir vriesweer, maar in Edinburg stap almal rond met simpel gebreide goetertjies terwyl dit sneeu. Ek petaal ook nie R70 vir 'n paar fleecehandskoene nie, dankie.
Ek het gaan loer hoe laat maak die Checkers toe op 'n sondag... hulle is van 9-uur tot 15-uur oop, en ek het gaan loer hoe wanneer is die P&P oop, en hulle is oop van 9-uur tot 14-uur. Ek is toe weer huis toe en het verder aan Opera se goete gelees en dit nagesien, en toe is ek bed toe en het Duin vir 'n wyle gelees en toe gaan slaap ek. O, ek was ook by die Friendly Grocer om die nodigste te koop, want hulle bly op 'n Saterdag oop tot 19-uur. Ek het brood, macaroni en melk gekoop.
UITGAWES:
1 liter melk ... 3,89
Macaroni 500g ... 3,19
Wit brood ... R3,00
TOTAAL: R10,08
[ kliek vir vorige dag ]
... Vrydag 26 Mei 2000 ...
Vrydagoggend was dalk nie so koud soos donderdag nie... want ek kon nie my asem sien terwyl ek uitblaas nie. Die donderdag het ek perbeer om met 'n sypaatjie te ry om die treffiek te mis, maar ek het weer net so gesukkel om weer in die treffiek in te kom waar die paaitjie ophou. Vrydag het ek weer gewone pad gery. Daar is een plek waar ek sukkel om reguit aan te ry as ek in die afdraaibaan is, net onder Mellvillekoppie, want daar het die afdraaikarre altyd 'n groen lig.
Die werk was heel fyn. Die twee meisies, Thea en Margot, het saam gaan lunch, en ek en Chris het toe later ook gaan lunch, waar Tiaan (wat nou nie meer by vertaling werk nie maar by verteenwoordigers) en nog twee meisies vir ons gesit en wag het (Poenie en Esta, dink ek). Poenie is so'n ouerige tannetjie en Esta is 'n jonger vrou wat maar stilerig op kantoor is (en 'n mens so aanstaaaaaar). Ek het by die kafeteria toe maar lasanje geeet met tjips en groente, en koffie gehad. Chris het weereens vir die koffie petaal (R2,00 se kant), maar ek het vir die ete petaal (R7,70). Ek het ook weereens koekies gekoop, R5,00 s'n. Die afgelope dag of twee het ek ook sop by my gehad sodat ek dit kon warmmaak en in die kentoor eet.
Margot het vendag 'n ding gehad wat ons oumas en oupas se mas en pas geken het, so'n soort stofie met 'n kersie onderaan wat die tee warm hou. Die neerlandsers gebruik dit nog, dink ek. Sy het vir my kersietee aangebied, maar ek het meer van die koffie gehou. Ek en Chris het ook, toe ek laat die dag na werk sit en e-posse stuur, saam koffie gedrink. Tiaan het later daar aangekom en met my gepraat oor my woordelyste -- hy't die goed blykbaar die vorige jaar gebruik in 'n tesis of 'n ding. Hy't gevra of ek nog lyste het, en ek het ja geseg en dit op die net gaan soek. Ek moet by Tintin uitvind of hy vir my die lyste kan stuur van die Taalpraktykers gemaak het, sodat dit op die Net kan kom.
UITGAWES:
Ete ... R7,70
Koekies ... R5,00
TOTAAL: R12,70
Ek het in die donker huis toe gery, en het besluit om langs die pad te ry op die voetpaadjie... wat nogals gewerk het, behalwe dat dit soms donker wat met al die skaduwees om te sien of ek in 'n gat ry of nie nie. Tot laat die aand het ek deur Ijlant se troufiles gegaan om te sien wat ek daarvan kan seg.
[ kliek vir vorige dag ]
... Donderdag 25 Mei 2000 ...
