Hierdie blad het meer inligting oor die liedjies
van Gideon
Kliek op die titel van die lied vir meer inligting,
die lirieke en verkorte MP3 lêer. As gevolg van 'n gebrek aan spasie op ons web
server is die MP3s helaas net teen 22Khz (swakker kwaliteit) beskikbaar. Hulle
is ook verkort om alleen die inleiding, eerste vers en koor weer te gee. Let
wel dat al die MP3s op die blad slegs die oorspronklike demo tracks is. As
julle die ware wa wil hoor, gaan luister gerus by my tuisblad www.gideonvanzyl.co.za en registreer.
Jy
Alle liedere op hierdie blad is geskryf deur Gideon
van Zyl en die feit dat dit op die Internet gepubliseer is verleen geen regte
aan enige gebruiker of leser daarvan nie.
As jy die MP3 lêer of lirieke wil gebruik of vir
jou sussie of vriend of wieookal wil gee, het ons geen probleem daarmee nie,
solank dit nie kommersiëel gebruik word nie. As jy dit op enige manier
kommersiëel wil gebruik, neem kontak op met Gideon by HIER.
Kommentaar oor elke lied is deur Gideon.
MURG – Die Album
Die album, Murg
is gebore oor 'n tydperk van etlike jare. Die oudste lied op hierdie album
(Namibia) is in 1985 geskryf en die laaste in April 1998. Die opname van die
album self het ook meer dan 'n jaar geduur. Die verwerkings van al die liedere
is deur Bram Potgieter van Paarl Muzik Front in die Paarl gedoen en daarna deur
Johan Kelber verder verwerk en uiteindelik produce.
Die kitaar op
die CD is deur Mauritz Lotz bespeel, Saksofoon deur Barry Snyman, Tjello en
Keys deur Johan Kelber, Dromme is Neill Ettridge, BAS is deur Denny Lallouette
en die Backing Vocals deur Johan Kelber en Anneke Visagie. O, en ek bespeel die
mondfluitjie en sing.
Die doel van
die album was nie soseer om 'n kommersiële plaat te maak nie - dit was eerder
'n soektog was na wat ek musikaal in die toekoms sou wou doen. Die inhoud is 'n
mengsel van opinies, gewaarwordinge en sosiale kommentaar. Ek verwag nie dat
almal met my moet saamstem nie - die doel was nie op te preek of 'n ideologie
daar te stel nie, maar was eenvoudig gebore uit 'n behoefte om te skep.
Afrikadag is
miskien die eerste lied op die album, maar is in feite laaste geskryf. Ek het
die lied geskryf nadat ek al reeds gehoor het dat ons na Nederland gaan
vertrek. Die lied het aan die een kant my verbondenheid met Afrika probeer
uitdruk, maar aan die ander kant my frustrasie met vriende, familie en vreemdes
probeer verwoord wat verkeerde persepsies gehad het oor ons vertrek na Nederland.
Ons bedoeling was nie om ons Afrikanerskap of ons Afrika-identiteit op te gee
nie, maar om op 'n reis te gaan. Hierdie gevoel van verbintenis met en tot
Afrika het in Europa selfs verder versterk. Soos dit uiteindelik uitgedraai
het, is ons vier jaar later terug en is die sinici se monde hopelik vir goed
gesnoer.
Die lied vertel
van die verlede en die toekoms/hede. In die eerste vers word grepe uit die
geskiedenis - goed en sleg - uitgelig en in die tweede strofe word 'n
kykie na Afrika gegee soos hy vandag is - goed en sleg. Die koor vertel van 'n
verbbintenis met Afrika.
Dei verse is
verder in 6/8 ritme geskryf terwyl die koor in 4/8 geskryf is. Die verwerking
versterk nog die kontras tussen die verse en die koor om ook 'n simboliese
verskil te skep tussen Afrika en Europa. Die uiteindelike (hopelik suksesvolle)
integrasie van die "Afrika seksie" en die "Europa seksie"
verbeeld vir my dan die moontlikheid van integrasie sonder verlies van
identiteit.
