... dagbroek van leuce in jansberg ... diaree of leuce in joeburg ...

... ag, goi daar 'n e-pos, man : ordinateur@altavista.com ...
.

[ kliek hier vir eerste dag ]

... Sondag 11 Junie 2000 ...

Goeie hel, dis al klaar weer sondagaand, en ek het die hele week niks dagbroek geskryf nie. Ek het wel af en toe van Marion gehoor, maar vir die res was dit maar stillerig. Wel, nie eentlik nie, want die hele week was pinkster of paasfees of wat ook al... een van daardie feeste.

Venaand was ek saam met Milan na 'n Christus 2000 optrede waar 'n aantal akteurs in die Mixer teater opgetree en getuig het, en 'n professor dominee 'n kabaretpreek gehou het. Daarna het ons en 'n maatjie van haar met wie sy 'n sel het en wie se naam ek nie kan onthou nie, en nog 'n ander maatjie wat ammekaar kla dat rook so sleg is en gee ons om dat sy so rook al is sy 'n christen, want sy perbeer ophou, in die Mixer koffiehuis gemelkskommel en getee.

Die oggend het ek maar laatgeslaap, want die kerk hier begin 'n onchristelike 9-uur die oggend al. Dit lyk my ek en Ijlant sal maar vroeggerig moet opstaan soorlat ons die kerk kan maak en dan 'n goeie indruk kan skep by die kerkmense. Die hierdie Lindenkerk het in elkgeval hierdie aand hul kwartaallikse samesaamkoms by Aasvogelkop gehad, so daar was 'n gesamentlike diens.

Ek het 'n bietjie gewerk aan die termwerfwebsite en toe het ek kossies gemaak en toe so op die middagsekant het ek na P&P gegaan en myse inkopies gaan doen. Dit was lekker om so in die winkel rond te drentel en te besluiteloos staan en dink watter tee sal nou in my rugsak pas, en so.

In die middag het ek tuisgekom en vir my patties gemaak en vla en dit was myse middagete, baie lekker. Toe't ek 'n entjie gaan Dune lees en geslaapies en toe gestort en toe kom Milan hier aan en ons is weg na die Mixer.

Vendag is die dag van uitgawes.

UITGAWES:
4 ertappels ... 2,32
2 pienannas ... 1,25
3 x liter melk ... 3 x 3,39
chutney ... 8,45
blik kaffeinvrye koffie ... 13,99
blikkie kaffeinryke koffie ... 4,65
fry se burgerpatties ... 12,59
2 x tjoena ... 2 x 5,15
6 eiers ... 4,29
2 x noodles ... 2 x 2,09
hoenersop ... 3,79
peper ... 9,19
tee ... 4,89
boeliebief ... 5,99
pastasous ... 4,79
4 x nog pastasous ... 4 x 4,75
kaaaaaaaaas ... 9,36
'n tee strainer ... 6,99
'n blikoopmaker ... 11,99
TOTAAL: R143,43

[ kliek vir index van weke ]


... Saterdag 10 Junie 2000 ...

Saterdag het Milan my 10-uur kom optel en ons het gaan brekvis by mugg en bean, en toe het ons in Mellville rondgeloop en dit en dat gedoen. Kom ek lys sommer aan die begin myse uitgawes.

UITGAWES:
Muffin en koffie ... 16,00
5 x haarversierinkies ... 5,00
TOTAAL: R21,00

Ons was by allerlei kunswinkels en sulke dinge, en dit was lekker om in die winkels rond te drentel en na die boeke en ringe en snuisterye en ou klere en kunstwerke en goete te kyk. Ons was by 'n skotse winkel in en het 'n wyle gesels met die tannie daar. Haar CD's kos R160 elk, en 'n sydas kos R400. Ek was by 'n winkel met Wicca (Milan wou nie daar ingaan nie) en Pagangoete en dit was heel interessant. Die musiek was tradisionele amerikaanse indiaanmusiek gemeng met beat en rock... 'n soort Adiemus meets Enigma. Ons het ook by 'n koffiewinkeltjie gaan koffiedrink en lekker gesels en 'n meisie het Milan se autograph gevra, en sy't haar kredietkaart daar vergeet en moes dit toe later die dag weer gaan optel. Milan het 'n klomp dinge gekoop en so aan, armbande, en boeke en so. Ek sal my haarversierinkies nog moet uittraai... dalk as Ijlant hier aankom. Dit sal die beste lyk in my baard (dis sulke gekleurde springs met kristalletjies aan beide kante).

Ek het skoon vergeet ek sou saam met my sel gaan rugby kyk het, maar toe ek by die huis bel toe kom ek agter dis eers die aand. Milan het my toe opgetel en my gevat, maar ons moes 'n entjie soek want ek was nog nie daar nie en ek het die meisie se naam vergeet. Sandra, wie se man twee jaar gelede oorlede is en in 'n manshion bly. Dit was 'n leuk tradisionele rugbykyk en daarna 'n braai... en omtrent almal se famielje was daar, sodat ek nou al 'n beter prentjie kan vorm van wat is wat.

