Turkye Vakansie April 2001

Ons was Turkye toe van 13 April 2001 tot 27 April 2001. Hier is 'n klompie foto's:

Hierdie bladsy neem so 3-4 minuute om te laai...

Dubai

Gitte sit in die venster van die Dubai museum. Dubai lê in die agtergrond.

Francios en Gitte klimp in 'n palmboom in die Creek Park in Dubai.

Hier eet ons ontbyt op die dak van die hotel, met Istanbul in die agtergrond

Een van die vele klein straattjies in Istabul

Van Istanbul het ons Antalya toe gevlieg.


Antalya:

Ons is vir 'n week in die RCI oord "NaturLand" ingeboek.

Hier is die karretjie waarmee hulle mens na die hut toe neem.

Irene, Pa en Ma Bovill lê op die strand en tel klippies op. Die hele strand is net spoel klippies (geen sand nie).

Lekker sit ons op die strand en bestel iets te drinkte.

Pa neem video, met die hysbak se spore in die agtergrond.

'n Ou moskeetoring geneem deur 'n ou gebou se venster in Antalya.

'n Deel van die ou maar in kontras met die nuwe stad

Die ou stadspoort. Kyk na die spore wat die waens in die marmer geloop het.

Nog 'n foto van die stadspoort. Die toring in die agtergrond lyk so van bo af:

Van bo uit een van die torings by die ingang na die ou stad Antalya.

Beelde in die Antalya Museum. Meeste beelde kom uit Perge.

Hier is Francois by 'n ry brandwurms wat so in 'n streep loop.

Een dag het ons die "alternatiewe roete" huistoe gery, en deur menige klein dorpies gery. Hierdie huise is die hoenderhoek.

In hierdie restaurant is 'n visdam. As mens forel bestel, vang hulle die vis hier voor jou en gaan maak dit gaar. Heerlik geëet!

Myra

Die huise en grafte is uit die rots gekap - in die fynste detail.

Die grootste amphiteater wat ek in my lewe gesien het!

Oral word groente in glas huise en plastiek tonnels gegroei.

Oppad Myra toe, is daar water skilpad broeiplekke, met hierdie teken langs die pad.

Olympos

Oppad Olympos toe is daar 'n hotel waar mens in boomhuise bly.

en waar ons weereens lekker kon eet.

Chamera

So 3/4 uur se stap teen die berg op naby Olympos, is daar 'n deel in die berg waar gas sommer netso uit die grond kom, en dan brand!

Hulle kook sommer koffie en tee netso op die klip, en verkoop dit aan die dors toeriste.

Maar na die stappie is dit darem baie lekker om 'n yskoue koeldrank te drink. Daar is heelwat ou tempels en geboue in die direkte omgewing van die vlamme.

Oppad terug het ons weer vis gaan eet. Die vis word in die natuurlike rivier gehou. As jy bestel, vang hulle dit en maak dit net daar gaar.

Ons het so onder die bome langs die rivier gesit en eet.

Perge

Buite die ou stadium waar "chariot races" en slawe vir leus gevoer was, was ingange en winkeltjies, en nou groei lande vol blou blommetjies.

Hier is 'n oorsig oor die ou stad van Perge vannaf die akropolis. Water het van die fontein in die voorgrond afgeloop in die middel van die hoofstraat.

Hier is een van die pilaar gange.

Gitte sit by van die mosaiek op die vloer.

Die hoofstraat mer marmer vloere, en pilaar gange.

Orals groei hierdie lelies tussen die reunes.

Lala

Die rivier loop reguit in die see in!

Pamukale

Kalkryke water vloei uit en vorm natuurlike poele.

Die agtergrond van die bladsy is 'n foto van bo af van die poele wat vorm.

Hier is Gitte - moëer as moeg!

Ons het in die Kervansaray hotel gebly.

Van pamukale is ons in Izmir se rigting waar Efese is:

Efese

Die amphiteater

'n gerestoreerde muur van die biblioteek

Francois by van die beelde

Die marmer blokke is geheg met yster stafies waarna die spasies met lood gevul is.

Hendrik in die voorgrond met die marmer gang in die agtergrond

Balikeser

Van Efese/Ismir af het ons gery in die rigting van Istanbul. Ons het oornag is Balikeser - in die "Akdemir Hotel" - nie aan te beveel nie!

Die volgende dag het ons die kar ferry gevat Istanbul toe.

Istanbul

Ons het in die Green Hotel gebly,

en onder in die restaurant geëet.

Hier is Francois en Gitte in die Blue Mosque.

Ma Bovill kry 'n skoen politoet by een van die (vele) straat verkopers.

Hier is Francois en Gitte met die see in die agtergrond.

'n Uitsig oor die stad by die TopKapi paleis.

Oupa en Gitte het nou genoeg getsap!

'n straat musikant speel vir die kinders.

Die Cistern is 'n ondergrondse water reservoir. Dis gebou met allerhande "afval" pilare en beelde. Hier is Medusa onderstebo gebruik.

Irene en die kids by een van die pilare.

Francois en Gitte in 'n BAIE BESIGE straat in die bazaar area

Na nog rondloop na die Covered Bazaar, rus ons bietjie die seer voete.

Francois tussen die duiwe by die hawe waar mens die gebraaide vis in 'n broodtjie so van die bote af koop.


Click here to download our Turkey GPS points.


Created on 3 May 2001