Wie
was die Hugenote?
Johannes Calvyn (1509 - 1564)
godsdienstige hervormer.
|
Die Hugenote was Franse
Protestante wat lede was van die
Gereformeerde Kerk wat in 1550
deur Johannes Calvyn
gestig is.
Die oorsprong van die naam
Hugenoot is onseker maar dateer uit ongeveer 1550, toe dit gebruik is in
hofsake teen die "ketters" (afgewekenes van die Rooms Katolieke Kerk).
Daar is 'n teorie dat dit afgelei is van die persoonlike naam van Besançon
Hugues, die leier van die "Konfererale Party in Genéve,
in kombinasie met 'n Franse korrupsie van die Duitse woord vir samesweerder
of konfederalis, naamlik eidgenosse. Dus het Hugues
plus eidgenote mettertyd Hugenoot geword, met die bedoeling om die
Protestantse saak te koppel aan destydse ongewilde politiekery.
In sy boek The Days of
the Upright, a History of the Huguenots, skryf O.I.A. Roche dat die
woord Hugenoot: |
"'n kombinasie is van
'n Vlaamse en 'n Duitse woord. In die Vlaamse hoek van Frankryk was Bybelstudente
wat in mekaar se huise by mekaar gekom het om in die geheim te studeer
bekend as Huisgenoten, terwyl aan die Switserse kant van die Duitse grens
hulle as Eidgenossen bekend gestaan het. Saamgevoeg tot "Hugenoot," 'n
woord wat dikwels neerhalend gebruik is, het dit na twee en 'n half eeue
van terreur en triomf verander in 'n woord wat eer en heldemoed verteemnwoordig"
(vry vertaal).
As skimp- en skeldnaam is dit
selfs verbied deur Hendrik IV (Hendrik van Navarre, wat self vroeër
'n Protestant was) in regulasies wat aan die Edik van Nantes in
1598 gekoppel was. Die Franse Protestante self het aanvanklik niks van
die woord gehou nie, en na hulle self as "réformees" (gereformeerdes)
verwys.
Dit was heelwat later dat
die naam "Hugenoot" 'n erenaam geword het.
'n Algemene Edik wat die
uitroei van die Hugenote aangespoor het, is op 29 Januarie 1536 in Frankryk
uitgereik. Op 1 Maart 1562 is ongeveer 1200 Hugenote vermoor by Vassy
in Frankryk. Dit was die begin van die Godsdiensoorloë
wat Frankryk uit mekaar geskeur, verwoes en bankrot gemaak het vir die
volgende drie dekades.
 |
St Bartholomeusnag massamoord,
1572
Klik op afbeelding hierbo
vir vergrote beeld
|
Gedurende die berugte St
Bartholomeusnag van 23/24 Augstus 1572 is meer as 8000 Protestante,
insluitende Admiraal Gaspard
de Coligny, Goewerneur van Picardy en leier en spreekbuis van die Hugenote,
in Parys vermoor. Dit het geskied tydens die huwelik van Hendrik van Navarre,
'n Hugenoot, met Marguerite de Valois (dogter van Catherina de Medici),
toe duisende Hugenote in Parys saamgetrek was vir die huweliksfees.
Catharina de
Medici
|
Dit was Cathararina de Medici
wat haar swakkeling-seun, Karel IX, ooreed het tot die massamoord, wat
drie dae geduur en na die platteland versprei het. Op Sondagoggend 24 Augustus
1572 het Catharina self deur Parys se strate gewandel om inspeksie van
die dooies te hou. Hendrik van Navarre se lewe word egter gespaar, danksy
die feit dat hy voorgee om die Rooms Katolieke geloof aan te hang. In 1593
besluit hy om die Rooms Katolieke geloof te aanvaar, en 5 jaar later is
hy as koning Hendrik IV (le bon Henri - goeie Hendrik) die onbetwisde
heerser van Frankryk.
Toe die eerste gerugte van
die massamoord op St Bartholomeusnag die Vatikaan in Rome op 2 September
1572 bereik, was pous Gregorius XIII jubelend en wou hy vreugdevure in
Rome laat aansteek. |
Hy is oorreed om te wag vir
die amptelike bevestiging van die nuus; dieselfde oggend van die dag waarop
hy die bevestigende nuus ontvang het, het hy 'n dankdiens gehou en aangekondig
dat "dit God behaag het om ons barmhartig te wees". Hy en die kardinale
het vervolgens na die St. Markus-kerk verdaag om 'n
Te Deum aan
te hef, en het gebid en gebede versoek dat die Mees Christelike Koning
van Frankryk sy hele koninkryk mag verlos en reinig van die Hugenote plaag.
Op 8 September 1572 is 'n
dankseggings-optog in Rome gehou. Die pous het, in 'n gebed na afloop van
die mis, God gedank dat hy "die katolieke bevolking 'n glorieryke oorwinning
oor 'n verraderlike ras" gegee het (gloriosam de perfidis
gentibus populo catholico loetitiam tribuisti).
Gregorius
XIII het Vasari opdrag gegee om tonele in een van die Vatikaan se lokale
te skilder van die triomf van die Mees Christelike Koning oor die Hugenote.
