Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - JULIE 2003


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (JULIE 2003)

Haaai, miskien moet ek nie so skreeu nie en bietjie sagter praat want netnou HOOR tannie Martie my en ek wil vandag ‘n SKINDERKOERANT skryf en as sy dit weet sal sy sê ek MAG nie. En DIS juis waaroor ek wil SKINDER want sy maak my SO kwaad. So BAIE, BAIE KWAAD.

Weet jy wat DOEN sy? Sy sê partykeer vir my wat ek moet doen. Hoe KAN sy dit doen? Ek sê mos nie vir HAAR wat SY moet doen nie. Ek het byvoorbeeld GEWEET dit gaan reën toe sy die wasgoed op die draad hang. Maar het ek vir haar gesê sy MOENIE die wasgoed ophang nie? NEEE. Ek het stilgebly en nou is die wasgoed NOG natter as toe sy dit gewas het. Maar dis mos HAAR besigheid en HAAR wasgoed so ek LOS haar uit, maar SY SUKKEL met my en wil vir MY vertel wat EK moet skryf en nie skryf nie. En hoe weet SY? Dis mos nou EK, BALKIE! wat praat.

Hmmm. Ek sien ek is REGTIG KWAAAD. En weet jy wat maak my NOG kwaaier. SY het ‘n webwerf en EK het nie ‘n webwerf nie. As EK ‘n werf gehad het sou daar BAIE hoendertjies op gewees het. HOE kan mens nou ‘n WERF hê SONDER HOENDERTJIES. En daar is nie een ENKELE hoendertjie op haar werf nie. HOE moet die hoendertjies nou voel? En ek het net EEN BLADSY op haar webwerf. HOE moet ek nou in EEEN bladsy inpas?

EN weet jy WAT? Ek het uitgevind sy skryf ANDER stories ook. Is dit nou nie GEMEEEEN nie. Wat dink sy moet EK doen terwyl sy BESIG is. Grootmense is ALTYD BESIG. Dis NIE REG nie. Sy moet NET die heeltyd sit en wag dat EK vir haar MY stories vertel, want sy moet dit neerskryf. 

En laat ek nou net bietjie dink wat doen sy nog. Hmmmm. Sy MOET NOG iets doen wat my kwaad maak. Laat ek nou net bietjie dink. Hmmm. Laat ek NOG ‘n bietjie dink. Hmmm.

Ooooo … ek hoor die hoendertjies roep my. Ek moet nou GOU hardloop …. ek het ook soooooo baie dinge om te doen. Ek is ‘n besige … besige … baie besige …. BALKIE!!!!!!!

 TATTAAAAAAA

 BAIEEEEE liefde

BALKIEEEEEEEEEE

 

EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!