Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - MEI 2003


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (MEI 2003)

VANDAG gaan ek vir julle vertel hoe ek die TUIN natgespuit het. Dink jy dit gaan ‘n VERVELIGE Balkiekoerant wees, want dis mos nou nie snaaks om die TUIN nat te spuit nie.  Het JY al die tuin natgespuit? Weet jy wat kan ALLES met jou GEBEUR as jy die TUIN natspuit? Ek gaan jou nou vertel wat met MY gebeur het.

Eendag besluit ek om die tuin nat te spuit. En ek kry die tuinslang daar waar hy opgekrul op die gras lê en ek draai die kraan oop, terwyl ek so laaaank kyk watter blommetjies vir my die dorsste lyk, want dan weet ek ek moet hulle eerste natspuit. My ore hang as ek dors is, daarom weet ek dat as blommetjie se ore … oeps … BLARE hang, dan is hulle dors.

Ek wonder hoe ek sal lyk met blare in plaas van ore? Hang jou ore ook as jy dors is? Ek wonder hoe dit sal voel om ‘n blommetjie te wees?

Maar in alle geval … terwyl ek kyk watter blommetjies die dorsste is voel ek skielik … bande van STAAL wat om my vou.

Ek SKRIK my skoon LAM. WAT gaan nou aan?

 En toe sien ek … dis die TUINSLANG .. dit het verander in ‘n dik GROEN SLANG met ‘n kop en ‘n lang tong wat ssssspoeg en sssssê : “AHA! Hier ek ek nou sssssappige sssssslangkos. Ek wasssss JUISSSSSS sssssoooo honger.” En ek ssssssien die ssssslaaang gaan my ssssssommer nou net hier INSSSSSLUK.

 (Ek weet nie hoekom ek nou ook ssssssoooosss ‘n ssssslang sssssiiiisssss nie.)

 “Jy is ssssseker ssssssimpel ssssssslang,” ssssê ek. “Ek issssss ‘n GROTER sssslang assss jy.”

En die sssslaaang kyk na my en sssê: “Jy issss ssssseker ssssimpel. Jy isssss ‘n Balkie.”

 En ek sê: “En jy is seker simpel, want jy is ‘n TUINSLANG.”

En toe spuit ek die tuin nat. En ek het NIKS moeilikheid verder nie. En al die blommetjies se ore …. hmmm .. blare is nou weer regop. En die ma is VREEESLIK bly dat ek so GAAAF is om die TUIN nat te spuit.

Sien jy wat kan alles GEBEUR as jy die tuin natspuit? Dis so VREEMD! Mens moet ook maar versssssigtig wees!

TATTAAA.  Ek moet nou die skottelgoed gaan was. Ek wonder wat gaan DAN gebeur……

BAIEEEEE liefde

BALKIEEEEEEEEEE

 

EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!