Besoekpunte in Qatar

 

Al Arish

N26 05.657 E51 09.261

Ons is nog besig om inligting bymekaar te maak oor die dorpie. Sover ons weet is dit die eerste dorpie in Qatar. Dit is egter al vir 'n geruime tyd onbewoon maar in die ruïnes kan mens duidelik iets van hulle boustyl leer.

Die strand daar naby is ook heel lekker vir piekniek en swem. Hier is 'n paar foto's van ons eerste besoek aan die strand gedurende Oktober 1998. Hier kan mens letterlik honderde meters in die see instap. Hendrik het so ver ingestap dat hy blase onder sy tone gekry het daarvan. Mens moet net jou plakkies aanhê, aangesien die bodem vol duisende klein skulpies is wat in jou voete insteek.

Back to home


Al Zubarah

N25 58.580 E51 02.726

Die fort is in 1938 gebou as 'n polisie stasie. Dit was deur die weermag gebruik tot in die 1980's. Deesdae word dit slegs as 'n museum gebruik en daar is nog van die ou kombuisware en ander artikels te sien. Die oorspronklike put is ook nog daar.

Binne in die fort klim Gitte op na die toring.

Daar is ook putte 500m wes van die fort waar hulle in die baie ou dae vars water gekry het:

Naby hierdie fort (tussen die fort en die see) is daar ook nog ruïnes:

N25.98351 E51.02748

 

Back to home


Desert Roses

N25 17.995 E50 53.526

In die middel van Qatar kan mens ook "desert roses" grawe. Hier is ons besig om te grawe (1), en die is een van die voorbeelde wat ons gekry het (2).

(1)(2)

 

Daar is ook 'n ander plek waar mens deurskynende rose kan kry: N25 39.647 E50 57.908, maar ons was nog nie daar nie.

Back to home


Fuwairit

N26 01.979 E51 22.412

Fuwairit is geleë aan die Noord-Ooste kus van Qatar tussen Al Ruwais en Ras Laffan (sowat 1 uur se ry). Aan die Noordekant van die strand is rotse wat oopgespoel is en aan die Suidekant is 'n sandstrand met baie mooi skulpe en "pampoene" (kastaïng doppe). Interessant dat meeste van die skulpe in skakerings van pienk is (1). Soms is daar groot golwe waarin ons lekker kan swem, en ander kere is die water baie rustig soos 'n dam.

 

(1)(2)(3)

(2) Hier sit Francois en Gitte in die breekwater.

(3) Foto van bo van die rotse af

Daar is ook "rock carvings" wat deur oermense gemaak is. Dit is te sien reg by die baken bo op die rotse. Die tone is om perspektief te kry. Dankie aan Phillip en Ronel vir die foto's (en tone).

(1)(2)

N26 02.543 E51 21.834

Back to home


Inland Sea

Die Inland Sea is soos die naam aandui, 'n binnelandse see aan die Suid-Ooste kant van Qatar. Die water is besonder helder en oor die algemeen koeler as die res van die seewater. Hier het ons ook meer waterlewe gesien as op die ander strande. Ons eerste rit daarheen was met stampe en letterlik stote. Ons het as 'n groep van 10 voertuie gegaan en baie van ons het vir die eerste maal geleer hoe om 'n 4X4 te hanteer. Dit was "great fun" en soms moes ons asem ophou, maar elke duin was die moeite werd.

Hierdie geselskap was almal saam. (Let op die 3 Musso's) Hier word bande afgeblaas sodat ons die sand beter kon hanteer.

Hier kyk ons terug op die "slip face" waar ons sopas af is. Met jou maag in jou keel is dit 'n verligting om weer op die gelyk grond te wees.(1)

(1) (2)(4)

Net toe ons dog dit was die ergste, toe sê die toerleier ons moet nog by die volgende duin ook af. Hier is 'n Musso wat die "slip face" van 'n groter duin aandurf. (Die duin is sowat 30m hoog en het 'n helling van ± 60°.) (2) Die foto gee ongelukkig nie die ware gevoel weer nie.