AFRIKADAG
- MP3
1. Die ruwe
tekstuur van die langhoring-osse
Die wuiwende
maanhaar van boere se rosse
Dansende skilde
Nguni se mag
Dit alles was
deel van die Afrikadag
Apartheid en
dwaasheid en myne en skagte
Hande met
wapens beheer van gedagte
Blitsende lemme
'n dodelike vrag
Dit alles was
deel van die Afrikadag
Koor:
Ek is 'n kind
van die son en die reën
Afrika se ritme in die murg van my been
Sestien
geslagte lê my wortels in dié land
Afrika se stof is vasgemessel in my gees
2. Noorde en
Suide en Ooste en Weste
Afrika, Asië,
Europa se reste
Eeue se lyding
bevryding se krag
Dit alles is
deel van die Afrikadag
Voorspoed en
teëspoed en swaar stormwolke
Briesende
massas en malende kolke
Wuiwen velde
uitbundige lag
Dit alles is
deel van die Afrikadag
Herhaal koor
Van my liedere word geskryf uit empatie met
die probleme wat mense in hul daaglikse lewe teëkom. In sommige gevalle gebeur ding
met mense wat so dramaties en traumaties is dat sommige mense nooit daarvan
herstel nie. Een van die dinge wat die meeste trauma vir mense veroorsaak is
wanneer hulle 'n werk verloor. Baie keer het die verlies van werk min of niks
te make met hoe goed mense hulle werk doen nie. Begrippe soos "afskaling" "rasionalisasie" ,
"downsizing", "employment equity" en vele meer word gebruik
om die beperking van geleenthede of afdankings name te gee. In die lied probeer ek
nie om die regverdigheid van die toepassing en gebruik van hierdie
begrippe te ondersoek nie - alleen die impak wat dit op mense het. Die mooi
woorde vertel niks van die lyding van gewone mense as hulle in konflik kom met
die werklikheid daarvan nie.
Dr Jan
Verschoor is 'n fiktiewe persoon wat as tipe optree van wat baie
Suid-Afrikaners in die vroeë 90s deurgegaan het met die rasionalisasie van
organisasies soos die AEK, Krygkor, die Onderwysdepartement en vele meer. In
die huidige ekonomiese situasie is daar 'n parallel in die grootskaalse
afdankings wat wêreldwyd in onder andere die Informasie Tegnologie sektor
plaasvind. Ek is dankbaar dat dit nog nooit met my gebeur het nie, maar ek sien
die slagoffers hiervan oral om my heen. Meeste mense herstel wel van so 'n
terugslag en gaan aan met hul lewens. Ander kom nooit daar deur nie en eindig
op as statistieke in gesinsmoorde, selfmoorde of vra jou vir 'n Rand of tien by
die Pick 'n Pay.
Dr Jan
Verschoor - MP3
1. Dr Jan
Verschoor PhD
'n Beroemde
wetenskaplike
Satteliettegnologie
- o wee
Die wese van sy
vaardigheid
Die korporasie
wat hy dien skaal af
Hulle het hom
nie meer nodig nie
Die pakket
betaal sy huis - ook net
En los ook iets
vir waardigheid
Koor
Wat sal hy doen, waar gaan hy heen
Is daar nog 'n
plek vir hom - 'n plan teen die reën
Rasionalisasie,
gelyke geleentheid vir almal
Die een se
affirmasie is die ander se pad na die strate
2. Dr Jan
Verschoor PhD
Sien personeel
agentskappe
"Ons sal kyk wat ons
"Maar ons
kan niks belowe nie"
Die kinders en
die vrou is weg - ai tog
Hulle soek 'n
nuwe lewe
Die huis is in
die mark - te koop
Oorlewing is sy strewe
Herhaal Koor
3. Op die
skouer van die pad
Sit 'n vuil
verwese boemelaar
Het Meneer 'n
Rand of wat
Sê hy en hou sy
hande klaar
Net 'n broodjie
en 'n melk
Is al wat ek wil hê
Dr Jan Verschoor PhD
Het sukses vir altyd afgesê
Herhaal Koor
Drome is een van daai liedjies wat amper van
self ontstaan het. Ek is een van daardie mense wat met die minimum slaap kan klaarkom en baie
nagte na die dak lê en staar terwyl ander mense slaap. Dit is nie dat ek moeg
is in die oggend wanneer ek wakker word of besonder bekommerd is oor iets nie -
ek dink dit is maar hoe my gene my maak. Dit is egter ook een van die beste tye
van die dag om kreatief te wees. As almal slaap kan jy lirieke rondrol in jou
kop en hulle bou tot by die punt waar alles in jou kop leef nog voor jy 'n
woord neergeskryf het op papier.