Vendag by die werk kom die IT tannie en gee my 'n e-posadres, smurray@beeld.com, maar moenie soontoe skryf nie, skryf na my yebonetadres toe. Ek export toe die boodskappe na Exchange toe (want dis wat hulle gebruik), maar ek kon dit nog steeds nie stuur nie (die program tel blykbaar op dat die drafts deur iemand anders geskryf is en wil dit dus nie stuur nie omdat ek nie toestemming van daardie "ander persoon" het nie). Toe moes ek maar al die boodskappies copy en paste na nuwe goete toe en toe stuur hy dit... maar dit kom nergens uit nie. As ek 'n toetsboodskap van elders stuur dan kom dit nie eens by my aan nie. So ek stuur maar ek weet nie waar die mail heengaan nie. En ek kan nie by smurray@beeld receive nie. So op die oomblik receive ek met OExpress via yebonet, en die boodskappies waarop ek wil reply export ek na Exchange toe (elke keer die hele rigmaroll), en dan perbeer ek reply... en die mail verlaat my outbox, en daar kom geen errorboodskappies na my toe nie, so ek weet nie waar die mail heen gaan nie. Ek sal maar more vir hulle vra wat gaan vir wat. So ek moet nou maar send met usa.net (en dis so stadig). Die internet by die werk is stadig, en die rekenaar is ook stadig. Baiekeer moet ek refresh omdat hy vir my seg "host not found", maar dan met die volgende of volgende perbeerslag dan kom hy deur. Ek't CuteFTP gedown, maar ek kan nie FTP nie, so ek moet my goete via geocities se wizard upload. ICQ lyk darem of dit werk. Netscape vat net so lank om te down, en ongelukkig het hulle mos nou hulle "SmartDownload" wat dit nog langer maak om te download. Ek gaan nou maar venaand mails skryf vir Ijland en so aan op notepad, en dit dan more versend. Ek het ook Ijlant se mails gesave sodat ek kan lees wat mense vir haar skryf (ek ken haar paswoord).
Ek sal vir myse fiets se liggies batterye moet kry, maar dit kos R10 vir tweetjies, en dit is tans te duur vir my. Nouja, ek sal seker maar moet. Vendag het 'n reenbui uitgesak so ommenby 15-uur se kant. Ijlant het my op my sel in die oggend gebel by die huis en gevra of sy my by die werk kan bel oor die trourok, want sy't gedink ek het afgehaal geklink toe sy my vertel van die rok. Sy't my gebel maar ek kon haar nie so goed hoor nie, toe gaan ek maar toilet toe en praat met haar daar. Ek't haar meegedeel dat ek heel fyn en opgewonde is oor die rok, behalwe oor die prys van R1000 (wat darem goedkoper is as R3000 as 'n mens ene huur, of R7000 as 'n mens ene laat maak).
Kantoorpolitiek begint nou sy kop uitsteek, en ek begint agter te kom wie se loyaliteite leg waar... so werk dit mos maar. Ek is ook maar 'n tweegatjakhals, en so sal dit bly. Ek is immers 'n lid van SAVI al leg my simpatie by diegene wat buite SAVI is. Dis net voordelig om 'n vinger in elke paai te he. Daar is glo 'n taalpraktisynsforum in jansberg, maar Thea hou nie van hulle nie, om persoonlike (blykbaar) redes, sowel as konkrete (flou?) redes. Ek sal gaan loer wat is wat, want enige so'n ding is goed. Trouends, ek sou as ek die hulpbronne gehad het self so iets aangepak het. My flutinpille is op gister. Ek het nog nie weer van Milan gehoor nie. Ijlant moet maar vir my 'n kaalfotopolariodsnapshot stuur - ek begint al vergeet hoe sy lyk. Ek moet onthou om vir Mike te seg lat daar "unsafe" ActiveX controls op sy saait is... wel, nie unsafe nie, maar wel unsafegemerkt.
Hierdie website lyk heeltemal anders in Explorer, sien ek toe vendag. 'n Mens kan die horizontal rules nie in Netscape sien nie (want dis dan swart teen swart agtergrond), maar Explorer maak die rules so 'n grys kleur wat dit sigbaar maak... die rules is eentlik nie bedoel om sigbaar te wees nie, dis bloot typographic cheats. Die table border het in Explorer ook 'n soort shade wat in Netscape nie daar is nie. In Netscape is die border sowat 1 pixel groot, maar in Explorer is dit ongeveer 3 pixels groot.