Het het 'n medalje laat slaan waarop die engel van verdelging die Hugenote
met die swaard uitwis, met die inskripsie: Hugonottorium strages
(Hugenote samesweerders). In Frankryk self het die Franse owerhede
bevel gegee dat 'n beeltenis van Admiraal de Coligny verbrand en dankgebede
opgestuur en dankseggings-optogte jaarliks op 24 Augustus gehou word, uit
dankbaarheid dat God die katolieke die oorwinning oor die Hugenote gegee
het.
Hendrik van Navarre,
eertydse Hugenoot, later Hendrik IV
|
Die Edik van Nantes
is op 13 April 1598 deur Hendrik van Navarre onderteken, wat 'n einde gebring
het aan die Godsdiensoorloë.Die Hugenote was toegelaat om hul godsdiens
te beoefen in 20 gespesifiseerde Franse vrystede. Frankryk is verenig en
'n dekade van vrede het gevolg.
Nadat Hendrik van Navarre
egter in 1610 vermoor is, is die vervolging van die "afvalliges" egter
weer in alle erns begin onder leiding van Kardinaal Richelieu. Die Hugenote
se vrystede het die een na die ander verlore gegaan nadat dit deur kardinaal
Richelieu se magte verower is, en die laaste vernaamste en sterkste vesting,
La
Rochelle, is in 1629 na 'n maandlange beleg prysgegee. |
Richelieu, wat die Hugenote
met meningvervolg het.
|
Hendrik IV se swakkelingseun,
Lodewyk XIII, het die Hugenote egter die voorregte wat hulle ingevolge
die Edit van Nantes geniet het, geweier. Toe hy herinner is aan hul aansprake
wat het ingevolge beloftes deur Hendrik III en Hendrik IV, het hy geantwoord:
"eersgenoemde monarg het hulle gevrees, en laasgenoemde het hulle liefgehad;
ek vrees hulle egter nie en het hulle ook nie lief nie."
Lodewyk XIV
|
Lodewyk XIV (die Sonkoning,
1643-1715)
het sy leuse
l'état c'est moi (ek is die staat) begin uitleef,
en die berugte dragonnades ingestel waardeur dragondersoldate by
Hugenote-gesinne ingeboek is. Hy het met 'n beleid van une foi, un loi,
un roi (een geloof, een wet, een koning) die Edik van Nantes op 22
Oktober 1685 herroep. Die grootskaalse vervolging van Hugenote het opnuut
en met groter felheid begin.
Protestantse kerke en die
huise van "hardnekkiges" is afgebrand en afgebreek, en hul psalmboeke en
Bybels is verbrand. Baie Hugenote het op die brandstapel gesterf. Emigrasie
is onwetting verklaar. Baie Hugenote wat nie dood is in die plaaslike tronke
of deur teregstelling op die martelwiel nie, is lewenslank verband om as
galeislawe
op Franse galeiskepe te werk, of is aan Turkye as galeislawe verkoop. |
'n Duidelike beeld van die lewe
as galeislaaf in Frankryk word beskryf in Jean Martheihess se Memoirs
of a Protestant, in Engels vertaal deur Oliver
Goldsmith, wat die ondervindings beskryf van een van die Hugenote wat
gely het na die herroeping van die Edik van Nantes.
Elke plek van aanbidding
van die Hugenote is vernietig; elke predikant wat geweier het om te "konformeer"
was verban na die Hôpitaux de Forçats by Marseilles
en by Valance. As hy bekend was vir sy ywer of as "hardkoppig" gebrandmerk
was, was hy lewenslank tot slawerny verban na dié Wes-Indiese eilande
wat onder Franse beheer gestaan het. Die kinders van Hugenote-ouers is
met dwang van hulle af weggeneem, en deur Rooms Katolieke monnikke of nonne
opgevoed in die Roomse geloof.
Tonele soos hierdie was
algemeen tydens die vervolging van die Hugenote in Frankryk in die sestiende
en sewentiende eeu.
(Klik op die foto hierbo
vir 'n vergrote beeld).
Ten minste 250 000 Franse
Hugenote het gevlug na lande soos Switserland, Duitsland, Engeland, Amerika,
Nederland, Pole en Suid-Afrika waar hulle godsdiensvryheid kon geniet.
Net soveel is in Frankryk doodgemaak. Tussen 1618 en 1725 het tussen 5000
tot 7000 Hugenote vlugtelinge na Amerika uitgewyk. Die wat afkomstig was
vanaf die Franssprekende deel van België, 'n gebied bekend as Wallonië,
staan algemeen bekend as Wallone (en nie as Hugenote nie).
Die grootste getal Hugenote
vlugtelinge wat na die Kaap van Goeie Hoop gevlug het, het gedurende 1688
- 1689 gearriveer. Selfs voor hierrdie groootskaalse emigrasie het individuele
Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broersFrançois
en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig.
Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig.
Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige
dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog
hul oorponklike Franse naam dra.
'n Eeu later het die promulgering
van die Edik van Verdraagsaamheid op 28 November 1787 die burgerlike en
godsdienstige regte van die Hugenote in Frankryk gedeeltelik herstel.
Volgende: Die koms en vestiging van die Hugenote in SA:
SKAKELS
Tuisblad
Alle teks en afbeeldings
op hierdie webwerf is © Kopiereg 1998: Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
|