Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - FEBRUARIE 2003


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (FEBRUARIE 2003)

 

Ek het ‘n VRRREEEEEESLIKE probleem vandag. Ek moet nou die BALKIEKOERANT skryf en ek het NIKS nuus nie! Wat moet ek nou in die BALKIEKOERANT skryf?

 

Ek het gedink en gedink totdat ek bloupers in my gesig was, maar ek kan aan NIKS, ABSOLUUT NIKS dink nie.

 

Kan jy dink hoe lyk ek met my bloupers gesig terwyl ek so HARD DINK? Ek het in die spieël gaan kyk hoe lyk ‘n Balkie met ‘n BLOUPERS gesig en ek kan jou vertel – dit lyk BAIE eienaardig.

 

Maar dit help NIKS dat ek in die spieël gaan kyk het nie, want ek het nog steeds NIKS om in die BALKIEKOERANT te skryf nie.

 

Toe het ek besluit om in die huis rond te kyk om te sien of daar IETS is wat AMPER soos NUUS is om jou te vertel in my BALKIEKOERANT.

 

Miaukatjie was besig om met ‘n papiertjie te speel. Maar dis nie NUUS nie. Dis mos wat katte doen. Hulle speel en slaap en eet. En ek moet WERK.

 

Ek moet die BALKIEKOERANT skryf. Boe hoe. Ek wens ek was liewers ‘n …. miaukatjie. Dan kon ek die MIAUKOERANT geskryf het. Wat dink jy sal in die MIAUKOERANT staan?

 

MIAU MIAU MIAU?

 

Ag tog. WAT gaan ek nou in die Balkiekoerant skryf? Ek het niks NUUUUUS nie. Het JY nie NUUS nie? Kan JY nie vir MY ‘n JY-KOERANT skryf nie. EK WIL OOK ‘n KOERANT hê!!! BOE HOEEEEE!

 

Haaaaaai, wag ‘n bietjie …. daar sien ek nou bietjie NUUUS wat besig is om te gebeur. Daar gaan die ma in die kombuis in …. en ek agtervolg haar, stilletjies soos ‘n BalkieMUIS, sluip ek al langs die mure van die gang af. Ooooo … pasop…. KOES … ek moet net nie laat die ma my sien sien nie, want as sy my sien … sal sy … ek weet nie WAT doen nie.

Hier is ek nou in die deur van die kombuis en ek kan die ma sien en WAT doen sy? Ag tog. Sy maak net koffie vir haarself.

 

Ag tog – ek het NIKS nuus nie. Het JY nie nuus nie? Skryf DADELIK vir my JY-NUUUUUS.

 

BAAAIE liefde

BALKIEEEEEEEEEEEEEE

 

 


EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!