Ek het my doodgesoek na Litnet, maar eindelik kom ek daarop af: dit sit op www.mweb.co.za/litnet, en dit het alewig die mwebframe bo-aan, wat beteken dat 'n mens dit nie met Explorer kan save nie. Selfs al perbeer 'n mens die main frame op sy eie view, dan tel mweb se server dit op en plaas net koeltjies die frames terug waar hulle was. Sonder Netscape weet ek dus nie hoe 'n mens Litnet se bladsye gaan save nie (of met Explorer 5). Nou's ek honger.
Ek het ook mails vir Ijlant geskryf, wat ek toe die Vrydag gestuur het. Wat anders ek gedoen het kan ek nie onthou nie.
[ kliek vir vorige dag ]
... Woensdag 24 Mei 2000 ...
Wat kan 'n mens seg van Woendsdag? Die werk was maar dieselfde. Dit was lekker en so, maar wat is daar nou juis om te vertel? Ek het tydens pouse saam met Margot onder 'n boom gaan sit en koekies eet en gesels oor boeke, Ursula le Guin en Duin en boekwinkels en so aan. Ek het koekies gekoop by een van die skoonmakers by Beelt wat die goet verkoop teun R2,50 per pakkie, wat goed vergelyk met die kafeteria. En met die kafee. Ek het kersiekoekies en coconutkoekies gekoop. Ek leer meer en meer van die stelsel van wat gaan waar en hoe en wat, en so aan. Ek het probeer op die Internet gaan, en so aan. Ek het vir my my yebonetrekening opgestel in OutlookExpress, maar ek kon slegs receive (ek kan nie send nie want yebonet se server dink dat iemand by beelt perbeer redirect via yebonet en dit is nie toegestaan nie, so ek kan nie send nie, en beelt het nie sy eie smtp server nie). Ek het omdat ek die program verkeerd verstaan het (nee, omdat die program so vaag is) byna al 150 boodskappies wat ek toe afgelaai het, verloor. Ek kon dit nie undelete nie, en OExpress het vir my popserver geseg om dit te delete al het ek spesifiek gevra dat dit nie gedelete moet word nie. Maar gelukkig kon ek in die ou file nog my boodskappies opspoor, en briewe van marion en so aan lees.
Dis dit, en in die aand toe ek by die huis kom was dit al 18-uur gewees, en toe ek die rekenaar by die huis aanskakel toe seg hy "Error reading drive C". Ek sukkel toe rond en so, en op die ou end moes ek W95 herinstalleer (hy wou nie himem.sys lees nie, al kon ek dit sien in 'n file listing). Maar nou werk my OExpress weer nie ("unable to load msoe.dll", al sit die dll daar in die folder en ginnegaap). So, maar ek sal maar kyk... as ek dit reg het sal ek nie OExpress kan herinstalleer nie ("setup has detected a previous copy of this program, bla bla bla"). Nouja, dis mos nou maar MS vir jou.
Die selgroep sou 19:30 begint, en so'n paar minute voor dit het ek soontoe geloop. Ek het die plek maklik gekry, Langenhovenstraat 69, wat aan die meisie wat by MES is en haar man behoort. Hulle bly nou al 'n jaar of so daar, en is 'n jaar en 'n half daar getroud, maar sy werk al 7 jaar by MES. Sy't op Skellembos die maatskaplike graad geswot. So sy weet van Bellville en so. Haar man is stillerig maar eintlik heel skerp en 'n oulike karakter. Sy weer is meer sociable, maar nietemin die tipe wat 'n mens sou dink maatskaplik sou geswot het. Haar man werk ook by MES, dis waar hulle ontmoet het.
Ek is binnegenooi en ons het net begint koffiedrink toe die res van die mense daar aankom. Oukei, daar is Mestannie en Mesoom, en toe kom daar Schalkwykoom en Schalkwyktannie en Rekruutoom (sy vrou het later daar aangekom, want sy en nog iemand was na 'n laerskoolpraatjie oor dissipline), en Neffensoom en Neffenstannie, en Neloom en Neltannie, en ek dink nog 'n tannie, Noggetannie. Sjoe. Rekruutoom doen recruting vir maatskappye, vryskut. Sy vrou was ook by die laerskoolding. Neffensoom en sy vroutjie het my 'n lift huis toe aangebied in hul groot bakkie. Na die tyd was daar tee en koffie en eetgoeters. Daar is besluit dat die volgende week pinkster sou wees en dan sou ons by Noggetannie se huis gaan tee drink. Ek vermoed ek is die jongste. Schalkwykoom het ook gevra of ek nog vryskutwerk doen, maar ek het geseg dat ek eers my voete by die werk wil vind voor ek weer vryskutwerk aanvaar. Ek sal maar uitvind hoe ek by die pinksterdienste gaan kom. Daar was glo probleme tussen dominee Hannes en die belydenisklas.
