Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - JUNIE 2003


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (JUNIE 2003)

Vandag gaan ek vir julle ‘n vreeeeeslike snaakse ding vertel. Ek sit eendag op die gras en speel met Miaukatjie en toe kom die bure se geel hond daar aan en Miaukatjie SKRIK so groot sy hol sommer en spring in die boom in. Maar sy hoef nie bang te gewees het nie, want ek, Balkie, is mos daar. En ek speel toe met die geel hond en ek kyk na die boom en ek wonder. En weet jy wat wonder ek? Nee, eintlik wonder ek nie ek weeeet. En weet jy wat weet ek?

      Ek weet dat daardie boom in die nag RONDLOOP. En weet jy hoe weet ek dit? Want ek weet mos dit sal so boooooring wees om die heeldag en heelnag net op een plek te bly staan. En DIS hoe ek geweet het die boom loop rond in die nag as hy dink niemand kan hom sien nie.

     Ek het vir die pa vertel wat ek dink en toe sê die pa dis ONMOONTLIK, want bome het wortels wat DIEP in die grond afgaan en hulle KAN nie loop nie, want hulle het nie VOETE nie.

     En toe sê ek, jaaaaa, maar sê nou maar hulle gebruik hulle WORTELS soos voete, soos BAIE voete, amper soos ‘n duisendpoot.

      Maar die pa het nog STEEDS gesê dis ONMOONTLIK, maar EK het gedink dit IS moontlik en toe het ek besluit om in die nag voor die venster te sit en te kyk TOTDAT ek die boom sien loop en dan sal ek die pa roep en sê KOM KYK. Ek was REG. Bome loop in die nag rond.

     En daardie aand het ek laaaaaaank voor die venster gesit en ek was naderhand vreeeeslik moeg, maar die boom WOU nie loop nie. En toe raak ek vreeeeslik honger en ek hol net gou kombuis toe om ‘n piesang te gaan kry en weet jy wat gebeur toe?

    Toe ek weer by die venster kom en my piesang eet en ek wonder wannneeer die boom nou gaan loop – TOE IS DIE BOOM NIE MEER DAAR NIE. 

    En ek GIL vir die pa – PAAAAA. Kom GOU!

    En die pa en die ma en Bert en Karien en Isak storm ALMAL tegelyk in my kamer in en sê WAT GAAN AAN?

     En ek sê: KYK! Die boom het weggeloop!

     En almal kyk en wat sien ons? DAAR IS DIE BOOM WEER! Aggenee! HOE KAN dit nou wees.

     Maar ek WEET wat gebeur het – die boom het SOOOO geskrik toe almal so skreeu WAT IS DIT? dat hy GOU weer teruggehol het na sy plek!!!

    Ek, Balkie, weeeet dit.

    En nou moet ek vanaand gaan kyk kyk of die gras en die blomme en die HUIS ook dalk rondloop in die nag en ek is soooo vaaak. Ek dink ek gaan nou eers slaap.

 TATAAAA

BAIEEEEE liefde

BALKIEEEEEEEEEE

 

EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!