Samuel Murray se Webwerf.

Skiet sommer reguit deur na die volgende punte op hierdie tuisblad: eie skryfwerk (wat oor gedigte handel - elke blerrie webwerf het gedigte op, demmit), vyand- en vriendskappe, die familie, my oorseeganery, fotogallery (die modelle is oud genoeg - die vraag is: is jy?), 'n lys van verskeie top-3-gunstelinge, die taalpraktykkursus wat ek geswot het, 'n rekenaartermlys wat amper so akuraat soos Jan Combrink en amper so up to date soos Cluver en Coetzee is, en 'n webwerfindex, sodat jy na enige van hierdie bybladsye kan spring (elke webwerf het dit, honest).

Ek weet dit lyk nog maar 'n bietjie oes, en sonder tierlantyntjies, maar dis beter om crap op die net te hê as om niks daar te hê nie. Geniet solank julleself. Soetwees...

Ja, dis my ID-foto (ek't geelsug; tot ek 'n scanner kry). En sowaar, dis hoe ek lyk. Wel, ek's darem nie net kop nie. En daai hare maak Bohemian Rapsody 'n feestelikheid, veral op die N1.

Ja-ja, ek lyk maar net negentien, maar eintlik is ek 'n fossielagtige vyf-en-twintig. Maar solank ek met die negentienlieg kan wegkom is als wel, dan act ek my age (die 19 age). Ek is versot op oranje sampioen, en frodo is my waghond, want hy maak pynappelbier (skies, ek dink die sein kom dalk sleg deur).

Ek hou van gesels, roomys eet, twak praat, na twak luister, vry (maar laas was twee jaar laas, snik), vrolik wees en my ma. Ek is 'n eerstebas, intelligenterig, melancholies, maagd, oulik en redelik onsuksesvol besig om 'n baard te kweek. Ek haat trompetgeskel, felicia mabusa shuttel, stink voete, windows95, en wanneer tien searchenjins almal dieselfde links vir "naked.girl" gee. Ek wens ek kon klavier speel, slange vang, weer vir skotland sien, en nooit hoef te worry dat ek dalk een van die drie voedselgroepe oorgeslaan het nie.

Ek was al verlief op meisies met die name Bernadine, Luzita, Marlenetjie, Nelmarie, Melinda, Elbie, Soerien, Elsie (nee, regtig), Ilse, Hannie, Annali, Elfreda, Cathy, Liesl, een wie se naam ek nou vergeet, nog een wie se naam ek nou vergeet, Carla, Karen, Annemarie, Marita, Sonja, Lacia (kyk nou hoe kom skop sy my omdat ek haar naam so spel), en laastens, Sarah MacDonald. O, en voor dit was ek op haar suster Kirstine verlief. Ek was al in die volgende lande: Namibië, Suid-Afrika (oud en nuut), Skotland, Engeland, Duitsland, Frankryk, Vrystaat, België, Nederland, en Glasgow. Die volgende TV-programme het ek nog nooit gekyk nie: Baywatch.

My introduction is op 'n end. Ek sluit op 'n ernstige noot. Die beste raad wat ek nog ooit gekry het, was: "Die belangrikste ding wat jy kan doen, is om jouself te vergewe, want as jy dit nie gaan doen nie, gaan 'n deel van jou altyd vasgevang in die verlede bly." Maar voor ons sentimenteel raak, terug na die ou self. Nee kyk, nou het ek werklik 'n ernstige noot.

O, en die coolste website wat ek nog gesien het is die van heksie@usa.net, en ek hoop maar my program sit die hyperlink in, want met my HTML knor dit nog maar.

 

Ek weet dat almal altyd die digkunsseksie in webwerwe vermy (en dat almal altyd nietemin 'n digkunsseksie het). Daarom vertel ek julle eers van die storie. Dis 'n volle teksdokument, so moenie skaam wees nie.

Dit heet "Jammerlike nag", en dis werklik jammer dat ek die tweede helfte daarvan op 'n christelike tyd in my lewe weggegooi het (dit was die seksdeel). Ek moes die seksdeel maar gedurig proeflees om seker te maak alles werk mooi uit - en ook maar goed, want op 'n stadium kom ek agter ek moet dalk die hoofkarakter se twee arms omruil, want anders het hy nie seks nie, maar twister (die game, nie die fliek nie). Maar hiervan sal jy nou ongelukkig nie te lese kry nie.

Die gedigte (ja, bear with me). Ek dink daar's hopeloos te veel freeverse in die wêreld, en daarom beywer ek my om ritme, rym en metrum. Die digkunsseksie bevat 13 gedigte (meeste van hulle is kort, of interessant, of albei). Van my drie gunstelinge is die eerste ritmies-rymies-metries, die tweede net ritmies-rymies en die derde amper ritmies. So, daar's hoop vir freeverse, maar nie vir crap nie.