Die sel loop so: eerste is daar informele gesels, dan begin dit amptelik, en elkeen op 'n ry seg wat met hom gebeur het en wat die gebedsversoeke is, wat dan neergeskryf word. Die begin begin eentlik voor dit met 'n bybelleesinkie en gebed. Daarna kom die besprekingsgedeelte, en daarna kom die gebede, as volg: elkeen word een van die gebedsversoeke toegeken, en dan bid almal om die beurt, en jy bid net vir jou toegekende saak. Daarna is dit relings en dan is dit teeeeeeeeeeeeeeee!
UITGAWES:
Koekies ... 5,00
TOTAAL: R5,00
Tuis het ek 'n bietjie gespeel, en toe maar gaan slaap. Ek het weer gelees 'n boek oor selfpublikasie. Vir die vaak. Ijlant se pannekoekresep lyk nes Kook en geniet s'n, net anders.
[ kliek vir vorige dag ]
... Dinsdag 23 Mei 2000 ...
Dinsdag het ek later opgestaan, want ek had nie klere om te stryk nie. Ek het somaar dieselfde klere aangetrek as die vorige dag, sonder das. Tot my ys sien ek dat ek my fiets heelnag buite laat staan het... gelukkig is hy nie gesteel nie. Hmm, ek sal waarskynlik nie gou weer daai fout maak nie. Ek het vendag gaan kyk of ek batterytjies kan kry vir die liggiegoeters wat aan my fiets sit. Hier is verdomp geen 7-11's in Jansberg nie... ek sukkel my dood om kos en goete te kry.
Vendag by die werk was dit ook lekker. Ek kom heel goed reg met die werk. Dis net die huisstyl wat ek moet aanleer, plus die verskillende prosedures, maar dit kom reg. Andersins is alles wel en fyn. Met lunch het ek na Auckland poskantoor gestap (in Melville) en vorms gekry vir die foon. Hoger op het ek by 'n kafee effek gesoek na 'n paai of na broodrolletjies, maar hulle is so swak opgestok lat ek maar 5 dag-oue rolletjies moes koop, wat in elkgeval so taai soos bagels was. Vyf rolletjies was R2,75. Oppad terug kom Margot so van agter my af in die steeg ingestap en stel voor dat ons by die boek-koffiewinkel gaan koffie. Marion sal weet watter ene ek bedoel. Die koffie was R4,75.
UITGAWES:
5 rolletjies ... 3,00
1 koffie ... 5,00
TOTAAL: R8,00
Margot het nie besef 'n mens kan by die goedere-uitgang in- en uitgaan nie, 'n mens moet net vra vir die hekwag om oop te maak. Ek het my eie koppie (Ijlant se flevo 95) saamgeneem werk toe, maar moes weer tee leen. Daar is 'n koffieklub wat jou R12 per maand kos (dit word afgetrek by die salaris), en dan is daar melk elke dag en suiker en koffie en tee... ek het aangesluit. Ek moes daarvoor op stap twee vloere op na Personeel en met Marie Nieuwenhuys praat. Ek het ook 'n afskrif van my ID gemaak en op Prince se desk gelos. Ek sal die e-pospapiere more moet kry, want daar was nie gewees vendag nie. Sommige van die werk is nogals moeilik. Maar Thea (ons baas) is heel tevree met die werk en dink ons kom nogals goed reg. Ek en Chris sit teenoor mekaar en help mekaar soms maar uit.