Drome - MP3
1. Diep in die
stilte van die nag
Terwyl ek lê en
wag
Vir die slaap
om my te haal
In die ligbaan
van die maan
Skyn jou silhoeët hier naby my
En ek wonder of ek in jou drome woon
Koor:
Sien jy my daar in jou droomkasteel
Met 'n hart wat brand met vuur
Droom jy dat ek heldedade doen
Droom jy dat jy 'n prinses is
Die koningin van my hart
O my Liefste
On jou drome
Droom jy nog oor my?
2. Ek sien die
skadu's teen die muur
Hul
fantasiepatrone verf
Met die eerste
oggendlig
En in die dag
se nuwe grou
Kom die slaap
my ook gevange neem
Na die plek waar jy ook is
Koor:
Sien ek my daar in jou droomkasteel
Met 'n hart wat brand met vuur
Droom ek dat ek heldedade doen
Droom ek dat jy 'n prinses is
Die koningin van my hart
O my liefste
In my drome
Droom ek nog oor jou
Daar is 'n ou Chinese vloek wat jou toewens
dat jy in interessante tye moet leef. In Suid-Afrika beleef ons nou
interessante dinge. Ten spyte van al die negatiewe dinge wat ons om ons, het
ons hoop en het ons lewe en die wie in moeilike tye lewe staan byna altyd in
die geskiedenis uit as sterk generasies. Hierdie lied lyk miskien negatief op die eerste
oogopslag omdat soveel negatiewe dinge genoem word. In werklikheid dryf dit so
'n bietjie die spot met al die gesprekke wat ons om die braaivleisvure, by die
OOV vergaderings, op die golfbaan en op die werkplek hoor. Daar was al die jare
baie gesê oor die boere wat nooit tevrede is met wat om hulle gebeur nie. Dit
is eintlik maar die geval met die Afrikaner as 'n geheel. Ten spyte daarvan het
die Afrikaner altyd oorleef en is ek oortuig dat hy altyd sal oorleef. Dit is
eenvoudig nie in ons bloed om op te gee nie.
Ek het nog my lewe - MP3
1. O ek sit
hier en skryf 'n kommunikasie
Die koste van
die lewe laat my tone krul
'k het
geluister na die speeches oor die stand van die nasie
Hul politieke speletjies laat my net gril
Die sosiale
orde in ons samelewing
Is wraggieswaar
nou sommer baie deurmekaar
Strategete en
profete wil nou almal meeding
Om die harte en
die beursies van ons menseskaar
Koor:
Maar ek het nog my lewe
En dit maak nie
saak wat gebeur
Die moeilike
tye
Is net 'n
geleentheid
om deur die
grond na bo te beur
Ek het nog my
lewe
En al lyk die
lewe rêrig flou
Is daar dinge
om te doen
Mure om te
breek
En 'n toekoms
vir my en jou te bou
2. Motorskakings
raak al amper ons almal se lewens
Geweld is blykbaar ook nou baie modieus
As ons mense nie ons sin kry reël ons gou 'n
staking
Intimideer die
res en bou 'n nasie van vrees
Die waarde van
die Rand kan jy tel in sente
En goud is ook
maar net 'n kleine desimaal
Morele
standaarde is 'n rare verskynsel
En die modes
van vandag is maar 'n bietjie kaal
Herhaal Koor
"I want to declare" is een van
twee Engelstalige liedjies op Afrikadag. Tot 1997 het ek min in Afrikaans
geskryf omdat ek gedeeltelik gevoel het dat Engels gemakliker skryf en
gedeeltelik omdat die kommersiële gedeelte van my brein aan my gedikteer het
dat jy 'n groter gehoor het met Engelse musiek. Ons is "after all"
maar so 5 of 6 miljoen mense in die hele wêreld wat Afrikaans kan praat waarvan
daar miskien 2 of 3 miljoen is wat dit interessant sal vind om Afrikaanse
musiek te koop of luister. In 1997 het ek besluit dat ek nou te oud raak om
bekommerd te wees oor wat verkoop of nie, en dat ek miskien moet skryf soos my
hart praat.
