Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - MAART 2003


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (MAART 2003)

 

Weet julle waaroor gaan hierdie maand se Balkiekoerant? Dit gaan oor MY – want dis mos ‘n BALKIEkoerant.

 

Maar JY kan ook ‘n koerant maak as jy wil en dan noem jy dit … MY koerant. Nee, nou nie my, Balkie, se koerant nie, want ek HET mos ‘n Balkiekoerant en jy is nou besig om dit te lees – jy moet JOU naam insit voor die koerant. So: …… koerant. En JOU naam moet wees waar die kolletjies is, want jy is mos nie ‘n klomp kolletjies nie. Is jy?

 

OOOOO vetplant, ek is nou besig om myself BAIE deurmekaar te maak, maar ek hoop jy verstaan wat ek bedoel!

 

Dink jy mens moet ‘n koerant vir ANDER mense gee of verkoop? Seker ja. Maar ek dink mens kan ‘n KOERANT net vir JOUSELF ook skryf of maak. Dan lees jy jou EIE koerant en dan weet jy van al die dinge wat JY elke dag doen.

 

Of weet jy wat jy elke dag doen en dink? Ek het al gesien as ek nie neerskryf wat ek dink en doen nie, dan VERGEET ek sommer alles en as ek terugdink aan GISTER of aan VERLEDE week, dan weet ek NIKS meer nie. Dis amper asof ek nie DAAR was nie. Maar natuurlik was ek DAAR, waar anders sal ek nou gewees het. Want ek is nou HIER waar ek nou die Balkiekoerant vir jou skryf en JY is nou HIER waar jy die Balkiekoerant lees, maar as jy KLAAR gelees het, wat gaan jy dan doen?

 

En sal jy môre nog weet wat jy vandag gedoen het, maar as dit môre is, is vandag gister.

 

Ooooo VETPLANT, maar dis ‘n BAIE deurmekaar Balkiekoerant, maar dit maak nie saak nie, want partykeer IS mens deurmekaar en dan raak mens weer ON-deurmekaar.

 

Dis omdat mens so DEURMEKAAR raak dat ek dink mens moet JOU EIE koerant skryf. Van wat gister gebeur het. Miskien kan mens ook ‘n koerant skryf van wat jy dink môre gaan gebeur? Maar môre gebeur nooit soos jy gedink het nie. Of gebeur dit soms nes jy gedink het?

 

TYD maak my BAIE deurmekaar want tyd is nie altyd ewe lank nie! As mens iets MOET doen wat jy nie wil nie is ‘n uur laaaaaank. En as mens lekker speel is ‘n uur kort!

 

Oooo vetplant. Ek dink ek moet nou ophou!

BAIEEEEE liefde

BALKIEEEEEEEEEE

 

 

 


EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!