Sandra het 'n seun in st 9 en 'n meisietjie wat laerskoolrig is. Haar man is twee jaar gelede oorlede. Hannelien en Louis Schalkwyk het 'n lot kinders... ek weet nie watter is uit watter huwelik nie. Daar is drie seuns en drie dogters, en dit lyk of al drie seuns van Louis af is (ek het nie die dogters gesien nie, ek het wel die een dogter al by die kerk ontmoet, en sy is nie Louis s'n nie). Hannelien is 'n shrink by 'n skool. Daar is nog die headhunter en sy vrou, en hulle het twee klein seuntjies en 'n dogtertjie, so neem ek aan. Die ander couple het 'n seun en 'n meisie... maar ek weet nie, daar is nog mense ook gewees... Hel ek sal moet uitfigure wie is wie en wie pas waar in.

[ kliek vir vorige dag ]


... Vrydag 9 Junie 2000 ...

Min om te onthou... vrydag was die een aand wat daar nie kerk was nie en dit was 'n seen, hoewel ek nie veul kan onthou van of ek iets gedoen het nie. Ek en Margot het 'n lekker gesprek gehad oor feminisme. Ek het 'n lekker lang advertensie gehad om te vertaal. Dis dit.

UITGAWES:
tjips ... 4,00
TOTAAL: R4,00

[ kliek vir vorige dag ]


... Donderdag 8 Junie 2000 ...

Donderdag was die laaste pinksterdiens. Ons het gewoonlik sop na die tyd gedrink, en dit was altyd lekker. Die laaste dag het ek 'n klomp ander jongmense ontmoet, so dit lyk of daar wel jongmense in die gemeinte is. Louis het my kom optel.

Een of ander tyd hierdie week het ek vir my 'n maaltyd by die kafeteria bestel... ek dink nie dit was hierdie dag nie maar ek kan dit netsowel hier in skryf.

UITGAWES:
Ommelet ... 5,50
TOTAAL: R5,50

Op 'n vorige dag het ek ook ietsie geeet saam met die bunch. O ek dink ek het vrydag tjips gevreet wat hulle vir die hele kantoor gebring het, en dit was 4 rand. Die donderdagaand was die hele buurt vol sekuriteitsmense oor die inbraak die vorige nag.

[ kliek vir vorige dag ]


... Woensdag 7 Junie 2000 ...

Op hierdie dag is die bande van die een fletbewoner afgesteel, en by die werk het ek die liggies nie van my fiets afgehaal nie en toe ek tuiskom is hulle gesteel. So van toe af ry ek in die donker huis toe... nie dat dit baie donker is nie.

Woensdagaand het die mense wat ek gedink het my sou kom optel my toe nie opgetel nie, toe stap ek sommer kerk toe, ook om af te koel na die diefstal. Die mense by die kerk was heel besorgd dat ek so ver gestap het (dis nie so ver nie), en daar is gereel dat ek toe die donderdag wel opgetel sou worre.

[ kliek vir vorige dag ]


... Dinsdag 6 Junie 2000 ...

Dinsdagaand was ook pinkster, en ek sou opgetel word deur die meisie van MES, maar sy was laat en toe kom ons ook maar laat by die kerk aan. Ek het toe aangeneem sy sal my Woendsdag weer optel, maar sy het toe nie.

[ kliek vir vorige dag ]


... Maandag 5 Junie 2000 ...

Maandagaand het Louis my kom optel, en daarna het ons vir Suano gaan haal. Hannelien se dogter was ook daar en ek en sy het lekker gesels. Die hele pinksterreeks was oor passie, maar die dominee het eentlik net een van daai Gordon ou se boeke gevat en daaruit gepreek... die man is mos vreeslik teoreties en klassifiseer die verskillende soorte vriendskappe wat 'n mens moet he, en as jy alles optel is dit oor die 50 goeie boesemvriende wat jy moet he... g'n wonder die amerikaners kry niks tyd vir niks anders nie.

By die werk het ek die NDS (non disclosure form) afgestuur na die mense in duitsland, en moes byna R10 opdok vir die posgeld.

UITGAWES:
brief en seels ... 9,40
TOTAAL: R9,40

Ek het ook die rekenaartermemails van prof Niek af ontvang en kon dit gelees kry, so nou het ek die tools om die terme te skryf en dit dan aan die Afrikaans Stigting se tannie te pos om op hul lys te sit. Het jy gehoor, ma? Ek is die redakteur van die Stigting van Afrikaans se internetrekenaartermelysbladsy. Nou moet ek net met iets vorendag kom, gie-gie.

[ kliek vir vorige dag ]


.
(c) Samuel Murray, 2000
ordinateur@altavista.com, leuce@oocities.com
http://www.oocities.org/dagbroek/week4.html
laas bygewerk 00-06-11