Hierdie lied is
in 1995 geskryf toe ek sê maar in my laat Engelse fase was en nog ernstig
gedink het dat ek ooit 'n lewe kan maak uit musiek. In die tyd het ek
installasies gedoen vir die besigheid vir wie ek gewerk het op daardie stadium
en baie tyd in hotelle oral in Suid-Afrika spandeer. Ek is nou nie eitlik
iemand wat baie goed daarmee is om alleen te wees nie, en as ek so ver van die
huis is, verlang ek vreeslik na Susan en die kinders. Om die tyd so 'n bietjie
vinniger te laat verbygaan neem ek dan maar altyd 'n paar boeke saam om te lees
en natuurlik my kitaar om te speel en skryf as die inspirasie my beetpak.
Hoewel die lied
vierkantig in die kategorie van "kommersiële soetsappige ballade"
val, het ek tog gevoel dat die lied genoeg meriete het om opgeneem te word.
I want to declare - MP3
1. I lie awake in this old hotel room
I long to have your loving arms around me
Right now
Dreaming dreams of when we're together
In Summer days or stormy weather
It's better when you're here
Chorus
I want to declare my love for you
I'm but half a man when you're not around
I would go to the ends of the earth
If I only knew you'd wait there for me
2. I read a book and watched the TV
I took a drive to see the scenery
I spent some time just walking around
I'm not good at being lonely
So I moped around and wished that only
You could be here with me
Repeat Chorus
Bridge
I don't think my life would be complete
without you in it
Every day you stayed with me
You made it better
Every day you give me hope
Repeat Chorus
Hierdie is my gunsteling lied van die album
omdat so naby aan my lê. Die lied gaan oor die skeppingsproses van 'n lied. Elke lied gebeur op 'n
ander manier en elke lied is anders. Hierdie lied ondersoek van die
konflikte wat ek (en ek glo ook ander musikante) deurgaan in die skepping van
'n lied.
Volgens my skryf mense of vir hulself of vir
'n gehoor.
Die uitdaging
is nie om vir jouself te skryf nie, want dan is dit in kern 'n soeke na
selfgratifikasie en hoef jy niemand anders in ag te neem nie. Dit is maklik
omdat jy jouself dan eenvoudig kan voordoen as hierdie diep, kunssinnige mens
wat deur niemand verstaan word nie. Hoe onsinniger die musiek en liriek hoe
beter, want die versugting na onbegrip beteken ek kan enigiets op papier sit en
binne 'n uur - sonder nadenke of 'n poging om iets spesiaals te maak - 'n lied
kan skryf en sommer nog in die studio opneem ook.
Om vir die
massa gehoor te skryf is ook nie so moeilik nie. Jy hoef maar na die top 40 te
luister en jy kan binne 'n uur met moderne tegnologie iets aanmekaar timmer wat
gaan verkoop.
Die uitdaging
is om iets te skryf wat jouself die satisfaksie gee dat jy iets geskep het wat
vir jouself lewe en ook vir die gehoor lewe. Vir my is die perfekte lied 'n
lied wat vir my betekenis het en aan my behoefte om iets spesiaals te maak
uiting kan gee, maar waarmee ek ook 'n gehoor gevange kan neem met wat ek
te vertel het. Dus is die ideale lied
vir my een wat ek vir myself skryf en vir ander mense.