Kom ek vertel julle van mense wat julle nooit kan hoop om te ontmoet nie en heelwaarskynlik ook nie juis veel in belangstel nie. Hierdie bybladsy spog met weird name soos Siegfried, Hennerien, James MacInnes en andere. Daar is vriende en vyande. En kennisse. Byname so weird soos Lucyfur, Alfredo en Carrion. En ek sal kyk, dalk is daar nog foto'tjies ook by. Lees hoe ek vir Millie en Sonnemeisie ontmoet het, en vir Bienkie en Sonstraaltjie (en ook hoe ek dit uithou met mense wat so genoem word). En ook vir Wolverhampton.

As jou ouboet vier jaar jonger as jy is en meer verdien as jou ma, of as jou sussie tweede in Mej Tiener op Egoli gekom het, of as jou pa met my ma getrou het, of selfs as jou laatlamboetie se naam net so kort soos hy self is, hoef jy nie hierdie bybladsy te lees nie. En as jou oupa spesiaal amerika toe is om agter my ouma wat ook amerika toe is te gaan aanvry (toe sy hom nog nie eens geken het nie) en toe sommer op die koop toe by Princeton gaan swot het, of as jou ander oupa se naam Oom Mike is en sy vrou verskeie boeke wêreldwyd gepubliseer het, of selfs as julle ousie nog elke dag betyds vir werk opdaag, hoef jy glad nie hierdie bybladsy te lees nie, hoor? Oukei? Ja, dit gaan oor die familie.

Vir 'n ongenadigde jaar en 'n half moes ek moue oprol en ander mense se vuil skottelgoed was. In Skotland. Oorsee. En tweekeer moes ek my kuiertjies daar kortknip omdat ek 'n troue in Suid-Afrika had (nie my eie nie). En ek wens ek was nou nog daar want dan sou ek dalk 'n troue hê (my eie). En vir julle wat nog nie daar was nie gee ek sommer 'n bietjie raad en advies.

Nee, ek spot sommer, daar's geen modelle nie. Die fotogallery is 'n versameling van my foto's waarop ek nou spesiaal trots op is. Fotograwe sal dit interessant vind. En mense met 'n oog vir kuns. Die first-level secondary page bevat thumbnails, wat elk na 'n volgrootte foto op 'n second-level secondary page wys, sodat dit jou nou nie ure en ure vat om dit te download nie. Verstaan? Ek kon dit nie weerstaan om 'n bietjie REGTE internetterme hierby in te roer nie. Net om te wys hoe oulik ek is.

Wat ek eintlik gesê het is dat die fotogallery bestaan uit piepklein foto'tjies wat afsonderlik as groot foto's gedownload kan word.

Ek't dit oorweeg om 'n Toptien van alles op te stel, maar 'n Topdriebladsy is beter, want ek is lui. My top drie popliedjies, kossoorte, chatonderwerpe, musiekgroepe, radiostasies, computergames, akteurs, flieks, tvprogramme, en vele meer. En 'n paar Worst Of's.

Sedert 1992 bied die Kaapse Technikon 'n kursus genaamd taalpraktyk aan. En ek't dit geswot. Hang aan 'n tak, mense, en binnekort expand ek hierdie link na 'n volwaardige taalpraktykwebsite, met histories, waves, gifs, cheatsheets, hulpvaardige hulp en aktuele artikels deur oudstudente, en moenie die kreatiewe onderdeel vergeet nie. Binnekort.

Die rekenaartermlys is nog nie klaar nie, maar net om te wys dat ek nie 'n twat is nie, kom ek gee intussen vir julle 'n kort termlysie oor al die internet- en rekenaarterme wat ek in hierdie website (skies: webwerf) gebruik het.

Hier's 'n vinnige webwerfindex. <--- hierdie bookmarklink spring na hierdie einste punt, so moet nou nie so frons nie. Daar's storie, gedigte, kennisse, familie, oorsee, fotogallery, topdrie, taalpraktyk, en termlysie.

 

Hierdie webwerf is geskep met behulp van my eie brein en 'n sekere program, wie se CD-key jy kan uitgefigure as jy deur sewe kan deel. Later het ek 'n bietjie HTML geleer. Nog later het ek 'n ander website gemaak. En nog later het ek 'n akademiese site gemaak. Besoek almal gerus: die Simpelwerf en die Termwerf (akademies)

   
            Kry jou eie webwerf by www.geocities.com