Van die werk af is ek na Linden biblioteek om my kaartjie te kry. Ek kan 6 items uitneem. Ek het so die notice board daar ook bestudeer. Daarna is ek na die pastorie om te verneem van die selgroepe, maar dit was nie kantoorure nie en hulle wou nie oopmaak nie (wat maar normaal is, en eentlik goed so is). Die kerk se details is as volg: Vyfdestraat 42, Linden, 2195, (011) 888-5395. Kerkkantoor is oop Maandag tot Vrydag van 9 tot 14, en die nommer is (011) 888-4089. Oggenddienste is 9-uur, en aanddienste is 18:30 in die somer en 18-uur in die winter. Sondagskool is 10-uur die oggend. Die bib se ure is as volg: Maandag tot Donderdag, 10-uur tot 13-uur en 14-uur tot 18-uur, Vrydag 10-uur tot 13-uur, en Saterdag 9-uur tot 13-uur en 14-uur tot 17-uur.
Margot vra of ek vol fiemies is, want sy kan altyd vir my bloot dubbeld maak was sy saamneem werk toe, maar ek moes beken dat ek heel vol fiemies is. Sy is 'n vegetarier, haar dogter is 'n vegan, en haar seun is 'n vleisvretende insek. Sy is gesepereer van haar man, en sy stel belang in letterkunde (maar sy is nie 'n lid van SAVI nie). Sy't opgemerk dat dit lyk of my kursus vir my die regte TOOLS gegee het om vertaling mee te doen. Ek het haar aangeseg om uit te vind of SAVI 'n werkswinkel het waarby sy kan baat.
Thea het haar graad in grafiese ontwerp voltooi onlangs, en doen Saterdae pottebakkery. Sy is heel besig, lyk dit my. Ek skryf al die styldinge neer wat ek teenkom, sodat ek later 'n stylvel kan saamstel. Ons mag in advertensies geen melding maak van ras nie; selfs al maak die adverteerder daarvan melding, moet ons dit uitlaat. Die argument is dat Beeld niks met die saak uit te waai het nie... indien die klant wat reageer op die advertensie belangstel kan hy/sy mos vra wanneer hy/sy bel. Ek dink weer anders... ek voel dat die koerant moet oppas om ras neerkykend te gebruik, maar in advertensies moet ons nie inmeng nie. As Isidingo nou 'n swart speler nodig het sal hulle moet vra vir iemand "met donker gelaat".
Ek kom nounet agter dat my pannekoekdeeg lyk darem baie soos wafeldeeg. Ek was nadat ek by die dominee was gou bank toe om R50 te trek en te kyk of ek geld het... en ja sowaar... die tjek het gekleer. Toe is ek gou Friendly Grocer toe vir batterye, maar hulle verkoop my batterye net in pakkies van twee, vir R12 'n pakkie... sjoe. Toe maar in die donker huistoe gery. Sharon lyk dit my gaan my elke dag pla as sy van die werk af kom, vir haar aandsigaret en 'n vinnige inloertjie. Sy't Milan se boekie oor die geloof geleen. Men are from Mars begint nou vervelig raak... dis asof die ou sy seg geseg het in die eerste twee hoofstukke en nou hanna-hanna boer hy voort op wat hy geseg het want hy had 'n minimum aantal bladsye vir sy broek.
Ek het sopas die kebuys skoongemaak. Die werk is baje besig... daar is omtrent nie tyd vir ginnegaap nie. Die "nagskof" wat ek aan gedink het is geen nagskof nie, dis bloot 'n skof van 10-uur tot 18-uur, ipv die gewone 8-uur tot 16-uur.
Toe het ek Age of Empires gespeel vir 'n lang ruk, en ek het voor dit 'n lang ruk koerant gelees in die huis by die ander mense, terwyl ek probeer het om 'n selgemeente vir myself te kry. Ek het eers vir ds Hannes gebel, en hy't my verwys na Francois Marais, die ou wat die selle koordineer (888-4116 is sy nommer), wat my op sy beurt deurgee aan Pieter Nel (wie se nommer gegee is as 478-1852, maar ek kom ammekaar uit by iemand wie se nommer op 1185 eindig), en toe bel ek maar die ander ou wie se nommer hy gegee het, Louis Schalkwyk (wie Hannes geseg het hy meen ek sal by hulle inpas), (888-6310), wat toe my details vat en toe vir Pieter bel om te vra wat is wat. Pieter bel my toe op sy selfoon terug (082-416-5749) en vertel my waar dit gehou word... in Montgomery Park, by die huis van iemand wat ek reeds ontmoet het by die kerk. Hul name ontglip my nou, maar ek sal more vertel wat by die sel gebeur het.