'n Verdere stryd wat ek ondersoek is die
integrasie van musiek en liriek. Musiek sê op sig al reeds iets. Musiek skep sfeer en die
betekenis van liriek gaan verlore in onoordeelkundige geskrewe musiek. Te
gelykertyd skep die wiskunde wat musiek beheer 'n relatiewe rigiede raamwerk
waarin jy jou lirieke kan skryf. Vir elke stuk musiek is daar 'n liriek wat dit
meer betekenis kan gee, maar vir elke liriek is daar nie noodwendig musiek wat
dit kan toelig nie. Die kuns is om binne die orde van die reëls van musiek die
potensiële chaos van liriek te kan tem sonder om die gees daarvan te
breek.
Ek is oortuig
dat sommige hierdie lied as pretensieus sal ervaar, maar die simmetrie van die
lied is vir my so mooi dat ek nie regtig omgee wat mense van dink nie. Hierdie
selfsug neutraliseer daarmee miskien die boodskap wat hy wil uitdra met die
lied. Wees julle maar die jurie.
Liriek - MP3
1. Sal ek nou
'n loflied bou
Van Boland
berge blou
Of sal ek maar
'n liedjie skryf vir jou?
Sal ek maar 'n liedjie skryf vir jou?
So baie het
gesing en speel
Oor Tafelberg
se jas
En almal dig
oor die liefde sodra dit hulle pas
Almal dig oor
die liefde sodra dit hulle pas
Koor:
Ek is die
sanger
En ek sing wat
jy wil hoor
van die
swaarkry
En die blydskap
En die trane in
jou oë
Alles is seker
In die mate van
musiek
Maar tussenin
die note
Skuil die chaos
van liriek
2. Sal ek inspirasie vind
By voëls in die lug
Of sal ek maar net luister na die
liedjie in my sug?
Sal ek maar net
luister na die liedjie in my sug?
Gannabos en
branders
Pypsteel en
kaneel
Elkeen sê sy
woorde al mag dit jou verveel
Elkeen sê sy
woorde al mag dit jou verveel
Herhaal Koor
Ek smag na die dag wat ek
Ek verstaan
egter waarom dit gebeur. Mense beteken die ondergang van mense. Elke terugslag
wat iemand beleef het die potensiaal om maskers te maak. Elke kontak wat iemand
het met 'n ander persoon, het die potensiaal om hul seer te maak. Wat mense nie
besef nie, is dat jy nooit gelukkig kan wees in jouself as jy die heeltyd 'n
masker dra nie. As jy 'n masker dra weet niemand anders wie jy is nie, en gaan
hul jou weer misverstaan omdat jou aksies en jou voorgee nie ooreenstem nie. Dus
lei dit tot meer misverstande en dieper ongelukkigheid. Al manier om dit te
bowe te kom is deur doelbewus jouself te wees - die masker weg te haal. Daar
sal nog steeds mense wees wat jou seermaak, maar die feit dat hy geen masker
dra nie laat jou toe om dit te verwerk en aan te gaan omdat die positiewe
resultaat van jou deursigtigheid die negatiewe ver sal oordonder.
Maskers - MP3
1. Waar is jy nou
As jy eerlik is oor wat daar in jou hart is?
Of is die pyn te veel om dit met my te deel?
Is jou lewe net 'n masker
'n Parodie van wat jy is?
Leef jy net 'n
vals karakter
Uit 'n hoofstuk uit iemand anders se boek?
Koor:
Daar is vryheid in om jouself te wees
Vryheid as daardie voorgee verdwyn
O daar is vrede wanneer jou hart
Vrede as jy laat staan met die skyn
2.
Toe jou nuwe lewe vars en vol van hoop was?
Het jy vergeet
Dat die oue ook toe heeltemal tot niet was?
Maar die sorge
van die lewe
Het hul mure om
jou gebou
En jy kan jou
nie vergewe
Dat jy nie
wette van iemand anders kan hou!
