Eerste Pohls in Suid AfrikaSA vlag

Die eerste kinders was gebore in die distrik Swellendam in Suid Afrika. Soos die familie die binneland ingetrek het was ander kinders gebore op die plase "Klein Berge" by die Gourits rivier en "Zandkraal", waar die dorp George tans gelee is. Carl het mettertyd redelik welaf geword en het bv. verskeie kommersiële, bou- en bedrywighede behartig. Tydens hierdie periode het hy bevriend geraak met onderskeie beroemde historiese persone soos bv. die Voortrekkerleier Piet Retief en die omstrede George Rex. Die familie het klaarblyklik ook in die dorp Uitenhage vir 'n tyd gebly, aangesien van hulle jongste kinders daar gedoop was. Later met die koms van die Britse settelaars het die familie verder oos getrek en hulle in die omgewing van Grahamstad gevestig.

Hulle oudste seun, Carel Frederik (1802-1870)wie in 1825 met Christiana Johanna Ferreira (1806-1869) getroud is, het in daardie jare vir hom 'n plaas naby Grahamstad aan die Algoabaai roete aangeskaf. Die plaas is later vernoem tot "Carels Rust" want dit is daar waar sy ouers Carl en Hester hul laaste rusplek gevind het. Dit is ook van hierdie bekende plaas af dat die Pohl nasate uitgewyk het om hulle mettertyd wyd en suid in die Suidelike Afrika te vestig.

Oudste seun
Frederik Pohl and Christiana Ferreira

Plaasopstal
Carels Rust, die ou Plaasopstal


Familiewapen |Hoofblad| Eerste Afstammelinge