Beelt het 'n transkripsie van die Helderbergvlugopnemer gepubliseer, vendag. Dis hulle main storie vir die week, dink ek.
[ kliek vir vorige dag ]
... Maandag 22 Mei 2000 ...
Maandag staan ek toe vroegerig op, maak reg, en kom in elkgeval eers 07:15 in die pad. Ek ry toe die alternatiewe pad wat my aangedui is... ek weet nie of hy minder steil is nie, maar ten minste ken ek die paaie daar nou. Die ouens by die hek het geseg dat die vorige menske wat gefiets het somaar hul fietse aan 'n paal vasgemaak het onderdak, en ek het sodanig gedoen.
Thea Stoltz het my kom haal by resepsie, en my alles gewys, soos waar wat is, die kafeteria, die kantien, die verskillende afdelings, aan baje mense voor gestel, my aan die vertalers en so aan voorgestel en so aan, my 'n rekernaar toegewys, allerlei. Die werk was aangenaam en nie te moeilik nie. Trouens, dit was lekker. Die outjie in die cubicle oorkant my, Chris, het my en die ander nuweling, Margot, met middagete vergesel, en hulle twee het lekker oor Afrikaanse digkuns gepraat.
Ons het onse vorms en so aan ingegee by Prince, en dit was dit. Ek sal waarskynlik nie vir Ijlant as afhanklike kan registreer nie tensy ek 'n affidavit by 'n polieskantoor kry. Werk het 16:00 opgehou. Ek is met 'n alternatiewe roete huis toe. Hier aangekom het ek my wasgoed opgehang, en in die honde se mis getrap. Nouja, so gaan dit as 'n mens by honde bly. Katte gee darem net hare. Tegnies gesproke het ek 'n uitgawe gehad vendag, ek sal Chris moet terugbetaal vir die kafeteriakos, wat R7 beloop. Dis jammer ek het nie 'n vrieskas soorlat ek vir my broodjies kan maak nie.
Ek het my ID-boekie by die flet vergeet, so ek sal more vir Prince 'n kopie moet gee. Die man se meisie het die naweek verhuis van Bethlehem na Newcaste, so hy was pootuit. Die drag by die kantoor is informeel en casual. Jeans en so aan heel aanvaarbaar.
Op my vloer is daar 'n klomp vertalers, 'n paar grafiese mense, een of twee tiksters, en nog mense wat te doene het met die advertensievertalings. Ons doen meesal advertensies. En regsdinge. Daar is net een interne telefoon. Ek log tans in op iemand anders se naam... ek sal dalk more of die dag daarna kan aansoek doen vir kaarte en e-pos en sulke dinge. Ek moet maar vir telkom bel i.v.m. die extra lyn... ek twyfel of Mariaan dit sal doen.
Die mense by hierdie flet is nogals laid back. Omdat daar min privaatheid in die huis is het hulle ook minder gevoel van privaatheid vir my eie fletgedeelte. Dalk probeer hulle net vriendelik wees. Weet nie. Die vierde ou van die flet het ek nog nie eens gesien nie. Ek het Rigwell se werf klaargemaak, en in Afrikaans vertaal, en nou-nou gaan ek begin met MGD se site.
Ek het gisteraand gedroom van Marion, maar sy het meer soos Lucy opgetree. Ek't blykbaar die een of ander ding in my dagboek geskryf en toe breek sy summier op met my. Dit het nogals baie praat gekos om haar om te haal, maar sy was bitsig. Eindelik het sy weer opgemaak en soos Marion begint optree (nie soos die vroue in die boek Women are from Venus nie). Vanoggend bel ek toe vir Marioin en seg hello en so, en sy het heel oulik geklink. Nie verbaas of verlangend nie, net beindruk en gesellig. Gretha het my by die werk gebel, kort nadat sy klaargemaak het, toe ek in die kafeteria was. Dis dit, sover. Die miere vreet my op hierso. Die warmwater se druk is sleg as daar iemand anders ook die warmwater gebruik. Gisteraand het my rekenaar snaakse probleme gegee, maar 'n reboot het dit opgelos. Ek weet nie hoe lank ek hier sal wil bly nie... maar kom ek gee dit kans.