Herhaal koor
Hierdie is die
ander Engelstalige lied op die CD. Ten spyte van my behoefte om my, het die
leegtes 'n groot aantrekkingskrag vir my. Een
van die plekke wat my geraak het met sy grootheid en grootsheid is ons buurland
Namibië. As ek wil alleen wees is dit die soort plekke wat my roep. Daar kan jy die druk van
die moderne lewe vergeet en eenvoudig een wees met die natuur.
Ek het hierdie
lied in 1985 al geskryf, maar dit het nooit 'n plek gekry in my repertoir nie
vir verskeie redes. Een was die feit dat baie van ons mede Suid-Afrikaners nog
steeds tot onlangs aan Namibië gedink het as Suidwes Afrika en hulself nog
steeds nie kon vereenselwig met die veranderings daar nie. Ek dink dat
daardie era nou verby is en volgens my is dit tyd om iets met hierdie lied te
doen.
Where the desert sun
Meets the promise of water
And the winds of change can quickly ruin the
day
Where few men have dared to enter in
And just as quickly
Have run away
It's a land where life is a rare form of
beauty
As the shores stretch it's skeleton arms
away
Where drops of water give substance to God's
creatures
And the angels keep civilization away
Chorus:
Oh
For your land is a place where even man can
be free
Away from the killing power of Mammon's evil
laws
Oh your wilderness is on earth so close to
heaven's doors
2. Where the rotting jungle of concrete
towers surround you
And the light of day is hundreds of miles
away
With the much and decay of modern man around
you
And the life of a stranger
Can quietly pass away
It's a place where dealing in death is an
art form
As it's animals scurry away from the light
In it's heart there are men dreaming of
endless beauty
Of
Oh
Repeat Chorus
Die
oorspronklike doel van hierdie lied was om die grense van wat moontlik is in
Afrikaans te verken. Ek wou iets met 'n Latyns-Amerikaanse of jazzerige
geurtjie skryf met sommer net leeghoofdige woorde om te kyk of dit kan gedoen
word. Die uiteindelike resultaat was iets nog steeds Latyns-Amerikaans met 'n
jazzerige geurtjie aan, maar my poging het tog 'n liriek opgelewer. Ek het vir
die grootste gedeelte van my werkende lewe meer dan 50 Kilometer na my werk
gery oor van die besigste paaie in Suid-Afrika en Europa. Daar word jy gou net
nog een van die mense wat in die verkeer sit en hoop dat die reën sal ophou of
dat daar nie 'n ongeluk voor êrens in die pad is nie of dat jy nie een van die
ongeluksyfers word nie. Hierdie lied neem 'n ligte kyk na die ironiese
resultaat van moderne kapitalisme. Die gemiddelde persoon in 'n moderne
kapitalistiese staat strewe om meer geld te versamel om sy lewe te verbeter
sodat hy kan uitstyg uit die massas en sy uniekheid kan bevestig deur dit wat
hy doen met sy geld. In die gejaag daarna word hy in feite presies net dit
waarvan hy probeer om van te ontvlug - net 'n nommer.
Net 'n
nommer - MP3
1. Ek hoor die
wekker raas
Nog 'n nuwe dag
Gooi my gou-gou
uit die vere
Sit die hitte
aan
Brêkvis in die
pan
Lees die Boek sus my gewete
As die oggendson sy kop uitsteek
Is my das om my nek
En my brieftas in my hand
Koor:
Dan moet ek vra
is ek gebore
Om net 'n
nommer in die nasie se komper te wees?
'n Statistiek om oor te wonder
Is hy net data of is hy iemand besonders?
2. O nee - dit
reën alweer
Beperk die
groot verkeer
Na die werkplek
vir my sente
'n Duisend
ligte elk
Met vae gesigte wat
Ook elk 'n hart het net soos myne
Dis almal vreemdelinge net soos ek
En hul gaan by my verby
Vergeet hul het
my ooit gesien
Herhaal Koor
Ek dink julle
ken hom/haar almal. Jy kry hulle orals in die samelewing. Mense wat probeer om
hul "morele meerderwaardigheid" te bewerkstellig alleen om dit
te misbruik om te manipuleer en hul sin te kry. Hulle raak betrokke by die
bestuur van kerke, kultuurorganisasies en besighede vir alleen een rede, en dit
is om hulself te laat belangrik voel. Deur die eeue heen was daar baie
soortgelyke mense, en hulle het gesamentlik 'n redelike groot bydrae gelewer
tot politieke en godsdienstige vervolgens, oorloë, rusies en tweespalt.
