Al Khor huis

In Oktober 2002 het ons van Doha af Al-Khor toe getrek. 

Al-Khor is eintlik een reuse groot compound. Of te wel 'n klein myn dorpie. Daar is twee skole, twee winkels, 'n bank, vier klubs met swembaddens en restaurante.

Ons het ook die afgelope tyd hard gewerk in die tuin. Kyk bietjie hier... Dit is soos ons tuin gelyk het 2 dae nadat ons hier ingetrek het en ...

  Dit is soos dit nou lyk...  

Ja, julle kan maar lag want dis nog steeds nie veel nie, maar ten minste is dit groen met hier en daar 'n blom. Hierdie deel wat nog kaal is weerskante van die paadjie is nog die "empty promises" van die "Landlord". Hy is veronderstel om iets daar te plant, maar hy het nog nie. Ons sal maar iets daar insit in die volgende winter. Nou gaan die ou plantjies tog net doodbrand.  

Hier is nog een:   

Die afgelope week het die wind ons amper weggewaai. Op die pad Doha toe het daar bome omgewaai en ek moes die een oggend ons tuinmeubels uit die bedding uit gaan haal nadat die wind dit onderstebo in die bedding ingewaai het.


Back to Index