Eerste Afstammelinge

Die Pohls se tweede seun, Johann Theodorus(1809-1882) en sy gesin het op plase aan die Baviaansrivier en in die omgewing van Bedford/Adelaide gaan boer. Daar was hulle telkens in lewensgevaar tydens die destydsegrensoorloë. Vandaar het verdere verspreiding van hierdie familielyn plaasgevind en van Johann se nasate het hulle selfs vroeg in hierdie eeu in Kenya gaan vestig maar moes later, tydens die Mau-Mau oproer terugkeer. 'n Kleinseun van hom, Pieter Pohl, se wedervaringe op kommando tydens die Anglo Boereoorlog is opgeteken en is deel van die Pohl erfenis.

Steyn Pohl
Steyn O'Brien Smith Pohl en familie wat hulle in Kenya gaan vestig het.

Onder die jonger seuns het, Fredrik Wilhelm (b.1819), sy broer Johann gevolg maar Carl Emanuel(1817-1886) het verder noord uitgewyk na Kimberley toe en sy nasate het hulle blykbaar later op plase in die Wes-Transvaal gevestig. Lede van hierdie familie was ook in in die Anglo-Boereoorlog op Kommando en van hulle was by die beleg van Mafeking deur die Boerewagte, betrokke.
Die wel en weë van die derde seun, Frans Petrus(geb:1816), is tot datum nog onbekend.

Frederik Pohl se vier seuns, nl. Carel Frederik(1832-1919), Ignatius Philip Willem(1836-1912) , Petrus Johannes (b.1845) and Robert Langley (1847-1930), het by sy afsterwe elkeen 'n deel van "Carels Rust" geerf. Carel en sy gesin het hulle in ongeveer 1885 op plase in die Vrystaat gaan vestig. en drie van sy seuns was gevolglik later in die Anglo-Boereoorlog op Kommando. Hierdie gesin se wedervaringe tydens die oorlog is verewig in die boek "Adventures of a Boer family", geskryf deur een van die jonger seuns en bekende skrywer en musikus, Victor Pohl. Hierdie familielyn het hulle na die oorlog in Bloemfontein en later in die Noord Transvaal in die omgewing van Duivelskloof gaan vestig en heelwat van die nasate woon vandag nog daar.

Adventures of a Boer Family
Die Pohl's van "Adventures of a Boer family" faam.
Die Skrywer Victor Pohl verskyn regs, agter. Foto ongeveer 1903.

Soos tyd aangestap het, het Ignatius Philip Willem en sy familie hul mettertyd in die Transvaal gaan vestig en van sy seuns het ook die Anglo-Boereoorlog meegemaak. Van sy vroulike nasate en hul kinders is deur die Britse magte na die Irene Konsentrasiekamp toe weggevoer , waar sommige oorlede en begrawe is.

Op Kommando
Op Kommando, die persoon heel links voor met die Bandolier is 'n Pohl

Eerste Pohl's in Suid Afrika|Hoofblad|Dorp Schivelbein