Hulle het 'n verskeidenheid woordeboeke by Beelt. Daar is ook 'n bloebloetekie, waarna ek nie gaan kyk het nie maar waarvan ek vertel is. My Linden bibkaarte kom more aan. Ek was weereens te laat vir die i-net kafee. Ek sal maar by die werk moet hoor of hulle 'n eie i-netkafeetjie het, soos wat Daai Burger het. Ek kry so baje e-posse, maar ek kan nie daarop antwoord nie, of selfs lees nie. Dalk moet ek vir die mense vra of ek die kabels solank so kan aanle sodat ek my e-pos kan oplaai en aflaai. Dit sal goedkoper wees, en dan kan ek dit enige tyd van die dag doen. Hulle moet nog vir my die agterdeursleutel gee. Ek moet probeer uitvind wanneer is die selgroepe van Linden se kerk. Daar's 'n woendsdagbiduur ook, maar daar is selle ook. Dalk sal van hulle vir my 'n lift kan aanbied van en na. Kom en sien, kom en saan.
Ek het later die aand vir Mariaan gevra of ek die kabel na haar foon toe kan aanle om op die Internet te gaan, en sy het nie 'n probleem daarmee gehad nie. Ek het na haar rekenaar ook gaan kyk... 'n 386 40mhz met 8mb ram, met Novell Perfect Office en nog 'n paar dinge op (w3.1 natuurlik). Ek het haar muis ook skoongemaak. Ek vergeet nou die vierde outjie wat hier woon se naam, maar hy's so 'n kort jongetjie. Dis hy met die playstation. Hy't vir hom 'n klein TV'tjie in sy kamer gesit.
My kabel was heel lank genoeg, maar die POPs hier in jansberg is verskriklik. Ek was seker vir 'n uur of so besig net om te probeer om mail te send/receive. Soms konnek hy vir 'n sekonde of twee, soms skop hy my eers na 'n minuut af. En ek het goete gehad om te upload, en ek moes mail stuur, en OutlookExpress maak so: as hy onderbreek word terwyl hy die mail aflaai, dan laai hy volgende keer al die mail weer af. En as ek besig was om af te laai en ek breek af dan kom daar soms 'n POP-lock wat beteken dat ek vir 15 minute nie in my mailboks kan kom nie. So dit was uiters frustrerend.
Om die jansbergnommer te kry het ek vir Yebonet Helpdesk gebel, en gepraat met 'n outjie wat ek geken het toe ek daar gewerk het. Ons het lank oor dit en dat gesels. Hy vertel daar's 'n 0800-nommer wat 'n mens kan bel, dan lees 'n program vir jou jou mail oor die foon. Dit sal seker nie werk vir MIME-geënkodeerde e-pos nie. Daar is nog so 5 mense daar wie ek ken, en die res is nuut... maar daar is nou baie mense daar, en hulle antwoord die fone gou. Daar is nou vyf nommers in jansberg om te bel, van oud na nuut 257-7000, 254-8000, 971 7400, 405 3500 (die ou staatmaker) en 771 0000.
Bianca is terug op die Net, so sien ek. In Beelt se een handleiding sien ek die woord "gewel" vir 'n tab (ons rekenaarlys het sommer gepraat van 'n "oortjie"). Ek het pannekoek probeer maak, maar die Kook en Geniet resep is 'n bietjie op die koffie. "Laat oornag staan" klink mos verdag. So die pannekoeke was lekker dik en deegkoekerig. Ek het net stroop gehad (daar was nie kaneel toe ek die groot inkoop gedoen het nie). Ek het een gelos vir Dinsdagaand.
[ kliek vir vorige dag ]
|
|
.
|
(c) Samuel Murray, 2000
ordinateur@altavista.com, leuce@oocities.com
http://www.oocities.org/dagbroek/week2.html
laas bygewerk 00-05-20
|
|
|
|