Gelukkig het
baie van hulle ook die pad na Damaskus betree en was óf blind daarna, of
anders.
Op 'n punt
van orde - MP3
Ek sien jou in
die oggenddiens
Beleefd knik jy
jou kop
As daar kans is
vir gebede
Staan jy heel
eerste op
Jy het jou eie
sitplek
Aan die
linkerkant daarvoor
Sou die kinders
'n geluid maak
Kyk jy of jy wil moor
Koor:
'n Professionele Christen
Dis wat jy ook is
Die hartklop
van tradisie
Verstaan jy ook
gewis
2. Net op 'n
punt van orde
Is die kerkraad
vasgepen
Solank jou
redenasies
Die argumente
wen
Jou onlangse
donasie
Het die
predikant gekoop
Hy eet nou uit
jou hand uit
"As hy
verskil dan kan hy loop"
Herhaal Koor
Koor 2
Op die pad uit
na Damaskus
Om herlewing te
versmoor
'n Ontmoeting
met die Christus
Het sy regte
gou verloor
Hy was 'n
Fariseer
Hy was 'n
Fariseer
Toe ek nog op skool was, het almal aan my
vertel dat die hele wêreld ooplê vir jou as jy hard werk om jouself te verbeter
en getrou is in wat jou doen. So word daar reeds op 'n jong leeftyd verwagtings
by mense geskep oor hoe suksesvol hulle as volwassenes gaan wees. Die hele advertensiewese
is verder daarop gemik om ons te laat weet dat alles maklik is, as jy net dit
doen of dat koop. As jy 150 kg weeg en jy drink net hierdie melkskommel of
gebruik hierdie oefenmasjien dan sal jy gou-gou so maer wees dat jy soos een
van die supermodelle in die advertensie gaan lyk. Hoeveel mense ken julle met
tientalle oefenapparate wat in die motorhuis opgeslaan is. Hoeveel kitsdiëte
het jy al gevolg omdat dit kwansuis sou werk?
Ek is dom
genoeg om elke keer vir sulke foefies te val. Ek is my hele lewe lank besig om
finansiële sukses te bereik, om gewig te verloor, om 'n vinniger rekenaar te
kry - ek is net so veel 'n slagoffer van ons gebruikerssamelewing as wie dan
ookal. Ek sien dit, ek weet dit, maar hierdie resies is een waar jy nie sommer
kan uitklim nie.
Uiteindelik
moet ek myself leer (en is ek hopelik besig om te leer) dat alles in die lewe
wat die moeite werd is alleen met tyd, sweet en trane kom.
Tyd en Trane - MP3
In my gedagtewêreld
Is daar 'n stryd wat voortwoed
Tussen my drome en wat is
In my omstandighede
Is dinge wat sonder rede
Soos 'n Suidooster aan my ruk
Toe alles vars
en nuut was
Voor die lewe
se deur
Het ek verwag
dat ek sou leer
Dat al my
ideale
Gou sou groei
en sou blom
Dat dit vanself na my sou kom
Koor:
Niks wat die
moeite werd is
Kom sonder tyd
en trane
Niks wat moet
staan kom in een dag
Soms sal dit stryd ontketen
Maar as dit iets beteken
Is dit ook werd om voor te wag
2. Sien jy ons
samelewing
Vinnige
pynverligting
Drink hierdie pil of daai tablet
Lugpos met sneltariewe
Hotelle met blitsgeriewe
Betaal net ontbyt en ook jou bed
'n Poeiertjie in die koppie
Met 'n
watertjie by
Jy kan dit als
so maklik kry
Alles so gou en
vinnig
Jy hoef nie
moeite te doen
Maar luister nou tog vir my
Herhaal Koor