Back to home


Mesaieed

N24 50.962 E51 30.489

Mesaieed is omtrent 45km Suid van Doha geleë. Die pad daarheen is kort en reguit en vandaar ry ons in die duine in na die Inland Sea toe. Dit is ook waar die teerpad eindig en die ware woestyn begin. Daar is pragtige sandduine soos mens in die boeke sien. Op sommige plekke is daar net sand en sand en nog sand, nie eens 'n bossie in sig nie. Die Sealine Beach Resort is ook net suid van Mesaieed. Daar is 'n hotel en chalets te huur wat regtig van hoogstaande gehalte is. Daar is ook 'n rif wat gereeld deur duikers besoek word. Een nadeel van Mesaieed en die strande daar rondom, is jellivisse wat omtrent altyd teenwoordig is. Ons eerste besoek aan Mesaieed was in September 1998. Die kinders wou nie swem nie, want die water was te warm. (deffinitief bo 35°C). Hier is 'n paar foto's. Die gety was besig om uit te stoot vir hoogwater. Let op hoe rustig die water is.

(1) (2) (3) (4)(5)

Van links na regs:

(1) Die duine by Mesaieed, (2) Hendrik, Francois en Brigitte in die water by Mesaieed, (3) Nicoleen in die "golwe", (4) Die kinders swem in 'n bak water wat afgekoel het en vry van jellievisse is.

(5) gly ons by die duine af.

En die kinders bou 'n dam op die strand:

Back to home


Palm Tree Isalnd

 

Hierdie is 'n "man made" eiland in Doha baai. Dit is slegs 'n 5-10 minute dhow rit om daar te kom. Op die eiland is allerhande aktiwiteite vir kinders soos 'n speelpark, "bumper-boats", 'n swembad en ponieritte. Daar is genoeg skaduwee en gras (nadat daar omtrent 500 palmbome en ander plante aangeplant is). Daar is ook restaurante en kosstalletjies wat iets in almal se smaak beskikbaar het.

(1) Hier is Gitte en Uwe by Nicoleen tydens RasGas se opedag op Palm Tree Island. (2) Gitte en Uwe swem in die see by die eiland.

(1) (2)

Back to home


Umm Bab

N25 13.436 E50 45.869

Umm Bab is geleë reg Wes van Doha teen die kus Suid van Dukhan. Hier is een van die beste strande in Qatar. As jy lus is vir 'n rustige sonsondergang oor die water, is Umm Bab (of Zekreet) beslis die plek waar jy moet wees. Die see is rustig en warm in die somermaande. Heelwat koeler in die winter, maar nog steeds heerlik! Hier word gesit (1), gekuier (2+3), gespeel (4), en gerus (5).......

(1) (2) (3) (4) (5)

.....tot die son ondergaan....(Francois probeer die son nog 'n paar minute bo hou sodat die dag net so bietjie langer kan hou:-))

Back to home


Zekreet

Zekreet is geleë aan die Weskus van Doha, net Noord van Dukhan. Die strande hier, is van die skoonstes in Qatar en ook baie rustig. Daar is ook kampplekke wat uitgetoets moet word daar op die skiereiland Noord van Zekreet (sien kaart). Kamele loop maar rond oor die hele land. Hier lê een so naby aan die water op 'n baie warm dag (1). Soos ek reeds gesê het, is die sonsondergange ook besonder mooi hier (2).

(1) (2)

Op die plato van Zekreet is 'n Oase (dankie aan Ma vir die sonsondergang foto):

N25 34.683 E50 50.812

'n Tipiese rots toneel vir die omgewing.

Een van die plekke waar ons gekamp het.

N25 38.548 E50 50.924


 

Zekreet

Zekreet is geleë aan die Weskus van Doha, net Noord van Dukhan. Die strande hier, is van die skoonstes in Qatar en ook baie rustig. Daar is ook kampplekke wat uitgetoets moet word daar op die skiereiland Noord van Zekreet (sien kaart). Kamele loop maar rond oor die hele land. Hier lê een so naby aan die water op 'n baie warm dag (1). Soos ek reeds gesê het, is die sonsondergange ook besonder mooi hier (2).

(1) (2)

Op die plato van Zekreet is 'n Oase (dankie aan Ma vir die sonsondergang foto):

N25 34.683 E50 50.812

'n Tipiese rots toneel vir die omgewing.

Een van die plekke waar ons gekamp het.

N25 38.548 E50 50.924

Back to home


Madinat Al Shamal

Dis die verste noord oostelike dorp. Daar is 'n eiland wat 'n natuur bewaarde ... is.

Die pragtige vissersdorpie (Al Mafjar) lê aan die suidelike punt van die eiland:

N 26 08.127 E051 18.109

Back to home


Last updated: 5 Feb 2001